Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Janneman Beyers  (Read 8229 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Janneman Beyers
« op: April 11, 2008, 12:39:18 PM »
Na lang oorweging het ek tog besluit om die stuk te plaas, aangesien dit 'n pragtige getuienis is van die Here se krag en van sy seeninge.  Dit is nie vir simpatie hier geplaas nie, maar vir getuienis.  Dit is 'n stuk wat my moeder geskryf het oor my seuntjie se wandeling op die menslike aarde..


-------------------------------------------------------------------------------------
Janneman

En God het gesê: “Laat ons ‘n mensie maak”.

Toe buk die Vader oor die ongevormde klomp selle en weef in Aliena se skoot ‘n klein mensie.  Met noukeurige presiesheid maak Hy ‘n hartjie in die lyfie wat anders lyk as ander babas s’n omdat die seuntjie ‘n spesiale pad saam met Hom sal stap, en omdat sy Vaderhart verkleef sal wees aan hierdie outjie.

En toe word gebore: Jan Dawid Adriaan Beyers, die vierde in ‘n ry.  En in die hemel staan die eerste een in groot opgewondenheid en wens dat hy sy agterkleinseun, na hom vernoem, in sy arms kan vashou …. Die kring voltooi.

Aan die kruis op Golgota sug Jesus en sê: “Dis volbring!” en Hy dink aan sy klein broertjie wat nog baie sal ly in sy leeftyd op die aarde en Hy weet die groot las kan Hy met hierdie liefdesdaad vir sy boetie dra.

Gereed om klein Janneman vir Hom te kom haal toe hy twee wekies was, maar die pappa bid: “Ag spaar ons seun vir ons!”.

En Hy hoor en stuur sy Gees om altyd naby sy lieflinkie te wees, en ‘n wakened oog oor hom te hou.

Met liefde en baie geduld versorg sy moeder hom dag en nag.  Met trots kyk pa toe hoe sy seun elke mylpaal stadig, maar seker behaal.  Oupa Jan kan nie wag om die Boertjie ‘n boer te maak nie.  ‘n Kuddetjie Kalahari-Reds word vir eerste kleinseun gekoop sodat hy ‘n boerdery kan begin as hy groot is.  Ouma Claudia maak ‘n rekening oop en spaar haar sente sodat hy eendag ‘n karretjie kan koop of studeer of iets….

Oom Johan se oë blink as hy na hom kyk en vir hom terg en kan nie wag om met hom op die gras te stoei nie.  Tannie Yolandi druk hom vas en huil in haar binneste oor die brose lyfie.  Oom Sarel sien al hoe die twee nefies vakansies oor en weer kuier en kattekwaad aanvang.

Oumagrootjie blom behoorlik as die mannetjie roep: “Ouma Anna, maak oop die deur!”.  Die afgelope vier maande is daar ‘n derde “ouma” en Marietjie gaan raap hom dadelik op as hy roep: “Mie….! Maak oop!” en met hom op haar heup maak sy haar blommetjies nat.

Die blou ogies volg sy sussie heeldag lank.  Alles wat Amori doen is vir hom snaaks en hy begin selfs sy “sisa”, oftewel: “Ya-Ya” terg.  Saam speel die tweetjies ure lank per dag.

As oom Gerhard en tannie Anita kom, spring hy behoorlik uit sy vel en jy sien net wit tandjies soos hy lag.

Janneman is gebore met ‘n ernstige hartdefek. Die hartjie se kamers is so verbind aan mekaar dat suurstofryke en suurstofarme bloed vryelik meng.  Geneeshere sit en beraadslag ure aaneen oor die prosedure wat hul moet volg om sy lewe te red.  Na baie kopkrap is besluit op die “Fontan-prosedure” wat normaalweg in drie of vier operasies opgedeel word.  Vyf of ses operasies in ‘n skrale twee en ‘n halwe jaar-leeftyd.  Elke keer word die ouers ingelig oor die gevare en die klein kans wat hy het.  Hul kan maar net doen wat hul dink.  Die genesing kan net Jesus bewerk.  So gebeur dit toe dat die are wat moes oopbly en bloed na die longetjie vervoer, vernou en krimp en die bloed laat terugvloei na sy koppie.  As hy nie vinnig gehelp word nie, word sy suurstof gebruik verminder…

Weer en weer pleit pappa en mamma….  En oor en oor kom die troosvolle woorde: “Sy tye is in my Hande, my kinders.  Eendag sal hy by My kom bly.  My blyplek is so mooi, en daar sal hy nooit weer moeg word nie en daar sal hy kan huppel en baljaar.  Daar is ook reeds baie maatjies; maar op die regte tyd sal ek hom kom haal.”

“Here, spaar hom tog van lyding en pyn” bid oupas en oumas, en hulle harte bloei vir hul kinders se seer.  Min het ek geweet dis die laaste keer voor die terugslag dat ek hom sou vashou, toe ek met klein Janneman in die sitkamer op die maat van vrolike musiek ronddans.

‘n Oproep na die Langkloof….  ‘n Operasie wat wag…  Sewe en ‘n half ure se spook in teater, met Jesus wat daarby staan.  Ogies wat oopgaan na tien dae, toonnaeltjies pienk… die eerste keer.  “Het hul jou seergemaak?” vra sy pa.  En duidelik kom die antwoord uit die tuitmondjie: “Ja..”

Maar iets het skeefgeloop…of is dit Vader wat verlang?….Hartjie gaan staan.  Ogies wat blind opstaar, armpies styf…

Jantjie sê: Meester ek het my seun na U gebring.  As U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons”  En Jesus antwoord: “Wat dit betref – as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo”  En dadelik roep Jantjie met trane uit en sê: “Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!”

Aliena sien die volgende aand ‘n piepklein verbeterinkie in sy toestand, en maak die dokters attend daarop.  Hulle lyk onseker want hul sit met kliniese resultate voor hulle.  Maar die hoop in die moederhart kan nie uitgedoof word nie.  Dis ‘n vlammetjie wat brand en aanhou brand…. Want sy ken Jesus.

“Here, laat U wil geskied”, bid seer ouerharte maar dit huil na binne en na buite, en normale dagtake word robot-agtig gedoen.  Snags rol ons rond en in die donker oggendure is ons gedagtes by die hospitaalbedjie.  Trane maak die kussing nat. “Here hou hom aan U bors vas.  Gee hom U vrede, laat hom u lieflikheid ruik en ervaar”.

Dag na dag fynkam ons oë die gesiggie, die arms, die lesings op die masjiene, en die geringste verbetering word raakgesien.  Soms voel die pappa en mamma so ver van hom, maar aand vir aand staan hulle weer langs die bedjie.  En hul harte swel van die liefde wat hulle vir hul klein witkopseuntjie het.  “En nou bly geloof, hoop, liefde – hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde…..”

Aliena ontvang haar derde geskenkie binnekort.  In die maand wat kom sal sy weer ‘n dogtertjie aan haar bors druk.  Maar binne die maand sal sy ook haar enigste seuntjie terugverwelkom vanaf die hospital.  Die neuroloog het bevind dat Janneman minstens vier beroerte-aanvalle gekry het onder operasie en dat hy permanente breinskade opgedoen het.  ‘n Spelerige rustige seuntjie word nou geklasifiseer as “verstandelik gestremd”

Alle implikasies word oorweeg en bespreek en dinge word in gereedheid gebring.  Arbeidsterapeute, fisioterapeute, spraakterapeute, ens se hulp sal gekry word om te help en Aliena te leer. 

Groot werk lê vir haar voor, maar haar oog bly op Jesus gerig…
En Jesus antwoord: “Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van God moet in hom openbaar word”. (Joh 9)

Van Ouma
 

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #1 op: April 11, 2008, 12:51:39 PM »
Jan, dankie dat jy dit geplaas het. Dit breek my hart. Ons dink aan julle en bid vir julle, ook vir die tye wat voorlê.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #2 op: April 11, 2008, 12:58:28 PM »
Jan,

Julle krag en geloof is 'n insperasie vir ons almal.

Afwesig Sannie van der Walt

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1131
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #3 op: April 11, 2008, 01:38:12 PM »
Jan

Baie dankie. 
Ons volk is in die wêreld voëlvry verklaar. . . (DJ Opperman)

Afwesig Boerseun

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 206
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #4 op: April 11, 2008, 02:51:26 PM »
Jan
Ek wil iets sê maar ek weet nie wat nie.....
Ek wil bemoedig maar ek weet nie werklik hoe nie....
Ek weet net dat Die Almagtige Alwetende God kan in jul oor die trooswoorde fluister en die bemoediging bewerkstellig. Ek glo dit met my hele hart.
Ek huil van hartseer maar ter selfde tyd ook van skaamte teenoor die Here:
Hartseer teenoor julle moeilike situasie wat julle in is.
Skaamte omdat daar ook in my huis 'n klein blonde seuntjie is, 'n geskenk uit die hemel, wat maar net kort kort hoes en proes en brongitis en mangel ontsteking kry, en ons dink dit is vreelik erg.
Weet maar dat die geloof wat ons onder vreeslike moeilike omstandighede,by julle as huisgesin en familie deur die Genade van die Here sien, vir my en ander tot geloofsversterking lei.

Sterkte Maat
Vir GOD en Volk en Vaderland

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #5 op: April 11, 2008, 05:12:58 PM »
Jan
Dankie dat jy dit deel met ons - daarmee bring jy ons diep onder die besef van die baie onverdiende genade wat ons geniet

Sterk wees en vas bly staan in geloof - ons dra die Beyers familie in ons gebede.

Clem
Kennis is mag

Afwesig Ogriet

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 33
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #6 op: April 12, 2008, 10:04:01 PM »
Dankie, jy en jou familie is `n voorbeeld vir elkeen van ons.  Ek bid dat ons groot Geneesheer Sy hand oor julle seun sal hou en aan julle krag en wysheid sal gee.
Liefdegroete.


Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #7 op: April 12, 2008, 11:38:18 PM »
Jan en Aliena, julle albei is so 'n groot inspirasie vir ons. Baie dankie dat jy wel hierdie stuk grootse getuienis kom plaas het. Ek wil net vir jou en Aliena albei vreeslik baie sterkte toewens, veral met babatjie wat ook een van die dae haar gedeelte van die aandag gaan kom opeis. Gee asb. vir Aliena 'n ekstra drukkie van ons af, want sy is sowaar een van die moedigste mammas wat ek ken. Ons gebede is nog deur en tyd by julle as gesin.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Aster

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 967
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #8 op: April 13, 2008, 07:49:40 PM »
Jan, jy en jou familie is in my gebede.


Afwesig Basjan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 258
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #9 op: April 14, 2008, 10:54:24 AM »
Jan en familie

Mag ons Hemelse Vader sy hand oor julle hou. Ek vertrou dat hie Here julle sal dra en ook klein Jan die krag en veg gees sal gee om hierdie moeilike tyd agter die rug te kry. Hou ons asseblief op hoogte van sy vordering.

Basjan en familie.

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #10 op: April 22, 2008, 05:08:55 PM »
Hoe gaan dit met die Beyers familie, van klein noointjie tot by Janneman en Ma?
Kennis is mag

Afwesig Boerseun

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 206
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #11 op: April 23, 2008, 08:32:12 AM »
Ja ek hoor die nuutste toevoeging is al amper 2 dae oud??
Geluk Jan. Is alles wel by die huis??
Vir GOD en Volk en Vaderland

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #12 op: April 23, 2008, 08:47:42 AM »
Dagse vriende

As julle regtig met my dinge opgesaal wil wees, die volgende opsomming :

Aliena
Gaan goed met haar.   Sy behoort more huiswaarts te keer.  Orde is nou noodsaaklik in my huis.  Sy moet nou vinnig terugkom!  (Ek moet seker die skottelgoed was voor sy kom?)

Annatjie
Met die keiser het haar armpie bietjie seergekry.  Dit lyk egter of net die elmboogie uitgehak het.  Vandag na die "steelkrag" (iewers na 2), gaan hulle haar net vinnig onder narkose plaas en die armpie terugdruk.  Verder is sy vet en gesond.  Moeder se sy is 'n model baba...  met seer arm en al is sy baie soet.

Janneman
Die mannetjie stoei maar so deur elke dag.  Hy was gister weer so 1 en 'n half uur in die teater.  Aangesien hy nou al 34 dae op die asemhalingsmasjien was, het die risiko vir ontstekings en skade aan die stembande te groot geraak.  Gister het hulle die asemhalingsmasjien deur die nek gesit.  Dit is net so plastiek ding wat hulle in die kuiltjie inplant tot in die asemhalingspyp.  Dan het hulle ook 'n "prop" in sy maag ingebou waardeur hy kan kos ontvang.  Verder is hy darem stabiel.  Neorologies kan ons nie veel oor se nie, behalwe dat dit nie goed lyk nie, en dat hy glad nie reageer nie.

Groete, en dankie vir al die ondersteuning.

Die Beyerse

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #13 op: April 23, 2008, 08:51:41 AM »
Dankie Jan! Groete by die huis en sterkte!


O ja, dit sal dalk 'n goeie idee wees om die skottelgoed te was  ;)
Moed Vryheid Eer

Afwesig Basjan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 258
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #14 op: April 23, 2008, 03:42:25 PM »
Sterkte!

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #15 op: April 23, 2008, 09:22:32 PM »
Ons dink in ons gebede steeds aan jou en jou huisgesin.
Kennis is mag

Afwesig Maarten Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 326
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #16 op: May 05, 2008, 12:49:25 AM »
Jan,

My familie se gebede is met julle!
Daar is niks wat ek kan sê wat nie al reeds gesê is nie - of wat dit enigsins makliker sal maak nie.
Al wat ek sal sê is dat jy vriende het wat omgee en dat God by sy kinders staan.

Groete
Maarten
ΜΟΛΩΝ ΛΑΒΕ

Afwesig Johann Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 337
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #17 op: May 05, 2008, 09:07:22 AM »
Jan

Ek bid vir jou en jou gesin - en in die besonder vir Janneman - en dat julle steeds Gods genade sal ontvang om staande te bly.  Dis al waarop ons kan hoop:  Sy genade.

Vriendelike groete

Johann

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #18 op: May 05, 2008, 03:40:39 PM »
Ek het Vrydag 'n e-pos van Tannie Claudia Beyers (klein Janneman se Ouma) ontvang en ek wil graag vra dat ons dit moet ondersteun. Ek hoop dit is in orde as ek dit hier plaas.


Soli Gracia-Aand

Hallo Karina
 
Ons is dankbaar oor die Trust wat ten bate van Janneman in die lewe geroep is, en wil graag as naaste familie die eerste groot poging aanwend om fondse te in.


Daarom gaan ons 'n formele dinee hou waarby gaskunstenaars sal optree.  Dit beloof om 'n baie lekker aand te wees waar julle waarde vir julle geld sal kry.  Ek voeg 'n kaartjie by as aanhangsel.  Laat weet asb hoeveel kaartjies ek vir julle bravolanders moet bespreek en dan sal ek die kaartjienommers verskaf wat as verwysing dien saam met u naam wanneer jul die geld inbetaal.
 
Ek hoor graag spoedig van julle.
Groete
Claudia Beyers (Jan se ma)



Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #19 op: May 06, 2008, 08:26:08 AM »
Karina, is daar 'n kans dat ons hierdie uitnodiging met die agtergrond in die Bravolander kan sit?
Moed Vryheid Eer


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal