Skrywer Onderwerp: Wat van 'n Departement van Nasiebou?  (Read 1317 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig mooiwiele

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 3
Wat van 'n Departement van Nasiebou?
« op: September 12, 2008, 08:57:08 AM »
Dagsê!
Daar is genoeg grappe oor Stefanus Stofsuier se Nasieboubeleid :)
Maar grappe tersyde - Wanneer gaan die Christen-Afrikaner begin ag slaan op die beginsels wat ons Here uitspel in Jeremia 29? Wat het geword van die kultuurmandaat? (moet net nie die NG Kerk se teologiese fakulteit vra nie - hulle is óf daarvan onbewus, óf dit pas nie in hulle beleid nie!)
Om 'n NUL PERSENT groeikoers te handhaaf, moet elke gesin VIER kinders hê. Vir 'n stadige, gesonde groei, benodig 'n volk se gesinne elkeen SES KINDERS.
Dit is moontlik - maar dan moet ons afsien van ons baäls soos Blikskottel-TV, duur motors en twintigduisend Rand se matriekafskeidrokke, om maar 'n paar te noem.
En 'n stuk van die plaveisel moet plek maak vir groente - maar dit hoort by Landbou ;)

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Insake: Wat van 'n Departement van Nasiebou?
« Antwoord #1 op: September 12, 2008, 09:01:17 AM »
Oom Clem, hierdie  lyk vir my na 'n draad wat Oom goed sal pas  ;D
Moed Vryheid Eer

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Wat van 'n Departement van Nasiebou?
« Antwoord #2 op: September 12, 2008, 10:33:26 AM »
Mooiwielie, is jy van die Broeistaatparty?  :D

Jy sal ook van jou mooiwiele moet afsien as jy ses kinders het, ek persoonlik het nie 'n probleem met baie kinders nie, maar in hierdie land waar jy nie weet of jy môre nog 'n werk gaan hê nie, is dit dalk bietjie moeilik om altyd in almal se behoeftes te voorsien.

Sanderis

  • Gas
Insake: Wat van 'n Departement van Nasiebou?
« Antwoord #3 op: September 12, 2008, 10:46:36 AM »
Om 'n NUL PERSENT groeikoers te handhaaf, moet elke gesin VIER kinders hê. Vir 'n stadige, gesonde groei, benodig 'n volk se gesinne elkeen SES KINDERS.

Lyk my hier is darem iemand wat die situasie soos ek sien.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal