Julle gaan my seker steenig, maar ek het die vraag of laat ek liewer se steling, ek het opgemerk dat net die wat dit kon regkry om op kerkplein saam te kom is in aanmerking geneem vir die sodanige kospakkies. nou wonder ek maar diskrimineer ons nie ook maar, daar is pertinent vir mense gese net die wat op kerk plein was, ek glo nie vir een oomblik dat die skenkers wat die wonderlike gebaar toon dit so wil gehad het nie. Dankie aan Bravo
Middag Francois, en baie welkom in Bravoland
Ons het daardie aand na die Wolmer-aksie hierdie selfde kwessie wat jy hier aanraak, bespreek, maar ek kan nie namens Bravo praat nie.
Ons het tot die gevolgtrekking gekom dat die mense darem iets moet bydra (al is dit om op Kerkplein saam te kom) om die voorreg te he om iets te ontvang.
Dit is maar net kortliks uiteengesit, Cois het met Ina hieroor gepraat, hy sal vir jou meer inligting kan gee.
Vriendelike groete
Karina