Staatsrede voorgehou deur Staatspresident Francois CoetzeeVriende, volksgenote, medestryders.
Ons staan hier aan die vooraand van groot dinge. Die republiek het ten gronde gegaan… Die partypolitiek is uitgedien… Die eenheidstaat se infrastruktuur is aan die verdwyn… Korrupsie het die oorgrote meerderheid van volksgenote al op een of ander manier geraak. Volksmoord neem hand oor hand toe onder ons mense…!
Raak ons moedeloos? Natuurlik! Slegs psigopate kan sê dat hulle niks voel oor dit wat ek genoem het.
Bly ons moedeloos? Voorwaar NEE!
Ons staan by ‘n draaipunt in die geskiedenis van hierdie volk. ‘n Kuberstaat is geskape… Soos Adolf Hitler by ‘n geleentheid gesê het:
Die staat het nie die volk geskep nie,Die volk het die staat geskep!
En dit is presies wat hier aan’t gebeur is!
Die volk het Bravoland geskep. Die volk is aan bou aan die ideaal van Bravoland. Luister weer: Ons bou aan die IDEAAL van Bravoland!
Bravoland bestaan tans as ‘n gedagte; ‘n idee. Bravoland is egter besig om te sneeubal in die gedagtes van die volk… Bravoland is besig om uit te bou tot ‘n werklikheid… Bravoland is besig om te kulmineer tot ‘n entiteit…
En trots mag ek verklaar dat Bravoland ‘n Republiek is! Dalk die Republiek van ‘n Duisend Jaar waarvan G.A. Watermeyer dig? Verseker! Tans kuber, straks fisies-staatsregtelik!
Ons moet hierdie geleentheid aangryp met albei hande! Ons mag nie dat hierdie geleentheid by ons verbygaan omdat ons op kanse gewag het nie… Die vryheidstrewe van die volk bereik vandag ‘n hoogtepunt: Ons verklaar teen die hele wêreld vry dat ons as volk ‘n staat uitgeroep het waarvan ons die reëls en regulasies opstel.
Ons God, ons grondwet, ons reëls.
Ons plig is om as rentmeesters van ons roeping op te tree. Ons roeping as ligdraers in donker Afrika… Ons roeping as Geloftevolk in Afrika… Ons roeping om ons eie identiteit te behou en ons Westerse identiteitserfenis uit te bou! Nie ten koste van ander nie, maar apart van ander omdat ons weet dat die voortbestaan van ons as volk bedreig word deur onbestaanbare kulture.
Ons beroep onsself dus op die onvervreembare reg, en Godopgelegde voorreg, om ons eie uit te bou en te onderhou.
Ons nasie se grondbrief van eiendomsland is uitgegee op gesag van die Hoogste se hand!
Ons moet poog om te bou aan ons eie strukture. Ek wil ‘n pleidooi rig aan ieder en elk om aanvalle na buite te rig en die skote na mekaar te staak. Ons eie organisasies en strukture het ons nou, en dalk meer as ooit, nodig. Die spreekwoord lui tog dat die nag op sy donkerste is voordat die dag breek… Maak die nag van toepassing op die aanvalle van buite. Raak betrokke by ons strukture, en as u nie weet waar om u gewig in te gooi nie sal ek persoonlik probeer poog om u te help.
As u moontlik kan, moet u die naweek van die 21ste April by NKWE uitkom. Al is dit dan net vir die dag. Al is dit dan ook om ‘n beter verstaan van die onderskeie pogings te kry.
Ek kom nou by ‘n baie sensitiewe onderwerp: Dit is nie nodig dat daar ‘n burgeroorlog onder die Geloftevolk woed voordat die regte mense mekaar vind nie. Die eenheid sal kom, maar nie deur afbreek binne-in ons eie geledere nie. Dit is onnodig om konflik te propageer.
Ons kan saamwerk deur die nonsens te vermy wat verwarring veroorsaak. Ons kan saamwerk deur net ‘n bietjie langer te dink voordat daar gesê of getik word, voordat iets nie weer teruggeneem kan word nie omdat die hoorder of leser dit in sy of haar hart geliaseer het. Bravoland het dit nie nodig nie. Bravoland sal ongeprovokeerde aanvalle met dieselfde en groter minagting en mag teengaan, maar steeds die morele hoëgrond behou!
Bravoland is. Die ideaal van ‘n vrye republiek is. Die ideaal is suiwer!
Indien, en mag God behoed dat dit so mag word, ek of enigiemand aan die stuur dalk dink dat hy of sy groter as die ideaal geword het, moet so ‘n persoon tereggewys word. Bravoland gaan oor die ideaal, NIE die persoon nie!
Aan die huidige weermag wil ek graag my diepste dankbetuiging oordra – U verdien om elkeen die titel van Held te dra. Volksheld. Geloofsheld. Om onbaatsugtig voort te gaan om die fronte te beman onder van die haglikste omstandighede is prysenswaardig.
Die gedig oor oudpres. Kruger kan feitlik, met veranderings, net so op hulle van toepassing gemaak word:
Soos ‘n berg, ongebuk, breed en bonkig van stuk – dis hulle!
Ek sluit af met een van die mooiste gedigte wat ek nog onder oë gehad het:
Die Republiek van ‘n Duisend Jaar – G.A. Watermeyer
In republiek wat ons verklaar
anker Sy Droom van Duisend Jaar;
hier word Sy Raadsaaal uitgebou
waar ons die Suide suiwer hou…
in Lig wat tot bewussyn kom
erf ons die rigterstaf van Hom,
word voorwaens in die Groter Trek
wat weer die Wysheid herontdek,
die binnelande van die gees
oopstel vir God-bewuste wees-
Uit waters wat weer onrus word
sal skoner see en aarde stort…
Ligwoord sal tot ons midde kom
wat trou en teken is van Hom;
Rigwoord wat wit en waarheidrein
die dou van Sy Gedagte skyn:
Woord wat Sy Droom tot wording baar
in Vrederyk van Duisend Jaar.
Voorspoed en vrede in Bravoland! Mag die Here ons almal in die palm van sy hand hou en ons nooit uit sy glorie wyk nie!
Bravolanders… Bravovolk… Geloftevolk!