Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Afrikaner vordering sedert 1994.  (Read 5040 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Afrikaner vordering sedert 1994.
« op: July 24, 2008, 05:35:15 PM »
Daar het vandag 3 nuwe ouers hulle kinders ingeskryf by die CVO Brandwag. Dit was my voorreg om met die nuwe ouers onderhoude te voer. Natuurlik was een van die vrae wat ek hulle gevra het, hoekom hulle nou eers hulle kinders in die CVO skool sit. Die antwoord was half skokkend; hulle het nie van die CVO stelsel geweet nie en ook nie van die spesifieke skool nie.

Dit het vir my duidelik geword dat die meeste Afrikaners nie weet daar is vordering nie, veral toe een van die ouers vir my vertel hulle ken nie Radio Pretoria nie!

Daarom het ek gedink dit sal goed wees om 'n lys bymekaar te sit van die vordering wat ons al gemaak het. Ek dink aan die CVO skole, Radio Pretoria, Kleinfontein, Orania ens.

Op kantoor Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Afrikaner vordering sedert 1994.
« Antwoord #1 op: July 24, 2008, 07:39:27 PM »
Ek sit nou verstom! Waar was hierdie mense dan? Op die maan of dalk op Mars?
Moed Vryheid Eer

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Afrikaner vordering sedert 1994.
« Antwoord #2 op: July 24, 2008, 08:50:23 PM »
Vanaand praat prof A D Pont met Gideon Grobler van BCVO - en ons sal moet planne maak om ons volk se strukture beter te bemark.

Die bemarking is altyd gekoppel aan geld - en dit beteken ons moet iewers fondse bymekaar kry om bemarking te doen ..... Maar hoe?
Kennis is mag

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Insake: Afrikaner vordering sedert 1994.
« Antwoord #3 op: July 24, 2008, 08:55:44 PM »
Ben
Dit is presies waarvan ek in my vorige skrywes gepraat het. Ek dink jy het dit nou self ervaar deurdat ouers vir jou se hulle ken nie radio pta nie. Dit na hoeveel jaar.
Jy moet jou produk gaan bemark. Die nuutgestigte BBI word op RSG bevorder en in Rapport hulle is ook sondagaand op Fokus. Hoeveel miljoene mense weet nou van hulle nadat hulle sekerlik nie eers twee maande gelede gestig is nie.
Ek dink die probleem is hardegatgeit van sekere elemente binne afrikaner geledere. Raak ontslae van hulle en dinge sal vorder.   

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Afrikaner vordering sedert 1994.
« Antwoord #4 op: July 24, 2008, 08:57:52 PM »
Ek het amper vergeet om te vertel. Een van die ouers (wat van 'n ander dorp kom) vra my toe waar vier ons Geloftedag. Ek vertel toe baie trots dat ons dit by Paardekraal vier. Groot was my verbasing toe hulle my vra waar is dit en nog erger, wat is dit!

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Afrikaner vordering sedert 1994.
« Antwoord #5 op: July 24, 2008, 08:58:27 PM »
Mike
 
Dalk weet jy meer van bemarking as Radio Pta, maar een ding staan vas, bemarking kan gedoen word met die fondse beskikbaar - en as dit min is, dan is die bemarking nie baie effektief nie.
Kennis is mag

Op kantoor Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Afrikaner vordering sedert 1994.
« Antwoord #6 op: July 24, 2008, 09:00:25 PM »
Synde dat ons nog nie fondse het vir so iets nie, kan ons net al begin deur daaroor te praat. 'n Mens 'verkoop' 'n produk tog makliker as jyself daarin glo, dus voel ek hoe meer ons met mense hieroor praat, hoe beter. Wel, dit is seker nie ideaal nie, maar tog 'n goeie wegspringpunt.

Ek persoonlik is nou nog nie so gekonfyt in BCVO nie, want ek het meer ondervinding in die tuisonderrig veld. As mense uitvra na hoe dit met my seuntjie gaan, vertel ek hulle hoe gevorderd die werk is en dat hy fantasties aanpas. Die mense het almal 'n persepsie dat 'n tuisonderrig kind net woerts warts klaar skoolgaan en dan vry is vir die res van die dag. As ek dan hierdie mense inlig dat hy skoolure skool gaan en nog boonop saans moet huiswerk doen, hang hul monde letterlik oop. Hier in ons omgewing begin dit regtig nou posvat. Hier is twee privaatskole, maar dit is so duur dat geen gewone mens dit kan bekostig nie. Ek het al so baie gevoel om 'n CVO skool hier te probeer oopmaak, maar ek het nie die kennis of finansies nie.

Skuus, nou is ek heel van die punt af.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Afrikaner vordering sedert 1994.
« Antwoord #7 op: July 24, 2008, 09:02:42 PM »
Ben
Dit is presies waarvan ek in my vorige skrywes gepraat het. Ek dink jy het dit nou self ervaar deurdat ouers vir jou se hulle ken nie radio pta nie. Dit na hoeveel jaar.
Jy moet jou produk gaan bemark. Die nuutgestigte BBI word op RSG bevorder en in Rapport hulle is ook sondagaand op Fokus. Hoeveel miljoene mense weet nou van hulle nadat hulle sekerlik nie eers twee maande gelede gestig is nie.
Ek dink die probleem is hardegatgeit van sekere elemente binne afrikaner geledere. Raak ontslae van hulle en dinge sal vorder.  

Mike,

Ek dink jy verstaan die wese van die liberale media verkeerd. In hulle oe is dit polities onkorrek om aan ons saak dekking te gee en soos jy nou self sien, word ander volke se saak bevorder.

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Afrikaner vordering sedert 1994.
« Antwoord #8 op: July 24, 2008, 09:06:12 PM »
Bekkie, jy is nie van die punt af nie - dit is juis die punt. Bemarking is in sy mees doeltreffende vorm die verskaffing van inligting deur dit gesaghebbend te doen - en dit is presies wat jy gedoen het deur die oningeligtes eerstehandse inligting te gee.
Kennis is mag

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Afrikaner vordering sedert 1994.
« Antwoord #9 op: July 24, 2008, 09:09:35 PM »
Ek sit nou en luister na Prof Pont se onderhoud met Gideon. Daar hoor ek nou weereens nog 'n vordering.

BCVO sal van volgende jaar as BCVO die Bokkie-week ondersteun.

Bravo aan Gideon!

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Afrikaner vordering sedert 1994.
« Antwoord #10 op: July 24, 2008, 09:12:22 PM »
Dit is die beste ding wat kan gebeur - en dit is goed om te hoor hoeveel kinders in CVO skole is, maar dink ook aan die derduisende wat nie daar is nie!

Die APK Akademie en die Geref kerk se onderwys opleiding is ook 'n wonderlike vordering

Drie hoera's vir ons volksgenote wat strydend voortgaan.
Kennis is mag

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Afrikaner vordering sedert 1994.
« Antwoord #11 op: July 24, 2008, 09:30:35 PM »
Die navrae groei daagliks by ons CVO skool. Dit lyk nou vir my of ons ten minste met 20% gaan groei die jaar. Die vooruitsig vir die nuwe jaar lyk ook reeds meer as die 20% !!

As dit so aangaan sal ons die skoolgebou moet vergroot.

Dit is net vir my snaaks dat al die verskonningtjies wat die mense gehad het hoekom hulle nie hulle kinders in die skool gesit het nie, nou skielik verdwyn.........

Sanderis

  • Gas
Insake: Afrikaner vordering sedert 1994.
« Antwoord #12 op: July 24, 2008, 10:40:42 PM »
Vanaand praat prof A D Pont met Gideon Grobler van BCVO - en ons sal moet planne maak om ons volk se strukture beter te bemark.

Die bemarking is altyd gekoppel aan geld - en dit beteken ons moet iewers fondse bymekaar kry om bemarking te doen ..... Maar hoe?

Meestal "bemarking" doen ek deur die internet op selektiewe plekke en tye. Vrugte van sukses is wel daar maar miskien te stadig. Ek sien dit so , kan ek net 5 mense inlig , dan het ek geslaag - dit is 5 mense vir wie ek 'n "beter" opsie bied. Alhoewel dit bly nie net by 5 nie , maar sal mettertyd groei. Die lekkerte van aanlyn bemarking is dit , dit wat jy geskryf het ; bly altyd daar vir iemand anders om te sien , 24 uur per dag , 7 dae 'n week , tot jy dit Delete.
Dit is nie soos 'n toespraak/beeldsending wat as dit klaar is , is dit vergete môre. Dit is nie 'n poster wat 2 maande hou dan vernietig die wind en reën dit ; of plakkers steel dit om huise te bou.
Maar ja die geld ontbreek vir werklike aggresiewe bemarking.

Jankejan

  • Gas
Insake: Afrikaner vordering sedert 1994.
« Antwoord #13 op: July 25, 2008, 12:36:18 AM »
Daarom het ek gedink dit sal goed wees om 'n lys bymekaar te sit van die vordering wat ons al gemaak het. Ek dink aan die CVO skole, Radio Pretoria, Kleinfontein, Orania ens.

Vir my is die basis van die probleem dat die volksaak te veel opgedeel en verdeel is in 'n klomp los drade, sonder of blykbaar sonder enige koordinasie. In kort kan mens se dat ons mense nie weet van ons mense nie. Die aksies en pogings is daar, maar die kommunikasie daartoe ontbreek.

As kommunikasie en inligting gesentraliseer kan word, sal dit uiters meer effektief versprei kan word. Vir my is die belangrikste ding wat die Afrikanerfront moet doen juis om aan kommunikasie en inligting te werk, en dan ook om dit effektief in te samel, te verwerk en weer te versprei.

Die voordele hieraan verbonde is dat ons mense makliker van organisasies en aksies sal uitvind as daar 'n sentrale punt waar inligting verkry kan word is. Dit is goed en wel dat elke organisasie sy eie webblad en/of koerant het, maar tussen die klomp los drade val daar pap op die grond.

Om hierdie probleem effektief en doelmatig op te los, sal vra dat ons 'n stelsel neersit wat van so aard is dat ons mense maklik en vinnig op een plek al die inligting van al die nodige organisasies kan kry. Prakties toegepas sal bloot 'n webwerf vereis, waar elke organisasie se produk as sulks bemark kan word. Dit beteken glad nie organisasies sal hul onafhanklikheid inboet nie, en sal elkeen nog steeds op sy eie mishoop kan kraai so hard as wat hy wil. Wat dit wel beteken is dat ons een webwerf naam kan bemark, waar enigiemand al die antwoorde en inligting kan kry wat hy verlang. Daar kan dan ook 'n binding tussen die "moeder webwerf" en al die onderskeie organisasies s'n wees. Dus as iemand wil voortgaan na Bravoland, kan hy bloot "klik" en dan hier eindig.

Met die regte bemarking sal so 'n naam baie vinnig baie wyd bekend kan wees. Hier dink ons aan iets soos bv. www.vryheid.co.za of www.toekoms.co.za. Mense moet weet dat as hulle enigiets van die volk wil weet, hulle bloot na hierdie webwerf kan gaan. As hulle nuus wil hoor, klik hulle op die binding na Radio Pta, as hulle 'n mening in 'n forum wil lig, klik hulle op Bravoland ens.

Wat egter wel waar is, is dat Radio Pretoria op sy webwerf reeds 'n soortgelyke poging geloods het, by wyse van 'n lys van organisasies. Ook hier by ons is daar bindings met ander organisasies op ons webwerf.

Dit is in wese egter die beginsel wat moet saakmaak, en spesifiek dat ons daarop moet fokus om inligting te sentraliseer. Mense moet nie sukkel en soek na inligting nie, dit moet maklik wees. SABC, Beeld, DSTV ens. het dit vir mense maklik gemaak om sonder 'n gesukkel inligting te ontvang. Gemak weeg gevolglik al hoe swaarder as die akkuraatheid van die bepaalde inligting. Ons is natuurlik geregtig om krities te staan teenoor menslike gedragspatrone, maar moet ook besef dat dit die manier is hoe mense wil leef. Ons kan probeer om dit te verander, maar moet ook nie dom wees nie. Ons moet leer hoe mense dink, en dit dan as sulks begin gebruik om met ons mense te werk.  As ons dus inligting kan sentraliseer, sal ons mense ook meer gemaklik van ons kan uitvind, en meer effektief by ons kan inskakel.

'n Verdere aspek wat in gedagte gehou moet word, is dat die ongesentraliseerde wyse hoe inligting in ons volk gehanteer word, of dan ten minste net die voorkoms daartoe, ook die persepsie van verdeeldheid versterk. 'n Gesentraliseerde punt van inligting, sal juis sodanige persepsie en baie wat daarmee gepaardgaan platslaan.

Dit hoef ook nie 'n webwerf te wees nie. Die ideaal sal 'n wydverspreide kommersiele koerant wees. Ons word tog deur finansies beperk. Die koerante van die toekoms is egter nie noodwendig net gedrukte blaaie nie, maar ook koerante op die internet verkrygbaar. Dit sal baie meer koste effektief wees, maar op die kort termyn steeds 'n grootse poging wees. Tog kan ons hier kennis neem van die poging deur Praag om daagliks nuus op sy webwerf te verskaf. Al is dit nie noodwendig heeltemal in ons gees nie, geniet ek dit om iets te lees wat nie deur Media24 besmet is nie.

Vir eers sal 'n webwerf, wat modern, kleurvol en gemaklik voorkom, die antwoord wees. Die koste kan selfs gedeeltelik deur die onderkeie organisasies gedra word. Groot kanonne soos Radio Pretoria, TLU SA, Solidariteit, APK ens. moet egter ook deel wees, juis om ook soveel te meer legitimiteit aan die proses te verleen. Hoekom nie noodwendig binne 'n bestaande organisasie se webwerf nie? Juis om die gees van 'n onafhanklike inligtingsdiens daar te stel. Geen bymotiewe of politieke agendas of lede/geld werwing nie, net inligting.

My visie in kort:
1.1 Ons moet inligting sentraliseer. Met minimale koste sal dit soveel meer effektiwiteit daarstel. Ons volk moet begin geken word aan een sentrale punt, vanwaar elke organisasie "uitvloei", nie as 'n klomp los drade wat van buite lyk niks in gemeen te he nie.

1.2 Die sentrale punt vir die verkryging van inligting, die verwerking daarvan, en die verspreiding daarvan moet soos 'n besigheid bestuur word, sodat mense aanspreeklik gehou kan word vir die kwaliteit werk wat hulle verrig.

1.3 Dit gaan egter kostes verhoog, en sal op die kort termyn gewerk moet word aan 'n eenvoudige proses om organisasies sover te kry om teen 'n nominale bedrag op die bv. webwerf te adverteer. Dit betaal ten minste die onkoste van die webwerf.

1.4 Mense sal sien dat hierdie sentralisering van inligting uiters suksesvol is (want dit kan nie anders nie), en sal groter ondersteuning volg.

1.5 Die webwerf moet groei in 'n volwaardige nuusverskaffer, waar die publiek nuusgebeure kan volg as eerder op bv. Media24 se webwerf.

1.6 Al neem dit 5 jaar om by bg. uit te kom, is dit steeds die moeite werd om te probeer.

2. Ons moet 'n skool vir propaganda stig, ons noem dit maar die Volksbemarking Akademie. Hierdie skool moet vier keer 'n jaar 'n drie of vierdaagse kursus aanbied, waar kundiges van Solidariteit, Radio Pta, Bravoland, AVKB ens. ons mense in onder andere die volgende oplei:

  2.1  Volksbeginsels, Afrikanerskap, Calvinistiese wysbegeerte.
  2.2  Vyandige propaganda, die identifisering daarvan, die gevaar daarvan, en die uiteindelike doel     daarvan.
  2.3  Geestelike weerbaarheid (teenoor fisiese weerbaarheid)
  2.4  Propaganda tegnieke en metodes, effekiewe bemarking teen-propaganda.
  2.5  Organisering en koordinasie.
  2.6  Inligting analise, versameling, verwerking en verspreiding.
  2.6  Basiese joernalistiek.
  2.7  Kommunikasie
  2.8  Ens. (Die slim mense sal baie aanpassings maak.)

Ek het 'n soortgelyke kursus vir die AVKB kamp van Westfalia saamgestel, en sover ek bewus is word dit nog steeds aangebied. Wat wel dringend 'n vereiste is, is dat ons ons mense op 'n gekoordineerde wyse bymekaarkry, om gesamentlik op te lei en mekaar op te lei rakende propaganda of dan bemarking.

Inderdaad weet ek dit klink nou nie na 'n produktiewe poging nie, maar moet ons tog die voordeel daarvan in ag neem:
- Ons kry soveel moontlik organisasies om aan hierdie poging deel te neem. Dit geskied nie onder 'n organisasie se naam nie, niemand word bevoordeel nie, maar het ten doel dat daar vanuit elke organisasie mense na vore kom op op te lei en opgelei te word.
- Die deel van kundigheid en ervaring, is tot almal se voordeel.
- Ons mense begin om dieselfde oor propaganda te dink, en begin dan ook om die belangrikheid daarvan in te sien. 
- Bemarkingspogings word opgeskerp, en dit begin vanself om meer gekoordineerd te wees.
- Ons begin besef dat die wereld besig is om ons vooruit te gaan op kommunikasie en bemarkingsgebied, en begin ons om 'n moderne aanslag te loods om die wereld agter ons te kry.
- Omdat dit nie 'n bepaalde organisasie is wat dit aanbied nie, maar 'n samestelling van alle organisasies, verkry die poging legitimiteit en goedkeuring. Ons bespreek ook nie mekaar se beginsels nie, maar wel mekaar se bemarkings metodes.
- Eenheid en samewerking word bevorder.

Die belangrikste egter, is dat ons mense op dieselfde effektiewe wyse, alhoewel verskillende metodes en behoeftes, met die publiek begin kommunikeer, en baie keer op 'n gekoordineerde wyse.

In kort dan: Ons mense lei mekaar op, en word opgelei, om binne sy eie skool, kerk, kutuurvereniging ens. te begin om die publiek in sy omgewing, maar ook nasionaal in te lig van sy werksaamhede. Hierdie meer moderne en meer effektiewe kommunikasie en bemarking het dan ook tot gevolg dat dit meer gekoordineerd, op plaaslike en nasionale vlak is. Die skepping van 'n sentrale inligtingsdiens, by wyse van bv. 'n webwerf, stel die algemene publiek om op 'n maklike wyse by alle organisasies uit te kom deur middel van een punt. Groter koordinasie en sentralisering van inligting en kommunikasie, bring dan ook gevolglik mee dat ons volk nader aan mekaar beweeg, dat negatiewe persepsies platgeslaan word, en dat ons mense mekaar beter begin verstaan.

Bogenoemde is 'n opsomming van 'n meer omvattende skrywe wat ek ongeveer 5 jaar terug aan 'n bepaalde organisasie voorgele het, maar het drie woorde terug ontvang: "Dit is tydmors".
Ek weet ek dink dalk anders oor die probleem waarbinne ons sit, maar is om een of ander rede oortuig dat seker een van ons grootste probleme juis ons gebrek aan effektiewe en gekoordineerde kommunikasie is. Met die lees van die Duitse Skool vir Propaganda van hier in die 1930's en vroeg 1940's se opleidingsmateriaal, is dit net soveel meer duidelik dat 'n volk nie met die swaard agter jou gaan inval nie, maar met die pen. Die Duitse volk is met propaganda geswaai, niks anders nie. En hulle is dan ook daarna deur Amerikaanse propaganda weg van hulself geswaai daarna, nie deur bomme of vuur nie. Ons eie volk het in 'n tydperk van tien jaar geswaai van 'n meerderheid wat geglo het 'n onchristelike swart en kommunistiese regering is verkeerd, tot een wat daarvoor ja gestem het, en vas glo apartheid is sonde. Dit was propaganda, niks anders nie.

Mense wil modern wees, mense wil gewild wees, mense wil leiers wees. Dit vat 'n positiewe gees van bemarking en kommunikasie om 'n verskil te maak, en die verskil is meestal dan skrikwekkend suksesvol. Ek sou dink dit is tyd dat ons begin om soos moderne soldate ons vyand se kele af te sny. En te glimlag terwyl ons dit doen.
« Laaste verandering : July 25, 2008, 12:42:01 AM deur Jankejan »

Op kantoor Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Afrikaner vordering sedert 1994.
« Antwoord #14 op: July 25, 2008, 08:30:18 AM »
Jankejan, ek stem saam met jou voorstel. Dit is tyd...
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Insake: Afrikaner vordering sedert 1994.
« Antwoord #15 op: July 25, 2008, 10:44:42 AM »
PUIK !! voorstel Jankejan . Dié mense wat 5 jaar terug vir jou gesê het dit is tydmors, miskien was dit dan , maar nou is die tyd ryp.
So waar en wanneer begin ons ?
:-)

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Afrikaner vordering sedert 1994.
« Antwoord #16 op: July 25, 2008, 12:00:48 PM »
Die eerste stap is om iemand te kry wat 'n webwerf kan bou.

Op kantoor Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Afrikaner vordering sedert 1994.
« Antwoord #17 op: July 25, 2008, 12:20:07 PM »
Die eerste stap is seker om die AF in kennis te stel om een te bou  :P
Moed Vryheid Eer

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Afrikaner vordering sedert 1994.
« Antwoord #18 op: July 25, 2008, 12:56:03 PM »
Dit is ook 'n bekende feit dat Geloftefees bywoning in getalle drasties gestyg het sedert 1994. Sekerlik 'n baie positiewe stap en ek glo dit is ook 'n duidelike terugkeer na die totale volkswaardes.
Kennis is mag

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Insake: Afrikaner vordering sedert 1994.
« Antwoord #19 op: July 25, 2008, 03:23:27 PM »

Mike,

Ek dink jy verstaan die wese van die liberale media verkeerd. In hulle oe is dit polities onkorrek om aan ons saak dekking te gee en soos jy nou self sien, word ander volke se saak bevorder.

Ben
Ek stem nie met jou saam nie. Was daar al ooit probeer en deur wie, om bv. die AF se saak op Fokus of in Rapport te stel? Ek stem nie saam met alles wat die liberale media doen nie, maar ek se weer misbruik hulle. Hulle stem ook sekerlik nie saam met wat die BBI nou doen nie, maar hulle gee wel vir hulle media dekking.
Moenie soos die ou NP destyds 'n kommunis agter elke graspol raakgesien het, ook nou 'n liberaal agter elke bos wil probeer uitskop nie. Dalk help jy hulle meer deurdat niemand ingelig word van wat aangaan nie. Hou die volk oningelig dan sal niemand opstandig raak nie, want hulle weet nie wat aangaan nie.
Dit gaan glad nie help om te stagneer in 'n organisasietjie wat net uit 'n paar mense bestaan en wat net met mekaar kommunikeer nie.   


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal