Afdeling van die Afrikanerfront > Algemene Besprekings

Afrikanerfront Aksies

(1/6) > >>

Werner Smook:
Ek weet nie of ek dalk iets gemis het die afgelope tyd nie, maar ek loop nie enige inligting rakende bedrywighede van die AF raak nie.   

Is daar dalk 'n spesifieke plek waar ons meer inligting daaroor kan kry? 

Ek sou graag wou sien dat hulle meer aktief is.

Dalk is publisiteit net nie hul groot doelwit nie, maar eerder daadwerklike verwikkeling op grondvlak.

Ek hoop iemand sal my meer inligting hieroor kan verskaf.

By voorbaat dankie

Werner Smook

Clem de Klerk:
Werner, daar is 'n aantal sake wat aandag geniet, maar omdat dit van omvangryke aard is, is niks hiervan tot hede sigbaar nie. Intussen moet interne reelings en werksmetodes opgestel en ge-imlimenteer word, wat taamlik tydrowend is. Mettertyd sal die daadwerklike na vore gebring word. Hou net geduldig vas!!

Ben Geldenhuys:
Ek kan dit beaam. Die blote feit dat dit nie sigbaar is nie, beteken nie dat daar nie iets gebeur nie.

Werner Smook:
Baie dankie vir die reaksie oom Clem en Ben.

Dit doen my goed om te weet dat daar wel dinge aan die gang is.  Die feit dat dit "stil" geskied stem my optimisties in die hoop dat dit iets daadwerkliks is en nie sommer net nog 'n gewone "publisiteits aksie" nie.  Net soos wat publisiteit vir 'n saak natuurlik 'n belangrike faktor is, begin ek al hoe meer besef dat ons nie vir altyd slegs daarby kan volstaan nie, maar daadwerklike pogings met ons hande sal moet aanpak. 

Ek hoop ek het nie nou die kat aan die stert beet nie. ???

Groete

Werner Smook

Mike:

--- Aanhaling van: Werner Smook op June 25, 2008, 10:20:57 PM ---Baie dankie vir die reaksie oom Clem en Ben.

Dit doen my goed om te weet dat daar wel dinge aan die gang is.  Die feit dat dit "stil" geskied stem my optimisties in die hoop dat dit iets daadwerkliks is en nie sommer net nog 'n gewone "publisiteits aksie" nie.  Net soos wat publisiteit vir 'n saak natuurlik 'n belangrike faktor is, begin ek al hoe meer besef dat ons nie vir altyd slegs daarby kan volstaan nie, maar daadwerklike pogings met ons hande sal moet aanpak. 

Ek hoop ek het nie nou die kat aan die stert beet nie. ???

Groete

Werner
--- End quote ---

'n Maatskappy sal nie sy produk verkoopkry as hy dit nie adverteer nie. Hy sal na 'n paar maande verdwyn. As jy nie jou produk bekend stel nie sal jy bittermin indien enigsins vorder tot iets groots. Ons moet pogings met ons hande aanpak ja, maar vele hande maak ligter werk.
Ek is jammer maar ek is nie baie optimisties wat die afrikanerraad aanbetref nie. Na soveel maande in die bedryf en gin niemand weet wie of wat hulle is of doen nie. Ek was optimisties tot onlangs. Ek sal geld daarop sit, teen einde van die jaar sal steeds niemand weet wat hulle planne is wat hulle doen of wie hulle is nie.
Ek wil nie net negatief wees nie maar sien is glo veral wat sulke organisasietjies betref. Te veel van hulle het al net vir 'n paar maande bestaan en dan verdwyn hy maar so stil stil van die toneel af. Bygese bitter min van hulle doen enigiets vir die blanke afrikaner voor hy verdwyn. Ek is wel lid van 'n groot organisasie wat landswyd bekend is en wat al meer gedoen het vir afrikaners in die kort tydjie wat hulle bestaan, as wat baie van hierdie geheimsinnige "volks"organisies ooit kon doen.   

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version