Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Zimbabwe Volksgenote  (Read 6969 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1922
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Zimbabwe Volksgenote
« Antwoord #40 op: January 27, 2009, 03:28:48 PM »
Ek het die mense gevra hoekom verlaat hulle nie Zim nie. Uit die antwoorde blyk dit dat dit nie meer so eenvoudig is nie. 'n Zim paspoort kos nou R6 700-00.

En die onwettige immigrante stroom by die miljoene oor die SA-grens...  :-\
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Zimbabwe Volksgenote
« Antwoord #41 op: January 27, 2009, 03:34:30 PM »
Dankie vir die oorsig, Ben. Ek wens dat al hierdie mense wat nog so lekker slaap (liberaliste), met hierdie werklikheid konfronteer kan word. Dalk, net dalk, besef hulle dat hulle 'n aandeel het aan die volksmoord wat tans ook in ons land aan die gang is.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Zimbabwe Volksgenote
« Antwoord #42 op: January 27, 2009, 03:38:15 PM »
Dit is sekerlik nie maklik om in sulke omstandighede te wees nie - 'n mens verlaat nie maklik jou land van geboorte nie, en as jy dan nog met 'n klomp skelms sit wat met omkoop geld jou "vryheid" moet afsmeek, dan word dit nog moeiliker, want daar is geen waarborg dat die omkoopgeld en die paspoortgeld nie in hul sakke beland en jy sit nog steeds waar jy is.
Kennis is mag

Sanderis

  • Gas
Insake: Zimbabwe Volksgenote
« Antwoord #43 op: January 27, 2009, 10:38:26 PM »
dit is net jammer dat nie almal (die wat dit moet sien) dit gaan lees

Ek dink so paar duisend ekstra behoort dit te lees .

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Zimbabwe Volksgenote
« Antwoord #44 op: January 28, 2009, 02:10:04 PM »
Soos reeds genoem is die Zimbabwe Dollar niks werd nie. As mens dit vir mense vertel verstaan hulle nie altyd heeltemal hoe niks dit werd is nie. Laat ek dit dus duidelike stel, dit is so niks werd dat die Zimbabwiërs dit in die straat weg gooi en niemand dit optel nie:


Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Zimbabwe Volksgenote
« Antwoord #45 op: January 28, 2009, 02:16:08 PM »
Ek hoor Robber moeg-apie wou nie die Suid-Afrikaanse "blou lig bende" gebruik vir beveiliging met sy onlangse besoek in SA nie. Hy het blykbaar met sy eie voertuig en karkawe hier opgedaag. Koning Moeg-apie is blykbaar bang iemand maak hom dood. Dit is egter nie 'n nuwe ding, die vervolgingswaansin van hom nie. Die straat waarin hy woon word toegemaak, soos reeds genoem mag niemand fotos neem in Zim nie en as jy daar fotos neem sal die talle wagte wat daar is jou blykbaar skiet. (As hulle jou sien natuurlik)









Afwesig Danie Theron

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 184
  • Verkenner
Insake: Zimbabwe Volksgenote
« Antwoord #46 op: January 28, 2009, 02:25:22 PM »
Goeie Verkenners werk SP.   ;)

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1922
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Zimbabwe Volksgenote
« Antwoord #47 op: January 28, 2009, 08:27:07 PM »
Die mense wat saam met my werk kon nie hulle oë glo toe ek hulle die foto van die Zim-dollars in die strate wys nie.

Hier is 'n berig hoe nog 'n boer vertel hoe hy sy boerdery moet tot niet maak omdat die nuwe eienaar nie toelaat dat hy voer vir sy diere mag bring nie. Hierdie mense besef nie hulle is die oorsaak van hulle eie ondergang nie....

SA boer in Zim voer varke vir krokodille
Waldimar Pelser

’n SUID-AFRIKAANSE boer in Zimbabwe het die laaste maand 1 000 van sy speenvarke geslag en vir krokodille gevoer omdat besetters besluit het geen behoorlike voer word op die plaas toegelaat nie.

Mnr. Louis Fick boer sedert 1993 naby Chinhoyi met varke, krokodille, beeste, vis en graan. Hy het gesê die laaste van 3 500 varke sal binne weke dood wees, terwyl al sy beeste ook reeds van kant gemaak is.

Dit is deels weens die voerverbod en deels omdat die senior reserwebank-amptenaar wat in Julie 2007 op die plaas beslag gelê het, Fick se boerdery tot 5 ha van die plaas se eens geil 400 ha beperk.

Op die res gebeur daar niks, het Fick gister uit Zimbabwe vertel.

Hy is deel van ’n groep Zimbabwe-boere wat hulle nou opnuut tot ’n tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) in Namibië gaan wend om pres. Robert Mugabe se regering te probeer dwing om hul eienaarskap van onteiende plase te herstel.

Die tribunaal het op 28 November in Windhoek beslis die onteiening van 78 boere se plase was onwettig, maar Fick het gesê geen lidland van die SAOG het sover die bereidwilligheid verklaar om die uitspraak te help afdwing nie.

Zimbabwe het die uitspraak verwerp.

Fick en mnr. Deon Theron, adjunkpresident van die kommersiële boere-unie van Zimbabwe (CFU), het gister aan Volksblad gesê hulle gaan die tribunaal vra om te bevind Zimbabwe minag die uitspraak.

“Op die lange duur sal Zimbabwe die uitspraak moet verdedig, maar in die kort termyn is dit baie frustrerend,” het Fick gesê.

“Daar is geen dringendheid by enige van die (SAOG-)lande om aandag aan die saak te gee nie. Ons praat gereeld met die Suid-Afrikaanse regering deur die ambassade (in Harare), maar ons kry geen terugvoer van hulle af nie.”

Die veldtog teen die boere verskerp intussen net.

Fick het gesê hooggeplaastes in die Zimbabwiese reserwebank teiken deesdae al hoe meer plase, soos die een waarop hy boer. Op sy plaas het die nuwe eienaar in April verlede jaar vir die eerste keer die verskaffing van voer verbied, en sedert verlede week weer.

“Hulle maak dit verskriklik moeilik en laat eintlik geen kos toe nie. Ons moet die kos oor hoësekuriteitsdrade gooi en op voertuie laai, maar dan sluit hulle die voertuie toe sodat ons nie kan beweeg nie. Dis nie billik teenoor die diere nie. Gelukkig kan ek die varke vir die krokodille voer.”

In sy fleur was daar 3 500 varke, 12 000 krokodille, 1 500 beeste en ’n visboerdery op die plaas, asook 80 ha onder koring en soja in ’n geïntegreerde boerdery.

Volgens Theron word die meeste van die oorblywende 300 wit boere ook tans belet om te plant en gaan die vervolging voort van boere wat weier om op te hou boer.

“Dis ’n absolute nagmerrie.”

Die CFU het onlangs ’n heropbouplan vir Zimbabwe se landbousektor saamgestel om produksievlakke wat nog elke jaar sedert 1998  val,  te  help  opstoot,  het Theron gesê.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Zimbabwe Volksgenote
« Antwoord #48 op: January 29, 2009, 08:26:19 AM »
Wel, as hy die krokodille loslaat, sal daar baie kos vir hulle wees  :P

Moed Vryheid Eer

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Zimbabwe Volksgenote
« Antwoord #49 op: January 29, 2009, 05:10:58 PM »
Die amptelike werkloosheid syfer in  Zim is vandag bekend gemaak: 94%

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Zimbabwe Volksgenote
« Antwoord #50 op: January 30, 2009, 08:34:21 AM »
Verbasend dat daar nog iemand behalwe Robber is wat n inkomste het!
Kennis is mag

Afwesig Sannie van der Walt

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1131
Insake: Zimbabwe Volksgenote
« Antwoord #51 op: February 28, 2009, 09:31:30 AM »
Gee pad van jou plaas; dis Mugabe se geskenk’
Feb 27 2009 09:06:36:430PM  - (SA) 
 

Harare. – Talle wit Zimbabwiese boere is gister na howe geneem waar magistrate aan hulle gesê het om hul plase onmiddellik te verlaat.

Volgens ingeligte bronne in Zanu-PF-geledere gaan van dié plase vandag aan pres. Robert Mugabe as ’n verjaardaggeskenk gegee word.

Mugabe, wat verlede week 85 jaar oud geword het, se amptelike verjaardagviering is vandag in Chinhoyi.

Meer as 300 beeste en 12 buffels wat op “wit” plase bymekaar gemaak is, is daarvoor geslag.

“Verskeie boere is tans, terwyl ons praat, voor die hof,” het mnr. Deon Theron, visepresident van die kommersiële landbou-unie, gistermiddag gesê.

“Onder hulle is van die 77 boere wat hul saak om hul plase te behou voor die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se tribunaal oor grondsake verlede jaar in Windhoek gewen het.”

Een boer, mnr. Peter Ethridge, het eergisternag skote oor die koppe van voornemende plaas-besetters geskiet. Hulle het hom by die polisie gaan verkla en Ethridge is in hegtenis geneem, het Theron gesê.

Nog ’n boer, mnr. John Borland, wat tans in Suid-Afrika weens kanker behandel word, het inhegtenisneming vrygespring. Die polisie het egter sy plaasvoorman en huiswerker aangekeer.

Hulle word aangehou omdat hulle nie aan opdragte gehoor gegee het om die plaas te verlaat nie.

Die inhegtenisnemings volg op ’n werkseminaar vir magistrate die afgelope week naby Harare.

Hulle is opdrag gegee om die SAOG-uitspraak te verontagsaam “omdat dit nie deel van Zimbabwe se wette is nie”.

http://jv.news24.com/Beeld/Wereld/0,,3-71_2477496,00.html
Ons volk is in die wêreld voëlvry verklaar. . . (DJ Opperman)

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Zimbabwe Volksgenote
« Antwoord #52 op: January 12, 2012, 10:20:32 AM »
‘Magic’ in ’n boks vir Zim se gryses
2012-01-11 22:13
http://www.beeld.com/In-Diepte/Nuus/Magic-in-n-boks-vir-Zim-se-gryses-20120111

Inwoners van die Boggy’s Trust-ouetehuis in Gweru, Zimbabwe laai kosbokse van die Zimbabwe-pensioen-ondersteuningsfonds van die vragmotor af.

Duisende pensioentrekkers in Zimbabwe kan nie eens ’n brood bekostig nie. Hilda Fouriehet dié land saam met “God se lorriedrywer” besoek wat verligting vir ’n paar honderd pensioentrekkers bring.

‘God se lorriedrywer” is mnr. Hannes Botha van die Zimbabwe-pensioen-ondersteuningsfonds (ZPO).

Hy besoek Zimbabwe elke twee maande om sowat 1 600 pensioentrekkers in sowat 28 ouetehuise in die land ’n boks kos te gee.

Een van die pensioentrekkers, mev. Mavis D’Hotman, sê toe die nulle van die Zimbabwe-dollar weggeneem is, het die meeste pensioentrekkers byna niks oorgehad nie.

“Hannes het ons met sy bokse kos gedra deur ’n tyd toe ons niks gehad het nie. Hy het vir ons magic gebring.

“Ons dank die Heer elke dag vir hom, want baie van ons kry ’n klein inkomste waarmee jy nie regtig iets kan koop nie.”

D’Hotman (82) woon in die Boggy’s Trust-ouetehuis in Gweru.

Botha het in 2002 vir die eerste keer die lang pad van Malalane in Mpumalanga na Bulawayo gevat met ’n klein motor vol kruideniersware.

Dít was nadat hy met ’n eks-meisie van hom oor die telefoon gepraat het en dié se ma op die agtergrond geskree het: “Sê vir Hannes ons lewe van aartappels.”

Sedertdien het hy uit sy werk by ’n suikerfabriek bedank en dit sy missie gemaak om vir die bejaardes in Zimbabwe kos te vat.

Elke twee maande laai ZPO twee vragmotors met bokse gevul met onder meer suiker, koffie, tee, blikkieskos, lekkers, toiletware, pasta, rys, konfyt, sout, kerse, kookolie, hawermout, mieliemeel en koekmeel.

Botha, wat een van die vragmotors bestuur, en nog ’n bestuurder ry van ouetehuis na ouetehuis om die bokse af te laai.

Dié ouetehuise is in Bulawayo, Gweru, Kwekwe, Chinhoyi, Shirugwi, Harare, Mutari en Masvingo.

Die meeste van die bokse word persoonlik aan die ontvangers oorhandig.

Byna almal wil eers ’n geselsie aanknoop en hoor hoe dit in Suid-Afrika gaan of van hul kinders vertel.

“Toe ek die eerste keer vir 36 ou mense elkeen ’n boks kos vat, was daar snot en trane,” sê Botha.

“Ek het in hul oë gekyk en hul dankbaarheid gesien. Dié is mense wat van ons afhanklik geword het. Ek sal nooit kan ophou om vir hulle kos te neem nie.”

Beeld het op Botha se mees onlangse besoek aan Zimbabwe gesien hoe trane van dankbaarheid oor mense se wange rol wanneer hulle ’n boks kos kry. Wanneer hulle die boks uitpak, raak hulle kinderlik opgewonde, veral oor sjokolade.

Dinge het vir die meeste pensioentrekkers in Zimbabwe skeefgeloop weens weghol-inflasie en toe die regering die nulle weggeneem het.

Van beleggings het hulle binne ’n dag niks meer oorgehad nie.

Mev. Joyce “Goose” Boshoff (82) het geleef van haar oorlede man se spoorwegpensioen. Sy het een dag $3 miljard in die bank gehad. Toe die nulle weggeneem is, het sy die volgende dag $3 oorgehad.

Boshoff, wat in ’n eenvertrek-woonstel in die Coronation-ouetehuis in Bulawayo bly, kry $12,50 per maand (sowat R100).

Amerikaanse dollar en Suid-Afrikaanse rand word deesdae in Zimbabwe gebruik.

Sommige maande kry Boshoff R600 van haar seun wat in Suid-Afrika bly, maar as sy geld opraak, kry sy ook niks.

Volgens Boshoff is baie van die pensioentrekkers afhanklik van hul kinders wat oor die wêreld heen bly, maar “mens wil hulle ook nie altyd pla nie, want hulle het hul eie lewens om te lei”.

Dan is daar dié wat nie kind of kraai het nie. “Die meeste van ons het byna niks geld nie,” sê Boshoff.

“En wat kan jy met $12,50 koop?

“Ek koop maar poeiermelk en soms suiker. ’n Brood kos $8 (sowat R65). Die Chinese verkoop ’n soort broodjie waarvoor jy $1 (sowat R8) vir twee betaal. Ek vra die dominee om vir my twee van hulle te bring wanneer hy dorp toe gaan.

“Ons het baie om voor dankbaar te wees. Ons het ’n dak oor ons koppe en water.

“Ek is afhanklik van die boks wat ek by Hannes kry. Ek weet nie wat ek daarsonder sou doen nie.”

D’Hotman sê ná alles wat in Zimbabwe gebeur het, het die pensioentrekkers geleer om hul lot te aanvaar en dankbaar te wees oor wat hulle het.

Sy weet sy kan nie in ’n winkel instap en ’n blokkie kaas en spek koop nie, want met die $61 (sowat R500) wat sy maandeliks kry, moet sy haar huur betaal.

“Die boks het net die basiese in, maar jy kan oorleef met net die basiese. ’n Mens kan ’n lekker dis voorsit met net die basiese bestanddele.

“Ons dank die Here vir dit wat ons het en is dankbaar vir enigiets wat ons kry. Die Here kyk na ons. En ons het vir Hannes.”
 
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Zimbabwe Volksgenote
« Antwoord #53 op: January 12, 2012, 08:10:21 PM »
Gestel ons kry eendag 'n volkstaat ; sal daar plek wees vir blanke zimbabwiers wat 'n nuwe begin wil maak ?

Afwesig Jacques Cloete

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 122
Re: Zimbabwe Volksgenote
« Antwoord #54 op: January 14, 2012, 01:42:44 PM »
As Siener reg is, sal Rhodesie een van ons provinsies word. So ver is sy visioene nogal baie akkuraat gewees.
Die volk sal nog eendag dinge in sy eie hande neem.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal