Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Bravoland Ondersteunersklub  (Read 8293 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Bravoland Ondersteunersklub
« op: April 29, 2008, 11:18:25 AM »
Bravoland Ondersteunersklub


Die Bravoland Ondersteunersklub is in die lewe geroep om ondersteuning te bied. Die klub is oop vir alle Bravoland-burgers en lidmaatskap is vrywillig.

Daar is baie burgers wat nie aktief betrokke kan wees by al die aktiwiteite en werksaamhede nie, maar wat aangedui het dat hulle ‘n finansiële bydrae wil maak.

Die grootste deel van die Ondersteunersklub se fondse gaan vir Volkshulp aangewend word. Hier volg ‘n kort opsomming van Bravoland se Volkshulp-aksies:

Vanaf die ontstaan van Bravoland was om ons Volk te help een van ons belangrikste doelstellings. Daarom dat ons, met Bravoland skaars ouer as 'n maand, reeds die eerste aksie geloods het.  Op 9 Junie 2007 hou ons Operasie Wolmer aangesien hierdie gemeenskap soveel aandag in die nuus ontvang het omdat die stadsraad hulle uit hul huise wou verjaag. Oorspronklik was die plan om hul huise te gaan help opknap, maar aangesien politici van die NSA reeds ingegryp het, het ons die aksie verander in 'n skenking van kos, klere en komberse. Dit het so spontaan oorgegaan na 'n maandelikse aksie waar ons elke maand 'n ander area se arm Volksgenote probeer help het. Op 14 Julie 2007 het 'n span Bravolanders vertrek na die Vrystaat om vir Tant Corrie en haar mensies te help met voorraad kos in Parys. In Augustus het die finansies egter begin lol en ons het besluit om 'n klein groepie oumensies te trakteer op badprodukte. Weens die tekort aan broodnodige fondse, het ons besluit om die aksies te verminder na elke drie maande. Dus was daar gedurende die orige maande van 2007 hard gewerk om genoeg fondse te bekom om die Kersaksie te Krugersdorp moontlik te maak. Met die aksie gedurende Maart vanjaar op Vanderbijlpark, waar Bravoland onder andere 'n koolstoof geskenk het, het ons weer eens besef dat ons iets dringends sal moet doen om van meer hulp vir ons arm Volksgenote te wees.

Die idee vir die Ondersteunersklub het dus uit ons Volkshulp-aksies ontstaan. Elke lid wat bereid is, dra 'n klein vaste maandelikse bedrag by en dit sal ons dan ook in staat stel om Bravoland se verpligtinge na te kom. Bravoland se webwerf moet elke maand betaal word en daar is lidmaatskapgelde aan die Afrikanerfront betaalbaar. Ten einde die las ligter te maak, sal van die Ondersteunersklub se fondse aangewend word om die verpligtinge na te kom. Alle oorblywende fondse gaan vir Volkshulp aangewend word.

Die hoofdoel van die Bravoland Ondersteunersklub is dus om ondersteuning te verleen.

Hiermee wil ons u vriendelik uitnooi om deel te word van die Bravoland Ondersteunersklub.

Om aan te sluit, plaas u naam hier:

« Laaste verandering : April 29, 2008, 11:29:55 AM deur Kleinbekkie »
Moed Vryheid Eer

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Bravoland Ondersteunersklub
« Antwoord #1 op: April 29, 2008, 11:27:26 AM »
1.  Karina de Jager
2.  Christa Burger (Kleinbekkie)
3.  Clem de Klerk
4.  Ben Geldenhuys
5.  Plaas Botha
6.  Sjarko
7.  Sannie van der Walt
8. 
« Laaste verandering : April 29, 2008, 01:08:15 PM deur Sannie van der Walt »

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Bravoland Ondersteunersklub
« Antwoord #2 op: April 29, 2008, 02:05:05 PM »
So as die Klub nou X-aantal lede het, wat is die prosedure wat daarna gevolg word? Moet elkeen by sy eie bank 'n aftrekorder teken of die geld maandeliks oorbetaal, of kan ons ons bankbesonderhede vir iemand (bv. Plaas) gee en hy aktiveer die aftrekorders soos wanneer jy byvoorbeeld jou water en elektrisiteit sou betaal, jy gee net jou bankbesonderhede deur en teken 'n vorm en hulle doen die res...?


1.  Karina de Jager
2.  Christa Burger (Kleinbekkie)
3.  Clem de Klerk
4.  Ben Geldenhuys
5.  Plaas Botha
6.  Sjarko
7.  Sannie van der Walt
8.
9.
10.

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Insake: Bravoland Ondersteunersklub
« Antwoord #3 op: April 29, 2008, 02:11:50 PM »
Sodra daar genoeg lede is (ten minste 10) kan ons voortgaan om die bestuur te kies. Sodra die bestuur gekies is, moet die grondwet goedgekeur word en dan is die Klub in werking.


Die lede sal hul eie aftrek/oorbetaal reëlings moet tref.
 
VOEL TUIS

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Bravoland Ondersteunersklub
« Antwoord #4 op: April 29, 2008, 02:28:09 PM »
Dankie Plaas.


1.  Karina de Jager
2.  Christa Burger (Kleinbekkie)
3.  Clem de Klerk
4.  Ben Geldenhuys
5.  Plaas Botha
6.  Sjarko
7.  Sannie van der Walt
8.
9.
10.
11.

Afwesig Desia

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 59
    • Aikona
Insake: Bravoland Ondersteunersklub
« Antwoord #5 op: April 29, 2008, 02:46:29 PM »
Ek sou graag 'n lid wou wees, maar as mens vanuit die buiteland geld in 'n bankrek. in SA wil oorplaas, kos dit soms meer as die skenking. (Ca$45.00=R330.00/oorbetaling op die oomblik)
Sodra daar 'n goekoper manier is, bv deur 'n kredietkaart te kan gebruik, direk hier op Bravoland, sal ek graag bydra. (EK het bv so by PRAAG aangesluit)

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Bravoland Ondersteunersklub
« Antwoord #6 op: April 29, 2008, 02:58:30 PM »
Baie dankie Desia, ek het by Maarten Venter wat ook in die VSA bly gehoor dat dit baie duur is om geld oor te plaas.

Ek het vinnig gaan loer, ek sien Praag maak gebruik van Setcom http://www.setcom.com/www/  Dit is dalk iets waarna ons in die toekoms kan kyk wanneer die Ondersteunersklub van die grond af is en goed aan die gang is.

Afwesig liefstetannie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4
Insake: Bravoland Ondersteunersklub
« Antwoord #7 op: April 29, 2008, 03:33:42 PM »
Ek het dieselfde probleem. Ek telegrafeer gewoonlik geld vir familie duer "MONEYGRAM". Kan ons dalk so
lidmaatskap bekom? Dit kos slegs ongeveer $10 om te stuur. Weet dit laat ruimte vir korrupsie,maar in die omstandighede moet ons mekaar kan vertrou.

Wag ernstig op 'n antwoord.

Boeregroete!!!

Ek sou graag 'n lid wou wees, maar as mens vanuit die buiteland geld in 'n bankrek. in SA wil oorplaas, kos dit soms meer as die skenking. (Ca$45.00=R330.00/oorbetaling op die oomblik)
Sodra daar 'n goekoper manier is, bv deur 'n kredietkaart te kan gebruik, direk hier op Bravoland, sal ek graag bydra. (EK het bv so by PRAAG aangesluit)

Afwesig liefstetannie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4
Insake: Bravoland Ondersteunersklub
« Antwoord #8 op: April 29, 2008, 03:38:20 PM »
Kan ons gebruik maak van Moneygram"? Dis goedkoper,

Baie dankie Desia, ek het by Maarten Venter wat ook in die VSA bly gehoor dat dit baie duur is om geld oor te plaas.

Ek het vinnig gaan loer, ek sien Praag maak gebruik van Setcom http://www.setcom.com/www/  Dit is dalk iets waarna ons in die toekoms kan kyk wanneer die Ondersteunersklub van die grond af is en goed aan die gang is.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Bravoland Ondersteunersklub
« Antwoord #9 op: April 29, 2008, 03:48:44 PM »
liefstetannie, baie welkom hier in bravoland.

Moneygram werk baie goed. Ek en Maarten het al so 'n transaksie gedoen en dit is redelik wyd verspreid oor die land, wat toegang vergemaklik. Dit kos nogsteeds 'n hele paar rand aan julle kant.

As ek mag 'n voorstel maak? 'n Jaarlikse betaling dalk instede van elke maand vir ons mense wat buite die NSA bly?
Moed Vryheid Eer

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Insake: Bravoland Ondersteunersklub
« Antwoord #10 op: April 29, 2008, 04:17:19 PM »
Jaarlikse betaling is 'n goeie idee, dit sal die kostes, om die geld hier te kry, verminder.

Lede in NSA is ook welkom om jaarliks te betaal, dit sal maandelikse bankkostes bespaar.
 

VOEL TUIS

Afwesig liefstetannie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4
Insake: Bravoland Ondersteunersklub
« Antwoord #11 op: April 29, 2008, 04:38:49 PM »

Haai daar Kleinbekkie,

Jaarlikse betaling klink goed.Miskien kan jy my 'n persoonlike E-mail stuur met besonderhede bv.
              Naam van ontvanger
              Stad/dorp waarheen dit oorgeplaas word
              Bedrag

Dan werk ons van daar af...

Groete mens

liefstetannie, baie welkom hier in bravoland.

Moneygram werk baie goed. Ek en Maarten het al so 'n transaksie gedoen en dit is redelik wyd verspreid oor die land, wat toegang vergemaklik. Dit kos nogsteeds 'n hele paar rand aan julle kant.

As ek mag 'n voorstel maak? 'n Jaarlikse betaling dalk instede van elke maand vir ons mense wat buite die NSA bly?
« Laaste verandering : April 29, 2008, 08:17:01 PM deur Kleinbekkie »

Afwesig Anneke

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 576
Insake: Bravoland Ondersteunersklub
« Antwoord #12 op: April 29, 2008, 05:55:39 PM »
1.  Karina de Jager
2.  Christa Burger (Kleinbekkie)
3.  Clem de Klerk
4.  Ben Geldenhuys
5.  Plaas Botha
6.  Sjarko
7.  Sannie van der Walt
8.  Anneke Geldenhuys
9.
10.
11.

Afwesig Trudie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 6
Insake: Bravoland Ondersteunersklub
« Antwoord #13 op: April 29, 2008, 11:34:01 PM »
9.  Trudie Geldenhuys

Afwesig Desia

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 59
    • Aikona
Insake: Bravoland Ondersteunersklub
« Antwoord #14 op: April 30, 2008, 03:07:07 AM »
10. Desia

Afwesig Johann Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 337
Insake: Bravoland Ondersteunersklub
« Antwoord #15 op: April 30, 2008, 08:09:50 AM »
1.  Karina de Jager
2.  Christa Burger (Kleinbekkie)
3.  Clem de Klerk
4.  Ben Geldenhuys
5.  Plaas Botha
6.  Sjarko
7.  Sannie van der Walt
8.  Anneke Geldenhuys
9.  Trudie Geldenhuys
10. Desia
11. Johann Venter


vellies

  • Gas
Insake: Bravoland Ondersteunersklub
« Antwoord #16 op: April 30, 2008, 09:37:56 AM »
1.  Karina de Jager
2.  Christa Burger (Kleinbekkie)
3.  Clem de Klerk
4.  Ben Geldenhuys
5.  Plaas Botha
6.  Sjarko
7.  Sannie van der Walt
8.  Anneke Geldenhuys
9.  Trudie Geldenhuys
10. Desia
11. Johann Venter
12. Veldskoen Hunter



Winter

  • Gas
Insake: Bravoland Ondersteunersklub
« Antwoord #17 op: May 01, 2008, 07:52:08 PM »
13. Winter

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Insake: Bravoland Ondersteunersklub
« Antwoord #18 op: May 05, 2008, 02:45:10 PM »
Nominasies word ingewag vir die bestuur van die Bravoland Ondersteunersklub. Gaan plaas u nominasie asb hier http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3026.msg42455;topicseen#new

Nuwe lede is nog altyd welkom om aan te sluit. 
VOEL TUIS

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Bravoland Ondersteunersklub
« Antwoord #19 op: May 05, 2008, 02:52:50 PM »
Sodra daar genoeg lede is (ten minste 10) kan ons voortgaan om die bestuur te kies. Sodra die bestuur gekies is, moet die grondwet goedgekeur word en dan is die Klub in werking.
 

Plaas, jammer oor al die vrae, maar uit hoeveel lede gaan die bestuur van die Ondersteunersklub bestaan en wat gaan elkeen se portefeulje wees? Voorsitter, ondervoorsitter, ens?


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal