Skrywer Onderwerp: Dankie tog vir CVO skole  (Read 1814 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Dankie tog vir CVO skole
« op: August 19, 2008, 06:35:14 PM »
Die nuus van die satanistiese kind wat by 'n skool in Krugersdorp 'n ander kind gedood het met 'n swaard het 'n skudding veroorsaak.

Verskeie verwyte word rond gegooi oor die redes vir die "aanval". Die DA se woordvoerder reken dit is die skool se skuld aangesien die skool se sekuriteit nie na wense is nie. Daar is persone wat van mening is dat dit die ouers se skuld is. Dat die ouers die kind nie moes toelaat om na sekere musiek moes luister nie.

Ek is egter van mening dat dit die ANC se skuld is. Die ANC het ons eens Christelike staatskole verander in satansneste.

Hierdie insident is ook nie ge-isoleerd nie. Krugersdorp staatskole was die afgelope tyd heelwat in die nuus. Daar was die vyftienjarige Lizelia Joubert van Hoërskool Jan de Klerk,  wat vir 15dae opsoek was. Ook was daar die twee meisies wat hulleself opgehang het en in 'n brief verklaar het dat dit vir hulle beter was om hulleself dood te maak as om in die mag van satan te beland.

In die goeie "ou" Suid-Afrika was daar nie sulke probleme nie. Die "nuwe" Suid-Afrika het hierdie probleme veroorsaak. Daarom ook dat CVO skole geskep is, om ons kinders te beskerm teen hierdie gevare.

Dankie tog vir CVO skole!

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: Dankie tog vir CVO skole
« Antwoord #1 op: August 19, 2008, 08:20:27 PM »
Dit is wat gebeur as die Christelike inslag vervang word met allerhande afgodedienste wat die kinders moet leer . Die ouers is nie onskuldig nie want waar is hul doop belofte nou?
Kennis is mag

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1167
  • Verkenner
Insake: Dankie tog vir CVO skole
« Antwoord #2 op: August 20, 2008, 08:30:53 AM »
Ek dink die meeste ouers van kinders in staatskole is onbewus van CVO skole in hulle omgewing. Die wat wel weet verkeer onder die indruk dat CVO skole onbekostigbaar is, omdat dit 'n "privaat skool" is.

Ons moet meer doen om die bekostigbaarheid van die CVO skole onder mense se aandag te bring.

Die teenvraag is natuurlik wat se prys is te duur om vir jou kind se opvoeding te betaal.

Ek is 'n nuwe CVO ouer. Ek is net spyt dat ek nie my kind vroeer geskuif het nie vanwee my eie onkunde!
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7400
  • Christa Burger
Insake: Dankie tog vir CVO skole
« Antwoord #3 op: August 21, 2008, 09:32:56 AM »
Alwyn, vergeet die verwyte en wees net trots op jouself dat jy tot daardie stap oorgegaan het. Daar is baie ouers wat wel bewus is van die alternatief, maar net nooit sover kom om dit te gebruik nie.

Hier by ons is glad nie CVO skole nie, maar wel twee privaat skole. Ekself kan nie R1150.00 'n maand bekostig nie, dus was tuisonderrig 'n alternatief vir my. Gelukkig vir my, gee my ma vir hom skool, terwyl ek werk. Ek sal bitter graag 'n CVO skool hier wou oprig.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1333
  • Verkenner
Insake: Dankie tog vir CVO skole
« Antwoord #4 op: August 21, 2008, 10:27:45 AM »
Christa..

Vra jou kerk om jou te help met die oprigting van 'n CVO Skool..

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7400
  • Christa Burger
Insake: Dankie tog vir CVO skole
« Antwoord #5 op: August 21, 2008, 01:13:37 PM »
Jan, ongelukkig is dit nou so dat ons gemeente aan die uitsterwe is. Dit bestaan uit 'n klomp oues van dae, daarmee saam is die finansies ook maar skrap. My groot probleem hier, is hoe liberaal die mense is. Hulle wou nie eens he die APK mag hier grond gekoop het om 'n kerk op te rig nie, dus het ons toe 'n ou Joodse kerk in Vanrhynsdorp gekoop. Op hierdie stadium praat ek met soveel as moontlik mense oor tuisonderrig en laat val dan van die CVO so tussen deur. Hopelik kry dit vastrapplek.

Ek wil net bitter graag die mense so ver kry om anders te dink. Die gemaksones waarin baie van die mense lewe is te erg vir my. Ek het gereken dat al kry ek net eers een of twee gewillige ouers wat bereid is om verniet klas te gee. Op die ou end van die dag doen ons dit tog vir ons kinders. Later, wanneer 'n ware skool op die been gebring is, kan 'n mens na vergoeding begin kyk. Ek is dalk te idealisties of iets.

Ben, jy kan nie dalk ons ander inlig hoe julle skool se beginjare was nie? Dit kan ons ander dalk moed gee  ;)

In elk geval, baie dankie Jan. Moontlik moet ek eerder die ander buurdorpe se gemeentes benader...
Moed Vryheid Eer


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal