Skrywer Onderwerp: Re: Onderwyskomponent van die Dept van Onderwys, Kuns en Kultuur: Visie en Missie  (Read 1814 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Karools

  • Gas
Johann
Dit lyk baie goed - met dank en waardering vir sulke wel deurdagte formulerings.

Afwesig Johann Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 337
Karools,

Baie dankie vir die mooi woorde - dit word opreg waardeer.

Van der Walt

  • Gas
Johann

Dit lyk voorwaar baie goed!  Dankie

Afwesig Johann Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 337
Johann

Dit lyk voorwaar baie goed!  Dankie


Agbare Minister Van der Walt

Baie dankie!   

Karools

  • Gas
Johann

Dit lyk voorwaar baie goed!  Dankie

Agbare Minister, my verskoning! - dankie vir jou goeie werk.

Van der Walt

  • Gas
Karools

Die visie en missie was alles Johann se harde werk, ek kan nie krediet daarvoor neem nie.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Dit sal baie waardeer word as daar van ons burgers is wat betrokke wil raak by die Bravoland Departement van Onderwys.
Moed Vryheid Eer

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
KB,

Ek dink kuns moet ook bietjie meer aandag kry.  Strewes na vryheid en die klas gebeure word die beste bewaar in kuns... As ek reg is, is Sanderis ook nogal lief vir kuns...

Gaan ons nie dalk meer mense lok met 'n opspraakwekkende kuns uitstalling wat deur die land toer as met vergaderings nie...?

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Jy het dalk 'n punt beet, vannermerwe.

Ons is tans in die proses om die VR hul departemente te gee, dus is dalk iets waaraan die betrokke minister aandag moet gee.
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
As ek reg is, is Sanderis ook nogal lief vir kuns...



Jy is reg vannermerwe , maar ek skeep die talent vieslik af - tyd .
As die drang sterk genoeg is , maak ek tyd .
Ek weet nie of die mense baie daarvan sal hou nie , my oorspronklike styl is uiters modern alhoewel ek klasiek kan doen is dit nie my voorkeur nie .
Mens kry beroekskunstenaars wat skilder om die wye publiek gelukkig te hou , van nature is ek ongelukkig nie 1 van hulle nie . Insperasie is 'n belangrike faktor voor ek kan skep .

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Ek het al van jou werk op die internet gesien en ek geniet jou styl. Soos jy tereg dit tel, Baie mense hou nie daarvan nie, hulle soek een of ander natuurtoneel met 'n leeu op of so iets!

Ek dink as mens op die einde van die dag 'n tema vasstel, hetsy of dit gaan oor die "Afrikaner kultuur' of die aanval op ons of wat ookal-  dan kan kunstenaars die geleentheid kry om daarvan af te werk... Op die manier kan ons 'n wye verskeidenheid kuns aanbied, na elkeen se smaak...

'n Idee wat ek eendag gehad het fokus op die uitloting van kaartjies by die uitstallings... Die individu koop dus 'n 'kaartjie' vir R5 vir 'n spesifieke skildery... Na die toer word al die kaartjies in 'n hoed gegooi en die wenner kry die skildery. Op die manier kan die hele land AL die werk sien en samel jy 'n klomp geld in, in die proses...


Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
'n Idee wat ek eendag gehad het fokus op die uitloting van kaartjies by die uitstallings... Die individu koop dus 'n 'kaartjie' vir R5 vir 'n spesifieke skildery... Na die toer word al die kaartjies in 'n hoed gegooi en die wenner kry die skildery. Op die manier kan die hele land AL die werk sien en samel jy 'n klomp geld in, in die proses...

Lotery in Bravoland? Nie maklik nie! Los die Lotto maar vir die heidene.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
So enige iemand wat inskryf vir enige kompetisie en 'inskrywingsgeld' moet betaal is 'heidens'? :o

Al die jare se kerkbasaars waar ons kaartjies moes koop om 'n prysie te wen heidens...  ;D

Hoekom nie net eerder 'n ander voorstel maak as myne as heidens te verklaar nie...?

Wat van die res van die idee?


Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Moenie woorde in my mond lê nie! As ek van die lotto (staatslotery) praat, kan jy nie alle deelnemers aan loterye oor dieselfde kam skeer nie.

Die feit dat sulke dinge al die jare by kerkbasaars gebeur het, maak dit nie reg nie. Wanneer die geluksgodin die wenner bepaal, is dit die oortreding van die tweede gebod. As jy egter een of ander vorm van vernuf of prestasie koppel aan die bepaling van 'n wenner, is dit wel 'n kompetisie en nie 'n lotery nie. Probeer dit inbou in jou voorstel dan is dit 'n puik voorstel. Brei 'n bietjie uit!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal