Skrywer Onderwerp: Re: Internet-universiteit  (Read 1551 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Internet-universiteit
« op: May 23, 2007, 02:28:34 PM »
Johann,

Sal jy dit vir ons kan doen?


Groete,


Transvaler

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1333
  • Verkenner
Re: Internet-universiteit
« Antwoord #1 op: May 23, 2007, 02:48:38 PM »
Ons het soppas iemand gekry wat die nagraagdse onderwys sal op die been bring hier in Bravo!

Wat kan ek se Johann  -  BRAVO!

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1252
  • Swerwer
Re: Internet-universiteit
« Antwoord #2 op: May 23, 2007, 11:41:01 PM »
So groei Bravo.......

Johann dit is 'n uitstekende idee. As jy ENIGE hulp nodig het met jou navorsing moet jy asseblief nie skroom om te vra nie.

Dit is voorwaar 'n uitstekende gedagte... Vir diegene wat tans tuisonderrig doen - moet ons nie ook na 'n soortgelyke idee kyk nie ??

Francois Coetzee

  • Gas
Re: Internet-universiteit
« Antwoord #3 op: May 24, 2007, 03:40:17 PM »
Gaan lees bietjie hierso:

http://www.novaroma.org/nr/Main_Page

Hierdie groep, ook 'n internetgemeenskap, het hul eie aanlyn-universiteit in die lewe geroep...

Dis baie interessant om hierdie mense as 'n gevalle-studie te beskou!

Vriendelike groete

Afwesig Johann Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 337
Re: Internet-universiteit
« Antwoord #4 op: May 25, 2007, 07:12:46 AM »
 :) Geagte Staatspresident

Baie dankie vir hierdie fantastiese wenk oor hierdie mense se webblad!  Ek moet erken dat ek totaal onbewus van hulle was.  Ons sal hulle Akademie definitief as 'n gevallestudie moet gebruik.

Vriendelike groete
Johann Venter

Afrikanermeisie

  • Gas
Re: Internet-universiteit
« Antwoord #5 op: May 28, 2007, 01:12:39 PM »
Die heel belangrikste ding waaraan ek kan dink om 'n Universiteit te stig, is om geakkrediteerd te word by SAQA (South African Qualifications Authority).

http://www.saqa.org.za/

As ons nie geakkrediteerd is nie, word ons Sertifikate, Diplomas en Grade nie erken nie, en dit beteken niks.

Ek gee ook klas by 'n tersiere instansie, ek het nog nie baie ondervinding nie, maar ek sal help waar ek kan. Dis nou nie in een van bogenoemde studierigtings nie, dis Kommunikasie. Maar ek het darem so half en hals 'n idee van die struktuur.

Afrikanermeisie

  • Gas
Re: Internet-universiteit
« Antwoord #6 op: May 28, 2007, 03:04:30 PM »
Baie dankie vir die uiteensetting, Oom Johann. Ek het regtig nog nie so ver gedink nie, maar dit maak vir my 100% sin.

Dit sal baie beter wees om internasionale akkreditasie te kry as om nou met iets te spook wat oor tien jaar nietig verklaar gaan word as SAQA sy erkenning verloor.

Ek sal weer bietjie daaroor gaan dink en terugkom na Oom toe.

Groete
Karina

123 Blok My

  • Gas
Re: Internet-universiteit
« Antwoord #7 op: May 28, 2007, 09:27:21 PM »
Ek weet dit is die universiteit draad die, maar om net tog bietjie by te voeg.  Wat die akkreditasie van Kollege's betref, is dit nogal 'n langdraderige proses wat maklik  'n jaar of langer kan duur.  Om akreditasie by SAQA te kry, moet daar 'n gevestigde en goedgekeurde leerprogram wees, anders moet daar een opgestel word (dit kan die proses baie lank vertraag).  Daar moet ook die nodige fasiliteerders, assessors en moderators wees.  So 'n akkreditasie moet ook driejaarliks hernu word. Die Inrigting moet ook op sigself akkreditasie kry.
Ek weet ook dat daar in sekere rigtings waarvoor ons op NQF vlak 4 ge-akkrediteer is so 'n kwalifikasie wel internasionaal op 'n vlak 2 erken word. 

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Insake: Re: Internet-universiteit
« Antwoord #8 op: August 06, 2008, 12:55:48 PM »
Ek is al vir 'n hele paar jaar lid hiervan:

www.wildlifecampus.com

Dit werk baie goed en dit is beslis iets waarna ons in die toekoms na kan kyk.
Moed Vryheid Eer


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal