Skrywer Onderwerp: Dankie tog vir Humanisme!  (Read 3641 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
Dankie tog vir Humanisme!
« op: July 28, 2008, 11:24:37 PM »
Ons is gewoonlik geweldig gekant teen enige iets wat dalk net vir ons 'n dowwe beeld van Humanisme laat deurskemer.

Ons koppel humanisme aan enige vorm van oordrewe opheffing van die mens in die plek van God.

Alhoewel so 'n stelling nie noodwendig verkeerd is nie, is dit egter maar net 'n enkele aspek van humanisme. Dit is die donker kant van die woord.

Humanisme het egter ook 'n lig kant.

Was dit nie vir die opkoms van humanisme nie, het ons almal waarskynlik nog aan die Roomse kerk behoort. Een van die redes vir die hervorming is die opstand teen die persepsie wat die kerkleiers van die RKK gehad het, dat hulle die "Godgegewe" reg gehad het om in weelde te lewe terwyl die gewone man op straat in armoede gelewe het. Die selfde kan gesê word van die meeste konings en keisers van daardie tyd.

Humanisme se helder kant het bygedra tot die bevordering van die 2e tafel van die wet, maar nie net binne die kerk nie. Ook binne die gedagte raamwerk van elkeen van ons. Ons is maar almal humaniste tot 'n sekere mate, en dit is 'n goeie ding. Was ons nie vandag almal tot 'n mate Humanisties nie, het ons waarskynlik ook soos in die middeleeue geglo dat dit die rykes se reg is om die armes te onderdruk, verkrag en vermoor.

Dit beteken egter nie dat ons nou die moderne neiging om die mens tot 'n godheid te verhef maar met ope arms kan aanvaar nie. Humanisme soos ons hom vandag ken druis nou weer direk in teen die 1e tafel van die wet, en dit is sonde.

God het Humanisme gebruik. Ons het dit misbruik.

O.D
 :P  :)
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #1 op: July 29, 2008, 02:03:20 PM »
OD,

Jacobus waarsku op 'n ander draad dat ons nie moet trap in die "isme" strik nie. Sy voorbeeld was konserwatief eerder as konserwatisme.

As sy opsomming waar is, is dit ook waar van die saak. Moet dus nie menslikheid verwar met humanisme nie. Daar is 'n reuse verskil.

Jankejan

  • Gas
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #2 op: July 29, 2008, 06:24:08 PM »
Soos ek humanisme verstaan, en soos dit ook in die kerk en CVO skole geleer word, is dat dit in wese beteken mens eerste, God tweede. As ek reg is, se ek dan eerder nee dankie vir humanisme.

Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #3 op: July 30, 2008, 11:10:44 AM »
Janke en Ben, ek verstaan wat julle bedoel. As ons vandag na Humanisme kyk, lyk dit beslis vir ons soos 'n bose ideologie. Met reg ook. Ek glo ook dat die moderne Humanisme niks anders is as 'n vertrapping van die grootheid van God nie, omdat die mens tot 'n godheid verhoog word ten koste van die enigste en ware God.

MAAR...

Die Humanisme waarvan ons vandag weet, en die humanisme van self so onlangs as voor die wêreldoorloë, is twee verskillende sake.

Humanisme in die tyd van die hervorming het die mens nie verhoog tot 'n godheid nie, maar het net die basiese beginsels van naasteliefde uitgelig. In ons moderne terme, stem ek saam met Ben, was die Humanisme van die sestiende eeu niks anders as menslikheid nie.

Maar ons moet onsself in die mens van daardie tyd se skoene plaas. Dit was 'n uiters liberale en nuwe manier van dink en doen om aan die gewone man op straat naasteliefde te bewys. Die beginsel van doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê was slegs van toepassing op jou eie klas.

Binne hierdie gees het mense soos Martin Luther, Johannes Calvyn en Desederius Erasmus as Humaniste bekendgestaan. Hulle het opgetree buite die gewone en bekende tradisies.

Vandag, stem ek saam sal mense wat soos hierdie manne optree nie bekendstaan as Humaniste nie, maar binne die kontes van hulle leeftyd was dit beslis niks anders as Humanisme nie.

 :P  ;)
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1333
  • Verkenner
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #4 op: July 30, 2008, 12:48:54 PM »
Bestaan daar so iets so Christenisme?  Miskien was dit nie humanisme nie...

Wat is in 'n naam?  Ons hoef nie goeie gebeure te probeer koppel aan enige "isme" nie. 

Afwesig Johann Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 337
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #5 op: July 30, 2008, 02:02:33 PM »
OD

Baie dankie dat jy hierdie draad begin het.  Ek stem saam met die strekking van jou skrywe en ook in beginsel met dit wat ander persone hier gesê het.

Ek wil net ook graag die volgende perspektief byvoeg.

Ons kan ook praat van humaan, wat van Latyn humanus afkom, en dit beteken dan mensliewend, welwillend, mensvriendelik (vgl. byvoorbeeld die HAT).

Voorts het ons in Afrikaans ook die woord humaniseer wat volgens die HAT beteken om "tot 'n beskaafde, sedelike mens te maak; veredel".

En dan is daar die woord humaniora wat dui op die "wetenskappe wat op die studie van die mens betrekking het" (vgl. HAT).

Dit is dus duidelik dat daar ander woorde in Afrikaans is wat met die stam human (Latyn) verband hou. As mens dus op dié wyse na die gedagte van humaniteit kyk, is dit duidelik dat humanisme eintlik 'n ontaarding is van die oorspronklike gedagte.

Ons mag nooit die kern van humaniteit prysgee net omdat die morderne Humanisme die hele idee verwring het nie.

Afwesig E Alex

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 29
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #6 op: July 30, 2008, 06:42:06 PM »
Ek het nog nooit die woord "humanisme" in 'n positiewe konteks gebruik nie en ek sal ook nie. Maar in my opinie kan dit 1 van 3 goed beteken.

1) Die mens eerste, God tweede, soos hierbo genoem is; of
2) Die mens is die spil waarom die wêreld draai, soos Tuks ons leer; of
3) Dit is 'n denkrigting wat menslikheid teenoor ander aanmoedig

In effek beteken punt 1 & 2 hierbo presies dieselfde. Enige Christen behoort 'n voorstaander van menslikheid teenoor ander te wees. Ter wille van sekerheid en duidelikheid dink ek dit sal beter wees as mens nie daarna verwys as 'n vorm van "humanisme" nie.

Afwesig Kapenaar

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 53
  • Ter wille van die waarheid!
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #7 op: July 30, 2008, 10:24:17 PM »
 
Ek weet dat ek op 'n ander draad onderskeid gemaak het tussen konserwatisme en konserwatief en fundamentalisties en fundamenteel.  Maar tog wil ek hier 'n bepaalde stelling waag.

As jongmens voel ek deesdae baie verwart.  Dit gebeur telkens dat ek my nie meer tuisvoel by seker groepe en organisasies nie.  In die teologie is daar die ortodoksie en die verligte nuwe Hervormers.  Daar word selfs gepraat van Gereformeerd en neo-Gereformeerd.  In die politiek is daar liberaal links en konserwatief regs.  In die Ekonomie is daar vryemark en Marksisme.
Elke mens definieer homself en probeer sy denke en beginsels in 'n woord saamvat.  En nou is dit so dat baie mense speel so met woorde dat ons nie meer luister na wat 'n persoon sê nie.  Dis so belangrik vir sommige mense om konerwatief te wees dat hulle enige iemand wat anders dink as hulle as liberaal afmaak en selfs as 'n nuwe-Hervormer uitkryt.  Want weer, hulle eie manier van dink word verhef tot die enigste "reg" 

Dit is so sekere woorde vandag vir ons 'n negatiewe konektasie het, soos die woord humanisme dalk.  Maar ons moet onthou dat woorde se betekenis verander ook oor tyd heen.  En omdat denkrigtings bly ontwikkel bly mense nuwe definiesies gee vir hulle denkraamwerk.
Ek was onlangs op 'n vergadering waar ek die woord "kontektueel" gebruik het en een van die lede het my verkeerd verstaan, want sy begrip van "kontektueel" was anders as myne.  Hy het egter nie geluister na wat ek sê nie - hy het bloot my geantwoord en gereageer op wat hy dink ek sê, net omdat ek 'n bepaalde woord gebruik het. 

Eks eerlik al hierdie woordjies verwar my.  En as ek myself moet definieer dat sal ek dit dalk soos volg doen, 'n:  neo-konserwatiewe - neo-Gereformeerde - neo-Marxistiese - sommer-maar-net-Jacobus-de-Bruyn persoon.  En wanneer ek dit sê dan weet ek het die helfe van julle al klaar 'n oorval net by die eerst "neo" gekry  ;) ;D

Miskien sukkel ek om myself te definieer, omdat ek maar 'n tipe van 'n Pragmatis is (dalk 'n neo-Pragmatis  :D   )  En ja, ek weet daar is seker ook negatiteit rondom die woord.  Maar ek dink dat ons dans so rondom woorde en definisies vandag dat ons mekaar veroordeel, nog voor ons geluister het na wat die persoon gesê het en dan ly die saak skade, want ons baklei oor definisies, sonder om na mekaar te luister.  En die ergste van alles is dat ons baie keer dieselfde ding sê, maar dit nie hoor nie, want ons is so bang dat as ek sê:  dis nou oulik!  - dan is ek liberaal of humanisties of wat ook al. 

In my lewe ervaar ek dit baie dat ek te regs is vir die linkses, te konserwatief vir die liberales, maar terselfdetyd is ek te links vir die regses en te liberaal vir die konserwatiewes!!!!!  Daarom dat ek dalk so verwart voel deesdae.  Ek voel dat as iets kan werk, en as iets goed is, en as iets positief is, en dit bots nie met die Bybel nie, kom ons gebruik dit, maak nie saak wat se definisies mense daaraan koppel nie.  So ek is maar seker 'n Pragmatis.  Maar al wat ek vra is:  kom ons luister 'n slag na die mense om ons en haal die positiewe uit die bydra wat hulle probeer lewer en moenie mekaar opgrond van definisies sommer net so veroordeel, nog voor iemand klaar gepraat het nie.

Ek is dus eintlik maar sommer net Jacobus  :D

Jacobus
Seek not the favour of the multitude; it is seldom got by honest and lawful means. But seek the testimony of few; and number not voices, but weigh them." - Immanuel Kant -

Jankejan

  • Gas
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #8 op: July 30, 2008, 10:39:38 PM »
Jacobus, ek hou deesdae nogal van die Bravolisme: Dit stem my tot positiewe denke.  ;)

Neo-marxisties? Jong, ek het so gehoop ons het hierdie debat destyds in 2003 afgesluit. Lyk my MAMMA (Marxistiese Afrikaners Met Moedelose Aggressie) het nou weer herleef? Of is dit nou weer KA# (Kommunistiese Afrikaner Koalisie)?  ;D ;D ;D

Ja ek weet, jy het goeie bedoelings oor hoekom jy sekere goed se. Spot maar net!  ;)
« Laaste verandering : July 30, 2008, 10:41:26 PM deur Jankejan »

Afwesig Kapenaar

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 53
  • Ter wille van die waarheid!
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #9 op: July 30, 2008, 10:49:33 PM »
Dankie!  ;)

Ek hou van Bravolisme!! ;D

Jacobus
Seek not the favour of the multitude; it is seldom got by honest and lawful means. But seek the testimony of few; and number not voices, but weigh them." - Immanuel Kant -

Afwesig Johann Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 337
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #10 op: July 31, 2008, 11:06:56 AM »
 
Dit is so sekere woorde vandag vir ons 'n negatiewe konektasie het, soos die woord humanisme dalk.  Maar ons moet onthou dat woorde se betekenis verander ook oor tyd heen.  En omdat denkrigtings bly ontwikkel bly mense nuwe definiesies gee vir hulle denkraamwerk.
...
Ek voel dat as iets kan werk, en as iets goed is, en as iets positief is, en dit bots nie met die Bybel nie, kom ons gebruik dit, maak nie saak wat se definisies mense daaraan koppel nie.  So ek is maar seker 'n Pragmatis.  Maar al wat ek vra is:  kom ons luister 'n slag na die mense om ons en haal die positiewe uit die bydra wat hulle probeer lewer en moenie mekaar opgrond van definisies sommer net so veroordeel, nog voor iemand klaar gepraat het nie.

Baie dankie, Jacobus!  Ek dink jy het jou gevoel en denke uitstekend onder woorde gebring. Ek kan maar net sê:  Bravo vir Bravolisme!  :)


Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #11 op: July 31, 2008, 12:30:11 PM »
Ek raak sommer opgewonde oor wat ek lees.

In die lig van wat Jacobus geskryf het, kan 'n mens dan tog sê dat die Hervorming in die konteks van daardie tyd Humanisties was. Of hoe?

Ek stem saam dat ons glad nie die moderne humanisme en die hervorming soos deur Martin Luther by mekaar sal kan uitbring nie, want ons idee van Humanisme vandag is in stryd met die basiese vertrekpunte van die hervorming.

Maar die woord humanisme het oor die jare telkens nuwe betekenis gekry en daarom sal ons wel kan sê dat die Hervorming in die konteks van daardie tydsgees humanisties was.

Of is ek heeltemal van die wa af?

 :P  ;)
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #12 op: July 31, 2008, 12:42:52 PM »
OD,

Ek weet nou nie van die wa nie, maar die bus het jy gemis....   :P ;D

Terwyl jy nou 'n slim teoloog is en ek maar 'n eenvoudige sondaar, sal ek graag van jou verneem of die hervormers teen die Roomse kerk opgetree het of het hulle vir die mense (bevolking) op getree?

Maar voor jy daardie vraag antwoord is dit belangrik om te kyk na wat was hulle motivering. Was dit:
1. Vir God (omdat die Roomse kerk "teen" God opgetree het)
2. Vir die mens( omdat die Roomse kerk die bevolking verdruk het?)

As jy die vrae kan antwoord, sal ons weet of hulle Humaniste was en of hulle Christene was.

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #13 op: July 31, 2008, 01:17:43 PM »
(Jammer dis bietjie van die draad af...)

Ek wil nou nie weer die pretbederwer wees nie, maar taalkundig is Bravolisme nie korrek nie. -(l)isme is 'n korrekte agtervoegsel vir woorde wat met 'n -l eindig soos nasionaal of liberaal, ens.

Ek vermoed die korrekte term sal wees - Bravoïsme, want dit eindig op 'n vokaal/klinker. Amper soos Naziïsme. ;D :P

Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #14 op: July 31, 2008, 01:21:52 PM »
Hmmm... Voor ek nou as volslae humanis bekendstaan moet ek dalk net eers sê dat ek nou maar net 'n bietjie dwars probeer wees. Ek speel dalk so 'n bietjie duiwelsadvokaat...

Die speletjie is vir my pret, so ek gaan nog 'n bietjie speel.  ;D

Ben... Op 'n ernstige noot. Ek dink dit het oor albei gegaan. Dit het gegaan oor die Roomse kerk wat die Bybel in baie meer as net een opsig verdraai het, sodat dit die kerkstelsel kan ondersteun.

Dit het eerstens gegaan oor God en Sy eer. (Soli deo Gloria)

Maar ook oor ander sake soos.
Sola Sacra Scriptura (Slegs die Heilige skrif as woord van God)
Soli Fide (Slegs deur die geloof word jy gered)
Soli Gratia (Ons word gered slegs op grond van genade uit die hand van die Here)

Binne elkeen van hierdie Soli's lê daar iets van medemenslikheid, want die roomse kerk het vir sy lidmate gelieg deur vir hulle te vertel van 'n vagevuur, boetedoening en die mag van die priesters en die pous om sondes te kan vergewe.

Die lidmate van die RKK is uitgebuit ter wille van die koffers van die kerk en ten koste van die eer van God.

Die 2 sake gaan dus hand aan hand. Die hervorming was dus eerstens tot eer van God, maar tog ook sekondêr omdat ons ons naaste moet liefhê soos onsself.

Onthou. Om jou naaste soos jouself lief te hê beteken ook onder andere.
Jy mag nie moor nie.
Jy mag nie steel nie.
Jy mag nie lieg nie.
Jy mag nie egbreek pleeg nie.
Jy mag nie begeer nie.

Hierdie is alles sondes waaraan die RKK in die tyd van die Hervorming baie skuldig was.

My gevolgtrekking:
Die hervorming was in reaksie op die RKK se minagting van die Bybel in sy geheel. Ons sal nie die sondes teen God en die sondes teen die lidmate van mekaar kan losmaak nie. Sondes teen jou medemens is in elkgeval ook sonde teen God.

Dit is nou wat 'n mens noem 'n bondige samevatting, as iets onduidelik is moet julle maar vra. Jacobus is egter 'n groter kenner van die kerkgeskiedenis as ek. As ek die pot mis sit jacobus, moet jy maar reghelp.

OD
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!

Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #15 op: July 31, 2008, 01:24:20 PM »
Bravoïsme. Amper soos Naziïsme...

Dit klink vir my nogal goed...  ;D
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #16 op: July 31, 2008, 01:27:24 PM »
Bravoïsme. Amper soos Naziïsme...

Dit klink vir my nogal goed...  ;D

Ek was bang dat daardie opmerking die draad gaan ontspoor...  ;D

Ek het eintlik die spelvorm bedoel, altwee woorde kry deeltekens op die -ïsme om te wys dat dit 'n nuwe lettergreep is.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #17 op: July 31, 2008, 01:38:00 PM »
OD,

Ek sal self nog so rukkie saam met jou speel....

Goed, ek stem saam met jou dat dit vir die hervormers primer gegaan het oor "Soli deo Gloria".

Ook dat dit in die Roomse kerk nie daaroor gegaan het nie, maar oor geld. Hulle het die mense gemelk, maar om die mense te kan "melk" moes hulle vir die mense 'n voordeel inbou. boetedoening was dan die menslike voordeel wat hulle geskep het. Dit was 'n humanistiese gebruik, die mens se voordeel gekoop met geld.

My gevolgtrekking was dan juis dat die hervormers teen die humanistiese gebruike in die Roomse kerk was en dus teen die humanisme.

Tog leer die Bybel ons dat ons, ons naaste moet lief he soos ons self (maar nie meer as vir God nie). Daarom ook dan dat 'n Christen menslik moet wees. 

Jankejan

  • Gas
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #18 op: July 31, 2008, 01:41:15 PM »
Ek het eintlik die spelvorm bedoel, altwee woorde kry deeltekens op die -ïsme om te wys dat dit 'n nuwe lettergreep is.

Dankie vir daardie tikkie Karina(i)sme      ::)

Afwesig Marius Nell

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 6
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #19 op: July 31, 2008, 05:45:10 PM »
Skies, ek weet ek is nuut, maar ek waag dit maar om iets te sê of dan te vra.

Ek sit hier met 'n geskiedenishandboek wat gedruik is in 1950.  Dis 'n handboek vir St. 7 geskiedenis.  Daarin is 'n hele twee hoofstukke oor die hervorming en sy aanloop.  En binne in die lesse word Sederius Erasmus, wat die Griekse tekste versamel het en die Bybel begin druk en versprei het, sowel as Johannes Hus wat 'n voor-hervormer was  "humaniste"  genoem.  Dit lyk vir my of dit die naam is wat die Roomse Kerk gegee het aan die mense wat met die gesag van die Roomse Kerk wou breek (?).  Ek sien hier is dominees ook hier, miskien kan hulle my sê of die boek reg is?

Marius


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal