Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Oranjekas  (Read 12941 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Op kantoor Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Oranjekas
« op: August 26, 2008, 01:31:52 PM »
Dagse Bravolanders.

Gun my die spasie en tyd om die volgende aankondiging te maak.

Huis van Oranje het die inisiatief geneem om nog 'n Boere "bank" (spaar en krediet Kooperatief - SKK) op die been te bring vir die volk.  Dit word gedoen in die wyer plan om ons volk finansieel weer vry te maak, en 'n eie volksbank gestig te kry.  Soos julle reeds weet het Orania en Kleinfontein reeds sulke "banke".

Die beplanning van die Huis van Oranje Spaar en Krediet Kooperatief is al so ver gevorder dat ons nou kan aankondig dat volksgenote wat belangstel daarin, kan aandele reserveer en opneem in die SKK.  Die aandeel prys is R100 per aandeel, met 'n minimum van 5 aandele wat opgeneem moet word.  Die bankrekening is al ge-open, en 'n stigtingsvergaderingsdatum is vasgepen.  Die stigtingsvergadering sal plaasvind op Saterdag die 27ste September 2008 om 10 uur.  dit sal plaasvind in die TLU gebou te Silverton se saal.  Die adres is :

Jamesrylaan 194
Silverton, Pta.

Alle volksgenote word dringend opgeroep na die vergadering, sodat ons met 'n spoed kan wegspring.

ENIGE VOLKSGENOOT WAT BELANGSTEL OM AANDELE IN DIE SKK TE BEKOM, EPOS MY GERUS BY jan@hvo.co.za VIR VERDERE INLIGTING

Hier onder volg 'n verdere verduideliking wat 'n SKK is, en hoe hy bedryf word :

1.   INLEIDING TOT ‘n SKK
1.1   WAT IS ‘n SKK?

Die afkorting wat gebruik word, staan vir Spaar en Krediet Kooperatief.  ‘n SKK is ‘n demokratiese, unieke lede gedrewe, self help Kooperatief.  Dit word besit, beheer en bestuur deur die SKK se lede wat ‘n gesamentlike doel het.  Die lede kom ooreeneen om hul geld in die SKK te spaar, en dan die geld te begruik om vir mekaar uit te leen teen ‘n redelike rentekoers.  Rente word gehef teen die lenings, om die beleggings se rente te dek, asook vir die administrasie en beheer van die SKK.  Daar word geen winste uitbetaal aan buite instansies nie, en die besluit oor wat om met die winste te maak, berus by die lede.
‘n SKK is ‘n demokratiese organisasie wat beteken dat die lede ‘n direksie verkies, en die direksie verkies ‘n bestuur om die SKK te bedryf en mense aan te stel.  Daar word ook ‘n toesighoudende komitee deur die lede aangestel om toe te sien dat die SKK goed deur die direksie bedryf word.
‘n SKK is nie :
•   ‘n Stokvel of spaarklub nie, maar ‘n stokvel of spaarklub kan lede van ‘n stokvel wees.
•   ‘n kommersiele bank wat mense wegwys oor slegte skuld
•   ‘n franchise of maatskappy wat ‘n leningsskema bedryf vir hul eie voordeel
•   ‘n “loan shark” nie

1.2   DIE BELANGARIKHEID VAN “N SKK
SKK’s skep ‘n geleentheid aan sy lede om sy eie geldsake in sy eie omgewing te beheer en te bestuur.  Van die ander voordele van ‘n SKK sluit in :
•   Die beleggings van sy lede word lokaal aangewend tussen die lede vir lenings.  ‘n Idiale model leen 80% van sy beleggings uit aan die ander lede.  Die geld werk en bly tussen die lede.
•   Die rente wat ‘n SKK betaal op beleggings en vra op lenings is oor die algemeen beter as die kommersiele banke omrede ‘n SKK baie laer oorhoofse kostes het.
•   ‘n SKK moedig die lede aan om te spaar, wat in die huidige omstandighede ‘n goeie beginsel is.
•   ‘n SKK leer sy lede om hul geld goed te bestuur, en hou sy lede weg van “loan Sharks” en ander volksvreemde organisasies
•   ‘n SKK verklaar dividende op sy aandele sodra die SKK ‘n wins toon.  Dus is daar voordele in vir die lede sodat hulle ‘n deel van die wins van so ‘n SKK kan kry.
•   ‘n SKK maak nie winste uit buite instansies en bedrywighede nie.  Alle gelde word deur die SKK se lede gein.  Omdat dit mede-lede se gelde is, voel die leners verplig om hul lenings gereeld te diens en te betaal.
•   Lenings word verseker in ‘n SKK.  Dus as die lid doodgaan, word sy leningsbedrag betaal uit die versekering
•   Gelde wat gegenereer word, kan as die lede so instem, aangewend word vir die volkssaak.


1.3   OPERASIONELE ASPEKTE IN DIE BEDRYWING VAN ‘n SKK
Om ‘n SKK te bedryf is soos om jou eie bank te bedryf.  Geld word ingeneem as beleggings en spaar rekeninge, en daardie geld word aan die ander lede geleen.  Die bestuur daarvan is totaal in die hande van die lede.  Rente word bepaal deur die SKK, so-ook wat om te maak met die surplus.  Die hele bedryf is die verantwoordlikheid van die lede, en as die SKK ‘n gemors maak van die saak, is dit die lede se verlies.  Enige iemand wat wil bele in ‘n SKK, word ‘n lid van die kooperasie en moet aandele opneem.  So het die lid dan ook insae in die bank en sy bedryf.  Dus word die geld en ALLES deur die lede beheer, en hulle is die hoogste gesag.

1.4   DEMOKRATIESE STRUKTUUR VAN ‘n SKK
‘n SKK behoort aan die lede, en die lede bestuur die SKK.  Enige iemand kan ‘n lid word van ‘n SKK solank hulle in die kriteria pas van die groep.  ‘n Kooperasie mag iemand weier om lid te word, sonder om enige redes te gee.  Die lede stel ‘n groep van direkteure aan, asook die toesighoudende komitee.  Die direksie kan dan ‘n bestuurder en/of klerke aanstel om die dag tot dag bestuur te doen.  Die direksie stel ook ‘n kredietkomitee en opleidings komitee aan.

Die lede stel ook ‘n ouditeur aan wat die boeke op jaar tot jaar gronslag moet oudit.  Daar moet elke jaar ‘n ledevergadering gehou word, en elke jaar moet ‘n sekere persentasie van die direksie uittree.

1.5   PRODUKTE WAT ‘n SKK KAN AANBIED
Die produkte wat ‘n SKK aanbied hang gewoonlik af van die lede se behoeftes en belange.  Van die produkte waarmee ‘n SKK kan afskop is:
•   Aandele – Lede moet aandele aankoop in die SKK omsodoende deel te wees van die SKK.  Die aandele prys en minimum vereistes word deur die SKK bepaal.
•   Spaarrekeninge  - Lede kan hul spaargeld na die SKK bring waarmee hulle rente verdien.  Die spaargelde moet teen enige tyd beskikbaar wees vir ontrekking.  Die SKK kan bepaal wat die minimum bedrag op ‘n spaarrekening is.  Lede kan ook maadeliks bydrae aan hul spaarrekening
•   Noodlenings – Lede kan maandelikse noodlenings neem by die SKK.  Die bedrag wat klasifiseer as ‘n noodlening word deur die SKK bepaal.
•   Langtermynlenings – Lede kan langtermynlenings van die SKK kry vir enige iets wat hul benodig.  Van ‘n besigheids vestiging tot huislenings.  Die lenings prosedure kan die terme en rentes bepaal. 
•   Lang termyn beleggings – Lede kan beleggings maak wat vas bele word vir ‘n bepaalde tydperk.  Die SKK kan dan daardie geld aanwend om rente te produseer.
•   Begrafnis en lenings versekering – ‘n SKK kan ook die dienste aan sy lede bied.
•   Op die langer termyn kan gekyk word na Debiet en Kredietkaarte, Internet bankdienste en cheques.

1.6   VOORDELE VAN DIE SKK AAN DIE INDIWIDU
Sodra ‘n SKK gestig is, neem die indiwidu meer kontrole oor sy eie geld.  Hy het insae in oor hoe die geld spandeer en bele word, en kan ook die direksie kies vir die bestuur van die bank.  As die SKK ‘n surplus toon, kan die lid besluit hoe die gelde aangewend moet word om die lede te bevoordeel.  So bly die geld en bestuur in die volk se hande.  Omdat die SKK baie lae oorhoofse kostes het, kan beter rentes aan die beleggers betaal word, en die leners kan minder rente betaal op hul lenings.

1.7   KORT GESKIEDENIS VAN DIE SKK BESTEL
‘n Spaar en Krediet Kooperatief se idee het eerste begin in Duitsland in 1870.  Kanada, Amerika, Australie en Ierland is die lande waar die idee die beste gevestig is.  In van die lande is die Spaar en Krediet Kooperasies groter as die kommersiele banke.  Oor die wereld is daar oor die 100 Miljoen mense in meer as 60 lande waar hulle hul banksake doen deur ‘n SKK.

In Suid Afrika het SACCOL (beheerliggaam) ontstaan in 1993.  Die statistieke van die hoeveelheid SKK’s in SA is soos volg :

Jaar   SKK’s   Lede   Deposito’s   Lenings                   Bates
2006   33   12608   R 46 416 168   R 34 536 722   R 50 627 069
2005   44   11956   R 35 632 154   R 27 259 927   R 42 752 022
2004   36   9818   R 24 469 260   R 21 571 004   R 29 972 251
2003   24   8399   R 18 424 398   R 16 779 823   R 22 890 694
2002   23   8776   R 14 893 630   R 14 707 855   R 19 298 451

1.8   BEHEERLIGGAAM SACCOL
SACCOL – Savings and Credit Co-operative League
Saccol het drie funksies :
•   Representative by die volgende organisasies :
   WOCCU (World council of Credit Unions)
   ICA ( International Co-operative Alliance)
   SANASSCO (Southern Africa Savings and Credit Co-op Associations
   FSCC (Financial Sector Campaigns Coalition)
   SARB (SA Reserve Bank)
   Registrar of Banks
   DTI
   CIPRO
   National Treasury
   NLR (National Loan Regulator)
   Bankseta
•   Om opleiding en strukture daar te skep vir SKK’s
•   Om SKK’s te monitor en re reguleer
SACCOL word beheer en bestuur deur die onderskeie SKK’s.  Op SACCOL se jaarvergadering word die bestuur, asook fooie van SACCOL deur die onderskeie SKK’s bepaal.  ‘n SKK kry die hoeveelheid stemme wat bereken word op die groote van die SKK, asook die hoeveelheid lede en bates.
« Laaste verandering : April 08, 2009, 09:20:09 AM deur Jan Beyers »

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Huis van Oranje Spaar en Krediet Kooperatief
« Antwoord #1 op: August 26, 2008, 03:26:17 PM »
Aanhaling
Op SACCOL se jaarvergadering word die bestuur, asook fooie van SACCOL deur die onderskeie SKK’s bepaal.

Jan, hierdie fooie wat jaarliks bepaal word, wat sluit dit alles in? Is dit bankfooie, ens. of het dit betrekking tot iets anders?

Is daar jaarliks 'n bedrag betaalbaar aan SACCOL deur elke SKK?

Ek sien ook van 2002 tot 2005 het die aantal SKK's mooi gegroei, maar van 2005 na 2006 het dit weer skerp gedaal... wat kan die rede daarvoor wees?

Jammer oor al die vrae, maar ek sien niemand anders gaan vra nie.  :D

Op kantoor Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Insake: Huis van Oranje Spaar en Krediet Kooperatief
« Antwoord #2 op: August 26, 2008, 03:37:18 PM »
Karina..

Dankie vir die vrae.

1.  SACCOL is die beheerliggaam wat oor al die SKK is.  Ja daar is jaarliks fooie betaalbaar aan die manne, maar mens kry nou nie juis iets daaruit nie.  Dit is maar bloot die gelde wat aan hulle betaal moet word om te kan bedryf as 'n SKK.  Dit is net dat hulle hul mense kan betaal om toesig te hou oor die SKK's.  Dit is maar al.

2.  Die daling is te wyte aan wanbestuur van die swart SKK's.  Hulle het in hope SKK's oopgemaak, maar het te min kennis en te lang vingers gehad en 'n hele klomp moes weer toegemaak word.  Ons moet onthou dat die Boere nog nie regtig van die voordele besef van 'n SKK nie.  Sodra ons volk sien dit werk, voorspel ek dat die aantal SKK's weer gaan styg..

(Nommer een se antwoord mag dalk verander na die nuwe Kooperatiewe bank wet geproklameer word.  Dit maak dan voorsiening dat ons ons eie beheerliggaam kan stig oor twee of meer SKK's, wat dan direk aan die reserwe bank rapporteer.  Maar daar gaan ook verseker gelde betaalbaar wees.)

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Huis van Oranje Spaar en Krediet Kooperatief
« Antwoord #3 op: August 26, 2008, 03:46:03 PM »
Jan
Word die direksie uit die lede verkies?

En wie bepaal die beleid en wie stel die "hoofbestuurder" aan?
Kennis is mag

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Huis van Oranje Spaar en Krediet Kooperatief
« Antwoord #4 op: August 26, 2008, 03:52:47 PM »
Karina..

Dankie vir die vrae.

1.  SACCOL is die beheerliggaam wat oor al die SKK is.  Ja daar is jaarliks fooie betaalbaar aan die manne, maar mens kry nou nie juis iets daaruit nie.  Dit is maar bloot die gelde wat aan hulle betaal moet word om te kan bedryf as 'n SKK.  Dit is net dat hulle hul mense kan betaal om toesig te hou oor die SKK's.  Dit is maar al.

2.  Die daling is te wyte aan wanbestuur van die swart SKK's.  Hulle het in hope SKK's oopgemaak, maar het te min kennis en te lang vingers gehad en 'n hele klomp moes weer toegemaak word.  Ons moet onthou dat die Boere nog nie regtig van die voordele besef van 'n SKK nie.  Sodra ons volk sien dit werk, voorspel ek dat die aantal SKK's weer gaan styg..

(Nommer een se antwoord mag dalk verander na die nuwe Kooperatiewe bank wet geproklameer word.  Dit maak dan voorsiening dat ons ons eie beheerliggaam kan stig oor twee of meer SKK's, wat dan direk aan die reserwe bank rapporteer.  Maar daar gaan ook verseker gelde betaalbaar wees.)


Dankie Jan, ek dink hierdie is 'n baie goeie idee wat op die lange duur vir die volk baie kan beteken. As die witman sy geld aan die kommersiële banke onttrek en ophou om "vreemde" instellings te voer, sal dit met ons ook al baie beter gaan.

Op kantoor Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Insake: Huis van Oranje Spaar en Krediet Kooperatief
« Antwoord #5 op: August 26, 2008, 04:05:08 PM »
Jan
Word die direksie uit die lede verkies?

En wie bepaal die beleid en wie stel die "hoofbestuurder" aan?

Oom Clem,

Die lede (aandeelhouers) kies op die stigtingsvergadering en elke AJV daarna die direksie.  Op hul beurt kan die direksie 'n bestuurder aanstel as hul wil.

Groete

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Huis van Oranje Spaar en Krediet Kooperatief
« Antwoord #6 op: August 26, 2008, 04:13:29 PM »
Byna dieselfde begin as wat Volkskas begin het as kooperasie

Sterkte Jan!
Kennis is mag

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Huis van Oranje Spaar en Krediet Kooperatief
« Antwoord #7 op: August 26, 2008, 08:12:31 PM »
Miskien moet ASP Jan ons beduie hoe om aansoek te doen as lid van die Oranje Bank?
Kennis is mag

Afwesig Lukas

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1
Insake: Huis van Oranje Spaar en Krediet Kooperatief
« Antwoord #8 op: August 26, 2008, 09:34:09 PM »
Daar is seker nog nie 'n aanduiding wat die jaarlikse fooie sal wees nie? 'n Mens sal dit egter graag wil weet voordat jy daarin belê - net bang die fooi eet my belegging op!


Jankejan

  • Gas
Insake: Huis van Oranje Spaar en Krediet Kooperatief
« Antwoord #9 op: August 26, 2008, 11:33:30 PM »
ASP Jan

Jy het my steun!

Op kantoor Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Insake: Huis van Oranje Spaar en Krediet Kooperatief
« Antwoord #10 op: August 27, 2008, 08:11:33 AM »
Dankie vir die belangstelling.  Ek was na die RP praatjie gister heeldag op die foon.

Lukas, ek sit jou op die lys.  Jy behoort vandag 'n epos te ontvang met al die besonderhede.

Vir die ander..  Minimum aandeel bedrag = R500 vir 5 aandele
Jaargelde = R50 per jaar.

Let wel dat dit nie "bankkoste" is nie, maar bloot ledegelde.

Rekeningkostes en bankkostes sal later aangekondig word sodra die registrasies finaal is.

Afwesig WBS

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1
Insake: Huis van Oranje Spaar en Krediet Kooperatief
« Antwoord #11 op: August 27, 2008, 08:58:29 AM »
 :) Goeie dag,
Ek het deur n kollega vriend die inligting oor julle gekry. Ek kyk nog die kat uit die boom en wil graag net die volgende vraag vra:
Wat maak die bank anders of beter as bv. ABSA. Ek wil net weet "What's in it for me"

Groete,
Wynand Bosch

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Huis van Oranje Spaar en Krediet Kooperatief
« Antwoord #12 op: August 27, 2008, 10:02:59 AM »
Jan, baie dankie vir die inligting en die moeite om dit wel hier te kom plaas. Kan 'n mens altyd in die toekoms aandele bekom, of is daar 'n tydperk aan verbonde? Skuus, maar ek is totaal en al onkundig oor hierdie sake.

Moed Vryheid Eer

Afwesig Rassis

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 2
Insake: Huis van Oranje Spaar en Krediet Kooperatief
« Antwoord #13 op: August 27, 2008, 10:27:12 AM »
Spelfout:

"tjeks", nie "cheques" nie.

 :)

Afwesig Rassis

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 2
Insake: Huis van Oranje Spaar en Krediet Kooperatief
« Antwoord #14 op: August 27, 2008, 10:33:07 AM »
Absa ens. het verander van nuttige gebruiksartikels, tot bose parasiete wat heerskappy gekry het oor hul skeppers, die volk, en hulle nou meedoenloos vas hou en leeg suig.

Dis tyd dat die verradderlike uitverkoopte Absa, Sanlam en kie se nek omgedraai word. Dis bitter maklik - vat al die Afrikaner besigheid weg. Kyk hoe gou kom kruip hulle. Ek wens net mens kon dit met selfoonverskaffers ook doen. Sien hoe gou kry hulle Afrikaanse personeel. Daar is niks wat mens meer grief as om soos 'n uitvaagsel behandel te word in 'n land en deur maatskappye wat  jou eie volk uit niks opgebou het nie.

Dis tyd dat al die parasiete op hul plek (die asblik) gesit word...

Die enigste probleem eger, is wanneer die geld (Mammon) begin groot word, en sy stem al harder word, en hy heerskappy gegee word, en die volk ondergeskik gestel word, en die hele bose kringloop van voor af begin. Dis altyd die gevaar met hierdie sake. Dit moet absoluut vir die volk alleen aangewend word, vir altyd. En waar kry jy personeel met daardie mentaliteit, sonder 'n regering met daardie mentaliteit om hul op koers te hou? Dan gee ek eerder my geld vir vyade as vir verraaiers. "Better the devil you know." Dis hoekom hierdie tipe dinge nie eintlik kan werk nie - dit werk net tot mense begin gierig raak, dan verkoop hulle almal uit. Nasionalisme en besigheid kan nie saamwerk nie - dis nie houdbaar nie.
« Laaste verandering : August 27, 2008, 10:48:23 AM deur Rassis »

Op kantoor Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Insake: Huis van Oranje Spaar en Krediet Kooperatief
« Antwoord #15 op: August 27, 2008, 10:37:59 AM »
Dag mense.

Antwoorde :

WBS
Die antwoord is eenvoudig!  Hoekom sal jy 'n rekening by ABSA gaan oopmaak as jy 'n bank kan besit!  Ons moet net mooi verstaan dat daar nog nie elektroniese bankdienste sal wees nie.  Die onderhandelinge in die verband is egter ver gevorderd, en die wet maak voorsiening dat 'n kooperatiewe bank wel in die nasionale betalingssisteem opgeneem kan word. 

Kleinbekkie
Ja aandele sal vir altyd te koop wees.  Daar is geen beperking op die hoeveelheid aandele wat 'n kooperasie kan uitreik nie.

Rassis
Jammer oor die fout.  Mens kan ook nie volmaak wees nie.  (Was dit die spel"chekker"?)

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Huis van Oranje Spaar en Krediet Kooperatief
« Antwoord #16 op: August 27, 2008, 10:57:29 AM »
Baie dankie Jan. Dit is goeie nuus!
Moed Vryheid Eer

Afwesig frankamp

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 2
  • nederland simpatie julle
Insake: Huis van Oranje Spaar en Krediet Kooperatief
« Antwoord #17 op: August 27, 2008, 11:51:06 AM »
Jan, baie dankie vir die inligting en die moeite om dit wel hier te kom plaas. Kan 'n mens altyd in die toekoms aandele bekom, of is daar 'n tydperk aan verbonde? Skuus, maar ek is totaal en al onkundig oor hierdie sake.



Afwesig Dikkes

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 2
Insake: Huis van Oranje Spaar en Krediet Kooperatief
« Antwoord #18 op: August 27, 2008, 12:19:06 PM »
Dagsê aan Almal,

Hier is 'n nuwe burger met 'n groot hart en baie verwagtings wat ook van die aandele in "Boer Afrikaner-wees" wil bekom.
Kan iemand my op die regte weg plaas?

Groetnis

Johan

Op kantoor Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Insake: Huis van Oranje Spaar en Krediet Kooperatief
« Antwoord #19 op: August 27, 2008, 12:29:22 PM »
Johan (Dikkes)

Ek het die inligting aan jou ge-epos.

Rassis
Dit is jammer dat jy so voel.  Gelukkig in die kooperatiewe stelsel, bly die volk in beheer.  Elke lid het een stem, maak nie saak hoeveel aandele besit word nie.  Die volk moet net die regte direksie en toesighoudende komitee kies...


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal