Volksekonomie > Departement van Handel en Nywerheid

Adverteer jou onderneming hier!

(1/11) > >>

Ben Geldenhuys:
Bravolanders,

Tydens 'n onlangse onderhoud op Radio Pretoria het ek beloof dat volksgenote wat 'n onderneming bedryf wat van volkseie arbeid gebruik maak, hulle ondernemings gratis kan adverteer op Bravoland.

Vir die begin sal dit op hierdie draad geskied. Na verlang van die aanvraag vir die diens, sal dit moontlik uitgebrei word.

Vriendelike groete,

Ben Geldenhuys


ns. Ek sal 'n voorbeeld plaas van hoe die "advertensie" moet lyk.

Ben Geldenhuys:
Huis van Oranje
 
Beherend BPK en
 
Filiale
 


U eenstop finansiële dienstemaatskappy wat ‘n verskeidenheid dienste aanbied nml :
 

 
* Boedelbeplanning en lewensversekering
 
* Begrafnisdekking
 
* Korttermynversekering
 
* Beleggings in eiendom- en konstruksie sindikering
 
* Eiendomwaardasies
 
* Eiendomsbemarking
 
* Afslaersdienste
 
* Huislenings en konsolidasie van skuld
 
* Verhuringsadministrasie
 

 
In alle gevalle beskik ons oor die nodige registrasie en kundigheid, en dit stel ons in staat om ‘n vinnige en professionele diens te lewer.
 

 
Die Huis van Oranje bestaan alreeds sedert 1995 as ‘n finansiële instelling. Deurdat ons ‘n firma is wat nog groot erns met die Afrikaner en ons Afrikaans-sprekende volk in ons land, streef ons daarna om net die beste diens vir ons mense te lewer.
 

 

 

 

 
Kontak ons :
 
Tel : 0860 104 297
 
Faks : 0866 831 425
 
Epos : inligting@hvo.co.za
 

 
Adres : Jamesrylaan 194
 
             Silverton
 
               0127


Sanderis:
Ben , die advertensie wat jy geskep het , is dit feite ? Indien wel , mag ek dit versprei ?

Ben Geldenhuys:
Sanderis,

Dit is feite en ek glo HVO sal bly wees as jy dit versprei.

Sanderis:
So gesê , so gedaan . Met tyd sal Verspreidingsnetwerk uitbrei.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version