Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Net maar Nog 'n Spoor uit die Verlede  (Read 4604 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Net maar Nog 'n Spoor uit die Verlede
« Antwoord #40 op: May 27, 2008, 08:53:53 PM »
Roosmaryn - dankie hiervoor.
Dit was een van die hartseer verhale van volksgenote wat smag na vryheid - miskien is daar vandag volksgenote wat dieselfde gevoelens beleef...
Kennis is mag

Afwesig 1234

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 57
Net maar Nog 'n Spoor uit die Verlede : Banneling
« Antwoord #41 op: May 30, 2008, 09:45:09 PM »
30 Mei 1900
Paul Kruger verlaat Pretoria as banneling

Toe president Kruger die aand van 29 Mei in Pretoria van sy vrou Gezina, ander familielede en amptenare afskeid neem, was hy nie ‘n vlugteling of was dit nie selfopgelegde martelaarskap nie.  Dit was ‘n selfgekose vertrek in oorleg met en byna in opdrag van die wettige Boereregering van die land asook na onderhandelings met Boer voormanne soos pres. M.T. Steyn en andere van die Vrystaat. 

Hy moes eenvoudig nie in die hande van die aanrukkende Britse vyand val nie omdat dit ‘n sielkundige neerlaag vir hom en ‘n terugslag vir die volksgevoel sou beteken.  Verder moes hy in die buiteland gaan hulp soek:  geld en begrip en goedere en steun aan die Boeresaak teenoor Brittanje deur die Europese regerings en nie langer net deur die Europese publiek nie. 

Voorts moes Kruger dringend mediese aandag aan sy pynlike, chronies ontsteekte oë gee en dit kon hy alleenlik in Nederland laat doen.  Uit vrees dat die Britse gepeupel ‘n oproer op die stasie sal veroorsaak wanneer Kruger vertrek, het hy per vier-perdewa’s na ‘n eerste halte op die spoor roete na Machadodorp gereis – saam met dr.  Heymans, Frikkie Eloff (jnr.) en Manie Bredell. 

Op 30 Mei het hulle Machadodorp bereik, maar Kruger het feitlik dadelik vanweë die koue op die warmer Waterval-Onder gaan woon en daar met sy amptenare onderhandel.  In die paar weke dat hy hier vertoef het, was Kruger nog steeds uiters pessimisties, somber en swartgallig.  Hy het gevrees dat die burgers net nie langer wou veg nie en het daarom self aanbeveel dat die oorlog gestaak moes word hoewel daar nie om vrede gevra moes word nie. 

Dat hy tant Gezina nooit weer sou sien nie, het hy genadiglik nie in hierdie dae reeds besef nie.  Danksy M.T. Steyn en C.R. de Wet se bemoedigende houding en hulle weiering om op enige wyse met lord Roberts te onderhandel, het ook Louis Botha en Kruger moed geskep. 

Van Waterval-Onder af het Kruger op 29 Augustus 1900 na Nelspruit verhuis – hy het in sy spoorwegrytuig bly woon en dit was ook die hoofsetel van die regering.  Maar op 11 September is Kruger by Komatipoort oor die grens na Portugese gebied.  Op Hectorspruit het hy en Steyn nog eers beraadslaag en afskeid geneem.  Kruger het met trane in die oë gewag dat die trein moet vertrek.  Op vaderlands bodem sou hy nooit weer wandel nie.   aka   fak   M.J.S

Afwesig 1234

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 57
31 Mei 1902
Vrede van Vereeniging: 

Hoofsaaklik as gevolg van die Britse beleid van verskroeide aarde teen die Boere in die Engelse Oorlog van 1899 – 1902, het die Afrikaner tot onderhandeling met Engeland ingestem.  Op 15 Mei 1902 het dertig Vrystaters en dertig Transvalers onder genl.. Beyers as voorsitter by Vereeniging die kwessie van oorgawe bespreek.  Eenstemmigheid het uitgebly, maar op hierdie Saterdag in 1902 is besef dat die vernietiging van Boere-eiendom en die moord op vrouens en kinders die land en volk sal breek.  Daarom is onvoorwaardelik oorgegee – 54 daarvoor en ses daarteen.  In George Heys se Melrose-woning in Pretoria is Smuts en Hertzog se oorgawe-dokument die aand aan Milner en Kitchener oorhandig.  Om 23h05 is dit onderteken.  Die Boererepublieke was daarmee heen, maar die Afrikanervolk het bly leef en droom.  Hy het polities sodanig na vore gekom dat hy die veertig jaar oue Londense ideaal van ‘n verenigde Suid-Afrika in die Konvensie-dae van 1908/1909 sterk beïnvloed het.  Die Uniewording op hierdie dag in 1910 het gevolglik ‘n Suid-Afrikaanse beslag gehad.  Die vier aparte gebiede is as provinsies van ‘n uniale owerheid saamgevoeg, en die Afrikaner se taal- en ander ideale wetlik bevestig, erken en verskans.  Vreugdefeeste is landwyd gevier, en hoë ideale is gekoester.  Politieke samewerking tussen die twee blanke kultuurgroepe was die wag woord.  Maar eers in 1928 is die Unie se eie vlag op hierdie dag in Kaapstad na veel rusie en baie voorstelle amptelik laat wapper – saam met die Union Jack, die vlag van Brittanje, die soewereine heerser.  In 1938, die Eeufees jaar van die Voortrekkers, is slegs die Unievlag op hierdie dag en daarna amptelik byvoorbeeld by militêre parades gehys en nie die Union Jack nie.  Premier Hertzog het beweer dat die Britse vlag slegs op ons statebond-verbintenis gedui het en net by sekere sodanige geleenthede gehys hoef te word.  Soortgelyk is ook Die Stem alleen by amptelike funksies gespeel, omdat God save the King bloot ‘n gebed vir die Britse koning van Suid-Afrika was.  Die eie vlag en volkslied het dan van 1938 ‘n eie nasionale gevoel uitgedruk.  Heelwat politieke onrustigheid het hieruit gevolg.  In 1957 is daar egter deur eenparige parlementêre wetgewing bepaal dat Die Stem en die Unievlag ons enigste nasionale simbole van hierdie aard is.  Van 31 Mei af het die gebruik gegeld en is God save the Queen en die Union Jack nie meer amptelik gebruik nie.  In 1960  weer is wel landwyd feesgevier om die vyftigjarige bestaan van Unie te herdenk, maar dit was grootliks kunsmatig.  Dieselfde jaar nog is per volkstemming tot ‘n republiek besluit, en op hierdie dag in 1961 is die Republiek van Suid-Afrika gebore.  Oral is programme aangebied, maar die hoogtepunt was op Kerkplein, Pretoria.  Hier is C.R. Swart as eerste Staatspresident in die Bosmanstraat kerkgebou beëdig.  Soos in 1910 en 1960 is verskeie gedenkstukke gepubliseer en vervaardig.  Veterane van 1900 se jare het met trane in die oë gejuig, want ‘n Afrikaner droom het in vervulling gegaan.  In 1966 is ‘n omvangryke vyfjaar fees gevier.  Veral die militêre vertoning in Pretoria was indrukwekkend en simbool van die tydsgees.  In 1971 is in Kaapstad die tienjarige bestaan van die RSA met groot aanbiedinge van algemene kulturele aard aangebied.  Hierdie datum dag is voorwaar onherroepelik deel van ons geskiedenis.  Prof. Dr. M.J. Swart

Afwesig 1234

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 57
Net maar Nog 'n Spoor uit die Verlede : Verenigde Volk
« Antwoord #43 op: May 31, 2008, 10:06:40 PM »
Die Vrede van Vereniging
31 Mei  1902

Saterdagaand, tussen elf- en twaalfuur van die 31ste Mei 1902, is in Pretoria deur die volksverteenwoordigers van  die Republieke, wat die stryd teen die magtige Britse Ryk meer as een-en-dertig maande volgehou het, die vredestraktaat van Vereeniging onderteken.  Nadat Kitchener van Khartoem en Milner hul naam ook onderaan die “Akte van Vrede” geskryf het, was die ongelyke stryd beëindig en het vir die volksleiers, wat besluit het om gesamentlik die wapens neer te lê, die bittere taak gewag om die burgers in kennis te stel dat hulle die wapens moes neerlê.

Die voorspel tot hierdie vrede het op 9 April 1902 op Klerksdorp begin.  Daar het die Transvaalse en die Vrystaatse regering drie dae met mekaar beraadslaag, alvorens hul afgevaardigdes na Pretoria stuur.  Die onderhandelinge met die Britse owerheid in Pretoria het van 12 tot 17 April geduur, en daar is besluit dat die volk geraadpleeg moes word, omdat Engeland sonder prysgewing van die Republieke se onafhanklikheid geen vrede wou maak nie.

Nadat die burgers te velde sestig manne afgevaardig het om hulle te verteenwoordig, is die onderhandelinge op Donderdag, 15 Mei op Vereeniging hervat.  Die voorstelle van hierdie vergadering is op 19 Mei aan Milner en Kitchener voorgelê, dog van die hand gewys.  Teenvoorstelle is gedoen en op 29 Mei aan die Boere-afgevaardigdes voorgelê.  Hulle moes binne drie dae met “ja” of “nee” antwoord.  Op Vereeniging is die volksverteenwoordigers nou voor die keuse gestel om die oorlog voort te sit, die wapens onvoorwaardelik neer te lê of die Britse voorwaardes aan te neem.

Verset teen die aanname van die Britse voorwaardes het veral onder die afgevaardigdes van die Vrystaat geleef, en ook party van die Transvalers was oortuig dat die oorlog, van  militêre standpunt beskou, nog nie verlore was nie.  Die president van die Oranje-Vrystaat, Marthinus Theunis Steyn, wat al die ontberinge van die oorlog met die burgers in die veld gedeel het, het die besprekings van die laaste drie dae nie meer bygewoon nie, aangesien ‘n volslae verlamming sy kragtige gestel aangetas het.  Op 29 Mei het hy sy amp neergelê en is die bittere sielestryd van die eindbeslissing hom bespaar.  Genl. Christiaan de Wet is in sy plek tot president benoem.

Die feite wat die volksverteenwoordigers onder die oë moes sien, was die meedoënlose krygstaktiek van Engeland, wat alle middele van bestaan vernietig het, en die sterfte van vroue en kinders in die kampe, wat gedurende die afgelope ses maande wel afgeneem het, maar tog nog skrikbarend hoog was.  Die bewapening van inboorlingstamme binne en buite die grense het verder ‘n onhoudbare toestand geskep, en baie was van mening dat hongersnood voor die deur gestaan het.  Slegs die oortuiging dat die voortbestaan van die volk op die spel gestaan het, het manne soos genl. De Wet beweeg om die Britse voorwaardes aan te neem.  Vir hom het die duidelik geword dat God die Afrikaners deur die oorlog tot een volk wou vorm en dat die volk as ‘n verenigde en nie as ‘n verskeurde en verdeelde volk uit die stryd te voorskyn moes tree nie.  Dit was vir hom en sy dappere medestryders ‘n geloofsaak – die vrede ‘n geloofsdaad, wat getuig van meer moed en ‘n kragtiger geloofslewe as wat vereis word vir die heldedade op die slagveld.

Afwesig 1234

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 57
Net maar Nog 'n Spoor uit die Verlede : Suid-Afrikaners word Afrikaners
« Antwoord #44 op: May 31, 2008, 10:11:25 PM »
Na  25 Jaar : 1910 - 1935
31 Mei  1935

Hoewel op 31 Mei vanjaar die kwarteeufees van die Unie se bestaan nie amptelik gevier is nie, het ons tog die heuglike dag herdenk.  In byna elke koerant en tydskrif het ‘n terugblik oor die vyf-en-twintig jaar verskyn, terwyl ons ook ‘n aarselende blik in die toekoms gewerp het.  Genl. J.C. Smuts het in Die Huisgenoot die gedagte uitgespreek dat die Unie van Suid-Afrika in die toekoms die kern van ‘n “federasie van Brits-Afrika ten suide van die ewenaar” sal word en het sy artikel beëindig met die woorde:  “Ons geskiedenis van die begin af is ‘n trek na die noorde.  Niks sal paal of perk stel aan hierdie groter trek wat nog voor ons lê en wat miskien nog een van die belangrikste en interessantste politieke eksperimente in die wêreldgeskiedenis gaan word nie.  Met profetiese blik het die voorgeslag uit die benaming van Afrikaners die voorvoegsel “Suid” uitgelaat!  Mag die groter trek ewe suksesvol wees as wat dit tot hiertoe gewees het!”  Wat in die toekoms lê, weet niemand:  maar op wat agter lê, kan ons met dankbaarheid terugsien.  Die werk van die Nasionale Konvensie het ryke vrugte afgewerp.  Op stoflike gebied het ons, ten spyte  van industriële onrus, vorentoe gebeur.  Die landbou en die mynbedryf het ontsaglik ontwikkel en die uitvoer van wol, bokhaar, huide en velle en mielies het aansienlik toegeneem.  Die uitvoer van volstruisvere, wat tydens die ontstaan van die Unie na wol ons grootste uitvoerartikel was, het  na 1914 baie verminder, maar die getal beeste het toegeneem en ook in die opbrengs van koring en suiker is ‘n stygende lyn te bespeur.  Tydens die Wêreldoorlog is oral nuwe fabrieke opgerig.  Terwyl Suid-Afrika voorheen net velskoene met die hand gemaak het, word nou in ons fabrieke dameskoene vervaardig wat met die oorsese mode-artikel kan wedywer.  Ook het na die stigting van die K.W.V. ons wynbedryf vooruitgegaan en verower ons wyne weer die wêreldnaam wat hulle eenmaal in die dae van die Van der Stels en daarna gehad het.  Tewens is ‘n begin gemaak met die verwerking van ons eie yster tot staal.

Die welvaart weerspieël hom ook in die kulturele lewe van die volk.  Die aantal kinders in die skole, vir blankes sowel as nie blankes, het aansienlik toegeneem.  Vier universiteite het gedurende die afgelope kwarteeu hul volle onafhanklike status verwerf;  Kaapstad en Stellenbosch in 1916, die Witwatersrand in 1922 en Pretoria in 1930.  Die opbloei van ‘n eie Afrikaanse letterkunde ht die verwagtinge van selfs die mees optimistiese voorvegters oortref.  Gelyke taalregte is na ‘n taai stryd vir Afrikaans verwerf in skool en kerk en staatsdiens.  Die bekende liedjie wat in die begin van die eeu so weemoedig geklink het, kan ons nou as die vervulling van ‘n profesie en as belofte van nog groter prestasie beskou:

Môre pluk ons blomme – môre,
As die reën en die mis eers oor is,
As die modder opgedroog is,
As die son ons toelag – môre!

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Net maar Nog 'n Spoor uit die Verlede
« Antwoord #45 op: June 01, 2008, 06:26:01 AM »
RoosMaryn, dit is treffend.

En nou is daardie selfde lied vir ons bemoedigend om weer na ons vryheid te werk - more !
Kennis is mag

Afwesig 1234

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 57
Suid-Afrika vier Kultuurdag
1 Junie  1930

Nasionale feesdae is geleenthede wanneer die Suid-Afrikaanse volk by herhaling besondere gebeurtenisse in sy verlede herdenk.  Die waarde van sulke geleenthede lê daarin opgesluit dat dit hernieude nasietrots en nasiebewustheid laat ontbrand.  As volks organisasie is dit dus vanselfsprekend dat die FAK ‘n indringende rol in hierdie verband speel.  Die geesdrif wat die Eerste Taal- en Kultuur kongres op 18 en 19 Desember 1929 in Bloemfontein gekenmerk het, het die eerste ampsdraers van die FAK daarvan oortuig om die besieling wat daarvan uitgegaan het, aan die volk oor te dra.  Die behoefte was dat elke Afrikaner op praktiese wyse die geleentheid gegun moet word om aktief aan die kultuurstryd deel te neem en sy geringe bydrae te lewer tot die vestiging van Afrikanertrots.  Die Uitvoerende Komitee van die FAK  het onderneem om praktiese uitvoering aan hierdie ideaal te gee.  By monde van die FAK-voorsitter, dr. N.J. van der Merwe, is in ‘n landwye radiorede die volk opgeroep om deel te neem aan die viering van Kultuurdag op 1 Junie 1931.  Geesdriftig is aan hierdie versoek gehoor gegee, en in groot getalle het die Afrikanervolk op hierdie dag deelgeneem aan die feesvieringe en opnuut besieling daaruit geput.  Prof. dr. O. Geyser

Afwesig 1234

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 57
Net maar Nog 'n Spoor uit die Verlede : Bloedrivier
« Antwoord #47 op: June 03, 2008, 08:41:24 PM »
ZAR stel Dingaansdag in
3 Junie  1865

Dit is oorbekend dat die oorwinning by Bloedrivier op Sondag 16 Desember 1838 behaal is.  Op dieselfde dag is ‘n dankdiens gehou.  Vroeg in 1839 is geld vir die bou van ‘n Geloftekerk ingesamel.  Die kerk is in Pietermaritzburg opgerig.  Die viering van die dag is van die begin af verwaarloos.  Slegs enkele huisgesinne het die afspraak met God nagekom.  In 1847 byvoorbeeld het die Volksraad van Lydenburg op daardie dag gesit en het niemand na die historiese feit verwys nie.  Met die Transvaalse broedertwis in 1864 uit die weg geruim en vanweë die groter mate van gevestigdheid, het die Boere egter besef dat hulle die  Gelofte moet nakom.  Onder leiding van die Natalse NG Kerk is sedert 1864 begin om die Geloftefees op die historiese terrein te vier.  Ds. Frans Lion Cachet het die voortou hiermee geneem.  Die voorbeeld het deurgewerk.  Die Uitvoerende Raad van die ZAR het op 3 Junie 1865 bepaal dat 16 Desember voortaan as Dingaansdag ‘n openbare vakansiedag sou wees, wat soos ‘n dankdag met dienste deurgebring behoort te word.  Hieruit het ook verspreide dankfeeste gevolg, maar dit was op klein skaal; dit is dikwels verwaarloos en was beslis geen georganiseerde volks byeenkomste nie.   aka   fak   M.J.S

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Net maar Nog 'n Spoor uit die Verlede
« Antwoord #48 op: June 03, 2008, 09:24:03 PM »
Sonder om dit as aanklag te stel, kan mens wonder of die Volk nie hieroor 'n "boete" betaal het nie, en daarom die Tweede Vryheidoorlog moes aandurf.

Te midde van alles, is dit tog minder aangenaam om hierdie feit te lees, en dan daarmee saam te moet erken dat ons voorvaders ook maar hul tekortkominge gehad het - en dikwels herhaal ons die foute van die verlede.

Kennis is mag

Afwesig 1234

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 57
Net maar Nog 'n Spoor uit die Verlede : Paul Kruger
« Antwoord #49 op: June 08, 2008, 04:42:46 PM »
Pres. Kruger lê hoeksteen van Paleis van Justisie
8 Junie  1897

Die hoeksteenlegging van die Paleis van Justisie aan die noordekant van Kerkplein het op ‘n aanskoulike wyse uitdrukking gegee aan die bedoeling van die republikeinse owerheid met die Kerkplein.  Destyds was daar ‘n behoefte aan die oprigting van ‘n ewe waardige en stylvolle staatsgebou in Italiaanse Renaissance-boutrant reg teenoor die “Staatsgebouw” en skuins teenoor die toring kerkgebou op die middelpunt van die Kerkplein.  Sodoende kon die balans tussen twee kante van die westelike helfte van die Kerkplein en sy middelpunt verkry word.  met die totstandkoming van die Paleis van Justisie, sou die band tussen Kerk en Staat en terselfdertyd tussen die wetgewende, administratiewe, regsprekende en ekonomiese aktiwiteite van die ZAR op die Kerkplein versinnebeeld word.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal