Skrywer Onderwerp: Janneman Beyers  (Read 7793 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Boerseun

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 206
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #40 op: June 11, 2008, 09:51:56 AM »
Beyers gesin en Familie.
Opreg dra ons julle steeds in ons gebede, Hy alleen kan vertroos!
Vir GOD en Volk en Vaderland

Afwesig Nantes

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 333
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #41 op: June 11, 2008, 11:56:10 AM »
Jan, Alien en familie.

Ons harte is saam met julle stukkend vandag!!! 

Een ding het ek by klein Janneman geleer mens gee nooit moed op nie en veg tot die einde.

Mag Jesus julle toevou in hierdie tyd in Sy liefde, ons weet ook dat dit Hy is wat julle trane sal afdroog en dat boeta se herinneringe sal bly voort leef.

Ons sal nie op hou bid vir julle nie.

Van.

Nantes, Elsabe en kinders.
« Laaste verandering : June 11, 2008, 12:07:30 PM deur Nantes »
VRYHEID MY STREWE!

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #42 op: June 11, 2008, 01:06:43 PM »
Baie sterkte met die tyd wat voorlê.

Weet dat  Jesus se genade en liefde met julle is
VOEL TUIS

Afwesig Boela

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 20
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #43 op: June 11, 2008, 11:25:36 PM »
Baie sterkte vir julle in die moeilike tyd wat voorlê.

Winter

  • Gas
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #44 op: June 12, 2008, 12:18:18 AM »
Jan Beyers en familie,

Ek is baie jammer vir julle verlies, maar Janneman is die beste vegter wat ek nog gesien het. Hy gee nuwe betekenes aan die lewe wat iets kosbaars is.

Janneman sal altyd in julle en ons harte en gedagtes lewe.

WB.

Afwesig Anneke

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 574
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #45 op: June 12, 2008, 07:17:21 PM »
Begrafnis van Janneman Beyers vind plaas Saterdag 13 Junie 2008 ,9h00 teraardebestelling op Kleinfontein en 10h00 Diens vanuit APK Rayton.

Afwesig Anneke

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 574
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #46 op: June 13, 2008, 08:59:36 AM »
Begrafnis van Janneman Beyers vind plaas Saterdag 13 Junie 2008 ,9h00 teraardebestelling op Kleinfontein en 10h00 Diens vanuit APK Rayton.

Jammer die datum is die 14 Junie 2008.

Afwesig blikoor

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 2
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #47 op: June 13, 2008, 03:12:14 PM »
My en Swerwer se gesinne se innige meegevoel. Ons stort in stilte saam ’n traan vir hierdie edelmoedige seuntjie. Slegs God kan berusting bring.

Afwesig Ankoren

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 104
    • Uit my ("Boeremag")-dagboek
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #48 op: June 17, 2008, 11:57:10 PM »
Aan Jan en familie

Mag hierdie onsettende hartseer van jul kleinding se kort lewe vir julle raak soos donker grond, waarin jul as familie stewig kan groei in liefde en geneentheid tot mekaar dat jul kan staan soos 'n groot boom, stewig en sterk.

Anita 

Afwesig Wilna de Wet

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 357
  • "Fear, the thief of Dreams"
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #49 op: June 18, 2008, 07:48:47 AM »
Jan en Familie,

My innige meegevoel in hierdie donker tyd vir julle.  Janneman se lyding is verby, en is in die Hand van ons Hemelse Geneser, vir altyd gesond!  Weet dit:  Dat HY ons weg is en geen ander nie, en dat die hartseer wat vir julle voorlê, net deur HOM getroos sal word.
Daar is vir 'n ouer geen groter seer, as om 'n kind terug te gee vir ons Skepper nie. Toe ek my bloeisel vir God moes teruggee, het ek ook baie vrae gehad, baie hoekoms, waaroms, en verwyte.  Maar net Hy, weet waarom Hy spesiale babas, net aan spesiale ouers toevertrou.  En die tyd wat Hy klein Janneman aan julle toevertrou het, was die tyd wat Hy nodig gehad het om sy wonderlike plekkie vir hom voor te berei.
Al ons gebede met julle... en Troos deur Christus Homself.
Vir God die Vader, die Seun, en die Heilige Gees.

Afwesig Ogriet

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 33
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #50 op: June 18, 2008, 08:03:11 AM »
Aan die Beyers gesin.

My innige meegevoel met julle groot verlies.    Mag julle troos vind in die arms van ons Allerhoogste.

Baie liefdetjies.
Sonette.


Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1333
  • Verkenner
Insake: Janneman Beyers
« Antwoord #51 op: June 18, 2008, 08:03:57 AM »
Die afgelope tyd het ons gesin deur 'n moeilike tyd gegaan met die siekte en afsterwe van klein Janneman.  Tye soos die laat mens net weereens besef waarvoor mens dankbaar moet wees.  Dit laat mens besef hoeveel kinders vir ouers en groot ouers werd is.  Saam laat dit mens ook besef hoe God se raadsplan vir ewig en altyd bestaan.  Maak nie saak hoe jy teen die prikkels skop nie!  Maar een van die grootste dinge wat ons as gesin besef het om voor dankbaar te wees is die gemeenskap van die gelowiges!
 
Die gemeenskap van die gelowiges is 'n werklike, tasbare seëning wat ons Hemelse Vader vir ons geskenk het.  Wat 'n totale voorreg is dit om deel te hê aan die gemeenskap!  Dit is fisies en teenwoordig.  Dit word elke dag ervaar en beleef.  Dit word uitgedeel en dit word ontvang.  Dit is die onsigbare band wat mense bind deur werking van die Heilige Gees.  Wat 'n voorreg het ons hier in Bravoland om die band te ervaar en die gemeenskap te beleef!
 
Ons wil graag die Bravolanders bedank vir al die ondersteuning, gebede en drukkies in hierdie tyd.  Almal wat ons en klein Janneman in hul gebede dag na dag gedra het.  Almal wat kort-kort geskakel het om te hoor hoe dit gaan.  Elke Bravolander wat by die dinee en begrafnis was.  Elkeen wat bygedra het tot die trust.  In kort, dankie vir elke gelowige in Bravoland wat die gemeenskap van die gelowiges warm en aan die gang hou!
 
Ek wil die volgende reëls aanhaal uit Ps 84.  Dit gee ons as gesin verstroosting dat daar waar Janneman nou is, elkeen van ons moet hunker om daar te kom!  En totdat ons die wonderlike dag bereik, moet ons net so voel oor die kerk van Christus hier op aarde!
 
            Hoe lieflik is u wonings, HEER
            der leërskare! Hoe begeer
            my siel en hunker van verlange
            om na Gods woning op te gaan
            en in U tempelpoort te staan
            met jubelende lofgesange;
en dan :
            welsalig wie in U paleis
            U altyddeur mag loof en prys;
en verder :
            een dag is in U huis my meer
            as duisend waar ek U ontbeer;
            veel liewer is ek in U woning
            'n drumpelwagter, as gewend
            aan yd'le vreug in sondaarstent.
 
Jan, Aliena, Amori en Annatjie

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1333
  • Verkenner
Re: Janneman Beyers
« Antwoord #52 op: June 11, 2009, 08:03:11 AM »
Dit is vandag presies 'n jaar terug wat onse Hemelse Vader die seuntjie wat hy aan ons geleen het teruggeneem het na sy Vaderhuis.

Dit is eindlik 'n dankdag!  Ons moet die Here dank dat hy een van Sy kinders teruggeneem het na die Vaderhuis.  Maar ons moet Hom ook dank vir die kinders wat Hy aan elkeen van ons nog leen.

Besef ons die verantwoordelikheid om Sy kinders hier op aarde na Sy wil groot te maak ?


janneman 1 JaarLQ | LQ+ | HQ | HQ+

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Janneman Beyers
« Antwoord #53 op: June 11, 2009, 08:40:35 AM »
Jan.  Dankie dat jy ons almal so aanmoedig vanuit die geloof.  Ja, dit is voorwaar 'n wonderlike vorreg om kinders van die Here te kan opvoed.  Maar ja, dit bly ook so 'n groot verantwoordelikheid.  Dit maak my so bitter hartseer as ek sien hoe ons volk se kinders vir die wolwe gegooi word.  Ons taak is voorwaar groot.  Soos wat die BCVO leuse sê: Ter wille van ons kinders.  Ter wille van ons kinders moet ons alles in ons vermoë doen om hulle in die weë van die Here op te voed.  Daarom is dit ook gebiedens noodsaaklik dat ons alles in ons vermoë sal doen om nie net ons eie kinders nie maar ook die van ons volk 'n opvoeding te gee om hulle die perspektief te gee wat jy so mooi uiteensit in jou skrywe op hierdie string na Janneman se dood. Sodat hulle ook saam met ons kan sing - Hoe lieflik is u wonings Heer...

Baie sterkte vir julle as gesin en as verbondsouers vir die pad vorentoe. 

Martin
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Janneman Beyers
« Antwoord #54 op: June 11, 2009, 08:57:28 AM »
Ai Jan, mens kan nie help om hartseer te word as mens so na die video kyk nie - dat hy so gou weggeneem is, maar ook omdat daardie klein vriendelike mannetjie soveel pyn en ongerief in sy kort lewetjie gehad het.

Ons dink aan julle.

My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal