Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Oom HS van Blerk  (Read 3482 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afrikanermeisie

  • Gas
Oom HS van Blerk
« op: September 11, 2008, 07:44:14 PM »
Geagte Bravolanders

Een van ons volk se groot geeste, Oom Hendrik van Blerk, wat al tientalle boeke oor ons volk se geskiedenis geskryf het en steeds baie moeite, tyd en geld aan Majuba spandeer, het op 15 Julie vanjaar 'n hartaanval gehad. Oom Hendrik is gelukkig vir ons gespaar en is op 19 Julie uit die hospitaal ontslaan en weer by die huis, al was hy maar nog swak.

Drie weke gelede (net vier weke na die hartaanval) is Oom Hendrik weer in die hospitaal opgeneem met simptome wat weer gelyk het na 'n hartaanval. Die dokter het dit egter gediagnoseer as hartversaking. Dus gaan Oom Hendrik, wat nou 92 is, baie mediese onkoste hê en hy en sy vrou, Tannie Nell, het nie 'n mediese fonds nie.

Die Bravoland Ondersteunersklub is gestig om ons volksgenote te help wanneer hulle dit mag nodig hê, en het dit goedgedunk om R2000.00 vir Oom Hendrik se hospitaalonkoste uit die klub by te dra. Die volksraad het ook ingespring en vinnig is daar uit hulle sakke nog R1700.00 ingesamel as bydrae vir hierdie skenking. Dus het ons tot op hede R3700.00.

Ek wil graag 'n beroep op Bravolanders doen om ook 'n bydrae te maak, hoe gering dit ook al mag wees, elke bietjie help.

Bydraes kan in die Bravoland Ondersteunersklub se rekening inbetaal word, en die hele bedrag sal dan vroeg in volgende week oorbetaal word in Oom Hendrik se rekening.

Die bankbesonderhede is:

Naam:     Bravoland Ondersteunersklub
Bank:      ABSA
Tipe:       Tjek
Tak:        Mosselbaai
Rek nr:   407 1429 502
Takkode: 632 005


Alle deposito's moet asb. 'n duidelike verwysing hê. By die verwysingsblokkie kan u HSvanBlerk skryf.

Baie dankie aan almal wat reeds 'n donasie gegee het en wie nog 'n donasie gaan gee. Dit word opreg waardeer en is vir 'n goeie doel.

Vir Oom Hendrik is geen opoffering te groot nie, kom ons wys ons waardering vir alles wat hy vir die volk opgeoffer het.

Vriendelike groete


Bravoland Ondersteunersklub
Uit die Volk - Vir die Volk!

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Oom HS van Blerk
« Antwoord #1 op: September 12, 2008, 08:55:44 AM »
Ek wil hierdie net weer onder al die Bravolanders se aandag bring. Mense, dit is vir 'n groot saak hierdie en ons vra om oom HS van Blerk te help.

Karina, is dit reg as ek hierdie na die Volkshulp skuif?
Moed Vryheid Eer

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Oom HS van Blerk
« Antwoord #2 op: September 12, 2008, 10:29:05 AM »
Doodreg KB.

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Oom HS van Blerk
« Antwoord #3 op: September 12, 2008, 04:52:32 PM »
Ek wil net weer ons volkshulpaksie onder almal se aandag bring...
Moed Vryheid Eer

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Oom HS van Blerk
« Antwoord #4 op: September 12, 2008, 06:02:53 PM »
Boodskappe aan Oom Hendrik kan ook hier geplaas word.

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Insake: Oom HS van Blerk
« Antwoord #5 op: September 15, 2008, 09:37:08 AM »
Dankie aan die Burgers wat reeds inbetalings gedoen het.

Die finale bedrag sal later deur gegee word, dit is moontlik dat oorbetalings, wat van ander banke af gedoen is, nog nie op die bankstaat van vanoggend verskyn nie.

Indien u nog 'n bydrae wil maak is u welkom.
VOEL TUIS

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Oom HS van Blerk
« Antwoord #6 op: September 15, 2008, 10:26:08 AM »
Boodskap aan Oom Hendrik

Dit is ons bede dat u spoedige algehele herstel van u gesondheid sal geniet, en mag die geringe bydrae uit Bravoland aan u van waarde wees - ons wil hiermee ook ons gesindheid teenoor u openbaar.

Dankie vir u offervaardigheid oor baie jare - u dien ons volk op besondere wyse.
Kennis is mag

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Insake: Oom HS van Blerk
« Antwoord #7 op: September 17, 2008, 11:54:44 AM »
Ek het die afgelope tyd weereens besef dat die Bravolanders besonderde mense is. Die Bravoland Ondersteunersklub(BOK) het Vrydag ‘n oproep gedoen om bydraes vir Oom HS van Blerk, die Burgers het dadelik reaksie getoon en dit was vir my  ‘n voorreg om vanoggend R5 470-00, namens Bravoland, vir Oom Hendrik in te betaal.

Baie dankie aan elkeen wat ‘n bydrae gelewer het, maak nie saak hoe groot of hoe klein nie, elke bydrae word opreg waardeer. Dit is verblydend om te sien dat daar, in die huidige ekonomiese toestande, mense is wat dadelik bereid was om hul naaste in tyd van nood by te staan.

Weereens baie dankie

Plaas Botha namens die
Bravoland Ondersteunersklub
VOEL TUIS

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Oom HS van Blerk
« Antwoord #8 op: September 17, 2008, 06:10:34 PM »
Middag mense,

Ek het vandag 'n oproep gekry wat my sommer weer trots op my eie mense gemaak het. Hierdie aksie gaan nie hier stop nie.

Oom Doep du Plessis hier in Bloemfontein het my vandag geskakel toe hy van hierdie poging om geld in te samel gehoor het. Hy ken vir Oom HS van Blerk baie beter as ek en hy sê hulle het aan die begin van die jaar lank op Majuba gesels en hy het so bietjie syfers genoem hoeveel rande (en dis honderde duisende) Oom HS vir die Boerevolk gegee het om ons saak te bevorder.

Wel, die Bloemfonteiners (van verskeie groepe en organisasies) het volgende Woensdag die 24ste September 'n saamtrek en dan gaan Oom Doep hierdie aksie daar verder loods en sommer 'n kollektebord omstuur vir donasies.

Hy sê Tannie Nell geniet ook nie die beste gesondheid nie, dus sal elke bietjie help.

Ek wil ook aan elkeen wat 'n bydrae gemaak het, baie dankie sê. Dit is hoe ons mekaar se hande sterk en 'n wesenlike verskil maak.

Afwesig Werner Pereira

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 45
Insake: Oom HS van Blerk
« Antwoord #9 op: September 18, 2008, 09:26:53 AM »
Kan mens nog bydra in die bankrekening?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Oom HS van Blerk
« Antwoord #10 op: September 18, 2008, 09:29:55 AM »
Werner,

Soos ek verstaan kan jy nog. Die B.O.K het my laat verstaan dat hulle maandeliks die bydraes wat inkom gaan oorbetaal.

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Insake: Oom HS van Blerk
« Antwoord #11 op: September 18, 2008, 12:26:31 PM »
Inbetalings is altyd welkom.

Daar is moet asb 'n duidelike verwysing by wees. Indien daar twyfel bestaan of die verwysing bygevoeg is, kan daar vir my of vir Kleinbekkie 'n PB gestuur word. Die deposito sal dan reg toegedeel word
VOEL TUIS

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Insake: Oom HS van Blerk
« Antwoord #12 op: October 03, 2008, 11:49:59 AM »
Ek het die voorreg om julle mee te deel dat daar na die betaling aan Oom Hendrik, deur verskeie Bravolanders, 'n verdere R800-00 vir die projek in betaal is.

Ons gaan volgende week die geld aan Oom Hendrik in betaal, as iemand nog 'n bydrae wil maak is hulle welkom.

Dankie aan almal vir die bydraes.
VOEL TUIS

Winter

  • Gas
Insake: Oom HS van Blerk
« Antwoord #13 op: October 05, 2008, 10:37:16 AM »
Die laaste tyd is ek vrek min hier....kan ek dus maandelikse donasies wat van my afkomstig is merk as ALGEMEEN, dan kan die BOK taakspan die geld gebruik waar hulle dit die nodigste vind?

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Oom HS van Blerk
« Antwoord #14 op: October 05, 2008, 04:26:58 PM »
Baie dankie Winter, dit is so aangeteken.
Moed Vryheid Eer

Winter

  • Gas
Insake: Oom HS van Blerk
« Antwoord #15 op: October 05, 2008, 05:24:15 PM »
KB, die oorbetaling is deur as BOK Algemeen op julle staat.

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Insake: Oom HS van Blerk
« Antwoord #16 op: October 07, 2008, 01:18:43 PM »
R800-00 is vandag oorbetaal.

Weereens baie dankie vir elkeen se bydrae.
VOEL TUIS

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Oom HS van Blerk
« Antwoord #17 op: December 29, 2010, 08:24:09 PM »
Die begrafnis van oom Hendrik van Blerk vind plaas op Vrydag 31 Desember om 09:00 by die Verwoerdburg begraafplaas. Die begrafnisdiens vind plaas om 12:30 in die APK Northmead, Benoni, h/v Oaklaan en Stokroosstraat. Nadere besonderhede by Dup du Plessis, tel. 083 328 8716.
Ons Sal!!!

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Oom HS van Blerk
« Antwoord #18 op: December 30, 2010, 07:48:54 AM »
Dankie, oom Andre, ek het gister eers toevallig verneem van die oom se afsterwe.
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Oom HS van Blerk
« Antwoord #19 op: December 30, 2010, 08:40:08 AM »
Jammerte om te hoor .


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal