Skrywer Onderwerp: MEEGEVOEL MET AFSTERWE NOU TOEPASLIK  (Read 1656 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
MEEGEVOEL MET AFSTERWE NOU TOEPASLIK
« op: July 11, 2008, 08:28:17 AM »


Die voorsitter van die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging (SBBV), Mnr. Herman Smith, het belangstellendes uitgenooi na die begrafnis wat op Vrydagmiddag 11 Julie 2008 in Louis Trichardt gehou gaan word. Die begrafnis van Wyle “Goeie Munisipale Dienslewering” gaan om 13h00 by die grasperk voor die Biblioteek op Louis Trichardt begin. Daarna gaan die stoet af beweeg in Erasmusstraat en verder beweeg in Presidentstraat en eindig in Songozwistraat.

GOEIE MUNISIPALE DIENSLEWERING FORMEEL DOOD VERKLAAR
Mnr. Smith het gesê dat nieteenstaande alle pogings om die munisipaliteit by te staan, inligting aan die munisipaliteit te verskaf, vergaderings wat gehou word en vergaderings wat bygewoon word, is dit duidelik dat die inwoners van Louis Trichardt nou met reg kan verklaar dat ‘Goeie Munisipale Dienste’ nou finaal dood verklaar kan word.

GEDENK VERLEDE EN LEWE VAN ‘GOEIE MUNISIPALE DIENSTE’
Dit is dus toepaslike dat ‘n begrafnis gehou word om die verlede en lewe van ‘Goeie Munisipale Dienste’ te gedenk. Louis Trichardt was ‘n kort 14 jaar gelede as een van die mooiste plattelandse dorpe beskou. ‘n Dorp wat onberispelik skoon gehou was, waar wet en orde gehandhaaf was, waar paaie, water, riool en ander dienste stiptelik en op internasionale standaard aan inwoners verskaf was. ‘n Dorp waar die hospitaal op hoogste standaard gefunksioneer het en waar inwoners aktief betrokke was by die aksies wat hulle raak.

AFSTERWE
Mnr. Smith het gesê dit is met leedwese en verlange dat ‘Goeie Munisipale Dienste’ nou finaal te ruste gelê word. Kroniese watertekorte, rou riool in riviere, slaggate in paaie en dom – astrante politici en amptenare is nie werd om met noodbehandeling aan die gang gehou te word nie. Soms is dit beter en meer genadig om gewoon die masjiene wat die vervalle pasiënt aan die gang hou, af te skakel.

INWONERS UITGENOOI: DAAG OP EN WYS HOE JY VOEL
Alle inwoners en belastingbetalers word uitgenooi om die optog by te woon. Mnr. Smith het gesê dat die munisipaliteit doen geen moeite om briewe te beantwoord of om die dorp in stand te hou nie. Die optog begin om 13:00 op Vrydag 11 Julie 2008 en gaan in Presidentstraat eindig. Mnr. Smith het inwoners wat inligting benodig gevra om hom te skakel by 015 516 4659.

Mnr. Smith het gevra dat alle belangstellendes om 12:30 op die grasperk voor die Biblioteek in Krugerstraat bymekaar moet kom sodat die optog ordelik gereël kan word. Ordelik uit erkenning van  die vorige leiers wat die pragtige dorp vir ons moontlik gemaak het.

Afwesig Sannie van der Walt

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1131
Insake: MEEGEVOEL MET AFSTERWE NOU TOEPASLIK
« Antwoord #1 op: July 11, 2008, 11:36:03 PM »
Dorp ‘begrawe’ goeie diens
Jul 11 2008 09:17:38:900PM  - (SA) 

Inwoners van Louis Trichardt in Limpopo het gister ’n skynbegrafnis vir “wyle goeie munisipale dienslewering” gehou.

Sowat 60 lede van die Soutpansberg-belastingbetalersvereniging (SBBV) het met ’n kis en ’n lykswa aan die begrafnis in die sakekern van die dorp deelgeneem.

Mnr. Herman Smith, voorsitter van die SBBV, het gesê hoewel daar al vir jare swak dienslewering in die dorp is, het die regte tyd nou aangebreek om die “wyle goeie munisipale dienslewering” ter ruste te lê.

“Dit is met diepe leedwese en ongekende hartseer en pyn dat ons vandag swaar afskeid neem van ons geliefde en gewaardeerde vriend, troue versorger en voorkomer van siektes, peste en plae,” lui die begrafnisbrief.

Die begrafnisgangers het omstreeks 13:00 by die biblioteek in die dorp bymekaar gekom, waarna die stoet in Erasmusstraat en Presidentstraat afbeweeg het tot in Songozwistraat.

Die begrafnisrede is in die parkeerterrein van ’n groot kettingwinkelgroep gehou.

Mnr. Fanus Viviers, ’n lid van die SBBV, het as dominee opgetree. In sy begrafnisrede het hy gesê “die oorledene het dapper gestry teen die oormag van chaos en verval, maar die verterende kanker het die oorhand gekry”.

Smith het gesê Louis Trichardt was so kort as 14 jaar gelede nog een van die mooiste plattelandse dorpe in die land.

“ ’n Dorp wat skoon gehou is, waar reg en orde gehandhaaf is en waar paaie, water, riool en ander dienste stiptelik en op internasionale standaard aan inwoners verskaf is.”

Die dorp gaan die afgelope paar jaar gebuk onder swak dienslewering waarvan gereelde watertekorte, rou rioolafval in die Dorpsrivier en tamaai slaggate van die ergste probleme is.

“Slaggate met stukkies pad rondom vertel die droewige verhaal van hoe ‘Goeie Dienste’ verswak en uiteindelik gesterf het, want die gate wat deur die kankers veroorsaak is, word toegegooi met ongenesende grond wat veroorsaak dat die simptome binne dae weer verskyn.”

Volgens Smith reageer die Makhado-munisipaliteit nie op klagtes en briewe van die inwoners van die dorp nie.

Mnr. Louis Bobodi, woordvoerder van die Makhado-munisipaliteit, wou nie kommentaar lewer nie.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2356248,00.html
Ons volk is in die wêreld voëlvry verklaar. . . (DJ Opperman)


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal