Skrywer Onderwerp: Openingsrede - 3de Volksraad vergadering  (Read 1482 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Openingsrede - 3de Volksraad vergadering
« op: June 05, 2008, 07:21:52 AM »
Wat is Bravoland?
Ons hoor gereeld dat ons volk, ons vryheid verloor het in 1994. Ek stel dit aan u dat dit ‘n leuen is. Ons volk, het ons vryheid verloor reeds met die dood van Dr. Verwoerd!
Want saam met Dr. Verwoerd, het ons eiesoortige volkswil gesterf en plek gemaak vir ‘n liberale regeringstelsel. ‘n Regeringstelsel waar Afrikaners in beheer was, maar nie in belang van Afrikaners nie. Want so min as wat die ATKV vandag in die belang van die Afrikaner optree, so min het die NP-regering in belang van die Afrikaner opgetree.

Het ons toe reeds besef dat ons nie vry is nie? Hoekom moes daar eers ‘n volksvreemde regering oor ons regeer het voor ons dit besef het? Is dit moontlik dat ons geglo het dat voor 1994 het die land nog aan ons volk behoort en na 1994  het ons die land verloor?

En as ons dan ons land verloor het, beteken dit dat ons ook ons volkskap verloor het? Is ons nou knegte van hierdie regering?

NEE, ‘n 1000 maal NEE!

Want soos een van ons bekende volskliedere Oranje-blanje-blou verklaar:

Die ruimtes het ons siel gevoed, ons kan geen slawe wees. Want vryer as die Arendsvlug, die vlugte, van ons gees!


En DIT, is wat Bravoland is. Die versinsbeelding van ons geestelike vryheid. Die verklaring dat ons nie slawe of knegte is nie. Die bewys dat hulle alles van ons kan ontneem, maar die vlam van ons volkswil, is onblusbaar. Ook is dit bewys dat ons uit hierdie benarde situasie sal uitkom, soos soveel keer tevore in die verlede.

“Neem wat goed is uit die verlede” was die vermaning van Oom Paul en dit neem ons ter harte. Maar Oom Paul het nie gese “lewe in die verlede” nie. Om dus aanhoudend sondebokke te kruisig vir ons situasie, gaan die situasie nie verander of beter maak nie. Geen positief, kan uit ‘n negatief groei nie.

Soeke na ons identiteit gaan ons situasie nie verander nie. Ook nie die skep van ‘n nuwe identiteit nie. Dit sal net verdeeldheid tot gevolg he en ‘n verdeelde volk, is ‘n oorwinde volk.

Positiewe aksies sal positiewe reaksies tot gevolg he. Volkseenheid, is so ‘n positiewe aksie. Dit is ook ‘n aksie waarby Bravoland betrokke is. Ons betrekkinge met volksorganisasies is wel bekend en strek verder as bloot lidmaatskap van die Afrikanerfront.

Die moderne behoudende Afrikaner het bewus geword van maniere om die volk te bereik op maniere wat toeganklik was vir meer mense as bloot volksgenote in ‘n bepaalde geografiese area. Bravoland het hierdie medium ingespan en ontgin om volksgenote landswyd, en selfs wereldwyd, te bereik.

Bravoland is moontlik ‘n magtiger voertuig tot volksvryheid as wat enigeen van ons besef. 

Daarom, Volksraad van Bravoland, u wat geroep is en geantwoord het, gee gehoor aan die roepstem van u volk:

 Ons gaan saam die donker toekoms in
om as een te sneuwel of oorwin,
met ons oog gerig op jou,
ons Oranje-blanje-blou!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal