Skrywer Onderwerp: Orania is ons enigste hoop.  (Read 5164 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Attie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 71
Orania is ons enigste hoop.
« op: June 16, 2008, 10:58:13 AM »
Orania is ons enigste hoop
 
Geskryf deur Attie Schutte   
 
Saterdag, 19 April 2008
 
"Enige poging tot suksesvolle Afrikanerpolitiek wat nie ons demografiese verspreiding aanspreek nie, sal onsuksesvol wees. Hoe lank voordat die onafwendbare sigbaar raak? As al daardie vermoorde Afrikaners vandag 'n keuse kon maak wetende wat kom, wat sou hulle kies? Wanneer jou vrou in die aangesig van haar kinders verkrag word, is die BMW, die nuwe sitkamerstel en al die geld in die wêreld dit werd?"
Ek het die afgelope Vrydagaand by my oom en sy gesin gaan aandete eet. So wie gee 'n hel om? Wel die kos gaan jou nie interesseer nie maar my opmerkings dalk wel want hy verteenwoordig die gemiddelde welgestelde Afrikanersakeman.

Hy het 'n pragtige huis, luukse bakkie en sy eie besigheid wat van niks af opgebou is, een waarop enige sakeman kan trots wees, maar is dit volhoubaar? Die antwoord is nee! Die huidige bestel is nie volhoubaar nie om 'n verskeidenheid van redes waarvan ek slegs een hier wil toelig, nl. lewensruimte.

Daar bestaan buite Orania geen Afrikanerlewensruimte nie, alhoewel sekere woonbuurtes en dalk 'n paar klein dorpies nog as Afrikaans beskryf kan word, is die vinnig veranderende demografie besig om hulle snel in te haal. Die demografiese werklikhede waarmee my oom dus sy opgang vanaf nederige begin in 'n Sunnysidewoonstel boontoe gemaak het sonder universiteitsopleiding of enige geldelike steun is dus nie vir sy kind beskore nie. Indien ek enige Afrikanersakeman moet vertel dat hy sy kinders en kleinkinders selfsugtiglik te na kom sal die argument sterk na vore tree dat hy hulle alles bied wat hy nooit gehad het nie, die beste universiteit en geld. Geld: die Afrikaner se grootste obsessie; nie eers sy liefde vir sy taal ewenaar dit nie. Enige volk wat 20% van sy mense so vinnig verloor aan ander lande moet sy bestaanskrisis raaksien. Die bestaanskrissis waarmee Afrikaners sit, is dat onerkende klassisme 'n baie groter rol in sy vernietiging speel as wat hy besef. Rassisme het darem voordele ingehou. Eerstens het dit sy etniese voortbestaan geregverdig en verseker a.g.v. sy eie demografiese verspreiding en tweedens die regverdiging van sy magsbehoud ter verkryging van goedkoop arbeid.

Lewensruimte - en daarmee impliseer ek direk om 'n etniese meerderheid in 'n gebied te wees - kan nie polities afgedwing word nie; bestaande Afrikaanse woonbuurtes word bedien deur ten minste drie keer soveel swart arbeiders as die Afrikaners wat daar woon en daarmee sluit ek besigheid en industrie uit. Selfs indien die uitsondering van 'n besigheid met slegs Afrikaanse werknemers bestaan, word die sekondêre dienste deur ander volke verrig. Afgesien van die Oraniabeweging het geen ander regse leiers of organisasie enige geloofwaardigheid wat die beroep op lewensruimte doen nie aangesien hulle nie self bereid is om sonder daardie goedkoop arbeid te lewe nie.

En soos Mnr. Vaughn dit so mooi opgesom het,[ http://www.praag.org/mambo/index.php?option=com_content&task=view&id=1113&Itemid=45]is enige aanspraak op n afsonderlike... wel basies enigiets, 'n magsvergryp i.t.v. ons getalle.   

Die uiteinde van die saak is dat wanneer my oom se kinders hulle universiteitsopleiding voltooi het, hulle nog vir 'n paar jaar in hul gekose beroepsrigting ondervinding sal opdoen en heel moontlik trou. Maar as die kleinkinders hul opwagting maak, kom daar in sy kinders 'n langertermynuitkyk en die besluit word dan gemaak. Kanada/Nieu-Seeland/Australië/Engeland/Amerika en sy kleinkinders sal hom kultureel nie verstaan nie en hul kinders sal ons Engelse noem.

Die huidige emigrasietendens gaan onverpoos voortgaan totdat daardie selfgesentreerde verbruikerskultuur, die fokus van “ek” weer na 'n fokus van “ons” toe verskuif. Die emigrasie sal voortduur solank daar geen alternatief bestaan nie en uiteindelik daar onder 'n miljoen oorbly wat te arm of ongeletterd is om enige poging aan te wend daartoe. Enige politieke poging om 'n bestaande Afrikaanse buurt of dorp in 'n etniese gebied te omskep sal deur Afrikaners self verwerp word nog voordat enige ander volk protes kan aanteken. Die Afrikanerdrang na vryheid is nie oorskat nie maar sy absolute afhanklikheid van ander volke se arbeid is totaal onderskat (en dis die ware rede vir sy rassisme - afhanklikheid).

Die huidige suksesvolle Afrikanersakemanne het geen belang in Orania nie. Die rede is voor die hand liggend: dit sou n finansiële inkorting en 'n verlaging van hul lewenstandaard wees, of so dink hulle in elk geval.

Maar kom ons veronderstel vir een denkbeeldige oomblik dat die sprong van “ek” na “ons” wel plaasvind en n 100 000 Afrikanersakemanne ondersteun Orania en maak n bydrae van 'n R1000 per maand (wat vir baie kleingeld is). Dit kom neer op n astronomiese R100 miljoen per maand wat aangewend word vir infrastruktuur en ekonomiese ontwikkeling (ekonomiese aansporings moet geskep word; dit bestaan nêrens vanself nie). Binne vier jaar het die Afrikaner iets wat hy nog nooit gehad het nie, 'n groot welvarende gebied waarbinne hy 'n volstrekte meerderheid vorm. Afrikanersakemanne word deur Oranialugdiens na hul sakebelange in die res van die land en selfs oorsee gevlieg, party verkies om eerder hul gesinne daar te laat woon en vlieg tweeweekliks na hul werk in Johannesburg. Die Oraniametropolisie is klein maar hoogs opgelei en goed toegerus. My oom se kinders het nou n keuse!

Visie en voorbeeld moet politieke mandaat voorafgaan. Enige poging tot suksesvolle Afrikanerpolitiek wat nie ons demografiese verspreiding aanspreek nie, sal onsuksesvol wees. Hoe lank voordat die onafwendbare sigbaar raak? As al daardie vermoorde Afrikaners vandag 'n keuse kon maak wetende wat kom, wat sou hulle kies? Wanneer jou vrou in die aangesig van haar kinders verkrag word, is die BMW, die nuwe sitkamerstel en al die geld in die wêreld dit werd?
If history is anything to go by then the mystery of the Zimbabwe ruins is now quite obvious.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Orania is ons enigste hoop.
« Antwoord #1 op: June 16, 2008, 11:15:40 AM »
Attie,

Jy maak die stelling dat vir die gemiddelde Afrikaner geld belangrik is. Ook weet ons dat die Afrikaner nie na Orania stroom of selfs Orania finansieel ondersteun nie.

Orania se "bemarking" word gebou op die emosionele en sekuriteits voordele. Indien die bemarkings plan 'n finansiele voordeel sou inhou, dink jy nie die Afrikaner soos jy hom beskryf, sal dan Orania ondersteun nie?

Afwesig Attie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 71
Insake: Orania is ons enigste hoop.
« Antwoord #2 op: June 16, 2008, 01:48:30 PM »
Ben,

Ek glo dat daar ʼn magdom kulturele voordele vir ons in Orania opgesluit lê waarvan taalbehoud en volksbehoud eerste is. Ek is besig met ʼn reeks artikels wat mekaar aanvul te skryf en sal almal hier plaas. Almal stem saam dat ons ʼn demografiese probleem het maar mense besef nie dat ons bo op dit ʼn tyd probleem het nie, hoe langer ons “miskien iewers anders” voor ons aksie neem hoe kleiner raak die moontlikhede van die aksie. Sekuriteit is na alles tans ʼn onsettende probleem en ek dink ons moet dit ten volle benut as verkoopsmeganisme vir die Oraniabeweging dit is moeilik om aan ʼn volk ʼn visie te verkoop waarbinne hy volkseie arbeid moet gebruik veral as daardie volk dit slegs in sekere tye van sy geskiedenis gedoen het. Maar sonder daardie aksie kan ons nie ʼn etniese meerderheid in ʼn gebied vorm nie – enige plan wat van vreemde arbeid gebruik maak kom neer op oëverblindery. Mense sal jou daarop wys dat hulle nie wil verarm nie, maar kan ons al die ander volke wat hul eie arbeid doen werklik as verarmd sien?

Die massiewe gedragsverandering wat volkseie arbeid verg is so verskriklik traumaties dat meeste Afrikaners eenvoudiglik emigreer (liberaliste het gehoop hulle sal integreer) en ek gaan ʼn stuk plaas hoekom dit nie sal plaasvind nie. Maar omdat volkeiearbeid so vreemd is vir ons maak dit alle argumente oor “waar” natuurlik oorbodig.

Op jou stelling as Orania ʼn finansiële voordeel sou inhou, sou meer Afrikaners dit nie ondersteun nie. Ja natuurlik, die probleem is egter dat dit ʼn langtermyn voordeel is wat hulle nie self gaan proe nie, en mense het ʼn geneigdheid om vir hul self en nie hul klein kinders te voorsien nie. as vb. Baie Afrikaners het jare terug geld geïnvesteer (afgesien van besighede en behuising) in skole, kerke en publieke geboue in Hillbrow en Sunnyside. Daar was ʼn finansiële voordeel daarin maar vandag kan Afrikaners niks van daardie voordele benut nie. Dieselfde geld vir die huidige tyd, waar Afrikaners ʼn minderheid begin word, trek hy – en deer sy eie gebruike skep hy sy minderheidsprobleem.

Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat Orania die enigste oplossing is, wat vir die meeste mense skokkend is omdat ek ʼn jong ex-liberalis is. Ek het dalk oorboord gegaan met getalle maar dit is belangrik om te begin visie skep want dit is wat ons moet verkoop. Tyd hardloop vinniger uit as wat die meeste van ons besef, wat nodig is, is ʼn aggressiewe bemarkingsveltog waaraan ons almal deelneem, elkeen aktiveer die volgende een as verkoopsman. Dit is tog dan moontlik om binne 3 jaar 100,000 lede te werf as ons begin saamspan daartoe. Jy het ʼn baie belangrike punt aangehaal dat die huidige verkoopspunte emosionele en sekuriteit voordele is, alhoewel dit behou moet word moet die primêre verkoopspunt visie wees soos gedeeltelik in die artikel omskryf. Persoonlik gebruik ek nooit of so min as moontlik die woord “volkstaat” a.g.v. historiese emosies en politieke implikasies.

Groete,
Attie             
If history is anything to go by then the mystery of the Zimbabwe ruins is now quite obvious.

Sanderis

  • Gas
Insake: Orania is ons enigste hoop.
« Antwoord #3 op: June 16, 2008, 03:27:33 PM »
Ek het 1 probleem , ek het Orania se webtuiste besoek ; ek soek 'n plaas , maar enige iets onder 400 hektaar sal nie baat nie.
Gestel ek kry 'n geskikte plaas aangrensend aan Orania , kan dit by Orania ingelyf word ?
Of besluit ek wel , ek wil eiendom in Orania koop , is finansiering en ondersteuningsdienste beskikbaar ?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Orania is ons enigste hoop.
« Antwoord #4 op: June 16, 2008, 03:55:05 PM »
Ben,

Ek glo dat daar ʼn magdom kulturele voordele vir ons in Orania opgesluit lê waarvan taalbehoud en volksbehoud eerste is. Ek is besig met ʼn reeks artikels wat mekaar aanvul te skryf en sal almal hier plaas. Almal stem saam dat ons ʼn demografiese probleem het maar mense besef nie dat ons bo op dit ʼn tyd probleem het nie, hoe langer ons “miskien iewers anders” voor ons aksie neem hoe kleiner raak die moontlikhede van die aksie. Sekuriteit is na alles tans ʼn onsettende probleem en ek dink ons moet dit ten volle benut as verkoopsmeganisme vir die Oraniabeweging dit is moeilik om aan ʼn volk ʼn visie te verkoop waarbinne hy volkseie arbeid moet gebruik veral as daardie volk dit slegs in sekere tye van sy geskiedenis gedoen het. Maar sonder daardie aksie kan ons nie ʼn etniese meerderheid in ʼn gebied vorm nie – enige plan wat van vreemde arbeid gebruik maak kom neer op oëverblindery. Mense sal jou daarop wys dat hulle nie wil verarm nie, maar kan ons al die ander volke wat hul eie arbeid doen werklik as verarmd sien?

Die massiewe gedragsverandering wat volkseie arbeid verg is so verskriklik traumaties dat meeste Afrikaners eenvoudiglik emigreer (liberaliste het gehoop hulle sal integreer) en ek gaan ʼn stuk plaas hoekom dit nie sal plaasvind nie. Maar omdat volkeiearbeid so vreemd is vir ons maak dit alle argumente oor “waar” natuurlik oorbodig.

Op jou stelling as Orania ʼn finansiële voordeel sou inhou, sou meer Afrikaners dit nie ondersteun nie. Ja natuurlik, die probleem is egter dat dit ʼn langtermyn voordeel is wat hulle nie self gaan proe nie, en mense het ʼn geneigdheid om vir hul self en nie hul klein kinders te voorsien nie. as vb. Baie Afrikaners het jare terug geld geïnvesteer (afgesien van besighede en behuising) in skole, kerke en publieke geboue in Hillbrow en Sunnyside. Daar was ʼn finansiële voordeel daarin maar vandag kan Afrikaners niks van daardie voordele benut nie. Dieselfde geld vir die huidige tyd, waar Afrikaners ʼn minderheid begin word, trek hy – en deer sy eie gebruike skep hy sy minderheidsprobleem.

Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat Orania die enigste oplossing is, wat vir die meeste mense skokkend is omdat ek ʼn jong ex-liberalis is. Ek het dalk oorboord gegaan met getalle maar dit is belangrik om te begin visie skep want dit is wat ons moet verkoop. Tyd hardloop vinniger uit as wat die meeste van ons besef, wat nodig is, is ʼn aggressiewe bemarkingsveltog waaraan ons almal deelneem, elkeen aktiveer die volgende een as verkoopsman. Dit is tog dan moontlik om binne 3 jaar 100,000 lede te werf as ons begin saamspan daartoe. Jy het ʼn baie belangrike punt aangehaal dat die huidige verkoopspunte emosionele en sekuriteit voordele is, alhoewel dit behou moet word moet die primêre verkoopspunt visie wees soos gedeeltelik in die artikel omskryf. Persoonlik gebruik ek nooit of so min as moontlik die woord “volkstaat” a.g.v. historiese emosies en politieke implikasies.

Groete,
Attie            


Attie,

Kom ek verduidelik aan die hand van 'n voorbeeld wat ek bedoel.

Veronderstel Orania besluit om hulle eie elektriese krag op te wek. Daarvoor moet hulle 'n kragsentrale bou en daarvoor het hulle kapitaal nodig. Veronderstel hulle doen dit dan in maatskappy en hulle verkoop die aandele in die maatskappy aan Afrikaners, selfs en veral aan die wat nie daar woon nie.

Vir dieselfde voorbeeld kon ek seker ook aan die hand gedoen het dat hulle op grootskaal biodiesel maak. Selfs 'n grootskaalse boerdery....

Die punt is, Afrikaners sal dit eerder ondersteun, as bloot 'n "gee my jou geld sodat ek 'n veilige dorp kan bou" plan.

Afwesig Attie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 71
Insake: Orania is ons enigste hoop.
« Antwoord #5 op: June 16, 2008, 04:53:29 PM »
Sanderis :
Ek voorsien nie dat dit ʼn probleem is om ʼn aangrensende of selfs nabye plaas te koop en dan te inkopereer nie. Dit sal egter beslis belangrik wees om die Orania bestuursraad van jou intensies in kennis te stel sodat daar vooraf ooreengekom kan word oor hoe dit geïnkorporeer sal word i.t.v Maatskappy wetgewing en aandele verhandelinge. En ek hoef seker nie by te voeg dat enigeen wat onderneem om dit op hierdie wyse te doen onmiddellik volkseiearbeid sal moet toepas nie. Mens kan altyd die dorpsraad skakel vir meer inligting, hulle sal jou vinnig verwys na die regte persoon om mee te gesels.

Wat grond binne Orania betref: Ja, beide ondersteuningsdienste sowel as finansiële dienste is beskikbaar. Dit kos natuurlik geld, maar niks is nêrens verniet nie want almal moet ʼn lewe maak. Ek spits my huidiglik toe op ledewerwing maar as ek lees jy kort meer as 400ha raak ek opgewonde. Dit is vir ʼn individu nog moeilik op die stadium maar wanneer daar baie lede is kan daar gekyk word na Orania-klubs in elke dorp wat gesamentlik in grond en besighede investeer(verlaging van persoonlike risiko) en ek droom al lank daaroor om met kibboets plase te begin.

Ben :
Ja jy is heeltemal reg, en ons het ʼn energie komitee opgestel(met inwoners & uitwoners). Ek is maar ʼn wetenskap-leuk, aan die begin was dit bykans ʼn hoender/eier probleem tussen die plan/finansiering, maar hulle maak tog vordering op die gebied maar ʼn kragsentrale is nie goedkoop nie dit kan etlike biljoene kos. Maar wat jy voorstel klink vir my werkbaar, Orania hoor duisende goeie idees by so baie mense, daar is net nie altyd ruiters vir al die perde nie. Op so baie forums kry ek “maak sis, maak so” En as daardie mense aansluit dan kan dit gedoen word deur betrokke te wees by die proses en dis waarom ons almal betrokke moet raak. Vb. Ek kry net Praag, Bravoland en Boerevryheid se gespreksforums lede om aan te sluit. Nou het ek 3 ekstra wetenskaplikes wat kan help 25 ekstra tegniese spesialiste, 150 ekstra elektrisiëns en nog 60 ekstra prokureurs/finansiële kenners en 4000 ouens wat help om die aandele in die skema te bemark en verkoop.
Gevolgtrekking: daar is duisende dinge wat ons kan doen, maar ons moet mense kry om aan te sluit en betrokke te raak.
If history is anything to go by then the mystery of the Zimbabwe ruins is now quite obvious.

Afwesig Boeredok

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 324
  • Geneesheer Generaal Kromloop
Insake: Orania is ons enigste hoop.
« Antwoord #6 op: June 17, 2008, 08:53:23 PM »

 ek droom al lank daaroor om met kibboets plase te begin.


Vertel meer van Kiboets plase
Persoonlik dink ek dit is al manier om ons arm blanke probleem op die lang termyn uit te sorteer.
Ons kan gaan kos gee ,maar werk en self respek gaan soveel verder
WANEER IS GENOEG NOU GENOEG

Afwesig James Kemp

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 245
Insake: Orania is ons enigste hoop.
« Antwoord #7 op: June 18, 2008, 02:11:33 PM »
Dag Attie.

Goeie artikel.

Groete,

James

Afwesig Attie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 71
Insake: Orania is ons enigste hoop.
« Antwoord #8 op: June 18, 2008, 09:55:26 PM »
Hallo,

Dankie James, bly om jou hier te sien.

Boeredok: Ja dis eintlik net ʼn idee wat ek het. Mense het op ʼn ander forum gekla oor arm blankes spesifiek die wat in haglike omstandighede woon, hy wou weet hoekom ons hulle nie almal net Orania toe skuif nie. Die probleem is natuurlik baie van hulle het verskriklike sosiale probleme ook, dis drank, dwelms, gedragsafwykings - daar is baie en die mense het geen kans om weer in gewone Afrikaner buurtes in opgeneem te word nie. Hulle het hul goedkoop swart arbeid en min geduld. So iets kan nie maklik deur ʼn individu aan die gang gesit word nie maar as ʼn groep van ons saamwerk om die uitlegkoste te dek sien ek geen rede hoekom dit nie kan werk nie.

Ek dink ʼn mens het so paar sterk persoonlikhede nodig dalk ʼn afgetrede dominee, ʼn man wat ken van boer en so een of twee ou samajore. Dit moet ook bemarkbaar wees aan skoolverlaters en studente om so jaar op ʼn Boere-kibboets deur te bring. Ek dink alhoewel georden moet jy ʼn gesonde mengsel van ouderdomme en geslagte hê, dit moet vir die wat kies om te bly ʼn alternatiewe familie verband kan wees bykans soos ʼn groter familie. Werksrotasie en kultuur items kan dit meer interessant hou, dit is met groot sukses in Israel gebruik. Alhoewel so iets aan die begin gesubsidieer sal moet word sal dit beslis winsgewend moet word anders sit jy met ʼn permanente welsynsprojek. Nou moet ek bysê as Orania betroubare arbeiders daaruit kan werf kan mens seker met ander oë daarna kyk, maar helaas fondse, fondse, fondse, as ek 100,000 Afrikaners kan oorreed om by die Oraniabeweging aan te sluit dan kan ons ongelooflike projekte van stapel stuur.

Groete,
Attie         
If history is anything to go by then the mystery of the Zimbabwe ruins is now quite obvious.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Orania is ons enigste hoop.
« Antwoord #9 op: June 18, 2008, 10:01:37 PM »
Attie,

Krap bietjie rond, Kleinbekkie (wat 'n tyd in Israel was) het 'n goeie verduideliking gegee van die kiboets en ook van 'n ander stelsel wat daar gebruik word (die naam daarvan ontgaan my nou) wat groter sukses in Orania kan he.

Sanderis

  • Gas
Insake: Orania is ons enigste hoop.
« Antwoord #10 op: August 24, 2008, 10:42:28 AM »
Het iemand dalk 'n epos adres vir Orania ?

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Orania is ons enigste hoop.
« Antwoord #11 op: August 24, 2008, 10:51:31 AM »

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Insake: Orania is ons enigste hoop.
« Antwoord #12 op: August 24, 2008, 12:37:10 PM »
Attie

Is van der Kloof deel van Orania? Is daar planne om hom deel te maak? Ek het 'n klein aandeel in die grond en groeifonds wat ek hoop om later te kan vergroot. Ek het nou die dag geluister na Freek se program op RSG oor Orania. Daar het mense ingebel wat gevra het waar is Orania; kan jy dit glo?
'n Dame wou weet of sy 'n departementele oorplasing kan kry van een of ander staatsdepartement. Dit se vir my daar is steeds te min bemarking vanaf Orania se kant. Een groot fabriek op Orania sal lei tot meer inwoners en meer besighede.       

Sanderis

  • Gas
Insake: Orania is ons enigste hoop.
« Antwoord #13 op: August 24, 2008, 12:40:52 PM »
Baie Dankie vir dié skerp diens .
Ek het seker al 'n week terug dié vraag op Facebook gevra , gister toe ek gekyk het - nog niks.
Dankie Karina

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Insake: Orania is ons enigste hoop.
« Antwoord #14 op: August 24, 2008, 01:09:13 PM »
Attie

Gaan orania op die pta skou 'n uitstalling he? Indien nie sou dit nie 'n goeie idee wees om orania so aan duisende mense bekend te stel? 

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Orania is ons enigste hoop.
« Antwoord #15 op: August 24, 2008, 01:16:08 PM »
Ek moet wegbly van Orania se webblad af, ek het nou weer daar gelees en dan begin jeuk ek om soontoe te trek.

Wanneer gaan kamp die Bravolanders nou bietjie in Orania? Daar was sulke planne vir die Septembervakansie, maar die Transvalers is doodbang om verder as 100km te ry...  :P

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: Orania is ons enigste hoop.
« Antwoord #16 op: August 24, 2008, 01:16:48 PM »
Pretoria skou is deesdae maar taamlik donker!
Kennis is mag

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Insake: Orania is ons enigste hoop.
« Antwoord #17 op: August 24, 2008, 04:56:06 PM »
Hierdie is 'n brief wat in vandag se Rapport verskyn het

23/08/2008 14:44  - (SA)   
Selfbeskikking is blote wensdenkery
Bossie Marais, Sasolburg:     

Die Suid-Afrikaanse Grondwet weerspieël die ubuntu-filosofie van die etniese swart mense en die reg het dus waarskynlik die werklikheid gevolg, soos wat Carel Boshoff beweer (Rapport, 17 Augustus).

Dit is egter wensdenkery om te glo dat die Grondwet aangepas sal word om selfbeskikking in ’n afsonderlike grondgebied te laat plaasvind. Art. 2 van die Grondwet bepaal dat dié wet die oppergesag van die land is en dat alle wetgewing of handelinge wat strydig daarmee is, ongeldig is – die werklikheid volg dus die reg.

Die Grondwet is nie gegrond op erkende regsbeginsels nie. Dit maak nie voorsiening vir minderhede se universeel-erkende reg op selfbeskikking nie. Dit erken ook nie enige moontlike beloftes wat pres. Thabo Mbeki of mnr. Valli Moosa in dié verband sou gemaak het nie.

Ek verstaan nie hoe Boshoff art. 235 as ’n magtigende bepaling sien nie. Dit is niks meer as ’n politieke fopspeen wat gebruik word om diegene wat streef na Afrikaner-selfbeskikking mee te sus nie.

Art. 21 bepaal verder dat elke inwoner die reg het om enige gebied in die land binne te gaan, daar te vertoef of daar te woon. Die feit dat Afrikaners tans toegelaat word om ongesteurd voort te gaan met hul aktiwiteite in Orania moenie gesien word as die ANC-regering se stilswyende erkenning van die Afrikaner se uitlewing van sy strewe na selfbeskikking nie.

Daar is op die oomblik nie genoeg in Orania om te steel of op aanspraak te maak nie.

Namate die grondgebied groter word en die welvaart groei, sal swart mense in hul miljoene daar gaan plak en aandring op werkgeleenthede, demografiese verteenwoordiging en politieke reg in die gebied. Die Afrikaner sal nie langer die meerderheid in so ’n gebied uitmaak nie en sal dus nie kan aanspraak maak op selfbeskikkingsreg nie.

http://www.news24.com/Rapport/Briewe/0,,752-805_2381184,00.html

VOEL TUIS

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Orania is ons enigste hoop.
« Antwoord #18 op: August 24, 2008, 05:05:24 PM »
Met 'n negatiewe houding soos die van Bossie sal ons seker nerens kom nie. Dit is gewoon ook so dat ons nie moet verwag dat die regering dit vir ons gaan doen of dit vir ons gaan maklik maak nie.

Dit is vir my onbelangrik of die reg die werklikheid volg en of die werklikheid die reg volg. Wat belangrik is, is om reg te wees, want reg is mag.
 

Afwesig OMEGA

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 25
    • OMEGA
Insake: Orania is ons enigste hoop.
« Antwoord #19 op: August 25, 2008, 10:18:41 AM »
As almal doen wat verkeerd is bly dit steeds verkeerd en as niemand doen wat reg is nie bly dit steeds reg.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal