Skrywer Onderwerp: Amptelike besoek - Radio Pretoria  (Read 1603 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Amptelike besoek - Radio Pretoria
« op: August 02, 2008, 02:28:45 PM »
**Kennisgewing**

Bravoland is genooi om as gaste in Sakkie v/d Merwe se program besoek af te lê by Radio Pretoria. Dit was vir my en ASP Jan Beyers 'n groot voorreg om Bravoland amptelik op ons volk se enigste Radiostasie te teenwoordig.

Bravoland besef dat ons geen "reg" of "aanspraak" het op lugtyd by Radio Pretoria nie en besef ook dat dit 'n voorreg was om ons saak oor die lug te stel.

Bravoland se verhouding met Radio Pretoria was nog altyd een van wedersydse respek, aangesien albei betrokke is by die volksaak en mekaar se visie deel van volksvryheid. Daarom was dit nog altyd ook maklik vir Bravoland en Bravolanders om Radio Pretoria te ondersteun. Ook glo ek dat dieselfde geld vir Radio Pretoria.

Dit gaan tog oor die volksaak en nie Bravoland of Radio Pretoria ag hulleself groter as die volksaak nie. Gedienstig dien ons die volk saam, elkeen op sy eie terrein, totdat hierdie volk weer vry is!

Daarom ook is dit maklik en logies vir Bravoland om waar ons kan (hoe beskeie ons bydrae ookal mag wees), Radio Pretoria se hand te sterk in ons gesamentlike volksaak.

Dieselfde geld ook vir ander organisasies wat dieselfde strewe het.

Die uwe,

Ben Geldenhuys

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: Amptelike besoek - Radio Pretoria
« Antwoord #1 op: August 04, 2008, 11:31:54 AM »
Dankie Boere, julle doen dit goed en reg - en Bravoland is trots op julle. So ook Radio Pretoria!

Wie neem ongemagtig fotos  ;) ;) ;) ;)
Kennis is mag


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal