Nuusflits


Skrywer Onderwerp: Boere rate  (Read 17445 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Boeredok

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 324
  • Geneesheer Generaal Kromloop
Boere rate
« op: Mei 25, 2007, 10:39:49 am »
As enige een n oulike staalkie het van snaakse boere rate kan dit hier geplaas word

HIERDIE  MOET MET VESIGTIGHEID GEVOLG WORD EN NIE AS MEDISE ADVIES GESIEN WORD NIE

Boeredok
WANEER IS GENOEG NOU GENOEG

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 8194
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Boere rate
« Antwoord #1 op: Mei 25, 2007, 11:23:28 am »
Dok,

Die "aakligste" Boere raad wat ek al ooit gehoor het, was vir karkatjies. Volgens die raad, moet die persoon sy  eerste "water" van die dag, aan die karkatjie smeer.

Tvler

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1248
  • Swerwer
Re: Boere rate
« Antwoord #2 op: Mei 25, 2007, 12:05:42 pm »
Urine skrik baie mense af...

Daar is medies al bewys dat jou eie urine help om veral velprobleme (Aknee, ekseme ens) vinnig te dokter. Ek plaas die skakels binnekort rakende  bogenoemde.

Terloops vir die kinders wat by die see deur bloublasies "bluebottle" gebrandword en ligte jellievis brande...
P daarop en vryf die urine lekker in...  Binne 'n japtrap sal die kinders weer lekker speel.

Ek het die raad geleer toe ek nog maar so baksteenhoogte karnallie was.... Dit werk regtig !!

Afwesig Boeredok

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 324
  • Geneesheer Generaal Kromloop
Re: Boere rate
« Antwoord #3 op: Mei 25, 2007, 12:12:59 pm »
Dok,

Die "aakligste" Boere raad wat ek al ooit gehoor het, was vir karkatjies. Volgens die raad, moet die persoon sy  eerste "water" van die dag, aan die karkatjie smeer.

Tvler
Urine skrik baie mense af...

Daar is medies al bewys dat jou eie urine help om veral velprobleme (Aknee, ekseme ens) vinnig te dokter. Ek plaas die skakels binnekort rakende  bogenoemde.

Terloops vir die kinders wat by die see deur bloublasies "bluebottle" gebrandword en ligte jellievis brande...
P daarop en vryf die urine lekker in...  Binne 'n japtrap sal die kinders weer lekker speel.

Ek het die raad geleer toe ek nog maar so baksteenhoogte karnallie was.... Dit werk regtig !!

Ja dit werk baie goed vir bloublasies , ook baie goed vir arc eyes het.
Daar is selfs mense wat dit drink...........
WANEER IS GENOEG NOU GENOEG

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 8194
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Boere rate
« Antwoord #4 op: Julie 24, 2008, 10:01:05 pm »
Wat is die Boereraat teen liberaliste?

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 8780
  • Christa Burger
Insake: Boere rate
« Antwoord #5 op: Julie 24, 2008, 10:20:38 pm »
Ben, sien bogenoemde raad ;D
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Insake: Boere rate
« Antwoord #6 op: Julie 24, 2008, 10:59:38 pm »
Ben , dié vlak van wysheid het ek nog nie bereik nie , jammer kan nie help nie.  :-)

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4567
Insake: Boere rate
« Antwoord #7 op: Julie 25, 2008, 09:38:39 am »
Wat is die Boereraat teen liberaliste?

SP, ek dink die beste raad is soos dit gedoen is tydens die Tweede Vryheidsoorlog - vang hom en skud hom uit dat hy nakend terug keer na sy mede liberaliste.
Kennis is mag

Afwesig Boerseun

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 211
Insake: Boere rate
« Antwoord #8 op: Julie 25, 2008, 10:20:42 am »
Teer en Veer!!!!!
Vir GOD en Volk en Vaderland

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Boere rate
« Antwoord #9 op: Julie 25, 2008, 10:22:32 am »
Wat is die Boereraat teen liberaliste?

As jy vir my die simptome beskryf, kan ek dalk help.

Afwesig Boerseun

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 211
Insake: Boere rate
« Antwoord #10 op: Julie 25, 2008, 11:12:27 am »
Dalk kan ons die ou beproefde boereraat,probeer, wat baas Verkenner Danie Theron gebruik het met Moneypenny...... Of Teer en Veer!!! ;)
Vir GOD en Volk en Vaderland

Afwesig Andre

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 418
Insake: Boere rate
« Antwoord #11 op: Julie 25, 2008, 11:29:45 am »
Wat is die Boereraat teen liberaliste?


Kyk verby asof hulle nie bestaan nie, sluit hulle en hul gedrag uit jou daaglikse bestaan, ignoreer alles wat hulle doen of sê.

Anders probeer hierdie plant se blare in die vorm van tee in te gee.... die gevolge is egter drasties

Die protien samestelling is so kompleks dat dit baie moeilik met 'n nadoodse ondersoek opgespoor word.
« Laaste verandering : Julie 25, 2008, 12:16:39 pm deur Andre »
En hoor jy die magtige dreuning...

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1562
Re: Boererate
« Antwoord #12 op: Augustus 04, 2009, 07:36:57 am »
Ek het op 'n pragtige boekie afgekom wat verskeie boererate in het (en ook resepte uit toeka se dae - vir ons eie boek!). Hier is 'n paar interessante algemene rate:

"Om Flige fan Skilderye weg te hou: Kook 4 grote uie in een  bottel water, smeer di water o'er di lyste fan di skilderye."

"Fan sterke drank af te raak: Neem een half ons gemaalde quassie, kook dit in een pint asyn; sodra as jy dors het, neem daarfan een teelepeltji fol in een glas water."

En dan volg Reseppe uit Ferskillende Jaargange Fan Di Afrikaanse Almanak en Fan Erfare Persone:

Ambei: Nugter spuug en menswater word aanbefeel; dan ook feral tog meer bedagsaam watter papiir, ens. 'n mens gebruik as hy an syn natuurlike behoefte foldoen. Di beste is skoon ou linne, klam gemaak met nugter spuug en sy ye water. Harde stywe of gedrukte papiir, of so iits is nadelig.

Dowigheid: 'n Mens sny 'n hasi oop en druk die water uit di blaas in 'n flessie en dan 2 maal per dag 2 druppels in die oor te doen en 'n pluisi fan di hasiwater in die oor te steek en gedurig nat maak.

Koliik: As en asyn tot 'n pap gemaak en so warm as molik op di buik gesit. Di geel fan 'n yer met brandewyn drink. Perdemis met brandewyn of asyn opgedaan en ingé is baiing goed. 'n Mespunt fol hoendermis as 'n poeier ingé.

Ferstopping: Maak pille fan kasteroli en heuning, sit in fondament, maak di pil soos 'n rooi boontji.

Pitsere: Sny di blare fan 'n turksfy in twee en sit hulle weer teen mekaar en broei hulle onder di warm as, en as dit gaar is, sit 'n mens 'n pap daarfan op di seer; dit trek di pit uit, bedaar di pyn en neem fuil vlees weg.

Stink neus: 'n Wynig snuif en 2 druppels kajepoetji oli 3 maal's daags op te snuiwe.

Gif: As iits giftig gebyt het: Laat pekelwater drink; of wilde dagga gerook en nat lappe op die byt geleg en 'n wynig gedrink. Brandewyn drink totdat 'n mens dronk word.

Ek is nie baie mal oor chemiese medisyne nie, maar miskien is sommige daarvan te kies bo van hierdie rate!


... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 313
  • Verkenner
Re: Boererate
« Antwoord #13 op: Augustus 04, 2009, 10:09:43 am »


"Fan sterke drank af te raak: Neem een half ons gemaalde quassie, kook dit in een pint asyn; sodra as jy dors het, neem daarfan een teelepeltji fol in een glas water."


Ek moet dalk hierdie een aanstuur vir 'n paar studente
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry

Afwesig Karina

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2483
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Boere rate
« Antwoord #14 op: Augustus 04, 2009, 10:14:16 am »
Hehehe, Ruan, dan gaan hulle wens iets giftigs byt hulle. Ek weet darem nie of hierdie rate kan werk nie...

Hoe dink julle gee mens hierdie goed vir 'n koliekbabatjie in?
Aanhaling
Koliik: As en asyn tot 'n pap gemaak en so warm as molik op di buik gesit. Di geel fan 'n yer met brandewyn drink. Perdemis met brandewyn of asyn opgedaan en ingé is baiing goed. 'n Mespunt fol hoendermis as 'n poeier ingé.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 313
  • Verkenner
Re: Boere rate
« Antwoord #15 op: Augustus 04, 2009, 10:29:05 am »
'n Dooie baba kry seker nie koliek nie... dit is as jy nie omgee dat jou baba dood is nie... Karina, ek dink as jy daarby kom moet jy maar daardie brug vermy en eerder deur die rivier swem ;D
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal