Skrywer Onderwerp: Die stom Generaal  (Read 2503 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7538
  • Verkenner
    • Verkenners
Die stom Generaal
« op: January 10, 2008, 02:48:09 PM »
Ek het drie dae gelede vir die Generaal 'n e-pos gestuur, maar hy is seker besig om die lekplekke reg te maak, want hy het my nog nie geantwoord nie!  ;D

Geagte Generaal,
 
Wanneer ek in Pretoria kom, maak ek 'n punt daarvan om besoek af te le aan die Voortrekkermonument. So het dit gebeur dat ek in 2007 ten minste by vier geleenthede die Monument besoek het. Daar is niks wat die Volkstrots in 'n Afrikaner so hernu, soos 'n besoek aan die Voortrekkermonument nie.
 
Dit stem my egter tot groot kommer om te sien in watse haglike toestand die Monument verkeer. Reeds vroeg in 2007 het ek gemerk dat daar verskeie daklekke is en tydens my laaste besoek was dit nog nie herstel nie.
 
Ek besoek ook gereeld die buiteland en moet aan u erken dat tydens 'n besoek aan Malaysia dit vir my opvallend was dat by 'n Malaysiese kultuurmuseum, daar slegs Malayers gewerk het en geen Chinese Malaysiers nie. Dit is seker hoe mens dit verwag, of hoe?
 
By die VTM is dit egter nie die geval nie. By die hek word mens begroet deur volksvreemdes en ek merk ook dat die gidse nie afstammelinge van die Voortrekkers is nie. 'n Mens kan maar net wonder wat hierdie volksvreemdes aan die toeriste vertel oor die moord op Piet Retief en die slag van Bloedrivier. Veral in die lig van onlangse uitlatings deur sekere sogenaamde swart historikuste wat reken Piet Retief was 'n verkragter en dat Bloedrivier nooit gebeur het nie.
 
Ek het ook met skok verneem van u definisie van 'n Afrikaner en dat die Afrikaner, volgens u, enige kleur kan wees. Ek wil u vriendelik versoek om op te hou om hierdie snert te verkondig en verneem ook graag waar kom u daaraan. Is dit dalk die rede hoekom u die ATKV toegelaat het om 'n kleurling vrou op die Senotaaf af te neem???
 
Kom nou Generaal, moenie die Afrikaner se kultuurerfenis uit verkoop nie!
 
Ek verneem so spoedig moontlik van u.
 
Die uwe,

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1252
  • Swerwer
Insake: Die stom Generaal
« Antwoord #1 op: April 22, 2008, 08:25:42 PM »
Nog geen antwoord gekry nie SP ??

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7538
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Die stom Generaal
« Antwoord #2 op: April 22, 2008, 08:35:16 PM »
Daar was 'n antwoord Cois, ek kan nogal onthou dat ek dit geplaas het. Ek sal kyk of ek nog die vonk pos het wat ek van hom gekry het, ek is egter seker dit is iewers op die forum.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7538
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Die stom Generaal
« Antwoord #3 op: April 22, 2008, 08:36:47 PM »
Geagte Mnr Geldenhuys

Baie jammer dat ek nie vroeër op u eerste boodskap gereageer het nie. Ek het dit ongelukkig vanaand vir die eerste keer gesien toe dit as deel van u tweede boodskap aangekom het. Ons het ongelukkig  in die kompleks waar ons woon (u gebruik my persoonlike e-posadres), die afgelope tyd ernstige ontwrigting gehad met die ontvangs van e-posse en dit is vandag vir die eerste keer in weke gedeeltelik herstel; vandaar die feit dat ek dit nou eers ter insae gekry het. Die internetskakel het vandat ek begin antwoord het, weer ondiensbaar geraak en ek sal derhalwe die boodskap waarskynlik eers op 15 deser vanaf my kantoor aan kan versend.

U verwys na u “vriendelike” versoek, alhoewel dit beswaarlik na een klink of só beleef word.. As ek meer tyd beskikbaar gehad het, sou boekdele geskryf kon word om u navrae, beskuldigings en bewerings in detail te beantwoord, maar ongelukkig is dit nie die geval nie en word dit in elk geval ten sterkste betwyfel of enige antwoord, kort of lank, wat aan u gegee word, u enigsins tevrede sal stel.

Daar word derhalwe bloot kennis geneem van die ongelukkige trant van u skrywe, met die versoek dat u gerus met my kan kom gesprek voer wanneer u weer die VTM besoek. Baie dankie dat u soveel daarvoor feil het, mag u gesindheid en verklaring van steun en betrokkenheid gestalte vind in daadwerklike bydraes ter ondersteuning van die groot taak waarmee ons daagliks worstel.

Terloops, dit het ons die afgelope drie jaar reeds RM 4,6 gekos om die Monument se waterdigting op te knap (ongelukkig steeds nie heeltemal suksesvol nie). Om die waterskade waarna u verwys, te herstel, sal ‘n verdere minstens RM 2 kos. Die VTM, synde ‘n privaat maatskappy wat minder as 20% van sy totale bedryfskoste en hoegenaamd niks ten opsigte van sy kapitale uitgawes nie vanaf die Staat ontvang, beskik net eenvoudig nie oor voldoende hulpbronne om te doen wat u verlang/vereis nie.

Ek stuur graag môre-oggend vir u ‘n meer volledige agtergronddokument wat hopelik vir u meer lig op die saak sal werp.

U word in die lig van bostaande vriendelik genooi om asb te laat weet as u meer besonderhede oor die VTM se bankrekening nodig het, om u in staat te stel om inbetalings in ons lopende rekening te doen. Dit sal opreg waardeer word.

Vriendelike groete

Gert Opperman

Hoof Uitvoerende Beampte

Ns: Gebruik gerus in die toekoms my amptelike e-posadres, nl. hub@voortrekkermon.org.za

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7538
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Die stom Generaal
« Antwoord #4 op: April 22, 2008, 08:40:38 PM »
Geagte Generaal,
 
Ek dank u vir u (halwe) antwoord. Ek verseker u my versoek was vriendelik, dit gaan hier oor die behoud van ons kultuur erfenis en dus is persoonlike gevoelens van minder (geen) belang.
 
Ek het kennis geneem van die inhoud van die tersaaklike dokumente en dit is duidelik dat u siening deel vorm van die Ruwe Suid-Afrika se nuwe regime. Dit wat u doen is nie noodwendig in lyn met die denke van die nasate van die oprigters van die VTM nie, en beslis nie wat die Voortrekkers sou wou sien nie.
 
In die lig hiervan kan ek geen bydrae lewer sonder om beginsels en gewete te verkrag nie. Sou u egter terug keer en die VTM bestuur in lyn met die denke van die oprigters, sal ek met graagte die saak finansiel ondersteun. Ek sal selfs mense werf!
 
Ek kan ook nie verstaan hoe u 'n nuwe museum bou, indien (volgens u) daar nie geld is om die VTM, wat die primere doel van u aanstelling is, instand te hou nie. Ek merk ook in die inligtingstuk wat u vir my gestuur het, dat personeel en administrasie koste, 72% van u onkoste beloop en onderhoud slegs 5%. Dit is skandelik!!! Hoeveel van hierdie "personeelkoste" is aan Volksvreemdes??
 
Ek merk ook dat daar geen verdere begroting is vir die herstel van die dak nie.....
 
U verstaan blykbaar nie die belangrikheid van die VTM vir die Afrikaner nie, of u het dalk vergeet. Laat my dus toe om u te help onthou:
 
Na afloop van die ABO was die Volk teen die planke. Hulle plase was afgebrand, hulle het hulle land (en identiteit) verloor. Baie het hulle na die stede begewe opsoek na werk, maar is ook weg gewys omdat hulle nie die Ingilse taal kon praat nie.

Tydens die 100 jarige herdenking van die Groottrek, was dit nie arm Afrikaners wat die ossewaens in gewag het nie. Dit was trotse stads Afrikaners wat kon spog met eie skole, eie koerante en eie sake-ondernemings.

Dit het die geboorte geskenk aan Afrikaner-Nasionalisme! 50 000 Afrikaners het by Brixton koppie bymekaar gekom en op Geloftedag 1938, het 200 000 Afrikaners die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument by gewoon. Soos reeds gese het die Afrikaner op gestaan en uit die hoeveelheid mense wat by mekaar gekom het, was dit duidelik dat die Afrikaner ook kan saamstaan.

In 1949 kom 500 000 Afrikaners bymekaar vir die opening van die Voortrekkermonument. Hierdie Monument, wat die Afrikaner se simbool geword het van sy vryheid strewe en simbool van Afrikaner eenheid.

Hieruit is die Republiek gebore in 1961.
 
In die nuwe tydskrif Drempel, se voorwoord haal Bets Botha vir Wilmot Robertson aan uit "The Dispossessed Majority":

"...Want die Afrikaner staan vir Afrika en sonder die een gaan die ander nie hou nie.

Nie langer gaan dit oor holruggeryde ekonomiese dogmas en politieke plannetjies nie, maar die voortbestaan van die Westerling en 'n Westerse Kultuur in Afrika.

Diegene wat nou hier by ons in beheer is, het 'n lang geskiedenis dat hulle nie die Westerse Beskawing verstaan nie. En soos gewoonlik moet dit waarteen jy nie opweeg nie, vernietig word."
 
Die vraag wat u, uself moet vra, is u deel van die oplossing (vir die Afrikaner se voortbestaan) of deel van sy ondergang?
 
Vriendelike groete,
 
Ben Geldenhuys

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1252
  • Swerwer
Insake: Die stom Generaal
« Antwoord #5 op: April 22, 2008, 09:10:28 PM »
Dankie Ben

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4072
Insake: Die stom Generaal
« Antwoord #6 op: April 22, 2008, 09:14:06 PM »
Goed gestel SP Ben !
Kennis is mag

Jankejan

  • Gas
Insake: Die stom Generaal
« Antwoord #7 op: April 23, 2008, 12:04:52 AM »
Ek dink 'n besoek aan die generaal moet oorweeg word. Die tyd het aangebreek dat ons weer die monument se bestuur in lyn met ons volk se beginsels kry.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7538
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Die stom Generaal
« Antwoord #8 op: April 23, 2008, 03:54:03 PM »
Dit sal goed wees as die Afrikaner-jeug die Generaal gaan aanklae dat hy nie besig is om na hulle erfenis om te sien nie. Daar is mos baie jong volbloed Afrikaners in Pretoria?

Sanderis

  • Gas
Insake: Die stom Generaal
« Antwoord #9 op: April 23, 2008, 07:40:40 PM »
Die probleem is om hul bymekaar te kry om wel so iets te doen. Baie ignoreer die situasie en gee basies net nie om nie.
Mense soos ons , is eil gesaai.

Jankejan help my reg as ek verkeerd is :-  die grondwet (NSA) maak voorsiening vir die instandhouding van kulture geskiedkundige monumente .

Wie se "eiendom" is die monument tans , Stadsraad ?
« Laaste verandering : April 23, 2008, 07:45:48 PM deur Sanderis »

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4072
Insake: Die stom Generaal
« Antwoord #10 op: April 23, 2008, 09:17:11 PM »
Sanderis as ek reg is het die broedertjies destyds gehelp om n maatskappy te stig wat nou vader staan oor ons eiendomlike
Kennis is mag

Afwesig Maarten Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 326
Insake: Die stom Generaal
« Antwoord #11 op: April 24, 2008, 05:50:08 PM »
Ek was vroeër die' maand by die VTM gewees.
Ben, jy is reg. Dit roer die hartsnare om so klein te voel voor ons Volk se geskiedenis!

Die "Generaal" klink meer en meer soos een van die ANC Regime se wit slawe. Hy het die liberale pil heeltemal ingesluk en hou nou sy lyf kommunis.

Jy is baie meer vriendelik met hom as wat ek sou wees. Ek dank jou vir jou moeite.
ΜΟΛΩΝ ΛΑΒΕ

Afwesig Ogriet

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 33
Insake: Die stom Generaal
« Antwoord #12 op: April 24, 2008, 09:13:14 PM »
`n Ou jakkals daai pasop maar vir hom, hy verwoes en verdeel sover hy gaan!!!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7538
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Die stom Generaal
« Antwoord #13 op: July 15, 2008, 09:51:12 AM »
Geagte Generaal,
 
Ek dank u vir u (halwe) antwoord. Ek verseker u my versoek was vriendelik, dit gaan hier oor die behoud van ons kultuur erfenis en dus is persoonlike gevoelens van minder (geen) belang.
 
Ek het kennis geneem van die inhoud van die tersaaklike dokumente en dit is duidelik dat u siening deel vorm van die Ruwe Suid-Afrika se nuwe regime. Dit wat u doen is nie noodwendig in lyn met die denke van die nasate van die oprigters van die VTM nie, en beslis nie wat die Voortrekkers sou wou sien nie.
 
In die lig hiervan kan ek geen bydrae lewer sonder om beginsels en gewete te verkrag nie. Sou u egter terug keer en die VTM bestuur in lyn met die denke van die oprigters, sal ek met graagte die saak finansiel ondersteun. Ek sal selfs mense werf!
 
Ek kan ook nie verstaan hoe u 'n nuwe museum bou, indien (volgens u) daar nie geld is om die VTM, wat die primere doel van u aanstelling is, instand te hou nie. Ek merk ook in die inligtingstuk wat u vir my gestuur het, dat personeel en administrasie koste, 72% van u onkoste beloop en onderhoud slegs 5%. Dit is skandelik!!! Hoeveel van hierdie "personeelkoste" is aan Volksvreemdes??
 
Ek merk ook dat daar geen verdere begroting is vir die herstel van die dak nie.....
 
U verstaan blykbaar nie die belangrikheid van die VTM vir die Afrikaner nie, of u het dalk vergeet. Laat my dus toe om u te help onthou:
 
Na afloop van die ABO was die Volk teen die planke. Hulle plase was afgebrand, hulle het hulle land (en identiteit) verloor. Baie het hulle na die stede begewe opsoek na werk, maar is ook weg gewys omdat hulle nie die Ingilse taal kon praat nie.

Tydens die 100 jarige herdenking van die Groottrek, was dit nie arm Afrikaners wat die ossewaens in gewag het nie. Dit was trotse stads Afrikaners wat kon spog met eie skole, eie koerante en eie sake-ondernemings.

Dit het die geboorte geskenk aan Afrikaner-Nasionalisme! 50 000 Afrikaners het by Brixton koppie bymekaar gekom en op Geloftedag 1938, het 200 000 Afrikaners die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument by gewoon. Soos reeds gese het die Afrikaner op gestaan en uit die hoeveelheid mense wat by mekaar gekom het, was dit duidelik dat die Afrikaner ook kan saamstaan.

In 1949 kom 500 000 Afrikaners bymekaar vir die opening van die Voortrekkermonument. Hierdie Monument, wat die Afrikaner se simbool geword het van sy vryheid strewe en simbool van Afrikaner eenheid.

Hieruit is die Republiek gebore in 1961.
 
In die nuwe tydskrif Drempel, se voorwoord haal Bets Botha vir Wilmot Robertson aan uit "The Dispossessed Majority":

"...Want die Afrikaner staan vir Afrika en sonder die een gaan die ander nie hou nie.

Nie langer gaan dit oor holruggeryde ekonomiese dogmas en politieke plannetjies nie, maar die voortbestaan van die Westerling en 'n Westerse Kultuur in Afrika.

Diegene wat nou hier by ons in beheer is, het 'n lang geskiedenis dat hulle nie die Westerse Beskawing verstaan nie. En soos gewoonlik moet dit waarteen jy nie opweeg nie, vernietig word."

Die vraag wat u, uself moet vra, is u deel van die oplossing (vir die Afrikaner se voortbestaan) of deel van sy ondergang?
 
Vriendelike groete,
 
Ben Geldenhuys

Hierdie aanhaling  het die generaaltjie blykbaar dwars in die krop gesteek. Ek verneem dat die biblioteek by die VTM wou inskryf op Drempel, maar die generaal het 'n stokkie daarvoor gesteek. Sy rede was die aanhaling wat ek gemaak het in die skrywe aan hom.....

Hoe kleinlik kan mens wees?

Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

* Nuwe Inskrywings

SA Topsites

SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal