Skrywer Onderwerp: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE  (Read 4589 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Sannie van der Walt

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1131
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #20 op: June 18, 2008, 06:48:51 PM »
Ek was in die week by ons plaaslike Belasting Betalers Vereniging se vergadering gewees, en die manne hier is maar ook warm onder die boordjie.  In die Munisipaliteit se begroting, wat in Mei maand goedgekeur is, word astronomiese verhogings vir munisipale belastings en erfbelasting begroot.  Die ergste is die erfbelasting, aangesien die Munisipaliteit alle eiendom "herwaardeer" het (waarvoor hulle in elk geval nie die regte prosedures gevolg het nie).  'n Persoon het byvoorbeeld in die verlede 'n R20 000 erf gehad, waarop hy 8.9c betaal het (maandeliks +/- R148-00).  Nou is sy erf "herwaardeer" teen R770 000-00.  Hy betaal nou net 0.00675c (wat minder klink), maar op R770 000 is dit maandeliks +/- R435.  Julle kan self die astronomiese verskil tussen die bedrae sien.

Algemene dienslewering hierso is ook maar swak.  Die plaaslike koerantjie hier het al verskeie kere die Munisipaliteit aangevat oor die swak dienslewering, en dit is dan gewoonlik nie lank nie, dan het hulle aandag gegee aan dit waaroor daar in die koerant gekla word, maar, nodeloos om te sê, 2 of 3 maande later is die toestand maar weer so of selfs erger.
Ons volk is in die wêreld voëlvry verklaar. . . (DJ Opperman)

Sanderis

  • Gas
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #21 op: June 18, 2008, 07:14:15 PM »
Sannie ek gaan jou 2 vrae vra:
Was jul Belastingbetalers vereniging teenwoordig met die begrotingsvergadering en indien wel het hulle dit afgekeur. Indien hul nie teenwoordig was nie , hoekom nie - a.g.v. geen kennisname van die vergadering ? ( dit is 'n oortreding van die stadsraad se kant aangesien alle voorgenome vergaderings moet gepubliseer word vir die doeleinde van publieke deelname.)
Het jul belastingbetalers vereniging 'n dispuut verklaar met die dorp/stadsraad ?

Afwesig Sannie van der Walt

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1131
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #22 op: June 18, 2008, 07:26:34 PM »
Sannie ek gaan jou 2 vrae vra:
Was jul Belastingbetalers vereniging teenwoordig met die begrotingsvergadering en indien wel het hulle dit afgekeur. Indien hul nie teenwoordig was nie , hoekom nie - a.g.v. geen kennisname van die vergadering ?( dit is 'n oortreding van die stadsraad se kant aangesien alle voorgenome vergaderings moet gepubliseer word vir die doeleinde van publieke deelname.)
Het jul belastingbetalers vereniging 'n dispuut verklaar met die dorp/stadsraad ?

Sanderis

1.  Sover my kennis strek was hulle teenwoordig gewees met die begrotingsvergadering  en het hulle wel die begroting afgekeur, maar hulle (Munisipaliteit) het doodeenvoudig gesê dan sal hulle stem oor die aangeleentheid, waarna die wat teen die begroting was by verre in die minderheid was.  Ek dink die enigste rede hoekom hulle wel teenwoordig was by die vergadering is omdat een van die lede van die vereniging betrokke is by die Munisipale Raad, en nie noodwendig omdat die Munisipaliteit behoorlike kennis aan die publiek gegee het nie.  Hulle het reeds heeltemal die verkeerde prosedures geloop met die "waardasie" van eiendom.

2.  Ek weet hulle het gaan aanklop by die N.B.B.U, en ek dink hulle is sterk oppad om 'n dispuut te verklaar.

Net nog 'n ander interessantheid.  Die algehele Begroting het slegs 'n verhoging in Inkomste van 6,1% getoon (wat onmoontlik is as mens die afsonderlike groot verhogings in ag neem), maar die brief wat uitgestuur is wat mense inlig oor die verhoogde tariewe is slegs gerig aan die blanke dorpe in die omgewing.  Nou kan ek my eie gevolgtrekking maak oor hoe kom hulle by die 6,1% uit..... 
« Laaste verandering : June 18, 2008, 07:31:35 PM deur Sannie van der Walt »
Ons volk is in die wêreld voëlvry verklaar. . . (DJ Opperman)

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #23 op: June 24, 2008, 07:29:00 PM »
Dorpe in NK en VS verklaar dispuut teen munisipaliteite
Karen ebersohn

SMITHFIELD, Kroonstad, Hennenman, Villiers, Edenville, Delportshoop, De Aar, Colesberg, Carnarvon, Barkly-Wes, Sutherland.

Dié dorpe in die Vrystaat en Noord-Kaap het reeds ’n dispuut teen hul plaaslike munisipaliteite verklaar terwyl tientalle dorpe in die provinsies moontlik binnekort op hul hakke gaan volg.

In al die gevalle is die rede vir die dispute die ineenstorting van dienslewering. Dit sluit onder meer in die toestand van die rioolstelsel, vullisverwydering, infrastruktuur, onjuiste rekenings en die ondeursigtigheid van die munisipaliteit se finansiële verslae en begrotings.
Dit sluit ook foutiewe munisipale rekenings in.

Mev. Ounooi Badenhorst, voorsitter van Smithfield, een van die dorpe wat in die week ’n dispuut verklaar het, se inwonersforum, het gesê die dispuut is die inwoners se laaste uitweg.

“Ons het alles moontlik gedoen om ’n einde probeer maak aan swak dienslewering. Ons het 1 000 briewe na regeringslui gestuur en niemand het ooit na ons toe terug gekom nie.”

Dié dispuut bepaal dat inwoners van Smithfield hulle erfbelasting gaan weerhou.

“Inwoners se erfbelasting gaan nou in ’n afsonderlike rekening betaal word en deur die inwonersforum bestuur word. Dit gaan gebruik word om die dorp skoon te hou, slaggate op te vul en die begraafplaas op te ruim.”

Die dorpsbestuur van Zastron, Smithfield en Rouxville is in Mei uit die hande van die Mohokare-stadsraad gevat en die munisipaliteit is deur die Vrystaatse provinsiale regering onder administrasie geplaas.

Badenhorst meen niks het verbeter sedert dit gebeur het nie.

Mnr. Jaap Kelder, ’n bestuurslid van die nasionale belastingbetalersunie (NBBU), het gesê behalwe vir dié dorpe in die Vrystaat en Noord-Kaap wat reeds sulke dispute verklaar het, is daar landswyd nóg 170 in die proses.

Kelder het gesê die proses om ’n dispuut teen ’n munisipaliteit te verklaar is nie onregmatig nie en wetlik is daar niks mee verkeerd nie.

“Dit is eenvoudig. Indien ’n diens nie gelewer word nie, hoef die inwoner nie daarvoor te betaal nie.”

Kelder het gesê die implikasies daarvan as ’n dorp dispuut verklaar is dat die dorp se inwoners optree as ’n eksterne diensverskaffer.

“Die geld wat teruggehou word, word in ’n ander rekening inbetaal en aangewend sodat dienste gelewer kan word.”

Hy het gesê dit is ’n tragedie dat inwoners van dorpe nou so ver moet gaan om basiese dienste te kan ontvang.

“Ek dink dit is die eerste keer in die geskiedenis van ons land dat so iets gebeur.”

Die Vrystaat en Noord-Kaap se departemente van plaaslike regering en behuising se woordvoerders het gesê die kwessie gaan aandag kry en dan sal kommentaar gelewer word.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #24 op: June 25, 2008, 11:51:10 AM »
Jaap Kelder doen goeie werk. Die NBBU groei van krag tot krag!

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #25 op: June 25, 2008, 12:49:57 PM »
Dit is makliker om hierdie aksie op klein dorpies te loods, maar hoe meer klein dorpies dit doen, sal die stedelinge hopelik ook later genoeg mense bymekaar kry om so 'n aksie teen die munisipaliteite te loods. Ek dink in baie gevalle is die mense nog onbewus van die NBBU. Die media sal dit mos nie wyd en syd verkondig nie...

Ek dink hierdie saak moet in kleiner gemeenskapskoerante gedryf word, soos byvoorbeeld deur Caxton-uitgewers, nie Media24.

Caxton het 'n magdom klein koerante die hele land vol, die mense moet daardie koerante begin peper met briewe sodat die mense kan kennis neem oor wat die moontlikhede is.

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #26 op: June 25, 2008, 08:45:21 PM »
Dit is makliker om hierdie aksie op klein dorpies te loods, maar hoe meer klein dorpies dit doen, sal die stedelinge hopelik ook later genoeg mense bymekaar kry om so 'n aksie teen die munisipaliteite te loods. Ek dink in baie gevalle is die mense nog onbewus van die NBBU. Die media sal dit mos nie wyd en syd verkondig nie...

Ek dink hierdie saak moet in kleiner gemeenskapskoerante gedryf word, soos byvoorbeeld deur Caxton-uitgewers, nie Media24.

Caxton het 'n magdom klein koerante die hele land vol, die mense moet daardie koerante begin peper met briewe sodat die mense kan kennis neem oor wat die moontlikhede is.

Karina
Hier in ons deel van pta is laas jaar so oktober 'n vergadering gereel vir die stigting van 'n NBBU. Daar was ong. dertig mense teenwoordig. Gelde is ingesamel vorms is ingevul en tot op hede nog nooit weer 'n woord van die mense gehoor nie. Daar was wel op radio pta 'n paar keer geadverteer waar ek toevallig daarvan gehoor het. Nou weet ek nie of die organiseerders dalk dink dat al die blankes in SA net radio pta luister nie.

Die advertering van die stigtingsvergadering was pateties. Dit het vir my gelyk of die paar siele wat daar was ook die mense was wat dit gereel het.     

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #27 op: June 26, 2008, 09:41:42 PM »
Kroonstad verklaar ook dispuut
Munisipaliteit moet gou reageer

KAren ebersohn

DIT is nou oorlog tussen die inwoners van Kroonstad en die plaaslike Moqhaka-munisipaliteit nadat dié dorp Woensdag laat amptelik ’n dispuut teen dié munisipaliteit verklaar het.

Kroonstad  is nou die nuutste dorp in  dié provinsie wat ’n dispuut teen sy plaaslike munisipaliteit verklaar het.

“Ons dorp is nou deel van die landwye gemeenskap wat dienslewering graag wil verbeter,” het mnr. Gerrit van Schalkwyk, die voorsitter van Moqhaka se belastingbetalers- en inwonersvereniging gesê.

“Kroonstad en Durban het juis op dieselfde dag ’n dispuut verklaar.”

Die rede vir die dispuut is in ’n volledige dokument van 9 bladsye, wat deur ’n lid van die vereniging, mnr. Kobus Harmse, opgestel is, uiteengesit.

Die deursigtigheid van dié munisipaliteit se finansiële rekeninge word ernstig in die dokument bevraagteken.

“Op 30 Mei 2008 toe die jaar se begroting voorgelê is, is daar geen kans gegee vir openbare deelname of opposisiepartye om die munisipaliteit bewus te maak van tekortkominge nie. Die raad het op dié manier individue weerhou van hul reg op vryheid van spraak volgens die Grondwet,” lui die verklaring.

“ ’n Regering se begroting is ’n openbare dokument wat die regering se prioriteite aandui. Wanneer so ’n begroting geëvalueer word, is dit belangrik om na die verhouding tussen die begroting se insette en uitsette te kyk. Die gemeenskap se deelname is nie toegelaat nie, wat impliseer die gemeenskap word in die donker oor belangrike sake gelaat.”

Lede van Moqhaka se belastingbetalers- en inwonersvereniging het met die verklaring dié munisipaliteit ingelig dat hulle as eksterne diensverskaffer wil optree.

“As eksterne diensverskaffer wil ons die bestuur van finansiële verslae self behartig en die fondse van lede insamel wat gebruik moet word vir die dienste.”

Van Schalkwyk het gesê die munisipaliteit het 14 dae om op die verklaring te reageer.

“Indien die munispaliteit nie binne die 14 dae reageer nie, neem ons aan dat hulle geen besware daarteen het dat ons as eksterne diensverskaffer optree nie.”

Mnr. Jaap Kelder, ’n bestuurslid van die Nasionale Belastingbetalersunie (NBBU), het gesê benewens dié dorp in die Vrystaat is daar landwyd nóg 170 in die proses.

Kelder het gesê die proses om ’n dispuut teen ’n munisipaliteit te verklaar is nie onregmatig nie en wetlik is daar niks mee verkeerd nie.

“Dit is eenvoudig. Indien ’n diens nie gelewer word nie, hoef die inwoner nie daarvoor te betaal nie.”

Die Vrystaat se departement van plaaslike regering het beloof om kommentaar oor die dorpe wat ’n dispuut verklaar het, te lewer.

Inwoners wat meer inligting oor die dispuut wil hê, kan Van Schalkwyk by 056-212-9623 bel.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #28 op: August 17, 2008, 06:29:05 PM »
Daar is vandag in Rapport (aanlyn) nie minder as vyf artikels oor die NBBU!

Ook handel hulle stembus oor die NBBU se werksaamhede:

Is dit geregverdig om belasting te weerhou uit protes teen swak dienslewering?
 
 
Ja 1444           91%
 
 
 
Nee 57             4%
 
 
 
Dit sal dinge net vererger 90              6%
 
 
 
Totale aantal stemme :1591
 

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #29 op: August 17, 2008, 06:43:57 PM »
Ai dit is pragtig.

Ek sien ons belastinggeld het alweer vir 'n groot grap by die olimpiese spele betaal. Gee ons eerder sanksies as internasionale sportdeelname.

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #30 op: August 17, 2008, 07:31:39 PM »
In Fokus op SAUK 2 het hulle vannaand verslag gedoen oor die swak dienslewering en berig oor  van die munisipaliteite wat hul geld terug hou
VOEL TUIS

Winter

  • Gas
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #31 op: August 17, 2008, 10:39:45 PM »
Ek het nie woorde vir wat besig om met ons land te gebeur nie. Dis een skande en skandvlek na die ander.

Die regering van die dag noem hulle self beskaafd, geleerd en opgevoed met grade wat verwerf is in vooraanstaande universiteite die planeet oor....maar hoe kan sulke mense toelaat dat sulke dinge gebeur?

Uit my oogpunt is wat my oupa gese het waar en hulle kan maar aanstoot neem want hulle is te dom om te besef wat hier aangaan.....hy het gese dat jy hulle uit die bos kan neem, maar nie die bos uit hulle uit nie. Meeste mense ken daardie gesegde.

Dis soos 'n klomp varke wat in 'n mooi tuin losgelaat word....wat opvreet, verniel en omdolwe tot daar niks oor is nie. Gee dinge en dorpe ander name, maar die besef dring nie deur nie....en daardie besef is dat die dorp of stad nogsteeds staan. Die naam is weg, maar die dorp of stad wat die naam gedra het is nogsteeds daar. Hoe onnosel is dit? As hulle dan werklik die pyn wil weg he, moet hulle mos die plek plat maak met die aarde en van nuuts af bou. Dis soos om 'n riool sloot 'n paradys te noem, dan is die plek nie meer so aanstootlik nie. Malligheid.

Afwesig kaapse.boer

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 145
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #32 op: August 20, 2008, 01:38:14 PM »
Onthou net een ding: Betaal aan die keiser wat die kesier toe kom.... en aan God wat Hom toe kom.

Afwesig Sannie van der Walt

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1131
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #33 op: August 20, 2008, 09:53:07 PM »
Onthou net een ding: Betaal aan die keiser wat die kesier toe kom.... en aan God wat Hom toe kom.

Is dit wat die keiser vra, werklik dit wat hom toekom?

Ek is van mening dat hulle besig is om blatant te steel, want dit wat hulle van ons vra, is meer as wat hulle toekom.  As hulle nog hulle plig gedoen het, was dit 'n ander saak.
Ons volk is in die wêreld voëlvry verklaar. . . (DJ Opperman)

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1333
  • Verkenner
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #34 op: August 21, 2008, 09:09:43 AM »
Ek hoor dat Helen Zille van die DA in gesprek wil tree met die NBBU.  Wonder wat die DA nou wil doen?  Wil hulle die goeie werk kaap?


Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #35 op: August 21, 2008, 10:30:33 AM »
Die DA is bang.

Hulle magsbasis bestaan uit mense wat moeg is vir die NSA. Hulle doen egter niks. Die NBBU doen wel iets. Dit is duidelik wie die mense eerder gaan ondersteun.

Hehehehehehe

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #36 op: August 21, 2008, 10:34:07 AM »
Ek dink die DA is ook bang daar word teen DA-beheerde munisipaliteite opgetree. Hulle wil dalk voorkomend optree.
VOEL TUIS

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: NASIONALE BELASTINGBETALERSUNIE
« Antwoord #37 op: August 21, 2008, 10:36:37 AM »
Hulle is deel van die bestel. 'n Bestel wat nie werk nie. Hulle is deel van die probleem, nie deel van die oplossing.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal