Afdeling van die Afrikanerfront > Algemene Besprekings
'n Onverwagse ongeluk
Clem de Klerk:
Prof Hendrik vd Wateren, AF voorsitter, het gister op sy plaas naby Nylstroom in die moeilikheid beland toe hy besig was met brandbestryding. Die vlamme het hom vasgekeer. Hy verkeer tans in die Unitas hospitaal se intensiewe eenheid. Sy toestand het gestabiliseer en alhoewel ernstige gesig en arms brandwonde opgedoen het, gaan dit goed onder omstandighede.
Dink in u gebede aan hierdie formidabele volksgenoot van ons.
James Kemp:
Dra asb ons beste en spoedige beterskap aan hom oor Oom Clem.
Clem de Klerk:
Dankie James - ek maak so.
Afrikanermeisie:
Ek is baie jammer om dit te hoor. Ek dink aan hom en sy familie.
Ben Geldenhuys:
Dit is 'n skok!
Dra asb ook my beste wens oor.
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version