Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Oranjekas  (Read 12941 times)

0 Lede en 3 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Oranjekas
« Antwoord #80 op: May 24, 2010, 10:27:43 AM »
Kan iemand my help met inligting van n oranjekas in Klerksdorp

Kontak vir Jan Beyers by Oranjekas in Pretoria. Dit is in proses om 'n Oranjekas op Kerksdorp te registreer. Jan sal meer inligting kan verskaf.
Ons Sal!!!

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Oranjekas
« Antwoord #81 op: May 24, 2010, 06:59:00 PM »
Dankie Andre sal so maak
Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.

Afwesig FrantzFanon

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 6
Re: Oranjekas
« Antwoord #82 op: July 04, 2010, 10:27:11 AM »
Lyk my diegene wat groot genoeg gekke was om hul geldjies in die Oranjekas te deponeer, is besig om die ANC ryk te maak - Clem de Klerk, een van die komiteelede, is 'n ANC-lid.

http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Baas-van-volk-stasie-het-glo-ANC-ledekaart-20100703

Oeps. "Let the buyer beware."

Op kantoor Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Re: Oranjekas
« Antwoord #83 op: July 04, 2010, 11:24:36 AM »
Eers Henk, toe Gustav en nou Oom Clem. Die aanval op ons mense duur voort. Dit is ou propaganda tegnieke wat gebruik word. Die interresante is dat daar geen konkrete bewyse gelewer kan word in enige van die aantuigings nie. Dit is altyd inligting wat "iemand" "iewers" "gesien" of "gehoor" het. Ek sal hierdie aantuigings slegs glo, wanneer die beskuldigdes dit bevestig. Maar ek ken hulle persoonlik en daarom weet ek dit is 'n klomp nonsens wat as "waarheid" verkondig word. Dit is mense met inbors.

Die liberaliste/humaniste/kommuniste en hulle gespuis vrees die volksontwaking wat besig is om plaas te vind, en sal enige iets doen om ons leiers in 'n slegte lig te stel. Hulle sal nie toelaat dat die waarheid in hulle pad staan nie. Vertel 'n leuen gereeld genoeg en die mense sal dit begin glo.

Indien jy toelaat dat hierdie tipe propaganda en leuens jou gedagtes vorm, word jy 'n instrument in hulle hande. Moet dit nie toelaat nie. Dink vir jouself.

Ek glo dat ons ander leiers se "geraamtes" in die kas ook binnekort "openbaar" gemaak gaan word. Al is dit alles leuens.

Ons moet sterk staan mense. Die aanslag gaan verskerp. Moet net nooit alles glo wat julle in die koerante en TV sien nie. Dit word deur die terroriste beheer.

Aan FrantzFanon: EK het op Facebook gesien wat jou sieninge en affiliasies is. Jy is 'n absolute teenstander en vyand van die Volk se vryheid strewe. In my oë is jy 'n persona non grata. Gaan probeer tweespalt op 'n ander plek saai. Jou kommunistiese ideologie is nie welkom hier nie. Jy ook nie.

Afwesig FrantzFanon

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 6
Re: Oranjekas
« Antwoord #84 op: July 04, 2010, 12:16:22 PM »
Sjarko, jou ou intellektueel! Dit sou baie snaaks wees as dit die regte Frantz Fanon op Facebook was, siende dat hy al in 1961 oorlede is. Maar dis so tipies van julle armes van gees. Julle het absoluut geen toleransie vir enige iemand wat met julle verskil nie. Ek verwag dus dat jou wens bewaarheid gaan word en hulle beide my en my skrywes gaan verwyder, wat bloot sal bewys dat Bravoland baie dinge mag wees, maar demokraties is nie een van hulle nie.

Rakende jou Oom Clem - dit sou maklik wees om die bewerings vals te bewys. Hy kan bloot die ANC vra vir 'n amptelike skrywe wat bevestig dat hy nooit 'n lid was nie. Wat is die weddenskap hy gaan nie so maak nie?

Eintlik is dit die probleem met al wat 'n regse organisasie is. Julle is almal vrot van opportuniste wat bloot daar is om op gewetenlose manier geld te maak uit sy eie volk, soos jou Oom Clem, om nie te praat van informante en verraaiers nie. Radio Pretoria en Bravoland is in hierdie opsig geen uitsondering nie, soos ons vanoggend in die koerante kon sien.

Nog 'n ding wat die naiewes nie besef nie, is dat Oranjekas nie 'n onafhanklike bank is nie. Dit word eintlik deur een van die groot banke bedryf omdat 'n banklisensie te duur is, en daai einste groot bank is natuurlik 'n SEB-bemagtigde maatskappy. Diegene wat hulle verbeel die Oranjekas is 'n onafhanklike, volkseie entiteit, bluf hulself dus. Deur jou geld aan Oranjekas te gee, is jy steeds besig om swart vetkatte te verryk. Maar natuurlik lees jy niks hiervan op die Oranjekas se werf nie. Skaam julle julself nie om die volk so om die bos te lei nie?
« Laaste verandering : July 04, 2010, 12:31:28 PM deur FrantzFanon »

Op kantoor Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Re: Oranjekas
« Antwoord #85 op: July 04, 2010, 02:51:43 PM »
Sjarko, jou ou intellektueel! Dit sou baie snaaks wees as dit die regte Frantz Fanon op Facebook was, siende dat hy al in 1961 oorlede is.

So van intellek gepraat, ek sien jy kan nie onderskei tussen wanneer ek noem dat jy assosieer met hom en nie jy is hy nie. Ek weet wie en wat hy was en waarvoor hy gestaan het en ook aan wat hy dood is. Die feit dat jy sy naam gebruik, dui aan dat jy ten volle sy sieninge ondersteun.

"Arm van gees" ? Ja, ek is.

Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
(Mat 5:3)

Maar ek is ryk aan beginsels en selftrots.

Aanhaling
Julle het absoluut geen toleransie vir enige iemand wat met julle verskil nie. Ek verwag dus dat jou wens bewaarheid gaan word en hulle beide my en my skrywes gaan verwyder, wat bloot sal bewys dat Bravoland baie dinge mag wees, maar demokraties is nie een van hulle nie.

Toleransie het grense. Terloops, ek is lid van die Bravoland Volksraad en as ek wou, kon ek reeds jou en jou skrywe verwyder het. Maar jy hou vir my en my volksgenote geen bedreiging in nie. Jy is 'n niemand.

Afwesig FrantzFanon

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 6
Re: Oranjekas
« Antwoord #86 op: July 04, 2010, 03:29:05 PM »
Aitsa! Lid van die Volksraad nogal! NOU is ek darem bang om so 'n magtige man te na te kom. Maar ek het nuus vir jou: Weet jy met wie jy hier praat? Ek is Sy Majesteit die koning van Bravoland met sy hele twintig burgers wat almal self Volksraadslede is, siende dat julle sogenaamde president mos al lankal ontsetel is deur ene Sakkie in 'n skreeusnaakse "staatsgreep". Kniel voor my, onderdaan!

Julle Bravolanders wat julself so ernstig kan opneem, is verskriklik snaaks. Maar, genoeg daarmee om julle name Bollie te maak. Dis nie veel sports nie want dis te maklik.

Ek let op dat jy nie met my verskil oor die feitelikheid van wat ek skryf nie, naamlik dat die oom maklik 'n brief by die ANC kan kry wat bevestig hy's nie 'n lid nie, en ook nie dat die Oranjekas nie eerlik is met sy spaarders oor wie agter die skerms by die Oranjekas is nie. Gaan julle op 'n stadium eerlik wees met die naiewes wat hul geld in die Oranjekas sit, en in die openbaar op julle webwerf erken dat hulle eintlik steeds besig is om swart vetkatte ryk te maak?
« Laaste verandering : July 04, 2010, 03:35:29 PM deur FrantzFanon »

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Oranjekas
« Antwoord #87 op: July 04, 2010, 05:26:33 PM »
Ek wonder of die mense wat Oranjekas beheer meer vir ons van die Frantz Fanon bewerings kan vertel.

Afwesig FrantzFanon

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 6
Re: Oranjekas
« Antwoord #88 op: July 04, 2010, 05:38:35 PM »
Mike, ja, ek stem saam: moenie my woord daarvoor vat nie. Vra bloot 'n reguit vraag aan die Oranjekas se beheerraad. Volgens Suid-Afrikaanse wetgewing moet 'n instansie wat deposito's van die publiek aanvaar, oor 'n geldige banklisensie beskik. Banklisensies is egter geweldig duur en die vereistes om dit te behou, plaas 'n swaar las op die instansie.

Die vraag is eenvoudig die volgende: het Oranjekas sy eie banklisensie, of word Oranjekas se rekenings namens hulle bedryf deur een van die groot vier banke (Standard, Nedbank, Absa of FNB)? Die antwoord is volgens my laasgenoemde maar weereens, vra gerus Oranjekas se bestuur vir 'n eerlike antwoord.

Die voortspruitende vraag is of dit moreel-regverdigbaar is vir Oranjekas om die indruk te skep dat Oranjekas 'n volkseie instelling is, terwyl dit eintlik bloot 'n verlengstuk van 'n groot, swart-bemagtigde bank is. Vra dan sommer vir Oranjekas se bestuur hoeveel geld hulle jaarliks aan die groot bank betaal vir die groot vennoot se bestuursdienste en die gebruik van sy banklisensie, geld wat die bank se SEB-parasiet aandeelhouers verryk.

Verstaan mooi: ek het nie 'n probleem met 'n inisiatief soos die Oranjekas een nie, maar ek het wel 'n probleem as onskuldige mense vir die gek gehou word deurdat die Oranjekas probeer voorgee dat hy iets is wat hy nie is nie. Ek het veral 'n probleem met diegene soos die voorsitter van Radio Pretoria wat maak asof hy die volk tot diens is, maar eintlik net daarin is vir die geld, terwyl het met sy ANC-ledekaart ook op die Oranjekas se direksie sit, en al die pad bank toe lag.
« Laaste verandering : July 04, 2010, 05:40:56 PM deur FrantzFanon »

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Oranjekas
« Antwoord #89 op: July 04, 2010, 05:52:25 PM »
Frantz ek is 'n leek wat banke en hulle reels en vereistes betref maar soos ek verstaan is Oranjekas 'n kooperasie en nie 'n bank nie. Die Clem de Klerk storie sal ek nie glo nie voordat dit nie bewys is nie. Naspers is daarop uit om die afrikaner aan te val en te beswadder daarom sal ek hulle stories met 'n "sak" sout neem

Afwesig FrantzFanon

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 6
Re: Oranjekas
« Antwoord #90 op: July 04, 2010, 06:10:07 PM »
Lees hierdie, Mike, wat handel oor kooperatiewe banke:

http://www.timeslive.co.za/business/article95902.ece

Let veral daarop dat hulle volgens die wet verplig word om hul geld te investeer by...groter banke waarvan almal SEB-vennote het, staatseffekte (dws die ANC regering) of effektetrusts (dws swart-bemagtigde maatskappye.)

Ek vermoed dat die Oranjekas deelneem aan 'n skema waarvolgens hulle een van die kleiner kooperatiewe banke is wat deur 'n groter bank bedryf word. Die Oranjekas se direksie skuld hul deponeerders 'n antwoord oor hierdie vrae.

My punt is: al die mense wat hul geld in die Oranjekas deponeer, verstaan nie waarheen hul geld regtig gaan nie. Hulle verstaan ook nie wie die ding agter die skerms beheer nie.

« Laaste verandering : July 04, 2010, 06:16:34 PM deur FrantzFanon »

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Oranjekas
« Antwoord #91 op: July 04, 2010, 06:29:09 PM »
Interresant Frantz; ek het nie geweet hiervan nie, ek dink nog steeds dat die mense betrokke by Oranjekas ons meer hiervan moet vertel. Voordat ons  oordeel is daar nie 'n groter prentjie wat ons miskyk nie? Ons moet nou aan hulle wette voldoen want ons word gedwing maar as ons eers finansieel onafhanklik is kan ons die besluite neem.

Ek is 'n voorstander van (alhoewel nie 'n rekening houer nie) die Oranjekas gedagte. Ons moet onsself finasieel so posisioneer dat ons onafhanklik is van die ANC regime want dit is daar waar hulle ons aan die "crown juwels" beet het.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Oranjekas
« Antwoord #92 op: July 04, 2010, 06:53:59 PM »
Goeie naand Frantsz,
Met jou uitlatings op die blad wys jy dat jy nie n idee het wat in volksorganisasies aangaan nie. Ek is seker Jan Beyers sal jou n beter antwoord kan gee op jou vrae. Dit is geen geheim dat Oranjekas wel gebruik maak van die handelsbanke nie. Dit is egter net n trappie met die oog op onafhanklikheid. As jy byvoorbeeld skielik 500 miljoen rand het om te bele, sal ons baie gouer by ons eind doel uitkom. Hoeveel keer het jy al met Oranjekas se bestuur gepraat om n antwoord te kry?

Ek kan ook sien dat jy een van die ouens is wat op die kantlyn staan en jouself verlekker as iemand wat betrokke is by die volksaak deur die liberale media ondergrawe word. Oom Clem is het meer integriteit in sy pinkie as wat jy ooit kan hoop om te he.

Ek sal graag wil weet wat jy vir die volksaak doen, dis nou behalwe om kritiek te lewer. Ek is nou redelik gatvol vir die liberales  wat elke volksorganisasie probeer verdag maak.
Met jou "onafhanklike" siening kan jy gerus by Naspers gaan aanklop vir n werkie.
« Laaste verandering : July 04, 2010, 06:55:40 PM deur Alwyn »
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Oranjekas
« Antwoord #93 op: July 04, 2010, 10:10:30 PM »
Lyk my diegene wat groot genoeg gekke was om hul geldjies in die Oranjekas te deponeer, is besig om die ANC ryk te maak - Clem de Klerk, een van die komiteelede, is 'n ANC-lid.

http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Baas-van-volk-stasie-het-glo-ANC-ledekaart-20100703

Oeps. "Let the buyer beware."


FrantzFanon/Alex Oppenheimer/ ???,

Ek het vanaand 'n wyle getob oor hierdie pos van jou! Toe dink ek weer aan die wyse woorde van Koning Salomo soos wat dit opgeteken is in die Bybel in die boek Spreuke.

SPREUKE 16:27 'n Deugniet grawe 'n kuil van onheil, en op sy lippe is soos 'n brandende vuur.
SPREUKE 16:28 'n Man van valse streke saai tweedrag, en 'n kwaadstoker skei vriende van mekaar.
SPREUKE 26:4  Antwoord ‘n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat jy ook nie net soos hy word nie.
SPREUKE 26:5  Antwoord ‘n dwaas na sy sotheid, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie.


Aan die hand van laasgenoemde wil ek dit tog baie sterk aanbeveel dat jy 'n afspraak maak met Jan Beyers, die Besturende Direkteur van Oranjekas, sodat hy vir jou in persoon kan verduidelik waaroor Oranjekas se werksaamhede gaan. Indien Jan se verduideliking nie help nie, vra hom dan om vir jou te beduie waaroor dit gaan. Jan is bevoeg om beide aksies uit te voer!
Ons Sal!!!

Op kantoor Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Re: Oranjekas
« Antwoord #94 op: July 05, 2010, 08:51:27 AM »
FrantzFanon,

Jy uitlatings oor Oranjekas en die werking van 'n Kooperatiewe Bank spreek van totale onkunde in die veld.  Soos oom Andre voorstel, dink ek jy moet vir my kom kuier dat ek die konsep vir jou verduidelik sodat jy kan ophou om die snert te praat.

Hier is my besonderhede :
Jan Beyers
Epos bestuur@oranjekas.co.za
Tel 0860 104 297

Vir die ander lesers kan ek dit kort opsom.

1. Oranjekas is 'n onafhanklike kooperasie wat 100% besit en beheer word deur die lede.
2. Lidmaatskap word beperk tot Boere-Afrikaners
3. Ons het GEEN verbintenis met enige kommersiele bank nie.
4. Ons het wel 'n bankrekening by 'n kommersiele bank wat gebruik word deur die lede om hul geld in enige plek in SA kan deponeer na Oranjekas.
5. Ons ontvang/betaal GEEN kommissie of fooie na enige kommersiele bank nie.
6. Ons moet wel verslag doen aan die Reserwe bank.
7. Ons het GEEN verpligtinge om in enige van die regering, SEB maatskappye of kommersiele banke die geld te bele nie. 
8. Ons het GEEN beleggings by een van die bogenoemde nie, en SAL DIT OOK NIE DOEN NIE!
9. Ons word NIE deur enige ander groter bank bedryf nie!

Miskien moet ek eers hier stop, want die inligting gaan dalk vir jou te veel word.  Gaan studeer jouself eers bietjie in die volgende wet waaronder ons opereer in voordat jy weer jou onkunde hier aan die wereld kom verkondig : http://www.oranjekas.co.za/media/a6e79388181c2266ffff806f7f000101.pdf

Ek wag vir jou oproep sodat ek van aangesig tot aangesig vir jou die werking van 'n kooperatiewe bank kan verduidelik.

Groete

Jan Beyers

Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 307
  • Verkenner
Re: Oranjekas
« Antwoord #95 op: July 06, 2010, 08:27:41 AM »
Ek dink nie die Frikkie wil regtig die inligting hê nie, ek dink nie hy stel regtig belang nie. Hy wil glo wat hy glo van Bravoland, Oranjekas en oom Clem.

Frikkie, wat soek jy hier? rusie? as jy met ingeligte mense wil rusie maak, moet jy self iets weet. Gaan kry jou feite reg en kom dan terug.

Ironies dat jy ons naief noem terwyl jy 'n Rapport berig sonder meer as waarheid aanvaar. Jy maak jouself bespotlik.
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry

Afwesig Izak

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 113
Re: Oranjekas
« Antwoord #96 op: July 06, 2010, 11:21:22 PM »
Ek dink nie die Frikkie wil regtig die inligting hê nie, ek dink nie hy stel regtig belang nie. Hy wil glo wat hy glo van Bravoland, Oranjekas en oom Clem.

Frikkie, wat soek jy hier? rusie? as jy met ingeligte mense wil rusie maak, moet jy self iets weet. Gaan kry jou feite reg en kom dan terug.

Ironies dat jy ons naief noem terwyl jy 'n Rapport berig sonder meer as waarheid aanvaar. Jy maak jouself bespotlik.

Is die Frikkie dieselfde Frikkie as die Facebook Frikkie Kubaan?

Sanderis

  • Gas
Re: Oranjekas
« Antwoord #97 op: July 07, 2010, 06:51:31 AM »


Is die Frikkie dieselfde Frikkie as die Facebook Frikkie Kubaan?

Dit is nie Frikkie nie maar Frantz /Alex .
Dat dit moontlik Kubaan is , weet ek nie , kan seker kyk . Maar ek twyfel , kubaan is 'n burger hier dus is dit onnodig vir hom om 'n alias te skep .

Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 307
  • Verkenner
Re: Oranjekas
« Antwoord #98 op: July 07, 2010, 05:31:30 PM »
Nee, ek weet nie wie hy is nie, daarom noem ek hom sommer Frikkie.
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Oranjekas
« Antwoord #99 op: July 07, 2010, 07:08:37 PM »
Nee, ek weet nie wie hy is nie, daarom noem ek hom sommer Frikkie.

Ruan, dalk sal dit beter wees as jy hom op sy forumnaam aanspreek. Jy kan dalk aanstoot gee as jy net name koppel.

Groete
KB
Moed Vryheid Eer


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal