Skrywer Onderwerp: Orania  (Read 15748 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Attie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 71
Insake: Orania
« Antwoord #100 op: May 21, 2009, 02:31:35 PM »
Dit gaan puik wees, wens ek kon n voorstellings skets sien van die voltooide hotel.
If history is anything to go by then the mystery of the Zimbabwe ruins is now quite obvious.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Orania
« Antwoord #101 op: May 21, 2009, 02:53:44 PM »
Ek sal self wil sien hoe gaan dit lyk.

Attie, jy weet nie dalk hoe gaan dit met die Oewerpark nie?

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Insake: Orania
« Antwoord #102 op: May 22, 2009, 08:54:47 AM »
Dankie vir die skrywes Gerhardus , kan u my sê wat is die adres van die geselsforum ?

Oraniagesprek@yahoogroups.com

probeer Oraniagesprek-subscribe@yahoogroups.com om aan te sluit.

Groete

Afwesig Attie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 71
Insake: Orania
« Antwoord #103 op: May 22, 2009, 01:16:11 PM »
Ek sal self wil sien hoe gaan dit lyk.

Attie, jy weet nie dalk hoe gaan dit met die Oewerpark nie?

Sover as wat ek weet doen hulle baie goed, hulle het n fase 2 en 3 uitbreiding beplan en fase 2 behoort nou afgehandel te wees, fase 2 dit is natuurlik die spoghuise wat agter die Oewerpark gebou is, sover ek verstaan word dit bedryf op die selde grondslag as n strandvakansie huis m.a.w jy koop dit en jy kan vakansie hou wanner jy wil en die res van die tyd huur hulle dit uit namens jou - ek kan verkeerd wees hieroor.

Die spa is binne die Oewerpark gebou en is baie netjies, ek neem dus aan dat die Hotel naby die oewerpark of selfs langsaan opgerig gaan word. Ek sal seker maak van my feite en maandag terugvoer gee. Ek sal uitvind of ek n skets van die hotel kan kry.

Geniet die naweek Almal!!
If history is anything to go by then the mystery of the Zimbabwe ruins is now quite obvious.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Orania
« Antwoord #104 op: May 27, 2009, 10:18:58 PM »
Attie,

Het jy reg gekom?

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Insake: Orania
« Antwoord #105 op: May 27, 2009, 10:29:09 PM »




As ek so kyk na die man op die foto met die geel pet op, dan hoop ek dat dit 'n bruingebrande man van ons soort is!



Ons Sal!!!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Orania
« Antwoord #106 op: May 27, 2009, 10:30:38 PM »
Ek het ook oor hom gewonder, maar wou maar nie vra nie.

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Orania
« Antwoord #107 op: May 28, 2009, 08:51:59 AM »
Nee, mens moet juis vra.

Dis wat ek nou gaan doen. Mens kan mos nie een ding verkondig en 'n ander doen nie.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1167
  • Verkenner
Re: Orania
« Antwoord #108 op: May 28, 2009, 08:58:33 AM »
Die kerel lyk nogal na baie koffie en min melk!
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Orania
« Antwoord #109 op: May 28, 2009, 08:58:35 AM »
Dankie Boo. Jy sal ons seker kom gerus stel?

Afwesig Attie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 71
Re: Orania
« Antwoord #110 op: May 28, 2009, 03:26:00 PM »
Hallo Almal,

Nee ek kon ongelukkig nog nie n voorstelskets van die hotel kry nie. Die hotel word agter die spa opgerig en sal binne die Oewerpark wees. Die fase 3 ontwikkeling is nog nie beplan soos ek foutiewelik gese het nie. Daar sal eers oorweging daaraan gegee as fase 2 afgehandel is seker, ek het wel verneem dat daar besig is met nog n ontwikkeling by die (boskamp/bewaringskamp) kan nie nou die plek se naam onthou nie, maar dis ook n vakansieplek by Orania.

Hier is fotos van die fase 2 ontwikkeling agter die oewerpark. Wou nie laai nie sal weer probeer
If history is anything to go by then the mystery of the Zimbabwe ruins is now quite obvious.

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Orania
« Antwoord #111 op: May 29, 2009, 04:18:10 PM »
Oor die man met die geel pet.  Ek diink julle maak 'n fout.  Hy staan in die skadu van die paal voor hom, daarom is sy gelaatstrekke verduister. Ek het die foto afgelaai en in 'n tekenprogram vergroot, sodat ek beter kan sien.  ongelukkig is die resolusie dan sleg en kan ek dit nie weer plaas nie, maar hier is my bevinding.

1. Die skadu verduister die man se gelaat sodat mens nie duidelik kan sien nie.
2. Te oordeel aan die kleur van sy voorarm, is dit 'n man wat daagliks in die son werk, sy vel is bruin gebrand, maar beslis nie swart nie.
3. Die man het 'n bakkebaard wat nie baie duidelik sigbaar is nie.

My versoek: Kom laat ons nie spoke opjaag waar daar nie grafte is nie.

As daar dalk iemand is met sagteware wat die fotokwaliteit kan verbeter en dieresolusie kan verfyn, kan julle dit asseblief probeer?
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1252
  • Swerwer
Re: Orania
« Antwoord #112 op: May 29, 2009, 05:12:05 PM »
Ek is geneig om met Martin saam te stem !!

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Orania
« Antwoord #113 op: May 29, 2009, 05:19:40 PM »
Ek het ook gaan kyk en bietjie met sagteware gespeel en Martin is reg.
Kyk 'n bietjie na die Bemarkings DVD, Deel 1 (ongeveer by punt 1'18"). http://www.orania.co.za/?page_id=407
Vra maar weer, wie het 'n antwoord?
Ons Sal!!!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Orania
« Antwoord #114 op: November 21, 2009, 10:22:35 AM »
Arbeidskonferensie in Orania

Orania is nie maar net nog ‘n dorp in die Noord-Kaap nie.  Die dorp is veral bekend vir sy arbeidsbeleid waarvolgens slegs Afrikaners in diens geneem word. Die gebruik van eie arbeid, of selfwerksaamheid soos wat dit in Orania bekend staan, het die afgelope agtien jaar deur verskeie ontwikkelingsfases gevorder.

Op 17 Oktober het die Orania Beweging ‘n konferensie gehou waar arbeidsvraagstukke bespreek is.   Sowel werkgewers as werknemers uit Orania het die konferensie bygewoon en gaste van tot sover as Bloemfontein en Pretoria het by die konferensie geregistreer.

Vir Oraniërs loop die pad na vryheid vir Afrikaners hand aan hand met selfwerksaamheid.  Hiervolgens word geoordeel dat politiek en arbeid nie geskei kan word nie.  Dit is die arbeiders in ‘n land wat met hulle stemreg bepaal wie die regering is wat aan bewind kom.  Waar van vreemde arbeid gebruik gemaak word, sal die uitkoms dus anders wees as waar eie arbeid gebruik word.  Om ‘n volk die vermoë te gee om oor homself te regeer, is dit dus noodsaaklik dat daardie volk ook sy eie arbeid sal verrig.  In die proses kan die volk dan ook nie daarvan beskuldig word dat hy ander volke die “vuilwerk” laat doen nie.

Die eerste sessie van die konferensie met die tema: Die werklikheid van eie arbeid: lesse, waarnemings en uitdagings het spesifiek gekyk na die uitdagings wat eie arbeid stel en ook gekyk na bepaalde oplossings wat reeds suksesvol geïmplementeer is.  Mnr. Renus Steyn, ‘n gastehuiseienaar en boukontrakteur het die inleiding behartig. Volgens Steyn het die vestiging van eie arbeid op sowel indiwidue as onderneming ‘n dramatiese effek gehad.  Sommige werknemers was aanvanklik ver verwyder van die ideaal van Orania.

Steyn het dit beklemtoon dat die proses om eie arbeid te vestig “hoë eise aan ons psigiese, emosionele en ek wil dit beklemtoon, intellektuele  vermoëns stel.”    Hy het ook aangehaal uit ‘n toespraak van prof Carel Boshoff wat in  Maart 1990 tydens ‘n vergadering op Remhoogte, Stellenbosch gesê het: “Die swart arbeidsmag in Suid-Afrika het die vryheidsmag vir swartmense geword.”   Volgens Steyn het min mense, selfs min Afrikaners, toe hierdie stelling verstaan.  Hy het verder gesê: “Ons eie proses tot vrywording sal  deur ‘n  mag van goed  opgeleide en gemotiveerde werknemers bepaal  word.”

Mnr. André Coetsee is die mede-eienaar van die gewilde Oewerpark in Orania, hy is ook ‘n sakeman met ‘n bouonderneming wat onder andere tans saam met sy span, bou aan ‘n luukse vierster-hotel op Orania.  Tydens sy referaat het Coetsee die invloed van sy agtergrond in die Suid-Afrikaanse Lugmag verduidelik.  Hy het die stelling gemaak dat een van die grootste probleme onder die gemiddelde Afrikaner die vrees is om foute te maak.  “Ons was almal deel van ‘n opvoedingsisteem waar jy onmiddellik gestraf is sodra jy ‘n fout begaan het.  Hierdie sisteem moedig ‘n kind geensins aan om uit foute te leer nie.  As volwassenes het ons nou hierdie ingeboude vrees en baie mense sal veel eerder niks doen, as om die risiko te loop om iets verkeerd te doen nie.  ‘n Fout beteken mislukking in jouself en juis daarom sal ‘n persoon eerder ‘n leuen vertel of ‘n verskoning daarvoor probeer uitdink, as wat hy die fout erken.  Wanneer spanlede medeverantwoordelikheid neem vir foute wat moontlik mag insluip, word dit nie as ‘n persoonlike neerlaag ervaar wanneer so ‘n fout uitgewys word nie, maar word dit ‘n geleentheid om te leer en te verbeter.  Op hierdie manier word verseker dat die eindproduk die beste moontlike vakmanskap reflekteer.”

Die Elim Arbeidsentrum speel ‘n belangrike rol in die huisvesting en beskikbaarstelling van arbeiders op Orania.  Mnr. Willie du Plessis is die bestuurder van Elim en het die behoefte van mentorskap vir nuwe aankomelinge wat arbeid in Orania kom verrig, uitgespreek.

Mnr. Willie Nel, nog ‘n sakeman van Orania wat onder meer betrokke is by die verspreiding van hondekos in die Noord-Kaap en Vrystaat, het gewys op die pligte en verwagtinge van sowel werknemers as werkgewers.  Hy het ook daarop gewys dat werknemers oor die algemeen baie aandag op die geestelike-, sosiale-, maatskaplike, -ekonomiese en -politiese terrein verg, voordat hulle spontaan deel kan word van Orania se arbeidsmag en gemeenskap. Nel het dit egter ook duidelik gestel dat leeglêrs nie op Orania aard nie.

Dr. John Strydom, ‘n inwoner wat glo aan voorkomende gesondheid, het in ‘n kreatiewe Powerpoint-aanbieding getoon hoe arbeid met verskillende metodes bespaar kan word.  Hy het skyfies gewys van sy geïntegreerde boerdery waar hy met permakultuurbeginsels talle werksbesparingsbeginsels toepas.  “Doen eers genoeg kopwerk voordat jy fisies begin werk.  So sal jy baie maniere vind om jou werk makliker en meer doeltreffend te maak.”

Mnr. Christo Opperman, ‘n ingenieur van Pretoria wat onlangs ook in die boubedryf op Orania betrokke geraak het, het ‘n vergelykende studie tussen Orania en ‘n Oos-Kaapse dorp gedoen.  Hy het die groot omset van arbeiders in Orania aan die hand van Maslow se teorie verklaar.  Hy het daarop gewys dat emosies teenoor logika te staan kom tydens besluitnemingsprosesse.  Wanneer die twee sisteme in botsing is, wen die ondervindingsisteem altyd. Dus, die emosie en die persepsie van die individu sal altyd wen teenoor ‘n logiese argument.  Die individu sal nooit oortuig word deur ‘n logiese argument indien sy emosie nie voorsiening maak vir die aanvaarding van die argument nie.  Werknemers en die Orania-gemeenskap sal dus moet moeite doen om arbeiders ook emosioneel geborge te laat voel.

In sy opsomming van die konferensie het mnr. Frans de Klerk, Uitvoerende Hoof van die Orania Beweging dit beklemtoon dat arbeidsontwikkeling nie van gemeenskapsontwikkeling geskei kan word nie.  Hierdie twee aksies moet hand aan hand loop om Orania se arbeidsmag ook te laat mee werk aan die doel van Orania: vryheid vir die Afrikaner.


http://www.orania.co.za/?p=1256


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal