Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Satanistiese staatskole  (Read 4729 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Satanistiese staatskole
« op: August 29, 2008, 08:41:33 AM »
Dit is totaal belaglik!!  Nou skree die skole dat hulle dit nie aanbied nie!  Maar die boeke word nogsteeds vir die kinders beskikbaar gestel.  Nou moet die kinders seker self die afleidings maak as hulle daar verbyblaai.
Of skeur die skole die bladsye uit?
So kan dit nie aangaan nie.  Kry julle kinders uit die staatskole!  Of verbrand die boeke.  Of skeur die helfte van die blaai uit.
DOEN NET IETS!


http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2384513,00.html
Woede oor Satanisme-lesse
Aug 28 2008 09:46:25:353PM  - (SA)   
  Druk artikel

 
Satanistiese simbole soos dié is deel van leermateriaal.

Alet Rademeyer
Ouers van sommige gr. 11-leerlinge aan die Hoërskool Dr. E.G. Jansen aan die Oos-Rand is ontsteld oor die inhoud van die vak lewensoriëntering waarin in 17 bladsye breedvoerig inligting oor Satanisme verskaf word.
’n Ouer het gister uitgevaar teen die “absolute gemors” waaraan leerlinge in die kurrikulum blootgestel word.
“Dit is weens dié soort goed wat kinders se nuuskierigheid geprikkel word en hulle met verkeerde goed begin eksperimenteer wat tot voorvalle soos die onlangse swaardaanval by ’n skool kan lei,” het dié pa gesê.
In die hoofstuk in gr. 11-leerlinge se handboeke wat aan Beeld beskikbaar gestel is, verskyn ’n gebed aan Satan, ’n breedvoerige uiteensetting oor die kerk van Satan as organisasie, ’n getrouheidseed wat aan Satan afgelê kan word, die “wette en reëls” van die kerk wat gehoorsaam moet word, die hoofrigtings van Satanisme, verse uit die satanistiese bybel, sowel as al die kentekens en waarvoor dit staan.
Die ouer het gesê skole is met “uiters gevaarlike dinge” besig as hulle kinders hieraan blootstel. “Wat my betref, is dit onverantwoordelik. Ek het nie ’n probleem as daar in ’n les verduidelikend na Satanisme verwys word nie, maar om dit in soveel diepte te behandel is onaanvaarbaar.”
Mnr. Gallie Maré, hoof van die skool, het gesê dié inligting is in handboeke en op die internet tot almal se beskikking. “Ons het al die gr. 11’s en ’n predikant wat in die onderwerp onderlê is, bymekaar gekry om die ingewikkelde gedeelte van die kurrikulum aan hulle te verduidelik en hulle die nodige leiding te gee.”
Volgens Maré is leerlinge elke dag aan gevare blootgestel en moet hulle toegerus word om dit te kan hanteer.
Verskeie ander skole wat Beeld genader het, soos die Hoërskool Garsfontein in Pretoria, die Hoërskool Die Anker in Brakpan en die Hoërskool Tuine in Pretoria-Wes, het gesê hulle gee geen aandag aan Satanisme in hul lewensoriëntering-leerplan nie.
Mnr. George Nel, hoof van Die Anker, het gesê al sal dit in die leerplan wees, sál die skool dit nie aanbied nie.
’n Woordvoerder van die Hoërskool Tuine het gesê die skool se uitgangspunt is dat ’n fyn streep getrek moet word by leermateriaal wat kinders kan verwar. Prof. Kobus Maree, opvoedkundige sielkundige van Pretoria wat gereeld met adolessente werk, meen in die lig daarvan dat kinders vandag aan allerlei dinge op MXit, die internet, in winkelsentrums en ander media blootgestel word, is dit eintlik noodsaaklik dat hulle ’n “opvoedkundige regstellende perspektief” op iets soos Satanisme kry.
“Of ouers dit nou wil weet of nie, hul kinders kom daarmee in aanraking en dit is beter dat hulle die regte inligting kry. Ouers behoort self ook inligting te kry sodat hulle hul kinders se vrae kan beantwoord.”
Mnr. Panyaza Lesufi, onderwyswoordvoerder in Gauteng, het gesê ’n taakspan sal ondersoek instel.
“Die departement is daartoe verbind om enige vorm van Satanisme in skole uit te roei en moedig dit nie aan dat leerlinge daaraan blootgestel word nie. As dit aanstootlik is, sal dit verwyder word.”


Jan Beyers

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Satanistiese staatskole
« Antwoord #1 op: August 29, 2008, 01:10:54 PM »
Henry Cloete, Hannatjie van der Merwe, Tom de Wet
Drie voorvalle van skolegeweld het vandeesweek die Noord-Kaap en Vrystaat geruk. In een was selfs 'n ouer betrokke.

Dit kom 'n week ná die skokvoorval waarin 'n Krugerdorpse leerling 'n mede-leerling met 'n swaard doodgekap en ander beseer het.

Op Groblershoop het 'n leerling, wat na bewering 'n jaar gelede 'n ander leerling op Upington met 'n mes vermoor het, glo nou ook 'n koshuismaat met 'n mes gesteek.

By die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein is 'n matriekseun glo deur die pa van 'n matriekmeisie aangerand.

Op Sasolburg is 'n skoolseun glo uit die bloute deur 'n klasmaat platgeslaan. Dit is op 'n selfoonvideo vasgelê.

Op Groblershoop was Cameron van Wyk na bewering die messteker. Hy het na bewering verlede jaar Edwin Phillips (15) by die Hoërskool Carlton van Heerden op Upington met 'n mes doodgesteek.

Mnr. Johannes Hendricks, hoof van die Hoërskool Groblershoop, sê die jongste messtekery was Woensdag net ná ontbyt in 'n koshuiskamer.

Albei seuns is in matriek. Die slagoffer is glo twee keer agter die linkeroor gesteek.

Hendricks sê Van Wyk is in sy skool nadat die departement van onderwys gesê het hy moet in 'n veilige omgewing geplaas word.

Supt. Mashay Gamieldien sê die polisie op Groblershoop ondersoek nou 'n klag van poging tot moord ná 'n stryery oor penne.

Van Wyk sal agter tralies bly en moet weer op 11 September in die hof verskyn.

In Bloemfontein wou die ouers van 'n matriekmeisie glo vir mnr. Johan Vorster, hoof van Sentraal, spreek oor beweerde drankmisbruik op 'n partytjie. Hulle het glo 'n matriekseun blameer.

Op die skoolterrein het die meisie se pa glo vir matrieks gevra waar die betrokke seun is.

Toe hy hom kry, het hy glo die seun aan die arm gegryp en na bewering met die kop gestamp. Hy het hom ook rondgeruk voordat sy vrou hom kalmeer en hulle na die hoof se kantoor is.

"Ek is nie seker wat die oorsaak van die bakleiery was nie," sê Vorster. "Die twee leerlinge was, sover ek weet, deel van 'n vriendekring, maar hul vriendskap het suur geword. Die pa hou beslis nie van die seun nie."

Volgens Vorster het die pa hom om verskoning gevra vir sy gedrag. "Ek het nog nie 'n formele gesprek met die matriekseun gehad nie. Die pa het egter laat blyk hy het die seun om verskoning gevra."

Vorster sê hy sal die bakleiery ondersoek.

By die Afrikaanse Hoërskool in Sasolburg is Lucas Lombard, gr. 9-leerling, volgens 'n selfoonvideo in Beeld se susterskoerant Volksblad se besit, trompop deur 'n ander leerling geloop en met 'n vuishou voor 'n klaskamer platgevel.

Albei seuns is toppresteerders en sportsterre.

Lucas is volgens sy pa, Lucas (sr.), gister die eerste keer sedert die aanval Dinsdag terug skool toe. "Dit het goed gegaan en hy het goeie ondersteuning. Ons is trots op die skool wat beslis een van dié met die beste reëls is."

Hy sê sy seun was bewusteloos en het met sy gesig op die grond geval. X-straalfoto's is geneem en verdere toetse sal gedoen word.

Lombard sê hulle het reeds met hul prokureur gepraat, maar nog nie besluit oor 'n klag by die polisie nie. "Ons is tevrede met hoe die skool die situasie hanteer en sal ons deur die gebeure verder laat lei. Dit was vir ons 'n groot skok, veral in die lig van die gebeure in Krugersdorp."

Mnr. Dawie Kleynhans, skoolhoof, sê die slaner het 'n waarskuwingsbrief gekry. Sy ouers moes hom dadelik by die skool kom haal. Die saak word ondersoek. "Dit was duidelik geen vuisgeveg tussen twee kinders nie."

Die leerling wat die selfoonvideo gemaak het, het ook 'n waarskuwingsbrief ontvang.

Leerlinge wat die video aangestuur het, sal ook gestraf word. Bewerings is dat die seun wat geslaan het, 'n gerug gehoor het dat sy meisie meer van Lucas hou.

Op die video kan gehoor word hoe 'n meisie ná die vuishou skreeu: "My hemel, C..., was dit nou nodig?"




Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Satanistiese staatskole
« Antwoord #2 op: August 29, 2008, 03:06:36 PM »
Geen dissipline, geen goeie vooruitsigte, en wat meer is, dan vorm daar vrugbare groeigebied vir allerhande onheilige dinge - hierdie is die begin van vele smarte wat wag op ouers en kinders wat roekeloos toelaat dat hul kinders onderwerp word aan die gevare van die lewe - die beskerming wat daar altyd was, het verdwyn en plek gemaak vir satan om sy saad te saai.
Kennis is mag

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Satanistiese staatskole
« Antwoord #3 op: August 29, 2008, 04:42:47 PM »
Ons het 'n plig om die ouers in te lig van die CVO skole. Ten minste in belang van die kinders.

Wie is bereid om te help met 'n aksie om ouers bewus te maak van CVO skole?

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Satanistiese staatskole
« Antwoord #4 op: August 29, 2008, 05:07:44 PM »
Ek dink jy moet iemand se hulp inroep wat tans in 'n CVO-skool is (Anné ;)) en ek sal ook help waar ek kan, ons moet 'n lekker pakket saamstel - met baie foto's en min geskryf, net die noodsaaklike wat die gevare van die staatskole uitwys (en natuurlik die mense aan die doopbelofte wat hulle afgelê het herinner).

In tien dae was vier uit die tien voorblaaie van Volksblad oor skolegeweld en/of die swaardmoord. Ek kan ongelukkig net twee van die voorblaaie opspoor. Ons moet hierdie tipe goed gebruik om mense "bang te maak".

Afwesig swartmamba

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 3
Insake: Satanistiese staatskole
« Antwoord #5 op: August 29, 2008, 05:58:17 PM »
Die rede waarom dit so in die Staatskole gaan  is :

1. Geen Christelike beginsels en standaarde nie.
2. Geen dissipline
3. Geen standaarde nie.
4. Geen morele waardes
5. Evolusieleer word toegepas en afgedwing op ons kinders.

Winter

  • Gas
Insake: Satanistiese staatskole
« Antwoord #6 op: August 29, 2008, 06:49:55 PM »
6. Die meerderheid blankes wil nie saam staan teen hierdie onreg wat aan ons kinders gepleeg word nie.

Jankejan

  • Gas
Insake: Satanistiese staatskole
« Antwoord #7 op: August 30, 2008, 07:58:37 PM »
Ons het 'n plig om die ouers in te lig van die CVO skole. Ten minste in belang van die kinders.

Wie is bereid om te help met 'n aksie om ouers bewus te maak van CVO skole?

Ben
Die BCVO hoofkantoor sal ook dankbaar wees oor so 'n projek, en sal maklik kan bydrae in die vorm van belangrike statistiek en inligting.

Dalk kan ons ook dink aan 'n landswye CVO ondersteunersklub bestaande uit ouers, ondersteuners en oud-leerlinge, wat alhoewel nog steeds individueel by sy eie skool kan help, ook landswyd saam met die BCVO bemarking en strategie kan koordieneer, en spesifiek met die ondersteuning daarvan kan help. Weereens dink ek aan 'n instelling of dan klub waar ons spesifiek mense vanoor die hele land kan "oplei" in bemarking en strategiese denke, wat baie sal help met 'n eenvormige aanslag teen die staatsbestel

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Satanistiese staatskole
« Antwoord #8 op: August 30, 2008, 08:39:33 PM »
Jan,

Jy klink soos 'n man met 'n plan. Sal jy die voortou neem? Ek sal gemaklik agter jou inval en ondersteun waar ek kan.

Afwesig Anné Thiart

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 336
Insake: Satanistiese staatskole
« Antwoord #9 op: August 30, 2008, 09:52:10 PM »
Ja ek sal ook help waar ek kan, ek dink dis 'n goeie idee!
"Ons glo in die beskikking van 'n alwetende, alwyse Skepper - daarom lê daar in die terugblik op ons stryd in die verlede die sterkste motivering..."
- Elizabeth Verwoerd

Sanderis

  • Gas
Insake: Satanistiese staatskole
« Antwoord #10 op: August 31, 2008, 01:33:57 PM »
Ek sal help met digitale verspreiding.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Satanistiese staatskole
« Antwoord #11 op: September 01, 2008, 06:27:44 PM »
Jankejan?

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1248
  • Swerwer
Insake: Satanistiese staatskole
« Antwoord #12 op: September 01, 2008, 08:14:13 PM »
My dogtertjie moet volgende jaar laerskool toe....  Ek kan vandag trots aankondig dat sy by die CVO skool te Verwoerdburg ingeskryf word !!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Satanistiese staatskole
« Antwoord #13 op: September 01, 2008, 08:19:39 PM »
Is dit CVO Moot? As dit is, ek hoor hulle gaan nou 'n Hoerskool begin.

O, ja - geluk Cois!

Afwesig Basjan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 258
Insake: Satanistiese staatskole
« Antwoord #14 op: September 02, 2008, 08:27:04 AM »
Is daar 'n CVO kleuterskool?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Satanistiese staatskole
« Antwoord #15 op: September 02, 2008, 10:21:13 AM »
Basjan,

Sommige van die CVO skole het wel kleuterskole. Die beste is om die CVO skool naby aan jou te kontak en hulle te vrae.

Afwesig Anné Thiart

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 336
Insake: Satanistiese staatskole
« Antwoord #16 op: September 02, 2008, 10:25:01 AM »
SP, CVO Verwoerdburg is nie CVO Moot nie...
Cois, maak net seker of CVO Verwoerdburg nog deel is van die BCVO... Ek het so idee hulle is nie. Hoor maar net!
Basjan, daar is 'n kleuterklassie by die CVO Skool Pretoria, dit sal goed wees as jy die skool kan skakel vir meer inligting... Die nr. is 0128090127
Hoop dit sal help!
"Ons glo in die beskikking van 'n alwetende, alwyse Skepper - daarom lê daar in die terugblik op ons stryd in die verlede die sterkste motivering..."
- Elizabeth Verwoerd

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Satanistiese staatskole
« Antwoord #17 op: September 02, 2008, 10:44:22 AM »
Dankie Anne,

Dit is dalk hoekom ek nie van hulle weet nie.

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1248
  • Swerwer
Insake: Satanistiese staatskole
« Antwoord #18 op: September 02, 2008, 12:17:11 PM »
Blykbaar is die CVO Verwoerdburg nie meer deel van die BCVO nie. MAAR dit is om die draai van my en hul het ook 'n voorskoolse afdeling, waaroor ek natuurlik gaande is want dan kan my ander twee volgende jaar ook daarheen gaan.

Wat is die verskil ???

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Satanistiese staatskole
« Antwoord #19 op: September 02, 2008, 12:55:13 PM »
Cois,

Die vraag is dan watter silabus volg hulle. Die skole wat lid is van die BCVO volg die BCVO se silabus. Daar is in SA net twee Afrikaanse matriek eksamens wat goedgekeur is deur UMALUSI. Die BCVO sin en die staat sin (hulle moet seker hulle eie een goedkeur).

Meeste van die tuisskool stelsels gebruik ook die BCVO se matriek eksamen.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal