Skrywer Onderwerp: Dankie tog vir Humanisme!  (Read 3642 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #20 op: July 31, 2008, 05:51:20 PM »
Die boek is reg. Hulle was Humaniste genoem. Maar nie humaniste binne ons moderne konteks nie. Hulle was Humaniste in die konteks van die tyd waarbinne hulle geleef het, wat 'n ander betekenis het as wat ons vandag daaraan koppel.

Die ligkant van Humanisme...  :D  :D  :D
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #21 op: July 31, 2008, 05:53:07 PM »
Soos wat ons rassiste genoem word? Miskien is jy reg Marius, dit was dalk propaganda teen die Hervormers.

Afwesig Kapenaar

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 53
  • Ter wille van die waarheid!
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #22 op: August 01, 2008, 09:51:27 AM »
Marius, dit is so.  Die boek is reg.  Ek het so 'n bietjie in kerkgeskiedenisboeke gaan kyk.  Die term "humaniste" word wel aan van die kerkhervormers toegedig.  Daar word egter heeltemaal iets anders met die term bedoel as wat ons vandag daarmee bedoel.  Dit lyk vir my wel jy is reg.  Dit blyk dat die mense wat die kerk wou hervorm en gekant was teen die wanpraktyke van die RKK en die RKK se magsmisbruik as humaniste gebrandmerk is omdat hulle voorgehou is as mense wat die kerk se bande met hulle en gesag oor hulle wil afbreek.
Interessant dat Thomes Cramer in Engeland wat deur Henry die VIII aangestel is as aartsbiskop van die Engelse Kerk ook as 'n humanis bestempel is.  Hy was egter nie 'n protestant nie, inteendeel hy het die protestante vervolg.  Maar al was hy 'n fanatiese Rooms Katoliek was hy ook ten gunste van hervorming in die RKK self en het hy ook soms uitsprake gemaak teen die tiranie van die Pous.  Daarom is ook hy as 'n humanis beskou.  Hy was wel ook 'n voorstaan van vreedsame onderhandelinge in plaas van oorlog en hy het  voortdurend pogings aangewend om die konings van Europa  'n oorkoepelende vredesverdrag te laat sluit. 

So dit lyk vir my dat die woord "humanisme" wel gegee is vir amper enige persoon wat met die Pous se gesag wou breek.  Maar weer moet ons onthou dat die woord vandag negatief indruis teen ons konserwatiewe denke.  Die woord se betekenis het verander.

Jacobus
Seek not the favour of the multitude; it is seldom got by honest and lawful means. But seek the testimony of few; and number not voices, but weigh them." - Immanuel Kant -

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #23 op: August 01, 2008, 01:57:46 PM »
Ons kan selfs verder gaan. Die woord liberaal wys vir ons op die linkses terwyl dieselfde woord in Vlaandere verwys na wat ons verstaan in die woord Vryheid.

Woorde word dikwels na waarde bepaal en na betekenis in die omstandighede van volke / en of tale.

Humanisme het nie oral by al die volke dieselfde betekenis nie - maar in die taal van die Afrikanernasionalis is vryheid presies wat dit is, en liberaal is n ander "vryheid" - net so is die geval met humanisme.
Kennis is mag

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #24 op: August 01, 2008, 02:30:41 PM »
Semantiese bedrog?

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: Dankie tog vir Humanisme!
« Antwoord #25 op: August 01, 2008, 02:49:06 PM »
Karina, mooi saamgevat - en ek kan 'n paar woorde byvoeg, maar ek wil nie onwelvoeglik wees nie.
Kennis is mag


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal