Bravoland

Please login or register.

Login with username, password and session length
Advanced search  
collapse
* Nuwe Inskrywings
Volksmoord by Werner Smook
[September 03, 2010, 11:37:39 AM]


2010 Volkshulp aksie by Adri van Staden
[September 03, 2010, 08:50:45 AM]


Werksgeleenthede vir Volksgenote by Sanderis
[September 03, 2010, 04:39:18 AM]


De la Rey toekenning by Ruan Combrink
[September 01, 2010, 09:15:01 AM]


Vordering in moordsake by Werner Smook
[September 01, 2010, 09:05:03 AM]


Heldinne-aand 2010 by Ruan Combrink
[September 01, 2010, 09:01:13 AM]


Bees Roux by Boo
[September 01, 2010, 08:25:21 AM]


Ons gaan baie armer word by Clem de Klerk
[August 31, 2010, 04:40:20 AM]


Oud-politikus, vrou aangeval by Werner Smook
[August 30, 2010, 10:11:37 AM]


Vakbonde, Arbeid en Stakings! by André Strydom
[August 29, 2010, 11:29:21 PM]


* SA Topsites
SA Topsites :: .

Pages: [1]   Go Down

Author Topic: Wat is verraad in die huidige Boerevolk?  (Read 590 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Derick le Roux

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 4
  • CONSTANTIA
Wat is verraad in die huidige Boerevolk?
« on: July 26, 2009, 06:57:41 PM »
Hierdie is 'n toespraak wat ek laasjaar gebruik het. Ek dink baie van dit is dalk te reguit gesê. Mense het nie baie daarvan gehou nie, maar ek verstaan seker hoekom. Voel vry om enige kommentaar te lewer.

Wat is verraad in die huidige Boerevolk?

2 Maart 1902 ... ‘n 9 jarige seuntjie kyk hoe vingers krul om die snellers van 6 Lee Medfords, wat stelling in geneem het op sy hart ... Hy word beveel om die Boere kommando se posisie weg te gee of hy word semuur gefissileer... Hy antwoord en sê julle kan my maar skiet maar ek sal julle nie sê waar die kommando is nie!
Dames en Here, Weet u wie hierdie seun was?  Weet u wat hierdie seun gedoen het? En belangriker – Weet u hoekom hy dit gedoen het?
Die 9 jarige Japie Greyling was bereid om te sterf, maar die posisie van die Boere kommando sou hy nie weg gee nie ... Japie Greyling sal nie verraad pleeg nie! Al kos dit sy lewe!
Verraad, Verraad is die daad waarin jy die belange van jou volk verloon! Dames en Here, kom ons stel iets reg ... Verraad kan jy nie pleeg teen jou regering nie. Verraad kan jy net peeg teen jou volk! Nou wat is verraad in die huidige Boere volk?
As ek vir u die datum 20 Desember noem, waaraan dink u? ... 5 dae voor Kersfees? Dames en Here, 20 Desember is die dag waarop kpt. Jopie Fourie gefussileer is omdat hy nie verraad teen sy volk wou pleeg nie ...
Die ouers en onderwysers wat die jeug van die Boere volk onderrig, pleeg verraad! Verraad van versuim ... die versuim om van hierdie geslag, my geslag, trotse Boere Patriote te maak! Daar word nie meer vir die kinders vertel wie of wat hulle is nie. Daar word nie meer vir hulle van heldedade vertel nie... Hulle weet dan nie eers wat helde is nie... Daar word nie vir hulle verduidelik hoekom die Eerste- en Tweedevryheidsoorlog plaas gevind het nie. Hulle weet nie hoekom daar ‘n Rebellie in 1914 begin is nie. Hulle weet nie wie dr. DF Malan was nie, wie dr. HF Verwoerd was nie ... Hulle weet nie van Konstant Viljoen se verraad nie... Dames en Here, hulle weet nie eers mooi wat verraad is nie! Hulle weet nie wat apartheid is nie want hulle ouers laat toe dat hulle kinders na liberale propeganda luister en stel dit nie reg nie ... dit is die verraad van die leermeesters van vandag!
Ons praat nie eers van die verraad wat elke dag gepleeg word nie... jy doen met ‘n engelsman besigheid, doen besigheid met ‘n besigheid wat swartbemagtiging toepas... Jy is bereid om in engels besigheid te doen... jy neem swartes in diens terwyl daar volgegens die Afrikaner van 4 Julie 2008 meer as ‘n 1000 wit behoeftige plakkerskampe is ... Jy aanvaar ‘n swarte as jou gelyke en werks kollega... Dames en Here, dit alles is verraad... Jy stap by die indiër winkel in om klere te koop terwyl daar 3 blokke verder ‘n Afrikaner winkel is wat ook klerasie verkoop  ... Nou hoe nou?
Dames en Here, het u al ooit gehoor hoe klink dit as ‘n 100 000 Walliese volksgenote opstaan en “The land of our fathers”, hulle volkslied, sing?  Hulle sing dit met soveel oorgawe en trots dat ‘n mens hoendervleis kry... En ons? Ons kry nie eers die eerste vers van Die Stem reg gesing nie ... ja, Dames en Here, Die Stem het 4 verse vir die van u wat nie weet nie! Ek dink Langenhoven sou sy kop in skaamte sak, dat hy ooit so iets vir ‘n volk kon dig, wat nie eers die trots en selfrespek het om oordentelik regop te staan as Die Stem gesing word nie... Dit is dan veronderstel om een van die hoogste vorms van patriotisme te wees?! Dan kla u oor die nuwe Suid-Afrika? Is dit nie u verdiende loon nie?
Dan is daar nog ‘n klein sake wat elkeen van ons se binneste raak... U sien, teen die einde van die Tweede Vryheidsoorlog het ‘n handjie vol Bittereinders nog uitgehou teen die volle mag van Brittanje... Dames en Here, hierdie handjie vol het aanhou veg met die wete, dat sy vrou en kinders besig is om te sterf van die honger... Al wat hy moes doen was om trou te sweer aan die koningin ... sy vrou en kinders sal vrygelaat word, sy plaas nie afgebrand word nie, hy word vrygestel en selfs beloon! Maar hy het nie! Hy sal nie verraad pleeg nie! Hy moes met die wete leef dat sy dade sy vrou en kinders se dood tot gevolg sal hê ... dit alles om nie verraad te pleeg nie! Hy het bly veg sodat u en ek vry kan wees... en nou? U laat toe dat ‘n huidense regering oor u mag uitoefen? M.a.w. u sê dat sy opoffering verniet was ... u wil mos nie vry wees nie... U pleeg eintlik verraad. As ek u nou oproep met die wete dat as u saam kom veg dat u geliefdes wreedaardig uitgewis sou word, vra u self, sal u saam met my kom veg? As u “nee” sê, wel ek gaan u prioriteite betwyfel... en ek dink u pleeg verraad... jy verloon dan jou volk se belange?
By die toring van Babel skep God volke...dit is sy Wil! In Openbaring 20 lees ons “die volke kom in die hemel in” ... m.a.w. op die laaste dag en selfs daarna bly volke God se wil. Ons as Christene moet God se wil uitdra en bevorder... daarom is dit ons plig om ons volk uit te bou en sy belange te handhaaf – anders pleeg ons verraad teen God se wil ... En kan ek of u die Toorn van God weerstaan? Nee, Dames en Here, want  Jesus self  sê, en ek haal aan: Markus 14:21 “ Maar wee die man deur wie die Seun van die mens verraai word! Dit sou vir hom beter gewees het as hy nooit gebore was nie”.

Logged
Aan God al die eer. . .

Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 1581
  • Bravolander
    • WWW
Re: Wat is verraad in die huidige Boerevolk?
« Reply #1 on: July 26, 2009, 07:58:18 PM »
Dit is UITSTEKEND geskryf, Derick!

As ek dit lees hoor ek Oom Eugene Terre'Blanche se stem!  :)
Logged
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Derick le Roux

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 4
  • CONSTANTIA
Re: Wat is verraad in die huidige Boerevolk?
« Reply #2 on: July 27, 2009, 09:04:50 PM »
Haha, Dankie Karina! Ek wardeer dit. :)
Logged
Aan God al die eer. . .

mbzn

  • Besoeker
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 16
Re: Wat is verraad in die huidige Boerevolk?
« Reply #3 on: July 27, 2009, 09:59:05 PM »
Baie goed gedoen!

Die waarheid kan nooit te reguit wees nie.
Logged
Pages: [1]   Go Up