Skrywer Onderwerp: Orania beweging  (Read 1955 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afrikanermeisie

  • Gas
Orania beweging
« op: August 10, 2008, 02:03:26 PM »
Op Sondagaand 10 Augustus (vanaand) is Frans de Klerk, Uitvoerende Hoof van die Orania Beweging, in gesprek met Freek Robinson op Fokus op SABC2 om19:30.

Op Maandag oggend 11 Augustus is Frans en Carel Boshoff (iv), President van die Orania Beweging, om 08:00 in 'n Radio onderhoud met Freek op RSG se Praatsaam program. Luister gerus en probeer inbel as julle kan.

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: Orania beweging
« Antwoord #1 op: August 10, 2008, 08:22:10 PM »
Frans het hom uitstekend van sy taak gekwyt - al het ou Freek probeer negatiewe klanke maak, het Frans hom telkens met kolskote geantwoord.
Kennis is mag

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Orania beweging
« Antwoord #2 op: August 10, 2008, 11:10:11 PM »
Volkstaat-idee verwerp
Dirk Hermann praat op Orania


) jan-jan jouberten
henry cloete

ORANIA. – Inwoners van hierdie spilpunt van Afrikaner-selfbeskikking het Saterdagoggend regop gesit toe dr. Dirk Hermann van die vakbond Solidariteit die volkstaat-gedagte verwerp het as van die werklikheid verwyder en verteenwoordigend van isolasie.

Hermann het op die viering van die Orania-stigting se twintigste bestaansjaar inwoners eerder gevra om te fokus op lokalisme en selfstandigheid.

“Die volkstaatkonsep is uitgedien en moet vervang word met die idees van ’n selfstandige gemeenskap.

“ ’n Volkstaat met ’n eie regering is te ver van die werklikheid om mense opgewonde te maak. Die woord volkstaat plaas Orania binne die denkraamwerk van isolasie.

“Orania het self ’n nuwe idioom en nuwe idees ontwikkel. Orania het self die volk-staat ontgroei,” het Hermann aangevoer.

Hermann het die dorpie aangeprys as een wat “ontplekte” Afrikaners weer kan “beplek”, maar gesê Orania moet die vertroue van Afrikaners wen.

Die sowat tagtig mense wat van oor die land heen en van die dorp opgeruk het, het applous gegee op Hermann se toespraak, maar dat sy mening gedebatteer eerder as noodwendig gedeel word, was gou duidelik.

Prof. Carel Boshoff, stigter van Orania, het toegegee die volkstaat-konsep het besoedel geraak, maar gesê oor die toekoms van die staatsbedeling is daar nou verskeie menings. “Eenheid met die republiek (van Suid-Afrika) moet sover moontlik behou word, maar niemand kan voorspel hoe die toekoms in Suid-Afrika gaan ontplooi nie. Ons moet binne Suid-Afrika bly in ’n konfederale bestel, of buite die republiek as dit nie anders kan nie,” het Boshoff gesê.

Die ekonoom mnr. Hannes du Preez het in sy toespraak gese party mense verkies nie die woord “volkstaat” nie, maar hy sal dit bly gebruik, wat met verskeie “hoor-hoors” uit die gehoor begroet is.

Du Preez het trouens die skep van ’n alternatiewe regs- en veiligheidstelsel vir Orania bepleit en die huidige verbintenis gelyk gestel aan ’n naelstring.

“My hoop is dat Orania ’n suksesvolle dorp binne ’n groter Afrikaner-volkstaat sal word,” het hy gesê.

Die debat oor die volkstaat-gedagte kan ook verdelende implikasies hê vir die VF+, wat die volkstaat-konsep luidens sy missie nastreef en wat in 1994 spesifiek vir die nastreef van ’n volkstaat gestig is.

Dr. Pieter Mulder, VF+-leier wat saam met drie van sy party se provinsiale leiers in die gehoor was, het by navraag gesê ’n meerderheid van 80% in die VF+ se besture is nodig om die missie te verander.

Mulder het toegegee meningsverskil bestaan in die party oor die behoud van die volkstaat-ideaal, maar het gesê dis “nie meer so ’n groot stryery as wat dit was nie”. Hy meen die volkstaat-term is besoedel.

Mnr. Carel Boshoff (IV), leier van die VF+ in die Noord-Kaap, het hom egter teen die uitlating van die volkstaat-ideaal uitgespreek.

Boshoff meen dis “nie nou nodig om met woorde te begin speel nie”.

Foto: VOLKSTAAT? Dié aanhaling van die VF+ se missie pryk op ’n advertensiebord in Orania.Foto: henry cloete
« Laaste verandering : August 10, 2008, 11:14:36 PM deur Karina de Jager »

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Orania beweging
« Antwoord #3 op: August 10, 2008, 11:13:51 PM »
Orania-beweging vier 20ste jaar
Nuwe antwoorde en tye bekyk

) henry cloete

ORANIA. – Die Orania-beweging het die naweek sy 20ste bestaansjaar gevier, onder meer met ’n konferensie met die tema Nuwe antwoorde vir nuwe tye op dié dorp.

Die Orania-beweging is in 1988 onder die naam Afrikanervryheidstigting gestig en die dorp Orania is in 1991 gekoop.

Die dorp beywer hom sedertdien vir Afrikaner-selfbeskikking.

Mnr. Carel Boshoff (IV), president van die beweging, het in sy toespraak gesê die rede vir die konferensie met dié tema is dat “nuwe antwoorde nie in onsself of in die groter ‘self’ wat ons veronderstelde gehoor insluit, geleë is nie, maar buite onsself en buite ons beheer geleë is in wat ons vir die doel van die konferensie as ‘nuwe tye’ beskryf.”

Boshoff en ander sprekers het gefokus op die vooruitgang van Orania in ’n praktiese sin en meer selfstandigheid wat veral die ekonomie, instellings en strategieë betref.

“Dat ’n lewende gemeenskap ’n sorgsame gemeenskap is, is op teoretiese vlak eenvoudig genoeg, maar om in die praktyk voorsiening te maak vir die kwesbaarhede van die mense én die omgewing waaruit die gemeenskap bestaan, is ’n heeltemal ander saak,” het Boshoff aangevoer.

Ongeveer 80 mense het die konferensie bygewoon.

Die dorp het ’n inwonertal van by die 700.

Dr. Pieter Mulder, VF+-leier, was een van die mense wat na die dorp gereis het om die konferensie by te woon.

Mnr. Frans de Klerk, hoofamptenaar van die beweging, het klem gelê op die kwessie van arm en werklose Afrikaners en die rol wat Orania daarin speel om hulle tot hulp te kom.

“Orania is die eerste Afrikanergemeenskap wat ’n beleid van eie arbeid en selfwerksaamheid toepas. In die verlede het nie-Afrikaners baie van die werk, veral hande-arbeid, binne die Afrikanergemeenskap verrig. Dit het daartoe gelei dat sekere beroepe vir Afrikaners ontoeganklik begin word het. Binne Orania is daar werk vir almal: van die straatveër tot die professor. Niemand kan weggewys word nie, want elkeen se bydrae is van lewensbelang vir die gemeenskap.”

’n Algemene gevoel van trots vir die dorp en die beweging het uit die sprekers se referate geblyk.

“Die eier het uitgebroei, die kuiken begin al sulke harde veertjies kry en skrop-skrop al in die sagte grond. Binnekort sal elke meerkat wat verby kom ook nie meer ons harte in ons kele laat klop nie,” het Boshoff gesê.

MNR. CAREL BOSHOFF (IV) praat op Orania se konferensie die naweek. Op die agtergrond is die dorp se vlag.Foto: henry cloete

DR. PIETER MULDER, VF+-leier, was een van talle wat na die dorp gereis het om die konferensie by te woon.Foto: henry cloete

DIE vlag van Orania wapper buite die gemeenskapsaal op Orania, waar die naweek se konferensie gehou is.Foto: henry cloete

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Orania beweging
« Antwoord #4 op: August 10, 2008, 11:19:35 PM »
Nuwe inwoners op Orania eers gekeur
) henry cloete

ORANIA. – Vereenselwig u u met Orania se strewe na ’n eie gebied vir Afrikaners?

Dít is een van die vrae op ’n aansoekvorm wat voornemende inwoners van Orania moet invul voordat hulle boonop ’n “toelatingsonderhoud” met vyf paneellede moet slaag om te bepaal of hulle hulself mag toevoeg tot dié dorp se inwonertal, wat nou op sowat 700 staan.

’n Grondwet wat volgens mnr. Frans de Klerk, hoofamptenaar van die Orania-beweging, die doelstellings van die dorp duidelik maak, naamlik die Vluytjeskraal Aandeleblok Bpk. se grondwet, word ook aan die aansoekvorm geheg.

“Ons . . . glo dat ons ons roeping om die aarde te bewerk en te bewoon ook beter kan nakom deur vir die Boere-Afrikanervolk ’n vrye volkstaat in die Noordweskaap (sic) tot stand te bring,” lui die eerste punt op dié vorm.

“Ons onderneem om, in gelowige erkentlikheid aan God, die Afrikaanse taal, kultuur, tradisies, opvoeding van ons kinders en lewens- en wêreldbeskouing van die Boere-Afrikanervolk te alle tye te onderskryf, te beskerm, uit te leef en te bevorder,” is nog ’n punt.

Volgens dr. Manie Opperman, tweede visepresident van die Orania-beweging, is heelwat mense al weggewys. Voortvlugtiges van die gereg tel onder dié wat in Orania laag wou lê, maar nie tot die dorp toegelaat is nie.

Op die naweek se konferensie is die punt oor hoe om mense wat sonder enige besittings op Orania opdaag te hanteer, ook uitgelig.

“Daar is ’n redelike persentasie van die mense wat aansoek doen wat misdadigers is. Maar die polisie het hulle kom optel,” sê Opperman.

’n Vrou wat na Orania wou verhuis ter wille van die “rustigheid en veiligheid,” is ook weggewys omdat sy haar nie kon vereenselwig met “Orania se strewe na ’n eie gebied vir Afrikaners” nie.

Paartjies wat voornemens is om na Orania te trek mag onder geen omstandighede saamwoon voordat hul getroud is nie.

“Dit is vir ons kerke onaanvaarbaar. Gesinsnorme is ook vir ons gemeenskap baie belangrik.”

Daar is ook gevalle waar Engelssprekendes, wat byvoorbeeld Afrikaanse eggenote het, aansoek gedoen het.

“As hulle in die dorp kom bly, dan word hulle egter Afrikaners. Alles hier is in Afrikaans. Ons probeer ook die Afrikaanse gemeenskap behou. As Engelse sou begin om saam te groepeer, sal hulle teen die doel van die dorp kan werk.”

’n Akte van “verbintenis met die gemeenskap van Orania” moet ook onderteken word.

Die strewe na ’n Afrikanervolk-staat “waar ons weer vry kan wees en self oor die aard van ons instellings soos skole en gemeenskapslewe kan beskik” en “Christelike lewenswaardes en leefwyses” kan nastreef, maak deel uit van dié verbintenis, lui die akte. Volksvreemde verteenwoordigers en werknemers van buite Orania, word egter beleefd in Orania ontvang en word nie verhinder om hul pligte binne Orania uit te voer nie.”

VOORNEMENDE inwoners van Orania moet deur ’n streng keuringsproses gaan voordat hulle toegelaat word om op die dorp te woon.
Foto’s: henry cloete

VERSKEIE standbeelde en borsbeelde van oudpremier Hendrik Verwoerd pryk op Orania. Op die koppie langs die gemeenskapsaal is borsbeelde van ander oudeleiers soos genl. J.B.M. Hertzog (op die foto) ook te sien.

’n GEDEELTE van die aansoekvorm wat voornemende inwoners van Orania moet invul.

EIE GELDEENHEID: ’n Tien Ora-noot. Inwoners van Orania werk met dié geldeenheid, wat in waarde gelyk aan die rand is.

DIE Hendrik Verwoerd-gedenksentrum op Orania.Foto: henry cloete
« Laaste verandering : August 10, 2008, 11:24:17 PM deur Karina de Jager »

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Orania beweging
« Antwoord #5 op: August 10, 2008, 11:27:04 PM »
Nog foto's: (Ek het ongelukkig nie die onderskrifte nie...)

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Orania beweging
« Antwoord #6 op: August 11, 2008, 09:11:28 AM »
Dirk Hermann se uitlatings maak my hartseer. Dit is tipies iets wat die "broeders" sal se. Ek glo egter nie hy is een nie en mens kan ook nie verby die goeie werk wat hy doen kyk nie.

Dit is egter so dat met hierdie uitspraak, kelder hy die gedagte aan vryheid vir baie mense. Die realiteit van die NSA is dat die land nie gered kan word nie. Die enigste redding vir die Afrikaner is 'n volkstaat. Daardie realiteit het blykbaar nog nie tot hom deur gedring nie.

Sanderis

  • Gas
Insake: Orania beweging
« Antwoord #7 op: August 16, 2008, 01:20:07 PM »
Mnr. Frans de Klerk en Mnr. Carel Boshoff (iv) , het op die Radioprogram "Praatsaam" van RSG met Freek Robinson gepraat .
Die program kan hier verkry word :
http://www.rsg.co.za/programme_meerinfo_gen.asp?id=100033

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Orania beweging
« Antwoord #8 op: September 06, 2009, 11:36:43 AM »
Ek is lid van die Orania Beweging, en elke maand skenk ek 'n donasie van R30.00 aan die beweging. 'n Paar maande gelede het iemand van hulle kantoor my gebel en gevra of ek nie my debietorder wil opskuif na R40.00 toe nie. Ek het gesê dis als reg en hulle het my nog vertel dat die oproep opgeneem word vir enige terugverwysing en besonderhede ensovoorts.

Vir 'n paar maande het die debietorder getrou R40.00 afgegaan, maar verlede maand toe hulle debietorder deurgaan, kry ek 'n SMS wat wys daar is R50.00 afgetrek. Toe los ek dit en wag maar en kyk, dalk is dit hierdie maand weer reg, maar nee, weer R50.00.

Ek wil nie kerm oor R10.00 nie, dit gaan my nie armer maak nie, dit is net vir my oneties dat hulle geld van my "steel". As hulle daarvoor gevra het, sou ek dit tien teen een vir hulle gegee het.

Is daar enigiemand wat 'n soortgelyke ondervinding gehad het die afgelope twee maande?

Hierdie storie krap my regtig om. Ek is sommer lus en kanselleer die hele ding. 'n Mens vra as jy iets wil hê, jy vat dit nie sommer onregmatig nie.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Orania beweging
« Antwoord #9 op: September 06, 2009, 01:48:33 PM »
Karina dink jy nie jy moet eers gaan seker maak waar die fout ingesluip het nie. Ek twyfel of die oraniers sommer uit eie wil die bedrag verhoog het. Het jy die oraniers gebel en seker gemaak of dit wel hulle is wat die bedrag verhoog het.

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Orania beweging
« Antwoord #10 op: September 06, 2009, 02:21:54 PM »
Ek sal hulle bel, moet jy nie bekommer nie.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal