Skrywer Onderwerp: TLU SA  (Read 1134 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
TLU SA
« op: September 05, 2008, 08:21:55 AM »
TLU het 'n praktiese nuwe webblad met heelwat inligting http://www.tlu.co.za/


Afwesig James Kemp

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 245
Insake: TLU SA
« Antwoord #1 op: September 05, 2008, 02:56:45 PM »
Ben, ek het self daar gaan inloer. Dit lyk puik!

Sanderis

  • Gas
Re: TLU SA
« Antwoord #2 op: June 22, 2011, 08:22:25 PM »
TLU SA daag Zuma uit oor uitsprake
 

Die TLU SA het pres. Jacob Zuma en sy kabinet uitgedaag om standpunt in te neem oor of alle Suid-Afrikaners onder die Grondwet werklik gelyk geag word.

Dié uitdaging is gerig na aanleiding van die ANC-jeugliga se aandrang dat grond sonder vergoeding van boere gevat moet word.

Eiendomsreg word beskerm
“Ons neem kennis van en verstaan die onlangse uitlatings oor nasionalisering en grondbesit,” het mnr. Ben Marais, TLU SA se voorsitter, in ’n verklaring gesê.

“Dit beteken nie dat ons as boere goedsmoeds ons grond wat ons deur jare opgebou en bewerk het, aan enigiemand gaan afstaan sonder vergoeding nie. Individuele eiendomsreg word internasionaal erken en beskerm, en elke boer sal daardie reg met hand en tand beskerm,” sê Marais.

Marais sê wat die TLU SA betref, het die ANC ’n streep getrek met hul dreigemente en aanvaarding van dié standpunte.

“Die ANC sal self die gevolge moet aanvaar as hulle met hierdie ‘diefstal’ wil voortgaan, en sal self aan sy mense moet verduidelik as daar ’n kosskaarste sou ontstaan.“

Boere sal hulself verdedig
Marais het ook gesê dat boere hulself binne die bepalings van die wet sal verdedig en gebiedsveiligheid sal bevorder.

“Ons hoef nie toe te laat dat ons grond dalk onwettig beset word en ons lewe en eiendom in gevaar gestel word nie. Ons doen ook ’n beroep op alle boere om na mekaar uit te reik, mekaar se belange te beskerm, met mekaar saam te werk en mekaar te help beveilig,” sê hy.

22 Junie 2011

Afwesig Frikkie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 72
    • www.samagte.co.za
Re: TLU SA
« Antwoord #3 op: June 22, 2011, 08:46:32 PM »
Sie TLU doen wonderlike werk vir ons mense.

Sanderis

  • Gas
Re: TLU SA
« Antwoord #4 op: July 11, 2011, 08:33:23 PM »
TLU SA kritiseer OB
 
Deur ALANI JANEKE

Die Openbare Beskermer (OB) moet haar prioriteite agtermekaar kry en nie tyd met “nuttelose ondersoeke” mors nie, sê die TLU SA.

Luidens ’n verklaring sê die organisasie die OB se pos is in 1994 geskep met die oog op die verbetering van dienslewering deur die huidige staatsdepartemente wat sake moet bestuur.

“Om nou ondersoeke te wil doen na iets wat dalk gedurende die apartheidstyd gebeur het, lyk vir ons baie na ’n weerligafleier van ander sake wat tans om aandag roep,” sê die organisasie.

Dié reaksie volg op berigte wat Donderdag (7 Julie 2011) die lig gesien het dat me. Thuli Madonsela, die OB, verskeie instansies wil ondersoek in verband met beweerde plundering van die Tesourie teen die einde van apartheid. Luidens berigte is onder andere die KWV en die Nederduitse Gereformeerde Kerk by die bewerings betrek.

Sake wat aandag verg
Mnr. Chris van Zyl, die organisasie se assistent-hoofbestuurder vir dienste, het begin vanjaar ’n saak by die OB aanhangig gemaak oor bepaalde staatsdepartemente wat nie hul ondernemings nakom en hul werk doen nie.
 
Dié saak het te doen met die organisasie se klagtes teen verskeie ministers ten opsigte van waterbesoedeling.

“Tot op hede het ons nog geen vordering deur die OB in dié saak gesien nie, behalwe dat hulle ’n poging aangewend het om te ontken dat ons die saak aanhangig gemaak het.

Dit dui op administratiewe chaos in die OB se kantoor.  Gelukkig het ons bewyse dat dit wel ontvang is, maar dit wil voorkom of die OB dalk self een of ander tyd vir doeltreffendheid ondersoek moet word,” sê Van Zyl.

Die TLU SA meen pleks dat die OB duur ondersoeke na twee dekades gelede se beweerde gebeure instel, sy beter sou doen “om haar prioriteite reg te kry, haar administrasie te verbeter en knelpunte van die dag reg te stel”.

8 Julie 2011


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal