Skrywer Onderwerp: Diskriminasie van ons kulturele regte  (Read 1325 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Diskriminasie van ons kulturele regte
« op: June 12, 2008, 11:15:56 AM »
Lees die storie by:
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2337020,00.html

Gestuur deur: S

LP vies oor boere ‘Die Stem’ gesing het

Jun 08 2008 09:48:44:303PM

Die voorsitter van die portefeuljekomitee oor openbare werke het die optrede van ’n groep boere tydens ’n openbare sitting buite Ventersdorp “Die Stem” gesing het, veroordeel.

Pieter du Toit


pdutoit@beeld.com

Kaapstad. – Die voorsitter van die portefeuljekomitee oor openbare werke het die optrede van ’n groep boere wat Vrydag tydens ’n openbare sitting buite Ventersdorp “Die Stem” gesing het, veroordeel.

Me. Thandi Tobias-Pokolo sê die groep se optrede, gelei deur die AWB, was beledigend teenoor die Suid-Afrikaanse Grondwet, die regering en die parlement. Ondanks die boere se gedrag het die komitee landbouers in die Noordwes en Noord-Kaap se insette die afgelope weke verwelkom. “Hulle, asook ander gemeenskappe in dié provinsies, se insette is nuttig en konstruktief,” het Tobias-Pokolo gesê.

Van die voorstelle wat deur gemeenskapsverteenwoordigers gedoen is, is dat wetgewing mineraalregte ook in ag moet neem. Dit kom nadat ’n gemeenskap by Kuruman van ’n stuk grond, wat ingevolge die grondherstelprogram bekom is, verwyder is toe dit aan die lig gekom het dat die mineraalregte daarop aan ’n private individu behoort.

Die voorstel is dat mineraalregte op grond ook aan nuwe eienaars oorgedra word. Die komitee oorweeg reeds ’n omstrede klousule wat die onteiening van roerende bates saam met grond uiteensit. Volgens Tobias-Pokolo het ’n aantal boere hul steun aan die wet toegesê met die voorbehoud dat streng regulasies ingestel word weens die omstrede aard van die wet. “Die boere het die sosio-ekonomiese impak van die wet verwelkom.”

Noordwes-boere was bekommerd oor hoe grondeienaars vir onteiende grond vergoed gaan word en is van mening markverwante pryse moet die vertrekpunt wees. Die ANC-alliansie blameer die stadige trant van grondhervorming op die gewillige verkoper/gewillige koper-beginsel en meen hervorming moet hom nie op die mark verlaat nie. Die komitee hou vandeesweek vier openbare sittings in die Oos-Kaap en in KwaZulu-Natal.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal