Skrywer Onderwerp: Moet die Reddingsdaadfonds herleef?  (Read 2774 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Moet die Reddingsdaadfonds herleef?
« op: June 11, 2008, 02:40:05 PM »
Moet die Reddingsdaadfonds herleef?
(Uit die radiorede van Mnr Clem de Klerk, 9 Junie 2008)

........ Elkeen van ons hoor en sien wat is aan die gebeur in ons land. Die ontstellende van alles is dat ons besig is om oor al die dinge te praat, ons probeer selfs iets doen, maar ons doen dit geïsoleerd – elkeen op sy eie, en die gevolg daarvan is minder suksesvol.

Drie jaar gelede het ek ’n pleidooi gelewer in hierdie selfde program, om die daarstelling van eie strukture te begin sodat ons die al groter wordende armblanke vraagstuk met woord en daad kan teenstaan. Nou het die probleem van verarming van ons eie mense so groot geword dat dit selfs erger is as die armblanke vraagstuk van die dertigerjare in die vorige eeu. Toe is die Reddingsdaad Fonds gestig, en daaruit het vele nuwe strukture na vore gekom, want dit was die bousteen om ons verarmdes met geleerdheid toe te rus om ons uiteindelik uit die moeras op te tel.

En nou staan ek vanaand voor die Boere-Afrikanervolk – en ek lewer weer hierdie pleidooi van drie jaar gelede. As ons nie nou gaan begin nie, dan sal daar niemand wees wat kán begin nie – want ons volk sink weg in verwaarlosing – ons volk se selfbeeld is besig om te kwyn, ons selfvertroue maak dat ons soos slawe, dienswillig alles doen wat op selfvernietiging afstuur.

Radio Pretoria is verbind om in diens van ons volk te staan – en as dit beteken dat ons ook moet meewerk om ons volk uit die moeras van verarming op te hys, dan moet en kan ons nie terugdeins nie. In die weke wat voor is, sal daar gesprek gevoer moet word met belanghebbendes in die ekonomiese wêreld, en ek is van oordeel dat die gesprekke sal lei tot die daarstelling van eerste strukture om hierdie ernstige probleem te omskep in ’n geleentheid.

Dit is goed en wel dat ons kos en klere aandra na ons verarmde volksgenote. Maar vriende, dit is geen finale oplossing nie. Ons is nie net besig om ons eie mense se selfbeeld verder te knou nie, ons is met ’n al groter wordende probleem besig wat iets weerspieël van die spreekwoordelike elke dag ’n vis, in plaas van ’n visstok.

Met ontsteltenis neem ek kennis van Afrikaanse kerke wat nou oor hulle voete val om die sogenaamde slagoffers van vreemdelinge-haat te hulp te snel, terwyl daar in dieselfde kerk honderde armblankes is wat vergete gelaat word. Dit is tog onhoudbaar!

As u vir my sou vra hoe ek so ’n projek sou wil begin, dan is daar enkele gedagtes wat onwillekeurig voorop staan.

Ons moet genoeg kundiges identifiseer – maar kundigheid tesame met ’n onbesproke karakter is sekerlik die eerste vereiste.

Daardie kundiges moet byeen gebring word, elkeen met sy eie gedagtes, want dit gaan nie oor kos en klere skenk nie, dit gaan hier oor die daarstelling van strukture om ons verarmdes te help – te help met werk, te help om hul menswaardigheid te herstel, te help met die geestelike heropbou van hulle wat weggesink het weens so baie dinge wat verkeerd gegaan het.

Die vestiging van sulke strukture beteken dat ons, ja, u en ek, ons selftrots, ons verhewenheid, ons hooghartigheid moet omsit in offervaardigheid. As ons dan ’n ekonomiese struktuur of strukture moet vestig dan beteken dit dat ons van elke luisteraar elke maand R10 moet kry om ons projek suksesvol deur te voer.

Natuurlik moet ons sorg dra dat eerbare volksgenote aan die stuur van hierdie Fonds moet staan – manne en vroue wat die nood van ons volk ken en verstaan, wat oor jare hul lewens gegee het vir ons volk, wat met hul sterk Christelike oortuigings die weg van eerlikheid ken en bewandel.

Ons kan vandag nog die saak red. Ons kan vandag nog met die middele tot ons beskikking ons nood verlig – maar ons kan dalk te lank hiermee sloer, en dan vir altyd te laat wees.

Ek herhaal wat ek vroeër gesê het: Hier staan ek voor u as mede Boere-Afrikaner, en ek pleit by u om hierdie saak u erns te maak. Ons sal meganismes in werking moet stel en wanneer die spitwerk gedoen is, u betrokkenheid te ervaar.

Laat ons dan in die weke wat voor ons is, biddend hierdie saak aan ons Heer opdra want Hy is beskikker oor ons lotgevalle. Nie ek of u wil eendag verantwoording doen omdat ons hierdie nood gesien het, en soos die fariseër, ons kop weggedraai het nie.

Daarom vra ek, dat wanneer ons in hierdie verband enige aankondiging sou maak, dat u saam met my daarop sal reageer deur spontane ondersteuning te gee. Ek glo vas dat ons ons eie mense moet help, maar ons moet nie net kos en water en klere aandra nie, ons moet iets verrig van blywende aard – en om dit te doen, beteken dat ons die volk se steun gaan nodig kry. As ons dan met hierdie projek ’n tweede Reddingsdaad moet begin, dan doen ons dit omdat ons Afrikaners is – Afrikaners met ’n Boerehart!

Mag ons dan met al die seëninge wat ons onverdiend geniet, so geïnspireer word dat ons daarvan iets sal terug gee aan daardie deel van ons volk wat weens baie redes, vandag in armoede vasgevang, moedeloos en magteloos voel, om hulle weer te kan ophef tot dit wat ons weet reg en goed is.

Dankie vriende, vir u tyd en voorbidding.

Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou -
Dat die erwe van ons vadere vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.
Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer -
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.

http://www.radiopretoria.co.za/Reddingsdaadfonds.html

Afwesig Boerseun

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 206
Insake: Moet die Reddingsdaadfonds herleef?
« Antwoord #1 op: June 11, 2008, 03:18:45 PM »
SP Ben en Oom Clem.
My vraag is en was nog altyd dieslefde, as ek hoor ons wil weer "iets nuuts" van die grond af bring of iets wil laat herleef wat vroeer doodgeloop het....
En dit is: Is daar nie reeds iets wat min of meer dieselfde is nie, of wat min of meer dieslefde doelstellings voor oë stel nie......? Veral binne ons eie geledere.

My vraag dus: Die Helpende hand Fonds is daar en doen wonderlike werk, hoe wil  die reddingsdaadfonds daarby inskakel en of moet ons nie eerder die helpende hand help nie, ipv om ons eie miershopie te begin.

Indien ek van die pad af is verduidelik asb aan my die verskil in ideologie en nie in werkswyse nie, ek glo aan verskillende werkswyses kan 'n mens skaaf, maar as die ideologie dieselfde is, werk dan eerder saam.

Boeregroete
Hendrik
Vir GOD en Volk en Vaderland

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Insake: Moet die Reddingsdaadfonds herleef?
« Antwoord #2 op: June 11, 2008, 04:26:54 PM »
Boerseun, ek praat nou dalk heeltemal uit my beurt hier. Verskoon my asb. as dit die geval is.

Wat Helpende Hand betref, net die volgende: Ek het verlede jaar met iemand daar kontak gemaak oor moontlike samewerking. Die persoon het my geantwoord dat dit publisiteit van hulle af kan wegneem as dit die geval is, dus doen hulle dinge op hul eie. Wel, ek hoop van harte dat hierdie persoon al intussen besef het dat die saak groter is as enige organisasie.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: Moet die Reddingsdaadfonds herleef?
« Antwoord #3 op: June 11, 2008, 07:54:29 PM »
Boerseun
Kyk weer na my betoog. Die verskillende Organisasies het elkeen 'n belangrike funksie - daar is diegene wat nou dringende hulp nodig het, en dit lyk nie of al die organisasies daarin slaag om die armoede vraagstuk te verminder nie - trouens, die situasie vererger!

Waarom is dit so?

Ons dra klere en kos aan, en dit is goed en reg - maar namate die situasie verder gaan versleg, sal ek en jy dalk ook uiteindelik aanklop vir hulp , tot niemand meer instaat is om iemand anders te help nie - wat dan?

Die daarstelling van strukture, wat werk skep is dus die enigste oplossing vir die probleem. Daarom roep ek kundiges bymekaar, kundiges in die sakesektor wat reeds bewys gelewer het dat hulle 'n bedryf kan begin, en uitbou tot iets groot - groot genoeg om mede volksgenote van werk te voorsien.

Dit is die spreekwoordelike "visstok, eerder as elke dag 'n vis"

Die hoe hiervan, is nie een mens se gedagte of werk nie - dit moet 'n volksaksie wees.
Kennis is mag

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1252
  • Swerwer
Insake: Moet die Reddingsdaadfonds herleef?
« Antwoord #4 op: June 11, 2008, 08:49:24 PM »
Maw die "kiboets" stelsels kan dan 'n moontlike oplossing wees ??

Winter

  • Gas
Insake: Moet die Reddingsdaadfonds herleef?
« Antwoord #5 op: June 12, 2008, 12:14:35 AM »
Die kiboets of selfs beter, moshav. KB ken hulle baie beter as ek.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Moet die Reddingsdaadfonds herleef?
« Antwoord #6 op: June 12, 2008, 08:19:32 AM »
KB,

Vertel asb wat die verskil is.

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Insake: Moet die Reddingsdaadfonds herleef?
« Antwoord #7 op: June 12, 2008, 09:32:48 AM »
Albei het hul voordele, die konsep werk basies soos volg:

Moshav: dit is 'n area wat uitgesit is vir boere. Elke boer koop 'n stukkie grond en woeker daarmee. Die boer neem mense in en hulle werk vir hom. Dit is baie soos ons dit tans doen, maar in Israel is dit makliker in die sin dat die regering die opkomende boer 'help'. Die boer het in 1998 150 000 shekel ( +/- R 300 000.00) betaal en dan is daar om en by 10 ha, 'n huis en alle besproeiings benodighede aan die boer gegee om 'n begin te maak. Die waarde van dit wat die boer kry, was natuurlik meer as dit. Wel, die grond is verspreid, met ander woorde hier 'n stuk en daar 'n stuk  ;D .

Daar is dan 'n transit area, waar alle uitvoere en mark produkte na geneem word, dus het die boere nie nodig om elkeen so 'n area te hê nie. Daar word alle palette ge'wrap' en in die koelkamers gestoor en dan laai die vragmotors dit vanaf die sentrale punt. Die meeste implemente is ook beskikbaar vanaf 'n sentrale punt en boere bespreek 'n implement wanneer hulle iets wil gebruik.

Wat goed is van hierdie stelsel, is dat iemand wat alreeds finansieel onafhanklik is, ander op hierdie manier kan help en so leer die werkers weer 'n nuwe werk. Dit kan hulle dan in staat stel om stelselmatig op hul eie voete te kom.

Die feit dat pakstore deur boere gedeel kan word en dat die gedeelde transit ook kostes van boere verminder. Die area van behuising lyk basies soos volg: Elke boer kry 'n hektaar (waarop die huis staan) en die hele gebied is omhein met veiligheids omheining. Snags is daar 'n hekwag wat toegang beheer, amper soos by Kleinfontein.

Die landbougrond le buite om hierdie area. As ek nou so terugdink, blyk dit dat Kleinfontein basies op dieselfde konsep werk. Jan sal my beter kan antwoord.

Kibboetzim: In die geval van kibboetse, is dit dat almal oral werk. Kibboetse in Israel, dink ek, behoort aan die regering. Dus bestaan kibboetse meestal uit een of ander fabriek, soos byvoorbeeld melkplase wat van die koei uitmelk tot die verwerking  van kaas en jogurt behartig. Die woonplek en eetplek is sentraal. Elkeen kry dus kans om by die verskillende areas te werk. As jy byvoorbeeld 'n melkplaas/fabriek behartig, dan moet die voer iewers vandaan kom, dus skep dit weer 'n behoefte of om op dieselfde plaas self voer te verbou of om vanaf 'n ander kibboets aan te koop.

HIerdie is seker meer ideaal as jy mense 'n visstok wil gee in plaas van 'n vis. Die insetkoste sal net heelwat hoër wees, aangesien ons nie vanaf die NSA regering enige hulp kan verwag nie. Tog dink ek, dat as daar mense is wat eers hierdie konsep finansieel tot stand sal kan bring, al word daar klein begin, dat die 'inwoners' dit net self verder moet vat. Hulle kan dan later die Leners terugbetaal en dan elkeen 'n aandeel 'koop'. Let op dat hierdie nie net landbougerig is nie, maar amper in enige industrie kan werk. Daar is selfs vakansieplase wat kibboetse is.

Die een groot probleem is dat mense moet besef dat volkseie arbeid die enigste antwoord is en dat die tyd vir laksheid verby is. Daar is nie meer 'n Sipho of Jakob wat nou namens jou daai bedding gaan omspit nie, want Sipho en Jakob sit nou tien teen een in jou baas se stoel. Daar is nie meer 'n Thandi of Meraai wat jou skottelgoed vir jou gaan was nie, dit moet jy en die kinders maar kom doen saans na ete. Oorlewing is nou belangriker as gemaksug. Mense verloor hul werke teen 'n ysingwekkende spoed en dan beplan die regering nog dat wat joune is, is sommer die regering s'n ook.

Ek persoonlik steun hierdie inisiatief wat Oom Clem hier voor ons hou en dit kan net werk, as ons begin besef dat ons 'n slag na ons eie moet kyk.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: Moet die Reddingsdaadfonds herleef?
« Antwoord #8 op: June 12, 2008, 12:37:52 PM »
Volkseie arbeid is die sleutel van die hele projek. Dit is egter so dat ons twe soorte verarmde volksgenote het. Die wat weens omstandighede nie kan vorentoe nie, maar more sal begin met werk, as dit beskikbaar is. Dan die tweede klomp, wat gladnie belang stel in werk nie, hulle bedel en kry meer per maand as diegene wat eerlik sy brood verdien.

Maar nou is daar iets wat ons moet verreken. Van die kundigste mense op talle terreine het ook armlastig geword. Daar is volksgenote met redelike goeie opvoedkundige kwalifikasies, maar het iewers "verlore" geraak.

Dit is nie so maklik om daardie klomp wat bakhand staan, aan die werk te kry nie. Hulle is lekker bederf.

Maar daar is ook diegene wat dink daar is soorte werk wat nie vir ons mense bedoel is nie - hulle is selfs 'n groter probleem - hy wil werk, maar nie "sulke" werk nie, hy soek 'n lessenaar en.......

Daarom moet die proses van struktuur vestiging eerstens 'n bedryf begin wat redelik winsgewend kan wees, waarvan 'n deel inkomste toegedeel moet word om die volgende bedryf te begin.

Sanlam het gehelp om Volkskas te begin, en die twee het gehelp om Unie Winkels te begin, en die drie het gehelp om Santam te begin, en die vier het gehelp om n Mynhuis te koop. Uiteindelik is so baie werkgeleenthede geskep, dat Afrikaners finansieel sterker geword het en self inisiatief openbaar het met n eie onderneming. Kultuurorganisasies het hul lede aangemoedig om leninngs aan te gaan by volkseie instellings om nuwe bedrywe soos ATKV se vakansie oorde te begin.

Die dowwe spore van daardie sukses is nog te vinde in die huidige bedeling, maar dit sal nie meer baie lank te bespeur wees nie - behalwe as ons iets hieraan gaan doen.

Gegroet

Kennis is mag

Sanderis

  • Gas
Insake: Moet die Reddingsdaadfonds herleef?
« Antwoord #9 op: June 12, 2008, 09:09:44 PM »

Wat Helpende Hand betref, net die volgende: Ek het verlede jaar met iemand daar kontak gemaak oor moontlike samewerking. Die persoon het my geantwoord dat dit publisiteit van hulle af kan wegneem as dit die geval is, dus doen hulle dinge op hul eie. Wel, ek hoop van harte dat hierdie persoon al intussen besef het dat die saak groter is as enige organisasie.

Die Blikners !! Dat mens so blind kan wees!! Laat ek eerder swyg.

KB ek dink beslis so iets kan werk .
Clem , so moeilik en donker soos die situasie is , dink ek tog daar is rede daarvoor , soos KB gesê het - mense sal moet leer om te werk , nie ander aansê om te werk nie.
Die dat hul swaarkry sal hul laat besef, die NSA is 'n gemors en nou is die tyd om self te werk om 'n beter toekoms vir ons self te skep.
Ek praat uit ondervinding.
Sodra 'n ekonomiese dryfveer gevestig is kan die moontlikheid vir Bejaarde-sorg ook ondersoek word.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Moet die Reddingsdaadfonds herleef?
« Antwoord #10 op: June 13, 2008, 04:05:30 PM »
George S Clason se boek is sopas in Afrikaans vertaal "Die rykste man in Babilon". Dit is 'n paar kort verhale oor Babilon in die tyd van Nebikatneser.

Die laaste verhaal in die boek, gaan oor 'n groep slawe met verskillende lewensfilosofie. Elkeen se lot is ook bepaal deur sy persoonlike lewensfilosofie. Die "vegter", wat geglo het hy sal nie toelaat dat daar op hom getrap word nie, is dood geslaan. Die een wat geglo het dat hy nie meer werk sal doen as die absolute minimum nie, het aan sy eiende gekom deur homself dood te werk. Hy is met 'n sak klippe op sy rug dood.

Die slaaf wat later sy eie vryheid gekoop het, was die slaaf wat sy situasie aanvaar het, maar nie noodwendig vrede daarmee gehad het nie. Hy het besluit dat werk, sy vriend is. Deur hard te werk, meer te doen as wat van hom verwag word, kon hy homself vry koop en ook 'n suksesvolle besigheidsman word.

Behalwe vir die ooglopende lesse, is daar bepaalde ander lesse wat mens hieruit kan leer.

Sanderis

  • Gas
Insake: Moet die Reddingsdaadfonds herleef?
« Antwoord #11 op: June 18, 2008, 10:19:21 PM »
Attie vir u kennisname.

Albei het hul voordele, die konsep werk basies soos volg:

Moshav: dit is 'n area wat uitgesit is vir boere. Elke boer koop 'n stukkie grond en woeker daarmee. Die boer neem mense in en hulle werk vir hom. Dit is baie soos ons dit tans doen, maar in Israel is dit makliker in die sin dat die regering die opkomende boer 'help'. Die boer het in 1998 150 000 shekel ( +/- R 300 000.00) betaal en dan is daar om en by 10 ha, 'n huis en alle besproeiings benodighede aan die boer gegee om 'n begin te maak. Die waarde van dit wat die boer kry, was natuurlik meer as dit. Wel, die grond is verspreid, met ander woorde hier 'n stuk en daar 'n stuk  ;D .

Daar is dan 'n transit area, waar alle uitvoere en mark produkte na geneem word, dus het die boere nie nodig om elkeen so 'n area te hê nie. Daar word alle palette ge'wrap' en in die koelkamers gestoor en dan laai die vragmotors dit vanaf die sentrale punt. Die meeste implemente is ook beskikbaar vanaf 'n sentrale punt en boere bespreek 'n implement wanneer hulle iets wil gebruik.

Wat goed is van hierdie stelsel, is dat iemand wat alreeds finansieel onafhanklik is, ander op hierdie manier kan help en so leer die werkers weer 'n nuwe werk. Dit kan hulle dan in staat stel om stelselmatig op hul eie voete te kom.

Die feit dat pakstore deur boere gedeel kan word en dat die gedeelde transit ook kostes van boere verminder. Die area van behuising lyk basies soos volg: Elke boer kry 'n hektaar (waarop die huis staan) en die hele gebied is omhein met veiligheids omheining. Snags is daar 'n hekwag wat toegang beheer, amper soos by Kleinfontein.

Die landbougrond le buite om hierdie area. As ek nou so terugdink, blyk dit dat Kleinfontein basies op dieselfde konsep werk. Jan sal my beter kan antwoord.

Kibboetzim: In die geval van kibboetse, is dit dat almal oral werk. Kibboetse in Israel, dink ek, behoort aan die regering. Dus bestaan kibboetse meestal uit een of ander fabriek, soos byvoorbeeld melkplase wat van die koei uitmelk tot die verwerking  van kaas en jogurt behartig. Die woonplek en eetplek is sentraal. Elkeen kry dus kans om by die verskillende areas te werk. As jy byvoorbeeld 'n melkplaas/fabriek behartig, dan moet die voer iewers vandaan kom, dus skep dit weer 'n behoefte of om op dieselfde plaas self voer te verbou of om vanaf 'n ander kibboets aan te koop.

HIerdie is seker meer ideaal as jy mense 'n visstok wil gee in plaas van 'n vis. Die insetkoste sal net heelwat hoër wees, aangesien ons nie vanaf die NSA regering enige hulp kan verwag nie. Tog dink ek, dat as daar mense is wat eers hierdie konsep finansieel tot stand sal kan bring, al word daar klein begin, dat die 'inwoners' dit net self verder moet vat. Hulle kan dan later die Leners terugbetaal en dan elkeen 'n aandeel 'koop'. Let op dat hierdie nie net landbougerig is nie, maar amper in enige industrie kan werk. Daar is selfs vakansieplase wat kibboetse is.

Die een groot probleem is dat mense moet besef dat volkseie arbeid die enigste antwoord is en dat die tyd vir laksheid verby is. Daar is nie meer 'n Sipho of Jakob wat nou namens jou daai bedding gaan omspit nie, want Sipho en Jakob sit nou tien teen een in jou baas se stoel. Daar is nie meer 'n Thandi of Meraai wat jou skottelgoed vir jou gaan was nie, dit moet jy en die kinders maar kom doen saans na ete. Oorlewing is nou belangriker as gemaksug. Mense verloor hul werke teen 'n ysingwekkende spoed en dan beplan die regering nog dat wat joune is, is sommer die regering s'n ook.

Ek persoonlik steun hierdie inisiatief wat Oom Clem hier voor ons hou en dit kan net werk, as ons begin besef dat ons 'n slag na ons eie moet kyk.

Afwesig Attie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 71
Insake: Moet die Reddingsdaadfonds herleef?
« Antwoord #12 op: June 19, 2008, 01:08:09 PM »
Dankie , Sanderis,Kleinbekkie en Ben.

Dit was nou baie interessant, Moshav ek sal dit onthou, dit sal soos staatsbegeleide ontwikkeling wees, ek hou van die idee. Dit laat my tog sidder as ek dink hoeveel biljoene ons spandeer het om tuislande vir volke te skep wat dit nie wou gehad het nie. Ons moes daardie geld spandeer het om ʼn tuisland te skep vir die volk wat dit wil hê. Maar wat gedoen is, is gedoen. Aan die ander kant vryheid wat gegee word sal weggegooi word, maar vryheid wat verwerf word sal bewaar word, dis hoe ek dit sien in elk geval.
If history is anything to go by then the mystery of the Zimbabwe ruins is now quite obvious.

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Insake: Moet die Reddingsdaadfonds herleef?
« Antwoord #13 op: June 19, 2008, 02:17:44 PM »
Hier is so 'n bietjie inligting oor die Moshav waar ek gewerk het.

http://en.wikipedia.org/wiki/Tzofar_%28moshav%29

 ;D
Moed Vryheid Eer

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Insake: Moet die Reddingsdaadfonds herleef?
« Antwoord #14 op: June 19, 2008, 02:22:48 PM »
Hier is 'n skakel na 'n kibboets. Yotvata (spreek uit Jotwata) is 'n kibboets wat spesialiseer in melk. Hulle vervaardig alle melkprodukte van melkverskaffing tot jogurt en kaas.

http://en.wikipedia.org/wiki/Yotvata
Moed Vryheid Eer

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Moet die Reddingsdaadfonds herleef?
« Antwoord #15 op: October 25, 2009, 06:42:05 PM »
Boerseun, ek praat nou dalk heeltemal uit my beurt hier. Verskoon my asb. as dit die geval is.

Wat Helpende Hand betref, net die volgende: Ek het verlede jaar met iemand daar kontak gemaak oor moontlike samewerking. Die persoon het my geantwoord dat dit publisiteit van hulle af kan wegneem as dit die geval is, dus doen hulle dinge op hul eie. Wel, ek hoop van harte dat hierdie persoon al intussen besef het dat die saak groter is as enige organisasie.

KB,

Kan jy my meer vertel van hierdie insedent?

Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

* Nuwe Inskrywings

SA Topsites

SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal