Skrywer Onderwerp: Verset teen voorgestelde onteieningswet  (Read 2079 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Verset teen voorgestelde onteieningswet
« op: June 15, 2008, 09:34:19 PM »
Organisasies, partye staan saam teen wetgewing
Jun 13 2008                    Volksblad
Dirk Kok


Altesaam 12 organisasies en partye in die land het hul ideologiese en
politieke verskille opsygeskuif om saam teen die omstrede Wetsontwerp op
Onteiening te staan.
Die F.W. de Klerk-stigting, Agri SA, die TLU SA, Solidariteit, die
Landbou-werkgewersorganisasie, Nasionale Belastingbetalersunie, VF+, DA,
Afrikanerbond, AfriForum, Regslui vir Afrikaans en die Afrikanerfront
het op 'n vergadering in Johannesburg hande gevat om die beplande wet in
sy huidige vorm te stuit.
Die organisasies en partye sê hulle wil soveel as moontlik ander
organisasies en individue by hulle laat aansluit.
Benewens voorleggings wat van hulle reeds teen die voorgestelde wet
gemaak het en nog sal maak, word regstappe ook teen die
inwerkingstelling van die wet beplan.
Mnr. Jan Bosman, besturende direkteur van die Afrikanerbond, het gister
gesê van die partye verskil wel politiek en ideologies soos dag en nag.
Weens die gevare wat die voorgestelde wetgewing egter vir alle
Suid-Afrikaners inhou, is hierdie verskille eers op die agtergrond
geskuif.
"Ons wil soveel moontlik organisasies en mense by ons laat aansluit,
maak nie saak wat hul politieke siening is nie."
Hy het gesê hulle het ook reeds advokate aan boord wat hulle bystaan.
Daar is ook ander regslui wat hulle waarskynlik gaan aansluit.
Bosman sê die verteenwoordigers van die organisasies en partye was op
die vergadering almal diep bekommerd oor die negatiewe gevolge wat die
wetgewing vir die ekonomie, voedselsekuriteit, sakevertroue en
eiendomsreg inhou.
"Hulle was dit eens die beoogde wet sal tot nadeel van elke
Suid-Afrikaner wees, omdat dit nie net vaste eiendom soos grond raak
nie, maar alle roerende en onroerende eiendom in die platteland en
stedelik. Die organisasies meen die wetsontwerp is ongrondwetlik en dit
bots met internasionale norme."
'n Tussentydse werkkomitee is gestig om organisasies uit alle
gemeenskappe en sektore te betrek en om 'n strategie saam te stel om die
wetgewing te stuit.
Die komitee bestaan uit mnre. Bennie van Zyl (TLU SA), Theo de Jager
(Agri SA), Dave Steward (F.W. de Klerk-stigting), Kallie Kriel
(AfriForum) en Jaco Schoeman (Afrikanerbond).

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: Verset teen voorgestelde onteieningswet
« Antwoord #1 op: June 16, 2008, 07:08:45 AM »
Tydens die Afrikanerfront vergadering opgemerk dat hy in 'n waarnemerstatus daar was en was verbaas dat lede van die Afrikaner Bond en die FW de Klerk stigting tydens die geleentheid soos AWB lede geklink het -

Wil seker nou tjeks en balances begin  ???
Kennis is mag

Afwesig Basjan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 258
Insake: Verset teen voorgestelde onteieningswet
« Antwoord #2 op: June 17, 2008, 09:41:06 AM »
Ek weet nie meer nie maar as daar nie vinning 'n verenigde Boere\ Afrikaner front is nie gaan ons dit nie maak nie. Het die Afrikaner-Front al 'n webblad?

Ek stel voor die Afrikaner front stel so spoedig moontlik 'n weblad by mekaar met 'n Grondwet wat bespreek kan word vir kommentaar, en kry 'n Volksraad daar met 'n web\pos verkiesing, gebruik die verskillende organisasie in wat hulle goed is en stel 'n miljoen sterk Afrikaner Front daar wat ons kan verteenwoordig.

Al die organisasie het al reeds leiers wat auotmaties in aanmerking kan kom vir die verkiesing om  op die Volksraad te dien, stel hulle beken met 'n paar vrae.

Volgende 'n Afrikaner Front Hof waar Afrikaners hulle geskille besleg en as dit nie kan nie verwys na die normal RSA howe of Afrikaners verdedig teenoor nie Afrikaner Front lede. En bied dit die geleentheid om 'n Afrikaner owerheid daar te stel.

Sodra daar 'n Volksraad,Drie-enige Grondwet ,Howe is kan ons daar werklik begin bou aan die ander departemente van die Afrikaner front nes Bravoland. Dan begin ons iets daad werkliks doen of  miskien gebeur dele hiervan al reeds. En dan kan 'n God gewe/gedrewe gesag besluit watter koers ons inslaan en dan is die swaard vir verset daar.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Insake: Verset teen voorgestelde onteieningswet
« Antwoord #3 op: June 17, 2008, 09:52:35 AM »
Ek praat nou uit onkunde, maar net die volgende:

Die VVK is alreeds 'n volkseie verkiesingsliggaam, wat internasionale standaarde het en ek dink alreeds internasionaal erken word. Dit is alreeds iets wat ons kan gebruik in dit wat Basjan hierbo noem.
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Insake: Verset teen voorgestelde onteieningswet
« Antwoord #4 op: June 20, 2008, 09:57:52 AM »
From: Louis Trichardt [mailto:louistrichardt@abond.co.za]
Sent: 20 Junie 2008 08:07
To: info@zanli.co.za; info@tlu.co.za; wlw@lantic.net;
kraaines@mweb.co.za; 'AB At Kruger'; cdpalms@mweb.co.za; 'Johan Kruger';
kallie@afriforum.co.za; 'David Steward'; 'Pieter Groenewald'; 'Koos
Malan'; jaco.schoeman@telkomsa.net; hb@tlu.co.za;
rudolf.buiten@gmail.com; suretha@lwo.co.za; 'Jan Bosman';
john@agbiz.co.za
Subject: FW: KONSEP MEDIAVRYSTELLING
 
Geagte Vriende
 
Ek vestig u aandag op die onderstaande brief  wat van Dave Steward
ontvang is .
 
Die datum van die Konferensie word dus verskuif na 2 Julie 2008. Sal u
asseblief u reëlings dienooreenkomstig wysig.
 
Daar is nou baie druk wat besig is om op te bou !
 
Bennie sal sy mediaverklaring dus aanpas.
 
Ons hou u op hoogte van verdere verwikkelinge.
 
Vriendelike groete !
 
Louis Trichardt
Adjunk Besturende Direkteur
011 4821600 (Kantoor)
0866586344  (Faks)                 
www.afrikanerbond.co.za
  _____ 

From: David Steward [mailto:dsteward@mweb.co.za]
Sent: 19 June 2008 05:56 PM
To: louistrichardt@abond.co.za; jaco.schoeman@telkomsa.net;
acrosby@lantic.net
Cc: dsteward@mweb.co.za
Subject: FW: KONSEP MEDIAVRYSTELLING
 
Beste Jaco en Louis
 
'n Paar verwikkelinge:
 
1.   Ek het met Kraai van Niekerk gepraat en dit blyk onwaarskynlik
dat die Nasionale Vergadering gereed sal wees om die westontwerp op 27
junie te oorweeg.  Dit gee ons 'n bietjie meer tyd om die konferensie
behoorlik te reël en ons wil nou 'n nuwe datum - Woensdag, 2 Julie -
voorstel. 
2.   Ek het vasgestel dat Nikki de Havilland (SGR); Dawie Roodt; en
Leon Louw op daardie dag beskikbaar sal wees.  Ons moet vasstel of dit
ook vir AgriSA se kundige oor voedselsekerheid aanvaarbaar sal wees.
Dit sal wonderlik wees as ons Anne Bernstein sal kan betrek om die
werklike probleme met grondhervorming te bespreek - en moontlik ook
iemand van die Instituut van Rasseverhoudinge om die implikasies vir
rasseverhoudinge te hanteer. 
3.   Die Radisson Hotel is ook op daardie middag beskikbaar.
4.   Ek het 'n paar wysigings aan die beoogde mediaverklaring in die
aangehegte weergawe voorgestel.
5.   F W de Klerk sal Donderdag, 26 Junie beskikbaar wees om die
Kaapstadse Persklub oor die westontwerp toe te spreek.  Ek dink dit sal
baie nuuswaardig wees (en is nog 'n rede waarom die konferensie
verkieslik nie die volgende dag moet plaasvind nie.)  Ons is besig om
die nodige reëlings te tref.
6.   Ek heg ook hierby aan 'n kort agtergrondsstuk oor die
wetsontwerp waarin ons die hoofbesware   probeer toelig - en wat ook
moontlik vir ander deelnemers nuttig kan wees.
7.   Ek het met Tim du Plessi gepraat oor die moontlike plasing in
Sondag se Rapport van die aangehegte ontleding van die ideologiese
wortels van die wetsontwerp.
Laat my asb weet of dit vir ons kollegas aanvaarbaar sal wees.
 
Met beste wense
 
 
Dave
 
  _____ 

From: Jaco Schoeman [mailto:jaco.schoeman@telkomsa.net]
Sent: 19 June 2008 02:51 PM
To: 'Chris van Zyl'; 'WG Dave Steward'; 'WG Kallie Kriel'; 'WG Louis
Trichardt'; 'WG Theo de Jager'
Cc: 'WG Bennie van Zyl'; 'WG Jan Bosman'
Subject: RE: KONSEP MEDIAVRYSTELLING
Beste Chris.
 
Baie dankie vir die mediavrystelling. Dit lyk vir my heel in orde maar
het tog vrymoedigheid geneem om enkele verandering vir oorweging in rooi
by te voeg.
 
Hartlike groete.
 
Jaco
 
From: Chris van Zyl [mailto:dienste@tlu.co.za]
Sent: Thursday, June 19, 2008 1:47 PM
To: WG Dave Steward; WG Jaco Schoeman; WG Kallie Kriel; WG Louis
Trichardt; WG Theo de Jager
Cc: WG Bennie van Zyl; WG Jan Bosman
Subject: KONSEP MEDIAVRYSTELLING
Importance: High
 
Menere
 
Op versoek van Bennie van Zyl heg ek 'n konsep mediavrystelling met
betrekking tot die beoogde konferensie in Kaapstad op 27 Junie 2008
hierby aan.
 
U kan met die grootste vrymoedigheid aanpassings maak, maar Bennie
versoek dat u asseblief teen 09h00 moreoggend (20 Junie 2008) u inset
moet lewer en / of u goedkeuring moet aandui. Terselfdertyd sal dit op
prys gestel word indien mnr Dave Steward sy weg oopsien om die vertaling
na Engels te hanteer.
 
Tydens Bennie se uitstedigheid vandag, sal ek navrae hanteer.
 
Ek vertrou dat u dit in orde vind.
 
Vriendelike groete
 
Chris
 
Tel : 0128048031
Sel : 0727169299
« Laaste verandering : June 20, 2008, 10:01:22 AM deur Sanderis »

Sanderis

  • Gas
Insake: Verset teen voorgestelde onteieningswet
« Antwoord #5 op: June 20, 2008, 12:41:10 PM »
From: Bennie van Zyl [mailto:hb@tlu.co.za]
Sent: 20 Junie 2008 11:42
To: 'Louis Trichardt'; info@zanli.co.za; info@tlu.co.za; wlw@lantic.net;
kraaines@mweb.co.za; 'AB At Kruger'; cdpalms@mweb.co.za; 'Johan Kruger';
'David Steward'; 'Pieter Groenewald'; 'Koos Malan';
jaco.schoeman@telkomsa.net; rudolf.buiten@gmail.com; suretha@lwo.co.za;
'Jan Bosman'; john@agbiz.co.za
Cc: Chris van Zyl; Koms; Zelda Derksen; Media
Subject: Mediaverklaring
 
Beste Vriende
 
Hiermee saam die finale mediaverklaring soos bygewerk na die kommentare
wat ontvang is in ag geneem is.
 
Ons sal graag met dank van die vertaalaanbod van Kallie gebruik maak.
Sal dit waardeer indien ons die vertaling kan terugontvang sodra gereed.
Soos ek verstaan sal elke instansie op hulle kanaal dit versprei. 
 
Ons is van oordeel dat die verklaring maar in sy geheel kan gaan na al
die media gelyktydig.  Veral as die Sondagkoerante hulleself verbind om
die storie te dra.  Het net 'n effense kommer dat die dagpers dit as
"ou" nuus gaan beskou as hulle dit later gaan kry.  Dit kan natuurlik
oorbrug word indien daar ook met die redakteurs/joernaliste persoonlik
gekommunikeer word.
 
Van TLU SA se kant is ons gemaklik met die uitreik na genoemde
internasionale instansies Kallie.  Ons paneel is reeds getaak om 'n
internasionale bulletin op te stel ten einde hierdie saak volledig in
perspektief te stel wat ons beoog om ongeveer 30 Junie die lig te laat
sien.
 
Wil dit net graag onder u aandag bring dat ek volgende week met verlof
is en dat Chris van Zyl by TLU SA die aangeleentheid in my afwesigheid
sal hanteer.  Sy e-pos adres is dienste@tlu.co.za en sel no is
0727169299
 
Vriendelike groete
 
Bennie

(die verklaring volg , my foon te klein vir altwee)

Sanderis

  • Gas
Insake: Verset teen voorgestelde onteieningswet
« Antwoord #6 op: June 20, 2008, 12:44:13 PM »
Konferensie oor Onteieningswet

 
Daar is groot kommer dat die openbare verhore wat plaasgevind het oor
die omstrede voorgestelde Onteieningswet, geen invloed op die regering
gaan hê nie en dat die wet, selfs in sy huidige robuuste vorm, eenvoudig
deur gestoomroller gaan word deur die ANC met sy tweederde meerderheid
in die Parlement.
 
Dit was tydens die openbare verhore, maar veral tydens die parlementêre
voorleggings, baie duidelik dat enige kommer, beswaar of insette, uiters
vyandig aanvaar is deur die regeringslui wat by die onderskeie
geleenthede voorgesit het.
 
Daar is kommer oor die gebrek aan sensitiwiteit  oor die uitwerking wat
die voorgestelde wet op die ekonomie gaan hê, dat dit beleggersvertroue
kan skaad, dat voedselsekerheid ernstig in gedrang gaan kom en dat
hierdie aspekte nie behoorlik nagevors en verreken is voordat hierdie
polities gedrewe wet opgestel is nie.
 
Dit is duidelik dat daar baie kommer en selfs openlike weerstand aan die
opbou is teen die beoogde onteieningswet , soos geblyk het tydens die
openbare verhore. Die openbare verhore wat in die provinsies gereël is
was chaoties en voldoen heel waarskynlik nie aan die vereistes vir
openbare konsultasie wat deur die Grondwetlike Hof neergelê is nie.
Nietemin het onverwagte getalle individue en organisasies aan die
verrigtinge deelgeneem. 
 
Die groot aantal persone uit alle sektore van die gemeenskap wat die
gevare beklemtoon het, selfs ook die finansiële instellings, asook die
geldige besware geopper, behoort die opstellers van hierdie wet tot veel
groter versigtigheid te maan.
 
Organisasies wat op Maandag en Dinsdag aan die openbare verhore
deelgeneem het sluit in: AgriSA, ABSA, Anglo-American; TLU SA, Standard
Bank en andere. Talle ander organisasies, insluitend die Sentrum vir
Grondwetlike Regte, AfriForum en die Kamer van Mynwese het aansoek
gedoen om aan die openbare verhore deel te neem, maar het nie
uitnodigings ontvang nie.  Die skriftelike voorleggings wat hierdie
organisasies aan die komitee gemaak het is op die Sentrum vir
Grondwetlike Regte se webwerf by  <http://www.cfcr.org.za/>
www.cfcr.org.za beskikbaar.
 
Die breë gemeenskap is nog nie ten volle ingelig en op hoogte oor die
inhoud en uitwerking van die voorgestelde wet nie, en openbare
bewusmaking is tans van die allergrootste belang, omdat dié wet alle
eiendom, roerende sowel as onroerende eiendom, kan raak.
 
Om die publiek, die nasionale en internasionale gemeenskap die
geleentheid te bied om die volle implikasies van die wet te begryp gaan
‘n  konferensie gehou word op Woensdag 2 Julie  2008 om 12:30 nm te
Radisson Hotel, Granger Bay, Kaapstad.  Die konferensie sal deur die
Tussentydse Komitee vir die Verdediging van die Eiendomsreg*  aangebied
wees.  Dit sal onder andere die implikasies van die wetsontwerp vir die
Grondwet; beleggersvertroue; voedselsekerheid en nasionale eenheid,
asook die kernrol van eiendomsreg in alle suksesvolle moderne
gemeenskappe, bespreek. Alle media word uitgenooi om die
mediakonferensie by te woon.
 
Vir verdere navrae, skakel
 
Dave Steward - 082 824 8875
Kallie Kriel       - 082 441 5073
Jaco Schoeman - 083 651 0739
Theo de Jager - 082 332 2110
 
Bennie van Zyl  - 082 466 4470
 
 
19 Junie 2008
 
 
 
*Die Tussentydse (Ad-Hoc) Komitee vir die Verdediging van Eiendomsreg is
‘n informele groepering van organisasies en politieke partye van dwars
oor die politieke en maatskaplike spektrum wat teen die Wetsontwerp oor
Onteiening gekant is.  Dit sluit op die oomblik die volgende
organisasies in: Afriforum, Afrikanerbond,  Afrikanerfront, Agri SA, DA,
FW de Klerk Stigting, LWO, NBU, Solidariteit Instituut, TLU SA, VF+ en
VRA.   Intussen is verskeie ander organisasies ook besig om hulle steun
aan hierdie groep toe te sê.
« Laaste verandering : June 20, 2008, 12:47:49 PM deur Sanderis »

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Insake: Verset teen voorgestelde onteieningswet
« Antwoord #7 op: June 20, 2008, 12:49:39 PM »
Heeltemal van die punt af, maar dit blyk dat daar nie besef word dat die AF alreeds uit 'n klomp organisasies bestaan nie, soos bv. TLU SA wat teenwoordig sal wees, maar ook deel van die AF is?
Moed Vryheid Eer

Afwesig Andre

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 420
Insake: Verset teen voorgestelde onteieningswet
« Antwoord #8 op: June 20, 2008, 01:11:49 PM »
Heeltemal van die punt af, maar dit blyk dat daar nie besef word dat die AF alreeds uit 'n klomp organisasies bestaan nie, soos bv. TLU SA wat teenwoordig sal wees, maar ook deel van die AF is?

Moenie kla nie
En hoor jy die magtige dreuning...

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Verset teen voorgestelde onteieningswet
« Antwoord #9 op: June 20, 2008, 07:27:28 PM »
Kyk nou wat sê hierdie pampoen... Ek sien hy noem homself "een van die vaders van die Grondwet" - onthou net, die sondes van die vaders besoek aan die kinders tot in die derde en vierde geslag.

FW sal self Wet op Onteiening teenstaan
Voel dis sy verantwoordelikheid

philda essop

KAAPSTAD. – Oudpresident F.W. de Klerk gaan persoonlik betrokke raak in ’n veldtog teen die omstrede Wetsontwerp op Onteiening.

De Klerk, wat “erg bekommerd” is oor die voorgestelde wetgewing, spreek eerskomende Woensdag die Kaapse Persklub daaroor toe waartydens hy sy mening duidelik uiteen gaan sit.

Mnr. Dave Steward, De Klerk se woordvoerder, het gistermiddag gesê die voormalige president is baie bekommerd.

“Hy is een van die vaders van die Grondwet. Hy voel dat hy ’n persoonlike verantwoordelikheid het om die Grondwet te bewaar en te onderhou.”

Die F.W. de Klerk-stigting het reeds vroeër ’n versoekskrif teen die wetsontwerp gepubliseer.

Hulle vra in die versoekskrif dat pres. Thabo Mbeki die wetsontwerp onttrek omdat dit na hul mening ongrondwetlik is.

Luidens die versoekskrif sal die wetsontwerp, wat “rampspoedige gevolge” inhou, die ekonomie ernstig skaad, Suid-Afrika se voedselsekuriteit bedreig en ernstige druk op rasseverhoudinge plaas.

Na verneem word, het ’n groep organisasies, waaronder die F.W. de Klerk-stigting, die DA, AfriForum, die Afrikanerbond, Agri SA, Solidariteit, TLU SA en die Vryheidsfront Plus ’n verenigde front teen die voorgestelde wetgewing gevorm.

’n Konferensie om die publiek, die nasionale en internasionale gemeenskap ’n geleentheid te gee om die “volle implikasies van die wet te begryp” word vir die eerste week in Julie beplan.

Steward het gister bevestig dat die stigting deel is van ’n informele genootskap, wat uit verskeie belanghebbendes bestaan wat die wetgewing teenstaan.

Enkele organisasies wat aan die openbare verhore oor die wetsontwerp by die parlement deelgeneem het, deel die sentiment dat die wetsontwerp ongrondwetlik is.

Die DA het ook vroeër aangekondig dat indien die wetgewing in  sy  huidge vorm deur die parlement  gevoer  word, die party dit tot in die grondwethof sal beveg.

Kragtens die wetsontwerp mag die minister van openbare werke enige eiendom van Suid-Afrikaners “vir publieke doeleindes of in die openbare belang” onteien.

Sanderis

  • Gas
Insake: Verset teen voorgestelde onteieningswet
« Antwoord #10 op: June 20, 2008, 07:49:31 PM »
Bietjie BAIE LAAT vir spyt vir hom (laat ek eerder swyg oor die verlede) , maar nou moet ons kyk na die toekoms.
Dit is in ons hande om te verseker sulke volksverraaiers kry nie weer die geleentheid om met ons toekoms te dobbel nie.

Sanderis

  • Gas
Insake: Verset teen voorgestelde onteieningswet
« Antwoord #11 op: June 21, 2008, 08:53:29 AM »
Ek kan nou sien hoekom ons land tans is waar dit is. Ons vorige leiers wat nie eers die organisitoriese vermoë het om 'n vergadering te reël nie .
Maar , nou ja . Wie?! is ek om te oordeel ?



 Beste Jaco en Louis

Ek wil graag die volgende onder die aandag van die groep bring:

1.Mnr De Klerk sal die Kaapse Persklub nou op Woensdag 25 Junie
toespreek
(blykbaar sal Pres Mbeki vrae in die parlement om 2 nm op Donderdag 26
Junie
hanteer en baie lede van die media sou derhalwe nie die KPK middagete op
daardie dag kon bywoon nie.)

2.Ons het nou Ann Bernstein en die SAIRR uitgenooi om aan die
Konferensie
deel te neem - maar het nog nie reaksie ontvang nie.

3.Ons het die aangehegted verslag oor die openbare verhore van Annelize
ontvang.  Ons gaan dit met haar goedkeuring op ons webwerf plaas - en
dit
kan derhalwe aan almal in ons groep versprei word.

4.Ons sal vroeg volgende week die program vir die konferensie opstel en
versprei.  Ons het kort insette (20 minute) gevolg deur 'n
paneelbespreking
in gedagte.

Beste wense vir die naweek!


Dave

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: Verset teen voorgestelde onteieningswet
« Antwoord #12 op: July 06, 2008, 07:09:35 AM »
En nou kom die Broeders en wil gesprek voer met behoudendes, en nogal met die Afrikaner Front ook, oor 'n hele aantal sake, maar meld niks van verset om Volksvryheid te kry nie. Maar hulle wil 'n Afrikaner Raad stig!!! Ons weet wat dit alles beteken.
Kennis is mag

Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
Insake: Verset teen voorgestelde onteieningswet
« Antwoord #13 op: July 06, 2008, 11:55:11 AM »
So... wat gaan oom'le doen?

Dit sal interessant wees om te hoor waaroor hulle praat.

Miskien het hulle die lig gesien, alhoewel dit waarskynlik 'n wonderwerk sal wees.

 :)
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: Verset teen voorgestelde onteieningswet
« Antwoord #14 op: July 06, 2008, 02:31:37 PM »
Miskien moet ons tog gaan hoor wat hulle pyne is?
Kennis is mag

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Insake: Verset teen voorgestelde onteieningswet
« Antwoord #15 op: July 06, 2008, 02:45:53 PM »
En nou kom die Broeders en wil gesprek voer met behoudendes, en nogal met die Afrikaner Front ook, oor 'n hele aantal sake, maar meld niks van verset om Volksvryheid te kry nie. Maar hulle wil 'n Afrikaner Raad stig!!! Ons weet wat dit alles beteken.

Clem kan jy vir ons meer hiervan vertel ek is nogal nuuskierig. Ek weet jy is ook deel van die huidige afrikanerraad maar vertel ons ook bietjie wat julle beplan asseblief!! tog

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: Verset teen voorgestelde onteieningswet
« Antwoord #16 op: July 07, 2008, 06:16:06 AM »
MIke
Ek is nie betrokke by die Afrikaner raad nie

Ongelukkig het ek nie veel meer inligting oor die Broeders se aksie nie - onss sal maar wag en sien wat broei
Kennis is mag


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal