Skrywer Onderwerp: Openingsrede - 2de Volksraadsvergadering  (Read 1279 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Openingsrede - 2de Volksraadsvergadering
« op: June 06, 2008, 08:25:37 AM »
Staatsrede voorgehou deur President Ben Geldenhuys:

Dit is ses maande sedert die ontstaan van Bravoland en vergun my die geleentheid om vir ‘n oomblik stil te staan by dit wat verrig is in die tyd:

1.   Die Triomfvlag is as Bravoland se amptelike vlag in gebruik geneem.
2.   Die Bravolander – Bravoland se eie maandelikse nuusblad het die lig gesien en daar het reeds drie uitgawes verskyn.
3.   Bravoland se leuse – In geloof ons vryheid – is deur die Burgers gekies.
4.   Bravoland was betrokke by verkeie Volkshulp aksies: Wolmer, Parys, Wolmer senior en Krugersdorp Begraafplaas.
5.   Op die kultuur akker het Bravoland ook gewoel. Bravoland was betrokke by die skoonmaak van die Krugersdorp konsentrasiekamp kerkhof, ook by die Pretoria bly Pretoria optog en ook die betoging voor die hof m.b.t Pretoria en die sjoe saak.
6.   Bravoland se konsepgrondwet is geskryf en deur die Volksraad aanvaar.
7.   Verskeie verset aksies is deur Bravolanders uit gevoer.
8.   Bravoland het betrekkinge met verskeie volkseie organisasies.
9.   Bravoland het die regliment van orde van die Afrikanerfront onderteken en is dus lid van die Afrikanerfront.
10.   Bravoland se ledetal het gegroei tot oor die 500 lede in die ses maande.
11.   ‘n Tussenverkiesing is gehou en ‘n kabinet is aan gestel.

Die fondament van Bravoland is gele en dus is dit een en elkeen van ons se plig om daarop voort te bou.

Die vraag wat ons, onself moet vra is: is ons tevrede met die vordering van Bravoland. Bravoland is ‘n unieke konsep en dus is dit moeilik om te bepaal of ons die vordering wat daar was kan sien as suksesvol, want waarteen meet ons dit. Meet ons dit teen die NSA, is die antwoord omomwonde JA. Die probleem is egter, as jy jouself met ‘n donkie vergelyk en vind dat jy beter is, is jy op die beste ‘n muil!

Bravoland se plig is dus om haar eie standard daar te stel en na daardie standaard te streef!

Daar is dus steeds baie werk wat wag. Werk wat gedoen moet word deur vrywillige hande. Bravoland is ‘n liefdesaak wat gedoen word deur volks nasionaliste wie se strewe na vryheid so groot is, dat hulle bereid is om opofferings te maak daarvoor.

Ek wil u een en elkeen bedank dat u bereid is om daardie opoffering te maak. Dat u bereid was om op te staan vir dit waarin u glo en toe u volk u nodig gehad het voorentoe te tree en hierdie taak met oorgawe aan gepak het.

Daar le nog vir ons baie berge oor om te kruis, alleen kan niemand dit doen nie, maar saam kan ons baie vermag. 
« Laaste verandering : June 06, 2008, 09:26:55 AM deur Kleinbekkie »
Moed Vryheid Eer


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal