Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Om Oom Paul se boodskap ter harte te neem.  (Read 1497 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Om Oom Paul se boodskap ter harte te neem.
« op: July 07, 2008, 03:47:16 PM »
Daarom: Soek in die verlede alles wat goed en mooi is wat daarin gevind kan word, vorm daarvolgens u ideaal en probeer om daardie ideaal in die toekoms te verwesenlik

Hierdie gedeelte kom uit Paul Kruger se laaste brief aan die volk. Die boodskap is duidelik, bou op dit wat goed is, of anders gestel, bou op die positiewe. Nou is dit vir my vreeslik om te aanskou dat ons mense op die negatiewe wil bly hammer en dan dink iets positief gaan daaruit gebore word.

Hoeveel keer bly ons vir mekaar vertel van die "verraad" van een of ander persoon in die verlede. Of vertel ons mekaar hoe sleg gaan dit en dat daar nie hoop is vir beterskap nie.

Selfs die positiewe vordering wat daar mag wees word mee fout gevind en afgekraak, sodat daar asb net nie hoop moet wees nie....

Nee boere, so kan dit nie aangaan nie, as ons mekaar wil negatief maak en teenoor mekaar kla is dit maklik, maar dit gaan nie ons situasie verander nie. Dit is tyd om verby die negatief te kyk en te bou op die postiewe. Die negatief kan ons niks aan verander nie, so wat help dit om daaroor te kla en te kerm?

  Vergeet nooit die ernstige waarskuwing wat in die woorde ,,verdeel en heers" opgesluit is nie, en sorg dat hierdie woorde nooit op die Afrikaanse volk van toepassing sal kan wees nie. 

Ook aan hierdie waarskuwing staan ons skuldig, ons is so besig om mekaar aan te val, dat ons nooit by die werklike vyande van die volk uit kom nie. Is dit omdat ons bang is vir die vyand en nou eerder mekaar aanval?

Daar is 'n Ingilse gesegde wat lui: "Great minds discuss ideas, mediocre minds discuss events, small minds discuss people.  "


Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1248
  • Swerwer
Insake: Om Oom Paul se boodskap ter harte te neem.
« Antwoord #1 op: September 02, 2008, 02:17:52 PM »
"Eendragt Maakt Magt"


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal