Bravoland

Please login or register.

Login with username, password and session length
Advanced search  
collapse
* Nuwe Inskrywings
Volksmoord by Werner Smook
[September 03, 2010, 11:37:39 AM]


2010 Volkshulp aksie by Adri van Staden
[September 03, 2010, 08:50:45 AM]


Werksgeleenthede vir Volksgenote by Sanderis
[September 03, 2010, 04:39:18 AM]


De la Rey toekenning by Ruan Combrink
[September 01, 2010, 09:15:01 AM]


Vordering in moordsake by Werner Smook
[September 01, 2010, 09:05:03 AM]


Heldinne-aand 2010 by Ruan Combrink
[September 01, 2010, 09:01:13 AM]


Bees Roux by Boo
[September 01, 2010, 08:25:21 AM]


Ons gaan baie armer word by Clem de Klerk
[August 31, 2010, 04:40:20 AM]


Oud-politikus, vrou aangeval by Werner Smook
[August 30, 2010, 10:11:37 AM]


Vakbonde, Arbeid en Stakings! by André Strydom
[August 29, 2010, 11:29:21 PM]


* SA Topsites
SA Topsites :: .

Pages: [1]   Go Down

Author Topic: Uitnodiging van GHA  (Read 770 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ben Geldenhuys

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 7105
  • Verkenner
    • WWW
Uitnodiging van GHA
« on: August 12, 2008, 09:40:55 AM »
ONS TAAL VERJAAR!

Daar is seker min tale op moeder aarde wat ‘n verjaarsdag het.

Afrikaans is een van hulle.

Op Donderdag 14 Augustus 1875 is ons taal gebore toe agt “jollie kêrels” in die Gregoriaanse tweeverdiepinghuis van die suksesvolle wynboer Gideon Malherbe in die Paarl bymekaar gekom het en die Genootskap van Regte Afrikaanders gestig het.

Hulle leuse was: Vir God, taal, volk en vaderland.

Daar is formeel in die geheim besluit, teen die verwagte venynige aanvalle van die “Afrikaanders met Hollandse harte en Afrikaanders met Engelse harte” om die mooiste en modernste taal onder die son, ons taal Afrikaans te bevorder en uit te bou.

Wat vanjaar se viering besonders maak, is dat dit presies 75 jaar gelede is wat die Bybel in Afrikaans die eerste keer die lig gesien het.

In die kort voorstelling Die Eerste Tree wat dr L Erasmus du Toit, ondervoorsitter van die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans geskryf het en wat Donderdagaand in die Willie Marais Afrikanersentrum, hv Paul Kruger en Neethlingstraat opgevoer gaan word ter viering van ons taal se verjaardag, stel hy dit dat ds S J du Toit dié vergadering aangelê het met die oog daarop dat die Bybel in Afrikaans vertaal moet word.

Maar, wat so mooi in die stuk uitkom, is dat die manne daar besef het dat ons taal eers gevorm en geskaaf moet word alvorens “ons taal gereed sou wees om Gods woord te kon ontvang.” En in 1933, agt jaar nadat Afrikaans vir die eerste keer as amptelike taal langs Engels in Suid-Afrika kom staan het, is die Afrikaanse Bybel op Sondag 27 Augustus landwyd in kerke beskikbaar gestel.

Persone wat graag saam met ons wil fees vier, is baie welkom. Die toegang is gratis, kinders is welkom en daar is volop veilige parkering.

Prof Adriaan Pont gaan ons verrigtinge met skriflesing en gebed open. Mnr Theuns de Wet, voorsitter van die AKB sal die verwelkoming doen. Jofranie en die sangskool, Chris Coetzer Studio van Montana, gaan die geleentheid ophelder met die sing van pragtige gewyde liedere.

Die dames van Aksie Vrouekrag gaan ons tydens pouse met heerlike sop en broodjies bedien.

Persone wat belangstel en meer inligting verlang, kan dr Müller Pretorius by die GHA kantoor bedags tussen 8 en 1 skakel. Die nommer is 012 335 3321.

Vriendelike Afrikanergroete.

André Alkema
Voorsitter – GHA
Logged
Die waarheid is haatspraak vir enige mens wat iets wil wegsteek.

Pages: [1]   Go Up