Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Skolestelsel vir Bravoland  (Read 1818 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Johann Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 337
Skolestelsel vir Bravoland
« op: May 16, 2007, 12:13:14 PM »
Geagte Medeburgers

Ek is 'n onderwyskundige met ervaring  as onderwyser, onderwysnavorser en onderwysbeleidsanalis. Ek is baie opgewonde (en dankbaar) oor al die werk wat ons eie mense reeds op die gebied van privaat-0nderwys en tuisonderrig doen. Ons sal egter op 'n baie meer georganiseerde en gestruktureerde wyse moet begin om 'n nuwe skoolstelsel te beplan. Die huidige onderwysstelsel in ons fisiese land is in chaos, onvriendelik teenoor ons eie mense en mense wat dieselfde beginsels en waardes as ons handhaaf, en die standaarde is twyfelagtig.  Daar wag 'n byna bomenslike uitdaging op ons! Maar ons sal in die geloof en met waagmoed en ywer iets moet begin doen - ter wille van  ons  kinders, ons godsdiens, en Bravoland.

Vriendelike groete

Johann Venter
« Laaste verandering : May 30, 2007, 02:19:03 PM deur Johann »

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Skolestelsel vir Bravoland
« Antwoord #1 op: May 16, 2007, 12:58:06 PM »
Johann,

Wat van die CVO stelsel?

Groete,

Transvaler

Afwesig kaapse.boer

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 145
Re: Skolestelsel vir Bravoland
« Antwoord #2 op: May 17, 2007, 01:15:22 AM »
Wat van Tuis onderrig?

Afwesig Boeredok

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 324
  • Geneesheer Generaal Kromloop
Re: Skolestelsel vir Bravoland
« Antwoord #3 op: May 17, 2007, 11:33:50 AM »
Die probleem wat ek met tuis onderig het is dat die kinders normale sosiale interaksie mis en baie dinge wat nie uit n boek geleer kan word nie mis?
WANEER IS GENOEG NOU GENOEG

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Skolestelsel vir Bravoland
« Antwoord #4 op: May 17, 2007, 12:00:00 PM »
Die ou holrug geryde storie. Ek kyk na my niggie en nefie wat van graad een af tuisskool ontvang en hulle het beter sosiale vaardighede as wat die meeste skoolgaande kinders het. Ek moet ook bylas dat hulle onderskeidelik op 'n Boesmanlandplaas en 'n Namakwalandplaas bly.

Ek persoonlik verkies die gemoedsrus van wat aan my kind geleer word en met wie hy in aanraking kom. En nee, myne is in die plaaslike staatskool, maar ek is van plan om hom van volgende jaar af tuisonderrig te gee. 
Moed Vryheid Eer

Afwesig Johann Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 337
Re: Skolestelsel vir Bravoland
« Antwoord #5 op: May 17, 2007, 02:45:17 PM »
Ja, ek dink CVO-skole is 'n uitstekende begin!  En ek glo dat tuisonderrig ook kan werk. Terloops, die huis is in elk geval die plek waar die kind sy heel eerste informele onderrig ontvang. Die ouers bly steeds die primêre opvoeders van hulle kinders - en dis eintlik ook maar tuisonderrig, maar miskien net minder gestruktureerd as waar die moeder en vader spesifiek hulle aandag daaraan wy om aan hulle kind(ers) alle onderrig self te gee, en nie op 'n skool staat te maak nie.
« Laaste verandering : May 17, 2007, 02:51:21 PM deur Johann »

Afwesig Johann Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 337
Re: Skolestelsel vir Bravoland
« Antwoord #6 op: May 28, 2007, 12:22:20 PM »
RoosMaryn,

Ek dink ons kan dit maar onder kleuterskole plaas, of hoe?

Ek stem saam dat mens sommer baie inligting daar kan plaas! En natuurlik pas jy in, ons hoef nie eers vir jou die maatemmer te lig nie!

 :D

Ons wag om van jou te hoor in die Kleuterskool-afedeling ...

Johann

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1248
  • Swerwer
Re: Skolestelsel vir Bravoland
« Antwoord #7 op: May 28, 2007, 02:09:26 PM »
mmmm   Ek kom nou met 'n skok agter dat "Johann" amper soveel jare ondervinding in onderwys het as wat ek oud is  ...  DUS 

Oom Johann

Dalk sluit hierdie ook aan by ons bespreking rakende Bravoland Akademie in die Universiteit draad.

Ons kan dalk ook kyk om aanlyn hulp/bystand/leiding  te skep vir die  ouers wat besig is met tuisonderrig. Kyk dalk na eie curriculum ens....

U moet maar verskoon  ek raak hier en daar grond.... (Bravoland raak nou groot   ;D)

Ons gesels weer....

Cois

Afwesig Johann Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 337
Re: Skolestelsel vir Bravoland
« Antwoord #8 op: May 28, 2007, 02:52:45 PM »
 ;D ;D :)

Cois,

Dankie vir die ere-titel "Oom"  - maar net "Johann" sal ook doen!

Ja, ek dink ons moet dalk ons onderwysers (dis nou ook ons ouers wat tuisonderrig verskaf) ook help met ons beplande internet-universiteit. 

Groetnis

Johann

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Skolestelsel vir Bravoland
« Antwoord #9 op: January 12, 2011, 09:50:29 AM »
Met al die alternatiewe skoolprogramme het BCVO en ander programme wat hul lesmateriaal gebruik, hul al duidelik onderskei. Ek dink nie Bravoland hoef noodwendig 'n nuwe een aan te skaf, as daar alreeds 'n stelsel is wat werk nie.

Jul insette met jul ervarings oor programme waarmee julle te doen kry, sal baie waardeer word.

My seuntjie is nou al vir sy vierde jaar op Impak en ek dink dit is regtig 'n goeie program.
Moed Vryheid Eer


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal