Skrywer Onderwerp: Orania gee nog ’n tree vorentoe  (Read 1016 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afrikanermeisie

  • Gas
Orania gee nog ’n tree vorentoe
« op: April 10, 2008, 06:06:08 PM »
Orania gee nog ’n tree vorentoe
) noord-kaapse kantoor

ORANIA. – Dié dorp se plaaslike geldeenheid, die Ora, word môre verder uitgebrei wanneer die Ora C-reeks bekend gestel word. Die C-reeks vervang die huidige B-reeks wat op 1 Mei 2008 verval.

Luidens ’n verklaring van me. Eleanor Lombard, namens die sakekamer van Orania, gebruik dié dorp sedert April 2004 sy eie plaaslike geldeenheid met die hoofdoel om plaaslike ekonomiese ontwikkeling te bevorder.

Sedertdien word maandeliks honderdduisende rande se transaksies in Ora betaal. Die Ora is uitruilbaar met die rand op ’n een-tot-een-grondslag en word as ’n koeponstelsel bedryf.

Verdere voordele is die rente wat verdien word op die kapitaal wat as sekuriteit vir die Ora dien, korting wat inwoners by ondernemings kry as hulle met Ora betaal, verhoogde veiligheid weens die vermindering van die behoefte aan kontant, meer toeriste wat Ora as aandenkings koop en ’n kapitaalwins elke keer wanneer ’n Ora-reeks verval.

Die Orania-sakekamer wat die Ora uitreik, kon reeds duisende rande in die gemeenskap terugploeg wat met die Ora-projek verdien is – soos finansiering vir ’n breëband- internetdiens vir Orania en ’n groot bydrae vir die oprigting van Orania se eie gemeenskapsradiostasie.

Dié radiostasie word môreaand op ’n feestelike byeenkoms op die terrein waar die ateljee is, geopen.

Prof. Carel Boshoff, grondlegger van Orania, sal die naambord onthul, waarna die eerste klanke van Radio Orania oor die lug gehoor sal word.

Mnr. André Coetsee, voorsitter van dié dorp se sakekamer, moedig ander gemeenskappe in die land aan om die inisiatief te neem en vir hulself plaaslike geldeenhede in te stel.

“Orania is bereid om sy kundigheid beskikbaar te stel aan enige gemeenskap wat ’n eie geldeenheid wil bekend stel.

“Ontwikkeling kan alleenlik bevorder en armoede beveg word indien gemeenskappe selfstandig handel en verantwoordelikheid vir hul toekoms neem,” sê Coetsee.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal