Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Konsentrasiekampe  (Read 2472 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Konsentrasiekampe
« op: August 28, 2008, 09:09:22 PM »
Hier is 'n interessante skakel wat ek raakgeloop het:

http://www.appiusforum.com/hellkamp.html
Moed Vryheid Eer

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Konsentrasiekampe
« Antwoord #1 op: August 29, 2008, 03:14:30 PM »
Dit is voorwaar intresant
Kennis is mag

Afwesig Beert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 116
Insake: Konsentrasiekampe
« Antwoord #2 op: August 30, 2008, 05:53:54 PM »
Dit is 'n baie belangrike stuk Kleinbekkie!

Bravoland  behoort 'n permanent-prominente skakel na die artikel te plaas.

So ook elke andere pro-Afrikaner webwerf.

Sal dit onder Praag, die APK en die HNP, asook Rusland en Iran se presidensiele webwerwe se aandag bring.  Doen jy ook so asseblief.
Maak ons bly na die dae waarin u ons verdruk het. Laat u werk vir u knegte sigbaar word. Die werk van ons hande, bevestig dit.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Konsentrasiekampe
« Antwoord #3 op: September 01, 2008, 06:29:15 PM »
Iran Beert?

Op kantoor Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Re: Konsentrasiekampe
« Antwoord #4 op: October 04, 2009, 06:01:29 PM »
Engeland se indringing van Transvaal en die Vrystaat het op 'n oorlog uitgeloop, waartydens 26 251 Boerevroue en -kinders in konsentrasiekampe vermoor is. Die gedenkteken wat later deur die Oorlogsgraftekomitee by Nylstroom-kampkerkhof opgerig is, simboliseer 'n tent.

Die Waterbergse
konsentrasiekamp —

Nylstroom


"Nietteenstaande allerlei skrikaanjagende gerugte oor die handelswijs van die naderende Britse troepe, was mij antwoord: 'Hulle is tog beskaafde mense en Kristene oor algemeen net soos ons, Tante', aan 'n ou'e moeder in Swa'ershoek, toe sij mij angsvallig vra: 'Sal hulle ons tog nie sleg behandel nie als hulle ons in hande krij?' Ik wis toe nog nie dat mij ei'e vrouw en kinders met andere saam in 'n stortbui op 'n volgepakte perretruk moes opklouter met Irene kamp als bestemming. Hoe beskaamd moes ik agterna uitkom!" (Ds JA van Rooy van Nylstroom)

In Maart/April 1901 het die Britse magte die Waterbergse gebied al met die spoorlyn langs binnegedring tot in Soutpansberg. Die Boere het geweet dat Kitchener ook hier sy verwoestingsbeleid gaan toepas en gesorg dat die vroue, kinders en ou mense dieper die Bosveld intrek.
   Vroue het met hulle vee en graan-belaaide waens voortgetrek en verskillende laers gevorm, maar hulle is die een na die ander deur die Engelse oorrompel en teruggevoer na Nylstroom, 'n klein Waterbergse dorpie wat aan die hoofspoorlyn tussen Pretoria en Pietersburg le.
   Die agtergeblewe gesinne is ook van hulle plase af weggevoer Nylstroom toe en die huise en skure op die plase is afgebrand tot op die grond. Alle diere is weggeneem of doodgesteek.
   "Laat ons 'n dekmantel werp op goddelose wandade en onmenselike wreedhede ook op hierdie sogenaamde 'Agtervelde' gepleeg deur barbaarse swartes en enkele persone met blanke vel maar ewe swart harte, — want ook hier is dinge gebeur wat die lijder daaronder net so goed als die pleger daarvan verkies ongerep te blij liewer dan aldeur opgerakel te word."
  Hier en daar het die Engelse troepe 'n gesin agtergelaat met alles verbrand en verwoes, dakloos, sender 'n kriesel kos of medisyne, om die Boere plase toe te lok. Dit was "hemeltergend" om te aanskou hoe die ander vroue, bejaardes en kinders te voet aangejaag is en die grootste vernedering moes verduur. Vroue van vegtende burgers is as gevangenes beskou en behandel. Die rede vir die ellende waarin die vroue en ou mense verkeer het, was die vreeslike haas waarmee hulle uit hulle huise geskop is. Baie het met lee hande by die kampe aangekom.
   So het die Nylstroomkamp op 1 Junie 1901 ontstaan met kaptein Henry Cooke as hoof. Die kamp is opgeslaan op die destydse oop plein tussen die Gereformeerde Kerk en die Braksloot, wes-suid-wes van die spoorwegstasie, op die terrein waar die Eenheidskool tans is. Met die opening was daar 743 mense; die einde van die maand was daar reeds 1 087 en na twee maande het die getal tot 1 514 gestyg. In September is die hoogtepunt bereik met 'n inwonertal van 1 851, bestaande uit 683 vrouens, 835 kinders en 332 mans.
   Van die kampinwoners het 544 gesterf, en dit vir so 'n dunbevolkte gebied soos Waterberg! Die meeste kinders is dood aan masels en die komplikasies daarvan.
Van die 1 514 mense wat na twee maande in die kamp was, het 706 in die kamp gewoon terwyl 808 vroue en kinders in huise en in die tronk gebly het. Daar was 93 tente, naamlik een markeetent, twee vierkantige, dertig seiloortrekte en sestig ronde tente waarvan laasgenoemde in die somer onuithoubaar was weens die warmte en skroeiende son.
In die winter was die klimaat op Nylstroom beter as in die Hoëveldse kampe en vuurmaakgoed was hier voldoende. Maar die tente was hier besonder oud en vuil met ses mense in die kleiner en tot vyftien mense in die groter tente.
   Die meeste huise in die dorp was ook maar baie klein; party net 'n hut of kamertjie. In die dertien klein, bedompige, vuil tronkselle was 62 mense gehuisves, maar dit was koeler as die tente en hier het die mense velletjies vleis opgehang om droog te word soos biltong. 28 mense het in die ou Gereformeerde Kerk gebly en is later oorgeskuif na 'n markeetent, toe die kerk gebruik is as skool vir kampkinders. Die pastorie met vier kamers is ingerig as 'n hospitaal met tien beddens.
   Oom Willie Boshoff skryf: "Die meubels het bestaan uit 'n kateltjie of soms net 'n matras. Toe my ma kamp toe is, was daar ses vroue wat die nodige op drie muiltrollies moes laai. Natuurlik kon die hensoppers se gesinne baie meer saamneem. Daar was Bybels en skoolboeke wat die vroue gelees het.  Nylstroomstasie was pure doringbome, maar dis heeltemal uitgeroei en afgekap om aan die vroue vuurmaakhout te gee.
   "Ou mans het die werk van houtkap en gruisklippe-kap gedoen. Ou oom Hans van Staden van Doornkop het net daar omgekap en is op 'n draagbaar van laken en stokke weggedra."
   Die vroue moes ook toustaan vir kos en dit gaarmaak in opgetelde blikke. Hulle voorrade was soos in die ander kampe: rou vleis net tot Julie 1901, bullybeef, meel, koffie, suiker, sout, blikkiesmelk en mieliemeel. As voorrade opgeraak het, moes die vroue net daarsonder klaarkom. Gelukkig was daar 'n fontein waarvandaan hulle water moes aandra. Dit is nog te sien naby die Gereformeerde Kerk.
   Doringdraad is om die kamp gespan en is snags deur ses Zoeloes bewaak. Nege polisiemanne is in die kamp aangestel, 'all burghers selected from among the refugees'. Natuurlik hensoppers!
   Die skaapvleis was net vel en been en vroeg dié oggend in die ry, toe 'n bekende kwaai tannie, mev Rautenbach van Potgietersrus,se naam uitgeroep word ontvang sy 'n ribbetjie. Sy neem dit en gooi dit so hard as wat sy kan teen die Engelsman dat hy agteroor val, met die volgende woorde: 'Geen hond kan dit eet nie!' Die dag se kosuitdelery word toe verder gestaak, maar van die volgende dag af was die vleis beter!
   As gevolg van bedrywighede van generaal Beyers in die Pietersburg omgewing en nadat hy op 23 Januarie 1902 die Pietersburg-konsentrasiekamp binnegeval en 150 burgers bevry het, het die Engelse besluit om die Pietersburg- en Nylstroom-kampe na Irene, Pretoria, te verskuif. Dit het aan die einde van Maart 1902 plaasgevind.
  Sommiges het in oop treintrokke in gietende reën in Irenekamp aangekom, party met sakke om hulle lywe, ook die wat gewoond was aan luukshede. Die eerste slagoffer van die Nylstroom-kamp is op 31 Maart op Irene begrawe.
   Die Nylstroomkamp het 'n klein getal mense oorgehou en is waarskynlik eers vroeg in Desember 1902 gesluit. Die laaste maselslagoffer was die 3 jarige GM Oosthuizen. Besonder baie De Beer-, Pretorius-, Prinsloo-, Van Rooyen en Van Staden-kindertjies is in die kamp dood. Die suigeling van C Louw het na geboorte net vier uur geleef.
   Ds JA van Rooy van die Gereformeerde Kerk het geveg, maar met Beyers se goedkeuring teruggekom om die vroue geestelik te versorg. Hy is gevra om die konsentrasiekampmonument op Nylstroom te onthul, en het in sy voorwoord in die program geskryf:
   "Ons mag tog al die gebeurtenisse nie aan die vergetelehid prijs gee nie... Een enkel geval wat mij verhaal is: 'n Sekere vrouw kom terug van die wasplek en ontmoet 'n ander onderweg. 'Tante,' sê sij, 'Gee mij tog iets om te eet of ik sterf.' 'Niggie, gaan maar in mij tent en eet wat jij kan krij,' was die antwoord. Die volgende more word Tante geroep. 'Kom kijk tog wat is dit met mij ma! Tante gaat binne en vind die niggie dood op haar bed en haar babetjie nog sui'ende aan die bors. Kan ons vergeet? Mag ons vergeet? Nee, ons wil nie! Daarom word die monument opgerig! Ere aan die Voortrekkersvrouw en Voortrekkersdochter! Want hulle leuse was: Getrou tot die Dood!"

— Met dank aan mnr Roelf Odendaal, skrywer van Waterberg op Kommando, vir sy hulp

(Bron: De Camp Courant Nr3 1999)

Sanderis

  • Gas
Re: Konsentrasiekampe
« Antwoord #5 op: October 04, 2009, 06:13:03 PM »
waartydens 26 251 Boerevroue en -kinders in konsentrasiekampe vermoor is.

Dankie vir die brokkie Geskiedenis Sjarko , kan iemand dalk bevestig of dit die amptelike getal mense is ?

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Konsentrasiekampe
« Antwoord #6 op: October 05, 2009, 04:31:42 AM »
Sanderis, ons kan aanvaar dat jou syfer van 26 251 redelik korrek is wat amptelike sterftes aanbetref in die konsentrasiekampe.

Hierdie is egter nie die volledige prentjie nie. Daar was ook heelwat weerloses wat buite die kampe gesterf het a.g.v. ontberings terwyl daar voortdurend vir die vyand (wit en swart) gevlug moes word. Moet nie vergeet dat die Engelse hul huise en kosvoorrade vernietig het nie.

Tydens een voorval by Derdepoort, is n groep vrouens en kinders aangeval deur swartes uit Botswana, wat deur die Engelse bewapen is. Twee van die vrouens is doodgeskiet, en die res van die groep is ontvoer. Daar is nooit weer van hulle gehoor nie.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Gary

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 10
Re: Konsentrasiekampe
« Antwoord #7 op: October 06, 2009, 09:53:46 PM »


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal