Skrywer Onderwerp: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE  (Read 4588 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« op: March 04, 2008, 03:40:42 PM »
Hierdie inligting is aan my gestuur deur Mnr Jaap Kelder, 'n bestuurslid van die Nasionale Belastingbetalersunie.


KORT OORSIG VAN DIE ORGANISASIE


Gedurende 1996 het Dr. van Rheede Bergh die verslegtende toestande van die munisipaliteite begin besef  en die land begin deurkruis om steun te werf vir?n nasionale belasting betalers unie.

Tydens ?n nasionale vergadering gehou in Bloemfontein gedurende 1996 het die Nasionale Belasting Betalers Unie(NBU) tot stand gekom  met Dr. Pitt Fennell as voorsitter en Dr van Rheede Bergh as ondervoorsitter.

Gedurende die tydperk 1996 tot 1999 is daar deurlopend gepoog om belangstelling  in die aktiwiteite van die Unie by die verskillende dorpe aan te wakker.

?n Paar maande  voor die algemene vergadering van 1999 is mnr. Jaap Kelder ook genader om by die Unie aan te sluit in die lig van sy betrokkenheid by munisipale sake in Kempton Park en meeer spesififiek weens die hofsaak wat hy teen die Kempton Park Munisipaliteit gemaak het om die gelyke betaling vir gelyke dienste af te dwing. Die saak het op die stadium reeds tot in die Appelhof in Bloemfontein gevorder ( Saak nr 61/98 Kempton Park /Tembisa Metropolitaanse Substrutuur vs Kelder)) en die tydsberekening van die vergadering is so gereel dat verskeie lede insluitende die voorsitter en onder voorsitter die verhoor in Bloemfontein kon bywoon.

Tydens die vergadering is daar toe besluit dat verdere optrede voorbehou sou word totdat die Appelhof uitspraak bekend sou wees aangesien die uitspraak ?n wesenlike invloed sou he^ op enige verdere optrede van die Unie.

Die beginsel van die saak was of ?n raadsbesluit om kredietbeheer toe te pas dmv.van ?n mandamus of te wel ?n hofbevel afgedwing kan word. Die appelhof se uitspraak was negatief  wat tot gevolg gehad het dat krediet beheer in die swart woongebiede nie toegepas is nie, ?n situasie wat bykans in elke munisipaliteit landwyd van toepassing is, en wat  uiteindelik daartoe gelei het dat daar oa.op 1 Julie 2006 ?n bedrag van R 867 miljoen in die Ekurhuleni Metro as slegte skuld afgeskryf is.


Die uitspraak is gelewer op 31 Maart 2000 en die bestuur was genoodsaak om sy hele strategie aan te pas in die lig van die nuwe omstandighede.

?n Nuwe strategie wat meer volledig in die ?Gemeenskap betrokkenheids plan? uiteengesit word is toe geformuleer en op ?n vergadering te Kempton Park op 24 Februarie 2001 aanvaar.

Van Februarie 2001 tot Junie 2005 is baie vergaderings van belasting betalers verenigings toe gespreek maar ne^rens het die konsep behoorlik van die grond af gekom nie. Die grootste probleem was die vraag wat almal gestel het nl. ? Waar werk dit? ? en daarop was daar geen antwoord beskikbaar nie.

In Junie 2005 het die belasting betalers in Swartruggens die basiese beginsels van die ?Gemeenskap betrokkenheids plan? in werking gestel met die verskil dat nuwe wetgewing wat in die tussentyd deur die regering in werking gestel is, gebruik is om dispute met hulle munisipaliteit te verklaar op wesenlike en belangrike gronde. Op  grond van daardie wettige gronde weerhou hulle hulle belasting geld totdat die gronde van die dispuut aangespreek sal word.
 Die verdere belangrike verskil was dat waar die ?Gemeenskap betrokkenheids plan ? die invordering van belasting gelde en oorbetaling aan die munisipaliteite voorgestel het, die Swartruggens plan die totale weerhouding van belasting gelde geimplementeer het.

Die NBU het eers van die aksie in Junie 2006 gehoor en dadelik die optrede  met die Swartruggens mense bespreek.   Na die besprekings het die NBU wysiging van strategie aanvaar en ?n nuwe dokument  ?Wetlike aspekte? opgestel.en na verskillende dorpe begin versprei.

Uiteindelik kon die vraag ?Waar werk dit? ? beantwoord word en vanaf Junie  tot Desember 2006 het agt dorpe dispute met hulle munisipaliteite verklaar terwyl daar nog ?n verdere ses dorpe is wat met ?n papierspoor  besig is om op gronde daarvan ?n dispuut te kan verklaar.

Van die dertien dorpe wat tans dispute verklaar het, ignoreer agt munisipaliteite die betalingweerhoudings aksie en hoop die inwoners se gelde teen ?n aansienlike tempo op in hulle trust rekening.
 Een dorp se munisipaliteit het,  na net een maand se belasting weerhouding  deur ongeveer vyftig inwoners , die dispuut verklarings gronde nl. die herstel van die stukkende riolerings suigtenk vragmotor en die verhoging van eiendomsbelasting van tussen 200% en 400% te verminder na ?n maksimum vam 10% , geimplementeer.
Vir die inwoners van die dorp was die vermindering van die eiendoms belasting  natuurlik die verwydering van ?n geweldige finansieele las terwyl die riool wat in die strate afgeloop het nou stop gesit is.

Met die weerhouding van belasting gelde ontstaan natuurlik die vraag wat word van die rente wat op die arterstallige skuld oploop?
Om die vraag aan te spreek het mnr. Kelder bealsting gelde op ?n eiendom in Marloth Park (naby Komatiepoort) weerhou en by ontvangs van ?n dagvaarding die eiendomsbelasting betaal maar nie die rente nie. Uitspraak in die saak, Nkomazi Munisipaliteit vs SJJ Kelder  Saak nr 3846/2004, op 23 September 2006 het die landdros bevestig dat  die munisipaliteit nie op rente geregtig is nie. ?n Tussentydse oorwinning aangesien die munisipaliteit kennis gegee het dat hulle die saak op appel wil neem. A luta continua.

Die bestuur van die NBU bestaan tans uit die volgende persone :
   Voorsitter -                   Dr. Pitt Fennell
   Onder voorsitter           Dr. Van Rheede Bergh
   Addisionele lid             Mnr. Jaap Kelder


Die dorpe wat reeds dispute verklaar het :

Barkly-Wes         Chris Viljoen            
Bloemhof                                                                  Deon Beukes                                       
Carnarvon         Charl Vermeulen         
Delportshoop         Chris Viljoen            
Edenville                                                                  Wally Taylor                                     
Hartebeespoortdam                                           Pieter Rautenbach                             
Sannieshof                                                              Carin Visser                                         
Sutherland                                                              Andre Viviers                                     
Swartruggens                          Wilhelm Roscher         
Villiers                                                                     Pieter vd Westhuizen                         
Williston                            Andr? Viviers            
Windsorton                         Chris Viljoen            
Warrenton                         Brink van Zyl            




Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #1 op: March 05, 2008, 12:07:51 PM »

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #2 op: March 06, 2008, 08:59:39 PM »
Ek hou baie van hierdie mense se idee, ek het net nie geweet mens kan dit doen sonder om toegesluit te word nie.

In die brief van Sannieshof is dit nie duidelik dat hulle hul belastinggeld weerhou het nie, hulle het wel sake in eie hande geneem en begin herstel.

Ons mense moet net 'n besluit neem dat ALMAL weier om belasting te betaal, want daar is geen dienslewering van die regering se kant af nie, want daar is nie geld nie - HOEKOM NIE? Wat maak hulle met al die geld wat maandeliks inrol? As hulle nie weet hoe om die geld aan te wend tot voordeel van die land nie, ONS weet.

As ons nie belasting betaal nie (dis nou aan die staat), kan ons daardie geld maandeliks aanwend om dinge self te herstel en sodoende werk te skep.

Ek glo dit is makliker vir die NBU om dit eers op kleiner dorpe te implementeer, maar as ons klein begin kan dit versprei na omliggende dorpe en later aangrensende stede.

Maar dit gaan nie help as mens so iets ALLEEN aanpak nie, dan kan jy maar solank vir jou 'n sel gaan uitsoek.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #3 op: March 06, 2008, 09:05:01 PM »
Soos ek verstaan werk die proses as volg:

1. Stig 'n belastingsbetalers vereeniging
2. Vertel die stadsraad van die probleme (hulle sal verseker niks daaraan doen nie)
3. Verklaar 'n dispuut.
4. Weerhou belasting geld (betaal dit in 'n Trust rekening)
5. Gebruik die geld om die gebreke reg te maak.

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #4 op: March 06, 2008, 09:10:22 PM »

Afwesig Andre

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 420
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #5 op: March 06, 2008, 09:17:07 PM »
En hoor jy die magtige dreuning...

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #6 op: March 06, 2008, 09:25:22 PM »
Andre,

Daar is van die dorpe wat wel sekuriteit ook onder dieselfde kam skeer.

Afwesig Andre

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 420
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #7 op: March 06, 2008, 09:30:56 PM »
Ben dit is vir my interesant omdat Vrystaat Lanndbou Unie se onderhandelinge met die regering rondom die toestand op die Lesotho-grens niks vorder nie.

Ek dink hulle kan soortgelyke stappe neem, veral nou dat die regering eiendomsbelasting op plase wil begin deurvoer.
En hoor jy die magtige dreuning...

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #8 op: March 06, 2008, 09:42:34 PM »

Sanderis

  • Gas
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #9 op: March 19, 2008, 07:58:35 PM »
Dankie vir die wets-aspekte , sal dit bestudeer soos ek tyd het.
Is daar 'n moontlikheid wat ek met Carin Visser in verbinding kan tree ? dalk deur jou Ben ?
Ek stel belang in hul publikasies.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #10 op: March 20, 2008, 08:15:42 AM »
Sanderis,

Ek stel voor jy kontak vir Jaap Kelder en vra hom om jou op hulle adreslys te plaas; jaap@zanli.co.za

Sanderis

  • Gas
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #11 op: March 20, 2008, 12:59:33 PM »
Dankie Ben.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #12 op: April 03, 2008, 05:35:56 PM »

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #13 op: April 13, 2008, 10:09:01 AM »
Weerhou dienstegeld vir beter munisipale lewering
Johan Eybers   


Johannesburg

Gemeenskappe in veertien munisipale distrikte landwyd het reeds met wisselende sukses dienstegeld weerhou om plaaslike regerings te dwing om aandag aan hul griewe te gee, sê mnr. Jaap Kelder, voorsitter van die Nasionale Belastingvereniging.

Die belastingbetalersverenigings in Warrenton, Barkly-Wes en Winterton het verlede jaar geld weerhou toe hul onderskeie munisipaliteite belastingverhogings van tussen 100% en 400% wou instel, sê Kelder.

Die belastingbetalersverenigings het geweier om die geld oor te betaal voordat daar oor kleiner verhogings onderhandel is. Die stadsrade moes ook onderneem om sekere dienste te verbeter voordat die oorbetaling uiteindelik gedoen is.

In Swartruggens het betalers met ’n belastingboikot hul munisipaliteit gedwing om meer aan infrastruktuurontwikkeling te bestee en die tenderproses deursigtiger te maak, sê Kelder.

Volgens Kelder tree gemeenskappe regmatig op as hulle hul dienstegeld weerhou as ’n stadsraad nie sy verpligtinge teenoor die gemeenskap nakom nie.

“Dit is nie belastingontduiking nie, maar ’n metode om munisipaliteite te dwing om die dienste te lewer waarvoor ons betaal,” sê Kelder.

Belastingbetalers kan Kelder kontak by info@zanli.co.za.

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2304846,00.html


Sannieshof staan op uit as
Johan Eybers   

Me. Karien Visser, voorsitter van Sannieshof se sakekamer. (Foto: Lerato Maduna) Foto by skakel.


Sannieshof

Vier jaar gelede het Sannieshof begin stink. Onverwerkte rioolwater het in die strate afgeloop, watertekorte het dae lank aangehou en die kraanwater was ondrinkbaar.

Inwoners het munisipale rekeninge met growwe foute daarop gekry, die slaggate in die paaie het ál groter en dieper geword en die rommel het in die strate opgehoop.

Vandag is die stank van rioolvuil weg, die water is skoon en die mank infrastruktuur is stadig maar seker aan die verbeter.

En dit is alles te danke daaraan dat die inwoners self die stadsraad se werk oorgeneem het.

Ondanks die groot verbetering met die lewering van dienste is die munisipaliteit tjoepstil oor die vordering.

Met die geld wat hulle insamel deur die betaling van ’n deel van hul munisipale rekeninge te boikot, het die plaaslike gemeenskap binne drie maande die dorp se waterkrisis opgelos, toerusting vervang en is hulle op die punt om die haglike padinfrastruktuur te verbeter.

Me. Karien Visser, voorsitter van Sannieshof se sakekamer, sê dit was in Oktober, toe munisipale dienste heeltemal in duie gestort het, dat die gemeenskap besluit het om self die dorp weer te laat werk.

Toe was daar nie meer geld om die waterpompe in stand te hou wat Sannieshof se boorgatwater in opgaartenks inpomp nie.

Visser sê hulle het ’n “dispuut met die munisipaliteit verklaar”.

Sedertdien het hulle betaling weerhou vir dié dienste wat nie gelewer word nie.

Aan die begin het 27% van die dorp se huishoudings hul geld aan die belastingbetalersvereniging oorbetaal, sê sy.

Maar toe die belastingbetalersvereniging binne ’n maand die dorp se waterprobleem oplos deur die boorgatpompe en waterpype te herstel en water weer na 5 000 huishoudings begin vloei het, het die gemeenskap hom agter hulle geskaar. Nou betaal amper 60% van die dorp se belastingbetalers hul geld oor aan die belastingbetalersvereniging.

Sedertdien het hulle versperrings herstel om te verhinder dat vragmotors deur die veld kortpad vat as hulle van die snelweg tot by die dorp ry.

Die munisipaliteit se randsnyer, trekker en ’n suigwa wat rioolvuil moet uitsuig, is ook intussen reggemaak en die vereniging gaan binnekort die slaggate pak.

Mnr. Manuel Pereira (45), eienaar van die Sannieshof-hotel en -drankwinkel, sê hulle sukkel nog, maar dit gaan al hoe beter in Sannieshof.

“Die wagtye vir die tenks wat die rioolgate moet skoon suig, is nog baie lank en hulle daag baie keer nie op nie.

“Dit is dan dat mense uit desperaatheid munisipale werkers omkoop om die riool te kom uitsuig,” sê hy.

Maar mnr. Frik Roets, mede-eienaar van die Spar in die dorp, sê vandat die watervoorsieningskrisis opgelos is, hoef hy nie meer te sukkel om sy winkel skoon te maak of kos te maak nie.

Visser sê die boikot werk omdat hulle deursigtig is oor wat met die geld gedoen word en omdat mense ’n verskil kan sien.

En intussen het hulle nog niks van die stadsraad gehoor nie – nie ’n brief, ’n telefoonoproep of ’n vergadering nie.

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2304848,00.html

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #14 op: April 13, 2008, 10:11:52 AM »
Kan ons elkeen nie aan ons plaaslike koerante skryf en die publiek se gevoel toets nie, ek dink almal raak nou bietjie keelvol vir die paaie- en waterkrisis.

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #15 op: April 13, 2008, 08:17:51 PM »
Om van belasting en krag nie te praat nie !!
Kennis is mag

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Verklaring van Sannieshof
« Antwoord #16 op: April 15, 2008, 05:22:20 PM »
VERKLARING VIR RADIO EN PERS:

15 April 2008

 

Dit het nie by Sannieshof gegaan of ons bekend of berug sou raak om ‘n dispuut teen ons Munisipaliteit te verklaar nie en daardeur ‘n magsvertoon te openbaar nie.  Ons het vir ‘n periode van 2 jaar alle moontlike onderhandelings en kommunikasie kanale probeer om die lewenskwaliteit van ons dorp te verbeter.  In hierdie periode het Burgemeester Thlape slegs een half voltooide brief aan ons teruggestuur.  Geen notule is aan hulle kant ooit geneem nie en geen besluit of belofte wat hulle op ‘n vergadering gemaak het is gestand gedoen nie.  Ons het telkens net beloftes ontvang van wat hulle nog gaan doen as die volgende miljoene van die Regering af kom en op ons vraag oor wat reeds suksesvol gedoen is, kon hulle geen antwoord verskaf nie.

Op die vraag wat hulle aan Sannieshof se wat tekort gaan doen en die feit dat daar meer as 5 000 mense in ‘n nuwe uitbreiding in Agisanang woon wat al 4 jaar geen toilet geriewe en geen lopende water het behalwe 2 krane wat 2 km van hul wonings af is nie was die antwoord dat die mense van Sannieshof en Agisanang geduldig moet wees en nie water moet mors nie, want hulle gaan vir ons ‘n pyplyn lê vanaf die Katze dam in Lesotho en as dit nie genoeg is nie sal hulle nog ‘n pyplyn van die Okavango moeras  af aanlê – dan behoort daar genoeg water vir almal te wees.

Na die aanhoor van hierdie feëverhaal was ons genoodsaak om iets te doen om water en dienslewering in plek te kry.  Hul verslag van ons watersituasie het bevestig dat om water aan Sannieshof te voorsien minstens R2 miljoen sou kos.  Na ons, ons eie mense en kundiges op Sannieshof in ‘n waterkomittee saam geroep het, die saak ondersoek het en aan die werk gespring het, het ons die watersituasie met R12 300 herstel.  Die dag toe die pompe aangesit is, het ons reservoir op 4% kapasiteit gelê.  Binne ‘n week was ons torings en reservoir op meer as 75% kapasiteit.

Die water loop weer deur die krane, maar steeds bly daar 5000 mense sonder ablusie geriewe langs die rivier en spoel al hierdie uitskeidings met swaar reën ook in die rivier af.  Wie gee om?

Wanneer mense tevrede moet wees om in die sakesentrum deur rou riool water te moet loop om sake te doen en wanneer rou riool in jou voortuin en in jou straat afloop, dink ek dat intellektuele mense planne kan maak om dit te be-eindig en op te los.  As jou riooldam se wal meegegee het en jy bewus raak dat die rou riool in die Hartsrivier afloop wat aansluit by die Vaalrivier, dan moet jy weet dat jou konstitisionele reg om in ‘n skoon omgewing te woon waarin jou natuurlike hulpbronne beskerm sal word, geskend is.  As jy dan nog niks doen nie, weet ek nie wat is jou rede om te leef nie en wat wil jy uiteindelik nalaat aan die volgende geslag nie – moontlik sit hulle al buite die landsgrense.

Gevolglik was die dispuut verklaring en die weerhouding van betalings die enigste manier van optrede om ‘n verskil te maak aan ons situasie.  Ons is almal werkende mense wat hierby betrokke is en hierdie dispuut nou moet uitvoer.  Ons moet van ons eie tyd steel om sonder vergoeding ‘n dorp se bestuur te hanteer en steeds word ons geignoreer, word onge-evalueerde verhogings uitbetaal, hoewel die Munisipaliteit duisende rande se uitstaande rekenings by besighede het en  meer as R80 miljoen in die rooi is. 

Die dispuut werk op Sannieshof omdat Sannieshof se mense positief saamwerk en van hulleself gee sonder om dit in geldwaarde te meet.

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #17 op: April 15, 2008, 05:52:45 PM »
Hoeveel verder kan geld net nie gaan as daar nie 4000 tussengangers is wat die steel nie...


Ons het nou net gehoor die inwoners van Hennenman het blykbaar al R80 000 bestee om brûe reg te maak en basiese dienste te lewer, ek is nie seker of dit op dieselfde prinsiep as Sannieshof gewerk het nie, ek sal wag tot die berig deurkom en dan meer vertel.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #18 op: April 22, 2008, 08:23:03 AM »
Vrae en antwoorde rondom belastingweerhouding"

1. Wat presies behels belastingweerhouding?
 Presies wat dit sê. Jy weerhou jou betaling aan die munisipaliteit.

2. Wat is die proses wat sodanige weerhouding voorafgaan?
Skrywes aan die munisipaliteit oor alles wat verkeerd is in die dorp en waarvoor hulle in terme van die wette op munisipale dienste verantwoordelik is. Veder die inligting en konsultasie prosesse wat in terme van wetgewing met inwoners en hulle verenigings gevoer moet word.

3. Is dit wettig?
100%. Ons sal hoegenaamd nie enige wet oortree nie. Die huidige regering het ons geweldige groot gunste bewys deur al die nuwe wette op die wetboek te plaas . Ons gebruik dit met groot vrug teen hulle.

4. Wat is die regsimplikasies vir enige persoon wat belasting weerhou?
Geen

5. Hoe suksesvol is dit al toegepas in ons land?
Veertien dorpe het al dispute suksesvol teen hulle munisipaliteite verklaar. Daar is nog ‘n verdere ongeveer 130 dorpe in die proses.

6. Hoe lank is dit volhoubaar?
Carnarvon hou hulle gelde al meer as twee jaar terug. Die munisipaliteit is hardkoppig en wil nie toegee nie en die inwoners bly net hulle gelde terughou. Sannieshof het hulle gelde vier maande teruggehou en toe die dienste self begin onderneem.

7. Wat moet belastingbetalers weet indien hulle tot so ‘n stap wil oorgaan?
Al die inligting wat benodig word sal deur die NBU voorsien word.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #19 op: April 22, 2008, 08:41:37 AM »
Ek het nie besef die verval in die stadsrade is so groot, totdat ek die inligting begin ontvang het van die NBU nie.

My vraag is nou hoe ervaar die Bravolanders hulle dorpe? Gaan dit oral in die land so of is dit ge-isoleerde voorvalle? Vertel bietjie hoe gaan dit in jou dorp.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal