Skrywer Onderwerp: Orania  (Read 15746 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Jankejan

  • Gas
Insake: Orania
« Antwoord #80 op: July 17, 2008, 12:35:23 PM »
Miskien is dit seker nou net ek, maar ek is nie juis so positief oor Orania nie. Goeie idee, maar nie op die regte plek nie. Dit is inderdaad in 'n woestyn gelee, en kan ek nie sien hoekom die omliggende omgewing lewensvatbaar kan wees nie. Daar word wel 'n dorpie onderhou, maar kan Orania en omgewing 'n volk van bv. 250 000 onderhou? Ek glo Transvaal is ons woning, ons hoef nie terug te foeter na die kolonie toe nie.

Afwesig OMEGA

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 25
    • OMEGA
Insake: Orania
« Antwoord #81 op: July 17, 2008, 01:04:42 PM »
Ek stem saam, Transvaal en die Vrystaat is ons land. Hoekom wil ons dit verlaat. Ek moet ook saam stem met die Orania idee, hoekom nie n nuwe begin gaan maak in n plek waar niemand wil wees nie en dan vir hulle wys wat ons instaat is om te doen. Almal dink mos ons kan nie na ons self onsien nie en het die ander nodig om die werk vir ons te doen.

Afwesig Attie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 71
Insake: Orania
« Antwoord #82 op: July 17, 2008, 01:21:15 PM »
Ek hoor toe vanmore dat Dan Roodt van mening is Orania is nie 'n opsie nie.

Geagte SP waar het Mnr Roodt hom so uitgespreek, al waarvan ek bewus is, is die kalant wat so ʼn anti-volkstaat betoog geskryf het, Dr Roodt het dit slegs op sy koerant as mening gepubliseer. Moet sê dit het darem ʼn debat oor die tema teweeg gebring, en die kalant se oplossing is? Julle het reg geraai! Ons moet niks doen. Dr Roodt vir alles wat hy is en nie is nie, is altyd oop vir ʼn opinie of nuwe idee en skroom nie om artikels te plaas waarmee hy verskil nie, hy het beslis baie meer van my pro-Orania artikels geplaas.
If history is anything to go by then the mystery of the Zimbabwe ruins is now quite obvious.

Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
Insake: Orania
« Antwoord #83 op: July 17, 2008, 01:24:52 PM »
Ek hoor wat jy sê Jan, ek voel ook in my hart so, maar die feit van die saak is, in Transvaal sit ons met miljoene "mede burgers" wat nie net eenvoudig gaan padgee nie. Ons is wel meestal gekonsentreerd in die Transvaal, maar ongelukkig is hulle ook.

Dit is makliker vir ons om te trek as vir ons om hulle te laat trek.

En wat van 'n hawe? Ons het tog seker 'n hawe nodig...
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Orania
« Antwoord #84 op: July 17, 2008, 01:33:24 PM »
Ek hoor toe vanmore dat Dan Roodt van mening is Orania is nie 'n opsie nie.

Geagte SP waar het Mnr Roodt hom so uitgespreek, al waarvan ek bewus is, is die kalant wat so ʼn anti-volkstaat betoog geskryf het, Dr Roodt het dit slegs op sy koerant as mening gepubliseer. Moet sê dit het darem ʼn debat oor die tema teweeg gebring, en die kalant se oplossing is? Julle het reg geraai! Ons moet niks doen. Dr Roodt vir alles wat hy is en nie is nie, is altyd oop vir ʼn opinie of nuwe idee en skroom nie om artikels te plaas waarmee hy verskil nie, hy het beslis baie meer van my pro-Orania artikels geplaas.

Op Radio Pretoria. Henk het 'n onderhoud met hom gehou in die oggend program.

Afwesig Attie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 71
Insake: Orania
« Antwoord #85 op: July 17, 2008, 01:56:18 PM »
Dis nou interessant! Het hy genoem wat hy as ʼn opsie sien??
If history is anything to go by then the mystery of the Zimbabwe ruins is now quite obvious.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Orania
« Antwoord #86 op: July 17, 2008, 02:47:06 PM »
Nee en dit is juis my probleem met stellings soos daardie. As jy nie 'n alternatief kan voorstel nie, mag jy ook nie fout vind met mense wat wel aan 'n oplossing werk nie.

Jankejan

  • Gas
Insake: Orania
« Antwoord #87 op: July 17, 2008, 09:55:34 PM »
Dit is makliker vir ons om te trek as vir ons om hulle te laat trek.
En wat van 'n hawe? Ons het tog seker 'n hawe nodig...

Ek weet darem nie Sarel, ek kan nie sien hoekom dit makliker vir ons sal wees om te trek, as om bloot hulle te laat trek nie.

Hawe? Republiek van Vrijheid en Utrecht... Noord-Natalia, hartland en geskiedkundige bloedgrond van die Afrikaner.

Sanderis

  • Gas
Insake: Orania
« Antwoord #88 op: July 18, 2008, 01:59:21 AM »
Wat jy nou praat maak eintlik sin ja , maar Orania is reeds daar en moet benut word . Ons praat so paar aande terug juis oor die kwessie van 'n hawe.

Jankejan , dink u daar is regsgronde vir wat jy voorstel , dan koop ons nie grond nie maar die regering moet dit voorsien ....
Whats good for the goose....

Jankejan

  • Gas
Insake: Orania
« Antwoord #89 op: July 18, 2008, 01:12:45 PM »
Republiek Vryheid en Utrecht is grond wat deur die Zoeloe koning aan die Boere geskenk is nadat hulle hom gehelp het in 'n oorlog. Dit is nou rreds nadat Natalia deur die Engelse geannekseer was. Deel van hierdie skenking is is grond wat die natuurlike hawe van Richardsbaai ias ek reg onthou ingesluit het. Die Engelse wat van die skenking gehoor het, het egter die Boere voorgespring, en die grond vir hulle self geneem. So ja ons het op 'n stadium toegang tot die see gehad, die Engelse wou dit net nie toelaat nie.

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: Orania
« Antwoord #90 op: July 18, 2008, 01:50:16 PM »
Die wenslikheid en noodsaaklikheid van 'n hawe hoef nie gedebateer te word nie - almal weet dit is 'n belangrike komponent veral vir in- en uitvoer van goedere.

In 'n onlangse dokument wat vrygestel is deur die VSA se navorsingsraad waarin daar verwys is na in- en uitvoer, het dit na vore gekom dat vanwee tegnologiese vordering wat gemaak is, en wat in die toekoms nog gemaak gaan word, sal see hawens se noodsaaklikheid drasties afneem en plek afstaan aan lugvrag vervoer. 

Die Instituut het ook daarop gewys dat talle faktore 'n rol speel maar dat die toerusting al meer doeltreffend gemaak word, en veel kleiner is, en ook veel ligter weeg, speel 'n belangrike rol. verder is die spoed waarmee die hedendaagse mens te kampe het, net so belangrik - en hier word die lugvrag stelsel veel meer doeltreffend as die seevrag.

Die vraag wat egter onbeantwoord gelaat is, is of toenemende lugvrag wel wenslik is aangesien die lugruim oorlaai kan word indien die tendens voortduur.

Miskien kan mens hieroor besin en dan die waarde van seehawens heruvalueer.?
Kennis is mag

Sanderis

  • Gas
Insake: Orania
« Antwoord #91 op: July 18, 2008, 03:31:39 PM »
Uitstekende punt Clem , maar hoe vergelyk kostes ? As jy 'n besigheid het moet jy dink aan uitgawes.
Ook dink ek seevrag kan baie meer dra ton en spasie gewys as lugvrag .
Maar lugvrag moet beslis 'n opsie wees.

Afwesig Basjan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 258
Insake: Orania
« Antwoord #92 op: July 18, 2008, 03:42:37 PM »
Behalwe dat Orania nie die lugruim om hulle beheer nie.

Afwesig Andre

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 420
Insake: Orania
« Antwoord #93 op: July 18, 2008, 05:00:35 PM »
Behalwe dat Orania nie die lugruim om hulle beheer nie.

En jou punt is?
En hoor jy die magtige dreuning...

Afwesig Gerhardus

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 3
Insake: Orania
« Antwoord #94 op: October 06, 2008, 04:05:40 PM »
Beste Afrikaners en my mede Orania genote

Ek is nuut hier en was bly om te lees oor die positiewe betrokenheid van die lesers hier rondom Orania. Goed om te sien Gawie help die mense hier.

Moet ook net noem Orania het twee aanloopbane van hulle eie en as jy soontoe wil vlieg kan jy hulle net kontak.

Daar is ook 'n Orania gespreksforum waar ons almal ons idees uitruil en die meeste is gefokus oor hoe en wat ons kan doen om al die bogenoemde vrae te antwoord en tuis te bring Orania toe.

Afsaal eiendomme kan jou ook help as jy 'n plekkie onder die karoo son soek. kontak hulle gerus en Desembermaand is die tyd om daar te wees.

Nou wil ek net gou noem dat daar nou juis op die gespreksforum gepraat word oor 'n kinderhuis op Orania. Maar soos meeste projekte op Orania kort ons gemotiveerde persone wat so 'n projek hul eie kan maak en ook natuurlik die kostes vir die oprigting, instandhouding, klere, kos en 'n toegewyde ouerpaar en 'n permanente maatskaplike werker daar te stel.
As ons nagelate Afrikanerjeug na aan jou hart le kan jy gerus deel aan die idees om so 'n projek aan die gang te kry. As kerke, besighede en gewone mense 'n hand bysit (planne, geld en skenkings) en dan praat ons ook nou nie eers van al die koppe nie, kan ons ook 'n KINDERHUIS op Orania 'n werklikheid maak.

Dankie vir die geleentheid en dankie vir die lees.

Groete,

Gerhardus   
 

Sanderis

  • Gas
Insake: Orania
« Antwoord #95 op: October 06, 2008, 05:28:43 PM »
Dankie vir die skrywes Gerhardus , kan u my sê wat is die adres van die geselsforum ?

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Insake: Orania
« Antwoord #96 op: October 06, 2008, 07:01:46 PM »
Miskien is dit seker nou net ek, maar ek is nie juis so positief oor Orania nie. Goeie idee, maar nie op die regte plek nie. Dit is inderdaad in 'n woestyn gelee, en kan ek nie sien hoekom die omliggende omgewing lewensvatbaar kan wees nie. Daar word wel 'n dorpie onderhou, maar kan Orania en omgewing 'n volk van bv. 250 000 onderhou? Ek glo Transvaal is ons woning, ons hoef nie terug te foeter na die kolonie toe nie.

jankejan
Is die dobbel stad Las Vegas in amerika nie ook in 'n woestyn gebou nie? Hoe gaan jy al die bantoes uit die transvaal uit kry? Gaan jy hulle op trokke laai en skuif? Ja ek sou dink orania kan 250 000 mense onderhou want daar is plek vir hulle, en as ons almal saamwerk om orania te laat werk kan dit in 'n kort tyd gedoen word. 

Winter

  • Gas
Insake: Orania
« Antwoord #97 op: October 06, 2008, 07:30:24 PM »
Mike, Johannesburg is die grootste stad ter wereld wat nie teen 'n standhoudende water bron gebou is nie en ook geen vars-of-soutwater hawe het nie. Goud tel wel in hulle guns, maar goud is nie alles nie. Waar 'n wil is, is 'n weg. Ek sal die einde van die jaar as ons die pad vat noorde toe weer by Orania 'n draai maak....ek het 'n klomp nuwe vrae.

Ek is 'n gebore kapenaar en ken Suidwes, Noordkaap en Weskaap baie goed....maar ek sal wel hervestig waar my mense is. Na alles, is ek tog nogsteeds in lekker ou Suid Afrika.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Orania
« Antwoord #98 op: October 06, 2008, 11:28:15 PM »
Mike,

Jy is heeltemal reg oor Las Vegas. Die verskil is egter dat daar 'n ekonomie gevestig is en daarna het die mense daarheen gestroom. Dieselfde met die ontstaan van Johannesburg. Orania kan 'n les daaruit leer. 'n Dorp, stad of staat kan nie op sentiment gebou word nie. Slegs 'n vrugbare ekonomeise klimaat sal mense trek.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Orania
« Antwoord #99 op: May 21, 2009, 10:15:28 AM »
Snymansboer,

Baie dankie dat jy ons inlig rondom Orania. Ek weet dat hulle al baie negatiewe media dekking gehad het en dit is dus aangenaam om die waarheid (vir 'n verandering) te hoor.

Ek het nog 'n vraag, Orania is volgens wat ek verstaan 'n baie veilige plek. Volgens wat ek gehoor het was daar nog geen misdaad gepleeg in Orania nie.

Hoekom kapetaliseer hulle nie op die punt in hulle beamrkingspoging nie?

Verder is daar baie miskonsepsies rondom Orania, mense is ook te lui of te besig om self te gaan kyk wat daar aangaan. Vakansies in 'n veilige Orania waar jy in Afrikaans bedien word, klink vir my soos 'n goeie bemarkings plan. Hulle kan dit selfs uitbrei en tyddeel eenhede verkoop!

Groete,




Ek is bly om te sien dat dit nou wel begin gebeur:



Toerisme kry melkbaard



Die fondasies is pas gegiet vir ‘n beplande 40 bed boetiekhotel langs die Oranjerivier!

Die belangstelling in die Oranjerivierspa het ‘n behoefte laat ontstaan aan verdere oornaggeriewe in die Oewerpark en na ingewikkelde onderhandelinge is die spreekwoordelike eerste sooi nou gespit.  Daar word ook ‘n restaurant beplan, en as alles volgens plan verloop sal die eerste kamer reeds teen Desember 2009 gereed wees.

http://www.orania.co.za/?p=628
« Laaste verandering : May 21, 2009, 10:17:24 AM deur Ben Geldenhuys »


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal