Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Beeld se meningspeilings  (Read 9346 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

viki

  • Gas
Re: Beeld se meningspeilings
« Antwoord #80 op: May 17, 2010, 09:10:57 AM »
Praat leviet nie dalk hier van  blankes wat arm is en sukkel, maar nie wil werk nie.
Verwys hy nie dalk hier na die man wat wil hê jy moet hom jammer kry en hom geld gee. Ek het dit ook al tee gekom. Bied die man werk in die tuin aan en hy sê nee dankie ek vra liewer die volgende man vir geld. Party blankes dink mos dis vernederende werk as hul nie iewers baas kan wees nie. Hulle het vooraf opgestelde idees oor die lewe.

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Beeld se meningspeilings
« Antwoord #81 op: May 17, 2010, 05:59:13 PM »



Plaas, Plaas, Plaas! JA JA JA.  My probleem is dat dit nooit kan werk nie omrede die "volk" nie wil werk nie.  "Ander" moet mos ons werk doen en dis waar die probleempie inkom.............

Leviet..  as ek so tussen lyne lees is "jy" dan die "een" wat al die werk vir die "volk" doen.  Vertel ons so bietjie meer van jouself, hoeveel en watter tipe werk doen jy vir die "volk"?

As Levitikus hier bedoel dat baie van ons mense te verknog is aan volksvreemde arbeid, moet ek daarmee saamstem.

Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Die Liviet

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 94
Re: Beeld se meningspeilings
« Antwoord #82 op: May 18, 2010, 07:34:43 PM »
Jan Beyers,  ek probeer die rentmeesterskap wat God my oor my maatskappy gegee het sorgvuldig bestuur.  Deel daarvan is dat ek aan wit boerseuns wat vroee skoolverlaters was en onder andere net standerd 6, 7 en 8 het, werksgeleenthede gee.  Deur dit te doen sit ek elke 2de dag en weer die politiek af en staan vir my volksgenote.  Ek moet ELKE dag motiveer hoekom ek hulle wat geen kennis en vermoe het, dubbel die salaris betaal van die ander volksvreemde arbeid.  Ek is die ENIGSTE van talle wit besighede in my spesifieke industrie wat vir sy werkers huis en kos gee. Dis waar my probleempie inkom soos vroeer gemerk nl:  Hulle val soos vlie want hulle wil nie handewerk doen nie.  En dis nie eers swaar nie.  Ek doen dieselfde werk gereeld want ek glo mens lei deur voor te wees. As jy dink dat ek soos die vele ander hier bek en nie binnegoed het nie, maak jy 'n groot fout.  Se my biekie wat doen jy vir jou volk?


Levitikus
Livitikus

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Beeld se meningspeilings
« Antwoord #83 op: May 18, 2010, 11:07:47 PM »
Leviet,

Omdat ek weet Jan Beyers is beskeie oor dit wat hy vir die volk doen sal ek jou antwoord (as ek alles kan onthou):

Huis van Oranje - Bestuurende Direkteur
Oranjekas kooperatiewe(volks)bank - Bestuurende Direkteur en stigter
Oranje Sake Instituut - Bestuurs-en-stigterslid
Oranje Sakekamer Donkerhoek - Voorsitter
Oranje Tuindienste (Volskeie tuindienste) - Stigterslid
Donkerhoek Verkenners - Voorsitter
Verkenners Beweging van Suid-Afrika - Nasionale Penningmeester
Kleinfontein Boerebelange kooperatief Hoeweraad - Bestuurslid
Majuba Boerevolk Trust - Trustee
Afrikanerfront - Bestuurslid (Penningmeester)
Verkenners gemeenskapsbeveiligingsplan - Stigterslid
VVK - Registrasiebeampte

Dit is wat ek nou aan kan dink. Terloops Leviet, jou bek klink vir my groot en jou binnegoed min.

Afwesig Die Liviet

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 94
Re: Beeld se meningspeilings
« Antwoord #84 op: May 19, 2010, 05:20:07 AM »
Geagte Ben

Baie dankie dat jy namens Jan Beyers antwoord.  Hy het glad nie so beskeie geklink in sy vraag na my nie.  Uit respek van wat Van Zyl my oor jou vertel het sal ek met respek aan jou se dat sielkunde ni baie goed op my werk nie.  Wat jy en enige ander dink van my het geen invloed op my nie.  Hou aan met die uitstekende werk wat jy doen.  Ons het almal 'n doel tot die voltooiing van God se plan.

Levitikus
Livitikus

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Beeld se meningspeilings
« Antwoord #85 op: May 19, 2010, 08:44:23 AM »
Geagte SP en ander,

Ek is geneig om saam met Levitikus te stem rakende die luiheid van 'n groot gros van ons volk; nes Viki en Meerkat ook gesê het, dink ek nie Levitikus het klappe na jou en Jan Beyers gemik nie - hy het in die algemeen gepraat.

Tog glo ek nie dat ander se luiheid ons van stryk moet bring nie - harde werk is aansteeklik. Dit het ek al baie gesien, kry 'n klein groepie bymekaar wat wil werk en hulle verrig wondere.

Groetnis.

viki

  • Gas
Re: Beeld se meningspeilings
« Antwoord #86 op: May 19, 2010, 08:53:47 AM »
Goeie more Levitikus

Ek’s jammer vir die lang relaas, maar ek sukkel om my gedagtes te beperk. Als wat ek hier sê, sê ek as ‘n buitestander en hoe ek dit waarneem.

Saderis vra jou wat jou vrae is. Hoekom sit jy dit nie punts gewys uiteen nie, met vraagteken en al?
Sit terug, drink koffie en skiet weg met die vrae. Moenie in die middel van jou gedagte begin skryf nie, dan volg almal nie jou gedagtegang nie. Onthou ander dra nie kennis van jou agtergrond en opvoeding nie, hul weet nie wie jy is nie. Dus moet jy als omskryf om seker te maak die ander verstaan jou reg. Karina is reg, daar is ‘n vrae en antwoorde op die vvk se webwerf. Anders kan jy mos maar vir Paul Kruger bel en ‘n diepte gesprek met hom aanknoop.
 Ja, jy voel jy doen baie vir jou mede Afrikaner en dit kos jou finansieel. Terwyl jy dalk dink Ben se antwoord nms Jan Beyers dui dalk dat amper alles wat Jan doen, trek hy finasiele voordeel daaruit. So ek kan dan verstaan dat jy mag voel dat wat jy doen en wat Jan doen dus dalk nie vergelykbaar is nie. Almal in ‘n besigheid het ‘n plek vanaf die tee dame tot bo my die besturende direkteur. Almal is belangrik anders verloop dinge nie so lekker nie.
Jy doen beslis meer as ek. Dis net als wat ek doen, het die manier om ‘n gemors te word, aanhouer wen seker.

As mens aanvallend is, dan probeer mens iets beskerm. Jou geloof kan nie van jou weg gevat word nie, maar jy kan besluit om dit te laat gaan. So, wie kan dan nou wat van ‘n christen wil afneem dat mens vyandig moet optree?

Ek dink almal op Bravoland het vryheid ten doel, miskien verskil ons van hoe om dit te doen en/of motiferings daar agter, maar ons soek vryheid. (Ek persoonlik soek vryheid in ‘n Gods vresende land, waar die wil van die Vader werklik gesoek en nagestreef word.)  En dis nie eers moeilik nie, want Jesus sê self dat sy juk lig is. Inteendeel dink ek dis ligter as wat enige kerk of organisasie op mens lê. JESUS IS DIE ANTWOORD.

Ek dink Afrikaners moet by ‘n plek kom waar elkeen homself moet afvra: Wil ek vryheid hê, wil ek die Almagtige Vader dien of wil ek nie. Dan is jy vir of teen die saak, vergeet van die middelweg, dit werk nie. As mens die vraag geantwoord het, dan maak mens vordering.

Groete Viki

Afwesig Die Liviet

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 94
Re: Beeld se meningspeilings
« Antwoord #87 op: May 19, 2010, 12:39:44 PM »
Halo Viki.  dankie vir jou neutrale kommentaar.  Ek wil dit duidelik stel dat ons aan dieselfde kant van die  draad le.  Miskien is jy reg.  Ek weet nie hoekom nie maar ek sien sommige lees dinge wat nie geskryf is nie.  Ek het GEEN politieke agenda nie.  My werk is geestelik van aard.  Ooit gewonder hoekom daar profete was terwyl daar konings was?  Weereens ek bedoel niks hiermee nie, dis retories.  Ek se ook nie ek is die uitverkore profeet nie. 

Ek het Bravoland besoek en snaaks genoeg net 'n paar itempies in aanhalings geobserveer, toe spring amal op die agtervoete.  Hoekom?  Is dit 'n kwessie van die waarheid maak seer of is ons net te feingevoelig?  My observasie was uit die items en kommentaar van burgers en besoekers op die webtuiste.  My beginsel en ek glo duisende burgers sin ook is: baseer jou politiek op jou godsdiens en nie andersom nie.  Dan is die politiek in God se hande en wanneer Hy regeer sal dit goed gaan soos ons almal weet.  Die vraag is weereens hoeveel bloed gaan vloei voor die volk in sy totaliteit daardie strategie volg.  (Lees die verhaal van Simeon en Levi wat duisende uitgewis het toe hul suster Dina onteer was).  Geskiedenis het my geleer dat ons ou volkie blykbaar net kan saamstaan as hulle op die punt van uitwissing staan : Bloedrivier ens.  Dan, UITEINDELIK plaas hulle dit in GOD se hande en dan soos ELKE keer wanneer GOD ingryp gebruik hy 'n handjie vol sodat die EER HOM KAN TOEKOM.  (Bv Josua en Jerigo, Jakob se 10 seuns het met 80 man 200 000 man verslaan in 7 dae.)  Al wat ek observeer is dat ons dalk ALLES in GOD se hande plaas en HOM smeek en VERTROU vir uitkoms.  En weereens, daarmee se ek nie dat ons nie reeds bid nie.

Die VVK en vrae:  Ek stem absoluut met die begin argumente saam dat daar basiese vrae is.  Ek het net een vraag: Hoe sien die burgers wat is die uiteinde van die oefening?  Daai vraag was daar aan die begin en is nog steeds daar en sal onbeantwoord bly. 

Ek stem saam dat soos Ben ook gese het amal in Bravoland het Vryheid ten doel.  Onthou egter AL die Israeliete het vryheid ten doel gehad om uit slawerny te kom.  Maar hulle was skaars 2 maande VRY toe spoeg hulle in God se gesig en daarvoor het NIE EEN die beloofdeland ingegaan behalwe Josua en Kaleb nie.

Ek haal jou aan Viki: "Ek dink Afrikaners moet by ‘n plek kom waar elkeen homself moet afvra: Wil ek vryheid hê, wil ek die Almagtige Vader dien of wil ek nie. Dan is jy vir of teen die saak, vergeet van die middelweg, dit werk nie. As mens die vraag geantwoord het, dan maak mens vordering.
Die vraag is op wie se terme en met watse voorwaardes wil ons Vryheid he?  God sin of ons sin.  Daar is net daardie 2 keuses.  Die feit is dat nie amal van ons van God se voorwaardes hou nie.  Ons wil gewoonlik ons brood aan 2 kante gebotter he.  Daarmee bedoel ek dat God gee volkome uitkoms en geskiedenis leer ons dat wanneer dit goed gaan, raak ons maklik weer afvallig.

Ek dink glad nie ek doen baie vir die volk nie.  Die finansies van my maatskappy is in elk geval GOD sin.  Dis Hy wat vir Sy kinders sorg.  Ek is net 'n man in 'n stoel.  Ek  het myself vir GOD beskikbaar gestel en as HY wil he ek moet die volk dien in een of ander vorm, sal ek dit doen.  Maar ek luister na Hom.  Daarom my stelling dat uitdagings en sielkundige druk en insinuasies beslis nie my tot ander werke sal dryf nie.

My bek en binnegoed se skeppingsdoel is om GOD te eer.  Nee ek dink nie Jan Beyers se aksies doen hy doelbewus dat dit vir hom finansieel voordeel het nie.  Ek ken die man nie en in my boeke het hy eerlike intensies tot hyself die teendeel bewys.  Ek glo hy wend die een tot voordeel van die ander aan.

Ek glo  die puzzle is besig om skielik bymekaar te kom en daar is beslis positiewe dinge besig om te gebeur en die volgende 2 jaar gaan blykbaar groot wees vir ons volkie.  Ons moet net luister, uitvoer en HY sal STUUR.  Dit sal weer goed gaan as ons by die begin begin.

Boo: Dankie vir jou ondersteuning en hoop jy het Ron Wyatt gegoogle.  Jy slaan die spyker op sy kop.  Ek het arm en swaar grootgeword soos vele ander en van std 6 af gewerk.   My eerbare Pa het my in God grootgemaak en dis al wat ek nodig gehad het.

Ek vra om vergifnis as ek burgers aanstoot gegee het en glo hulle sal dit nie teen my hou nie.

Ben, Jan Beyers, ek bid dat God julle werke sal seen soos julle dit nie kon droom nie.  Ek smeek dat die volk se gebede deur Gabriel voor God gebring word en dat die dade van die ongelowiges opstapel as getuienis sodat ons verlossing groot sal wees.  Aan Hom al die eer.
Livitikus

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1922
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Beeld se meningspeilings
« Antwoord #88 op: October 04, 2010, 08:53:57 AM »
Vandag het Beeld 'n interessante peiling. En die uitslae is nóg interessanter!

Politiek gesproke beskou ek myself as: 
   
Links 4 %
 
Regs 33 %
 
Iewers in die middel 17 %
 
Links en regs het hul betekenis verloor 46 %
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 562
  • Verkenner
Re: Beeld se meningspeilings
« Antwoord #89 op: October 19, 2010, 12:36:28 PM »
Interresante uitslag op die webwerf http://www.euronews.net/news/you/

Die vraag is: Has multiculturalism failed in Europe?

yes (71%)
     
no (25%)
     
i don’t know (4%)
     


Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Beeld se meningspeilings
« Antwoord #90 op: November 12, 2010, 07:28:57 PM »

Wat sê jy? Dink jy saambly is sonde?

Ja - 35% - 985 stemme

Nee, tye het verander - 49% - 1369 stemme
 
Ek wonder daaroor - 16% -  455 stemme

http://www.beeld.com/Stem
   
Ons Sal!!!

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Beeld meningspeiling: Dink jy saambly is sonde?
« Antwoord #91 op: November 15, 2010, 01:42:52 PM »
Aanhaling
Ja 38 %

Nee, tye het verander 47 %

Ek wonder daaroor 15 %


Interessante uitslag.

So die "tye" bepaal wat sonde is en wat nie...

Iets kan weens "tye" vir die mens aanvaarbaar word; dit beteken egter nie dat dit nou ewe skielik ook vir God aanvaarbaar word nie.

Waar is die mens se "objektiewe kompas" sonder die Woord wat die wil van die Lewende God aandui?

Dis seker ook dieselfde mense wat in die verlede "weens ander tye" dieselfde sondaars, sonder om twee maal te dink, sou wou stenig.

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Beeld meningspeiling: Dink jy saambly is sonde?
« Antwoord #92 op: November 15, 2010, 01:47:09 PM »
Dit is ontestellend, Boo, dat die gemiddelde leser van Afrikaanstalige dagblaaie al meer "agnostisisties" word - afgelei uit die kommentaar op artikels en briewe. God se Wet as norm geld duidelik al minder - helaas ook nie meer altyd vir "Christene" nie. Ons word ingesuig deur die gees van humanisme waar die mens se wense en begeertes geld.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Beeld meningspeiling: Dink jy saambly is sonde?
« Antwoord #93 op: November 15, 2010, 01:58:58 PM »
Ekskuus, ek sien die meningspeiling is al hier geplaas:

http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,3084.msg73776/topicseen.html#new

Jammer oor die dubbele plasing.

Soos ons predikant ons meedeel; dis die verskil tussen werklik glo en slegs godsdiens beoefen.

Die een wat werklik glo het 'n lewende verhouding met God, die een wat bloot godsdiens beoefen word deur elke dwaalleer en nuwe stroming meegesleur.

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Beeld se meningspeilings
« Antwoord #94 op: November 16, 2010, 04:22:42 PM »
Ja, Tye het verander.  Maar God nooit.
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Sanderis

  • Gas
Re: Beeld se meningspeilings
« Antwoord #95 op: January 13, 2012, 01:44:14 AM »
Behoort die Vierkleur nog rondgeswaai te word?

Ja 60 % 1176 Stemme



Nee 34 % 664 Stemme



Ek weet nie 5 % 104 Stemme


Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Beeld se meningspeilings
« Antwoord #96 op: January 13, 2012, 08:35:27 AM »
Ek mis vir Henk op die draadloos. Hy sou die peiling onder almal se aandag gebring het.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Beeld se meningspeilings
« Antwoord #97 op: January 16, 2012, 12:16:57 AM »
Ek mis vir Henk op die draadloos. Hy sou die peiling onder almal se aandag gebring het.

Dit begin almeer lyk of daar nie meer plek is vir denkende vryheidsgesinde mense by die radio nie!
Ons Sal!!!

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1922
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Beeld se meningspeilings
« Antwoord #98 op: February 24, 2012, 10:34:22 AM »
Burgers, kom help gou bietjie hier op www.volksblad.com

Wat sê jy?
Wat dink jy is die vernaamste rede vir plaasaanvalle?

   Bedoeling om te roof. 
   Loongeskille. 
   Ras- of politiek gemotiveerd. 
   Uitlatings van politici. 
   
 
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Op kantoor trotswit

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 20
Re: Beeld se meningspeilings
« Antwoord #99 op: February 24, 2012, 11:18:40 AM »
Sjoe, toe ek nou gaan stem het, sien ek 72% se dit is Ras/polities gemotiveerd. Ek sou se 'n deel is ook te wyte aan uitsprake wat deur hansworse soos Julius Malema gemaak word.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal