Skrywer Onderwerp: Orania  (Read 15745 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Snymansboer

  • Gas
Orania
« op: May 25, 2007, 02:45:20 PM »
Praat van doelgerig - hierdie manne en vroue weet wat beteken doelgerig.

Sluit aan by die Orania Beweging ("OB"), dis slegs R30 per maand of R360 per jaar en minstens kan jy sien waarheen jou geld gaan en hoe die projek vorder.

Enige vrae oor Orania en waarom dit belangrik is om lid van die OB te wees - ek is meer as bereid om te antwoord.

As ek nie self weet nie, sal ek uitvind - so leer ons almal iets.

As jy 'n kritiese gesprek wil voer, dan is jy ook meer as welkom, wees egter gewaarsku - ek het 'n lang asem en ek praat reguit.

Boeregroete

Gawie

Afwesig Boeredok

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 324
  • Geneesheer Generaal Kromloop
Re: Orania
« Antwoord #1 op: May 25, 2007, 03:19:45 PM »
Een vraag ,hoekom is oranie waar dit is, wie het op die ligging besluit en wat was die rede daarvoor.
WANEER IS GENOEG NOU GENOEG

Afwesig Walter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 661
Re: Orania
« Antwoord #2 op: May 25, 2007, 03:30:07 PM »
Die rede waarop hulle op die Noord-Kaap besluit het, is omdat dit die yls-bevolkte deel van Suid Afrika is, en daarom sal dit die maklikste wees om die meerderheidsbesetter in daardie area te word.

Afwesig Boeredok

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 324
  • Geneesheer Generaal Kromloop
Re: Orania
« Antwoord #3 op: May 25, 2007, 03:35:28 PM »
Die rede waarop hulle op die Noord-Kaap besluit het, is omdat dit die yls-bevolkte deel van Suid Afrika is, en daarom sal dit die maklikste wees om die meerderheidsbesetter in daardie area te word.
Yl bevolk ja . Hoekom yl bevolk??

Persoonlik dink ek ons moet n volkstaat kry wat meer ekonomies haalbaar is en soos alreeds gese n hawe is n moet.

Val julle in Oranie nie aan nie , in teendeel ek haal my hoed vir julle ouens af.
WANEER IS GENOEG NOU GENOEG

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1333
  • Verkenner
Re: Orania
« Antwoord #4 op: May 25, 2007, 04:44:47 PM »
Ek persoonlik dink Orania is juis ekonomies haalbaar.  Hulle le gelee reg langs die magtige oranje rivier.   Dus altyd water.  Al wat hulle kort is 'n treinspoor of pad na die kus.  Kimberly is naby genoeg aan hulle vir die groente mark ens ens.

My beskeie opinie is dat Orania meer haalbaar is as Kleinfontein.  Dus dat ek woon in Kleinfontein, maar 'n lid van die Orania beweging is en elke maand my kleine bydrae gee aan Orania. 


Groete

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Orania
« Antwoord #5 op: May 25, 2007, 05:14:57 PM »
Waarom is dit belangrik om 'n lid te wees van die Orania Beweging?


Tvler

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1333
  • Verkenner
Re: Orania
« Antwoord #6 op: May 25, 2007, 05:21:55 PM »
Nou nou kondig hulle die volkstaat daar af en net lede mag die grense binnegaan!!! lol

Snymansboer

  • Gas
Re: Orania
« Antwoord #7 op: May 25, 2007, 05:57:42 PM »
Boeredok,

Ek is baie bly jy het die vraag gevra.

Die ligging van Orania is die een rede waarom so baie volksgenote nie daaraan wil "byt" nie, maar aan die ander kant is sy ligging ook een van die belangrikste redes waarom Orania die nucleus van 'n realistiese volkstaat kan wees, soos Jan tereg opmerk. Die groot rede - soos Walter dan ook genoem het, die demografiese samestelling van Suid-Afrika.

Gee my so bietje tyd en ek sal 'n volledige argument hier plaas. As julle van my verskil, wys dit asseblief uit.

Tvl'er,

Dankie ook vir jou vraag. Gee my net kans om Boeredok te beantwoord, jou vraag se antwoord bou daarop.

Dankie vir almal se belangstelling sover.

Walter, jy is mos ook 'n Orania ondersteuner, neem gerus vrymoedigheid om ook jou gedagtes so tussendeur te plaas en van my te verskil daar waar jy voel ek die pot missit.

Groete

Gawie

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Orania
« Antwoord #8 op: May 25, 2007, 06:30:44 PM »
Snymansboer,

Baie dankie dat jy ons inlig rondom Orania. Ek weet dat hulle al baie negatiewe media dekking gehad het en dit is dus aangenaam om die waarheid (vir 'n verandering) te hoor.

Ek het nog 'n vraag, Orania is volgens wat ek verstaan 'n baie veilige plek. Volgens wat ek gehoor het was daar nog geen misdaad gepleeg in Orania nie.

Hoekom kapetaliseer hulle nie op die punt in hulle beamrkingspoging nie?

Verder is daar baie miskonsepsies rondom Orania, mense is ook te lui of te besig om self te gaan kyk wat daar aangaan. Vakansies in 'n veilige Orania waar jy in Afrikaans bedien word, klink vir my soos 'n goeie bemarkings plan. Hulle kan dit selfs uitbrei en tyddeel eenhede verkoop!

Groete,

Transvaler

Snymansboer

  • Gas
Re: Orania
« Antwoord #9 op: May 25, 2007, 07:02:10 PM »

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1333
  • Verkenner
Re: Orania
« Antwoord #10 op: May 26, 2007, 09:32:35 AM »

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Orania
« Antwoord #11 op: May 26, 2007, 02:02:47 PM »
Dit is die mooiste storie wat ek nog hehoor het die jaar. Dit het my sommer baie trots gemaak op ons Volk.

Groete,

Tvler

Afwesig Walter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 661
Re: Orania
« Antwoord #12 op: May 28, 2007, 01:55:06 PM »
Bietjie nuus in vandag se beeld

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2120105,00.html

Hierdie konsentrasiekamp is op die pad tussen Orania en Hopetown, en ek was bevoorreg om dit te besoek die eerste keer wat ek op Orania oorgebly het.

Snymansboer

  • Gas
Re: Orania
« Antwoord #13 op: May 28, 2007, 04:43:24 PM »

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Orania
« Antwoord #14 op: May 28, 2007, 05:03:05 PM »
Gawie,

Baie dankie vir die moeite wat jy gedoen het met die inligting wat jy hier geplaas het.

Hoe kan ons die ding  momentum gee?

Groete,

Ben

Snymansboer

  • Gas
Re: Orania
« Antwoord #15 op: May 28, 2007, 05:51:01 PM »
Die eerste stap sal wees om by die Orania Beweging aan te sluit.

Die tweede stap sal wees om minstens self Orania te besoek en jou opinie so te help vorm - los die Huisgenoot maar vir die ou vrouens.

(Stappe een en twee kan natuurlik omgeruil word)

Die derde stap sal wees om Orania te promoveer onder mede volksgenote deur gebruik te maak van jou ingeligte kennis.

Laastens, sou dit jou beroep en bestaan pas, kan jy daarheen verhuis.

Dis tyd dat ons iets daadwerkliks doen, my gevoel is dat ons Afrikaners so lief geword het vir debatteer dat ons eerder debatteer oor wat gedoen moet word, as wat ons doen wat gedoen moet word.

Groete

Gawie

NS: Indien iemand wil weet hoe om by die Orania Beweging aan te sluit, laat my weet.
 

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Orania
« Antwoord #16 op: May 28, 2007, 06:29:47 PM »
Gawie,

Dankie, ek het op hulle webwerf gesien daar is inligting rakende die OB.

Ek sien ook dat jy nog nie 'n burger is hier by Bravo.

Groete,

Ben

Snymansboer

  • Gas
Re: Orania
« Antwoord #17 op: May 29, 2007, 10:48:39 AM »
Sluit so aan by die Orania Beweging

Gaan na www.orania.co.za

Klik op "Raak so betrokke"

Klik op "Sluit aan by die Orania Beweging"

Klik op een van die metodes van aansluiting wat jy verkies - Direkte Internetaansluiting of 1 minuut aansluisting (hulle skakel jou).

Voltooi die vormpie.

Loop gerus bietjie op die webblad rond. By die "In Diepte" skakel kan jy bietjie meer "hardekos" leesmateriaal kry.

Bravoland burgerskap

Wat is die voordeel van burger word?

Groete

Gawie

Afwesig Boeredok

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 324
  • Geneesheer Generaal Kromloop
Re: Orania
« Antwoord #18 op: May 29, 2007, 11:50:44 AM »
Hoe naby is die naaste lughawe van Oranie af.
WANEER IS GENOEG NOU GENOEG

Afrikanermeisie

  • Gas
Re: Orania
« Antwoord #19 op: May 29, 2007, 11:58:41 AM »
Hoe naby is die naaste lughawe van Oranie af.


Ek dink Kimberley, en dan Bloemfontein...


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal