Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU  (Read 7158 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Die Rektor
Potchefstroomkampus
NWU

Prof. A. Combrink,


Dit is met skok dat ek verneem het van die besluit van u universiteit om die Afrikanerkultuurgroep, GK267, te verban van die universiteit. Dit terwyl ander bevolkingsgroepe steeds toegelaat word om kultuurgroepe en selfs politieke groepe te bedryf op die universiteit.

Dit skep die indruk dat u 'n aksie het teen die Afrikaner en sy kultuur. Die vermoede word versterk deur die propagandablad wat deur die filosofie-departement uitgegee is. Die naam van die propagandablad is so vulgêr dat ek dit nie eens in hierdie skrywe kan noem nie. Ek glo geen opgevoede persoon sal daardie naam in opgevoede geselskap wil noem nie. Ek vind dit vreemd dat sulke vulgêre propagandablaaie toegelaat word, maar 'n Afrikanerkultuurgroep word nou verban.

 

Ek verneem graag  of daar enige oortreding was wat in stryd is met die Grondwet van die land. Voorts verneem ek waarom soortgelyke beletsels nie geplaas word op ander strukture wat selfs meer radikaal in hule opvattings is nie - of is Afrikaners 'n verleentheid vir die Universiteit?

 

Indien dit gaan oor die gebeure in Bloemfontein en by name die sogenaamde Reitz video. Dan neem ek aan dat die ANC ook verban gaan word by die universiteit, aangesien lede van die ANC skootrekenaars gesteel het in Bloemfontein tydens hulle onlangse kongres daar.

Ek is seker u het 'n regsfakulteit by die universiteit. Ek stel voor dat u hulle kontak en uself vergewis van artikel 30 en 31 van die Grondwet. Ook moet u besef dat geen reëls wat u universiteit maak, in stryd mag wees met die Grondwet van Suid-Afrika nie. Artikel 30 en 31 van die Grondwet van Suid-Afrika gee aan die Afrikanerkultuurgroep GK267 bestaansreg in Suid-Afrika. U universiteit se optrede kan dus as ongrondwetlik beskou word.

Die Grondwet van Suid-Afrika maak verder voorsiening vir vryheid van assosiasie. Deur GK267 te verban, is u universiteit besig om hierdie vryheid te ontneem van die lede van GK267. Ek wonder hoe die menseregtekommissie daaroor sal voel.

Hierdie saak sal ek ook onder die aandag bring van die Afrikanerfront. Indien u nie bewus is nie, die Afrikanerfront is 'n sambreelorganisasie waaraan 24 Afrikanerorganisasies behoort. Die Afrikanerfront strewe na eendragtigheid van Afrikanerorganisasies en ook na onderlinge ondersteuning van Afrikanerorganisasies. Dit is juis onregverdige optredes soos hierdie, wat die ontstaan van die Afrikanerfront genoodsaak het.

Dit is 'n jammer dag wanneer die kinders van 'n volk die teiken word van aanvalle. Die Afrikanervolk het al in die verlede hierdie soort van lafhartige aanvalle op onskuldige vrouens en kinders ervaar. Ook is dit ironies dat tydens die tweede vryheidsoorlog dit ook die "joiners" was wat die wreedste teenoor die vrouens en kinders was in die konsentrasiekampe.  Ek is seker u universiteit het 'n geskiedenisfakulteit, dus stel ek voor dat u uself vergewis van hoe daar teenoor "joiners" opgetree is wat wreed was teenoor die Afrikanervolk se kinders.

My voorstel is dat u hierdie futiele poging om die Afrikaner se kultuur te misken, staak. Verder verwag ek ook dat u persoonlik 'n verskoning aanbied aan die lede van GK267.

Die uwe,


Ben Geldenhuys
President
Bravoland

Afwesig Hendrik van der Merwe

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 106
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #1 op: June 04, 2008, 03:59:15 PM »
Ek wonder wat word van die Ossewa Brandwag Argief wat by die PU gehou word? Soos wat hulle nou tekere gaan is dit dalk ook een van die dae op die ashoop.

Afwesig Boerseun

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 206
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #2 op: June 04, 2008, 04:32:48 PM »
Ek hoop die Bravolanders het al daardie OB meuseum gaan besoek.
Dit is voorwaar 'n besondere meuseum en die moeitewerd om 'n Saterdag oggend soontoe te gaan... uhm die kapenaars en suid Vrystaters moet maar 'n vakansie daarvan maak..... ;)
Vir GOD en Volk en Vaderland

Afwesig Anné Thiart

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 336
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #3 op: June 04, 2008, 08:45:44 PM »
'n Baie goeie, en nodige brief SP Ben. Die nuus het die GK267 hard getref en al die werk wat hul voorheen op die kampus gedoen het op een slag tot niet gemaak. Ek hoop die saak word heroorweeg, want die GK267 gee geleenthede aan Afrikaner studente in Potch om hulle volkswees daar uit te leef. Hulle is darem 'n paar bittereinders en sal ook nie die saak so laat lè nie. Sterkte GK267!
"Ons glo in die beskikking van 'n alwetende, alwyse Skepper - daarom lê daar in die terugblik op ons stryd in die verlede die sterkste motivering..."
- Elizabeth Verwoerd

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #4 op: June 04, 2008, 11:53:19 PM »
Casper du Preez van GK267 toe hy die brief gelees het:

Aanhaling
Het dit nou weer gelees, dis  uitstekend, dankie daarvoor, julle is staatmakers, ons hou jul op hoogte.

GKgroete

Afwesig Johann Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 337
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #5 op: June 06, 2008, 02:11:44 PM »
Die rektor van die Potchefstroom-kampus van die sogenaamde NWU pas goed in by die politieke klimaat wat die visekanselier van die universiteit, dr. Theuns Eloff, by sy nuwe anti-Afrikaner-instelling geskep het. Vir diegene wat nie weet nie:  prof Annette Combrink was hoof van die Departement Engels voordat sy bevorder is om dr. Eloff se vuilwerk op spesifiek die Potchefstroom-kampus voort te sit.
« Laaste verandering : June 06, 2008, 02:19:43 PM deur Johann Venter »

Afwesig Kalahari-Mac

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 2
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #6 op: June 06, 2008, 03:47:51 PM »
Dankie oom Ben vir die brief.

Smaak my dis tyd dat ons volk sy eie universiteite moet begin, want die skip is besig om te sink op Puk kampus.  Cosato het 'n kantoor op kampus gekry, glo 'n lekker ruim kantoor vir al die "comrades"
GK267 het na 'n jaar op kampus nog nie sy kantoor gekry nie. Cosato gee die Puk heeltyd gas oor Engels. Dis moslems heeltyd oor die Christen geloof. Die liberale blankes drink net nog 'n dop terwyl hul jammer is oor hul eie bestaan.

Combrink speel haar kaarte net vir haar salaris tjeck. Sy se glo sy sal alles in haar vermoe doen om 50% integrasie op die puk te laat werk.

Wat van 'n Bravoland-Universiteit? Ons kan hom in die Kalahari bou, daars oor genoeg plek. ;)

Ja die OB museum voorwaar iets om te sien. Ek dink nie die Puk wil dit eintlik he nie, dit word mooi weggesteek heel bo in die Biblioteek agter slot en grendel. Ek dink Bravoland moet 'n museum ook begin, dan kan ons die OB se goedjies vir ons nageslag vertoon.

GK groete
Kalahari Mac

Afrikanermeisie

  • Gas

Afwesig Johann Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 337
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #8 op: June 06, 2008, 04:08:16 PM »
Wat 'n skande!   Van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys tot die Noordwes-universiteit van Eloff en Combrink. En om te dink dat Cosatu welkom is op die kampus, maar die Afrikanerstudente van GK267 nie.


Smaak my dis tyd dat ons volk sy eie universiteite moet begin, want die skip is besig om te sink op Puk kampus.  ...

Wat van 'n Bravoland-Universiteit? Ons kan hom in die Kalahari bou, daars oor genoeg plek.

Ek hou baie van jou idee, Kalahari-Mac!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #9 op: June 06, 2008, 05:07:28 PM »
Kalahari,

EK het Saterdag 'n bestelling geplaas by die GK267 stalletjie. Weet jy of my bestelling al gereed is?

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #10 op: June 06, 2008, 05:12:46 PM »
Kalahari,

EK het Saterdag 'n bestelling geplaas by die GK267 stalletjie. Weet jy of my bestelling al gereed is?

Ek het gehoor dit vat nogal lank om 'n Volkstaat af te lewer...  ;D

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #11 op: June 07, 2008, 01:01:54 PM »
Dalk moes Ben sy brief begin het met ipv "Die Rektor Potchefstroomse Universiteit" moes hy gese het "Die Rektum Potchefstroomse Universiteit" ;D

Afwesig Anné Thiart

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 336
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #12 op: June 07, 2008, 07:59:25 PM »
Skerp Mike! :D
"Ons glo in die beskikking van 'n alwetende, alwyse Skepper - daarom lê daar in die terugblik op ons stryd in die verlede die sterkste motivering..."
- Elizabeth Verwoerd

Sanderis

  • Gas
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #13 op: June 07, 2008, 08:45:11 PM »
Wat 'n skande!   Van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys tot die Noordwes-universiteit van Eloff en Combrink. En om te dink dat Cosatu welkom is op die kampus, maar die Afrikanerstudente van GK267 nie.


Smaak my dis tyd dat ons volk sy eie universiteite moet begin, want die skip is besig om te sink op Puk kampus.  ...

Wat van 'n Bravoland-Universiteit? Ons kan hom in die Kalahari bou, daars oor genoeg plek.

Ek hou baie van jou idee, Kalahari-Mac!

'n Idee wat Ben al lankal geopper het. Volkseie -alles , vanaf onderwys regdeur tot vakansie-oorde wat natuurlik die korporatiewe sektor insluit- winkels industrieë ens .
Maar dit begin by Volkseie Ekonomie.

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #14 op: June 08, 2008, 11:40:59 AM »
Sandaris dit is die ideaal. Hier kan organisasies soos EOFSA, Afriforum, TLU, Solidariteit, ens. 'n baie belangrike rol speel om die ideaal te verwesenlik. Hoe gouer hulle kan saamsit en besluite neem hoe beter. Kom ons vat net bv. Solidariteit se Soltech Kollege. Dit is 'n bewys dat dit gedoen kan word.       

Afwesig Boerseun

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 206
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #15 op: June 09, 2008, 09:38:00 AM »
Aanhaling

Maar dit begin by Volkseie Ekonomie.

Dit begin selfs nog kleiner as dit.....
Volkseie huishoudings.
As jy nie volkseie by jou huis kan werk nie kan jy nie die groter ideale verwesenlik nie!
« Laaste verandering : June 09, 2008, 09:41:42 AM deur Kleinbekkie »
Vir GOD en Volk en Vaderland

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #16 op: June 09, 2008, 10:06:24 AM »
Hoor hoor vir Boerseun!

Afwesig Kalahari-Mac

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 2
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #17 op: June 09, 2008, 11:24:32 AM »
Sal uitvind van die bestelling oom president- Die eksamen hou die boere besig-  (en die meisies daarby kan dinge lank laat vat!!!)

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #18 op: June 22, 2008, 05:41:25 PM »
Help om GK267 te red van die onreg: http://redgk267.blogspot.com/

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #19 op: June 22, 2008, 06:43:16 PM »
Ek het nie woorde nie. Baie dankie Ben.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal