Bravolanders,
U sal merk dat daar reeds verskeie verbeterings aan Bravoland aan gebring is. Ook agter die skerms is die nuwe Volksraad hard aan die werk.
Daar is besluit om 'n paar veranderings aan die bestaande departemente aan te bring. Die doel hiervan is om die departemente meer doelgerig vir Bravoland te maak. Hiermee dan die nuwe departemente en die Volksraadslede wat daar betrokke sal wees:
Departemente:
- Adjunkstaatshoof – Jan Beyers
- Finansies en Volksekonomie – Plaas Botha, Christa Burger, Winter, Sjarko, Barend Uys
(Ook verantwoordelik vir Volkshulp en Arbeid)
- Departement van Justisie – Jan van Zyl, Sanderis, Werner Smook, Cois Conradie
(Ook verantwoordelik vir Beveiliging en Grondsake)
- Departement van Kuns, Kultuur, Onderwys & Sport – Sarel Roets, Sannie van der Walt, Jakobus de Bruyn
- Departement van Media & Bemarking - Karina de Jager, Cois Conradie, Jeni, Clem de Klerk, Werner Smook
-Departement van Staatsadministrasie – Christa Burger (Staatsekretaris)
Cois Conradie (Staatsadministrateur)
Die kabinet sal tydens die volgende Volksraadsvergadering aangewys word.
Vriendelike groete,
Ben Geldenhuys