Volksekonomie > Departement van Welsyn en Maatskaplike Werke
Wat van 'n Departement van Nasiebou?
(1/1)
mooiwiele:
Dagsê!
Daar is genoeg grappe oor Stefanus Stofsuier se Nasieboubeleid :)
Maar grappe tersyde - Wanneer gaan die Christen-Afrikaner begin ag slaan op die beginsels wat ons Here uitspel in Jeremia 29? Wat het geword van die kultuurmandaat? (moet net nie die NG Kerk se teologiese fakulteit vra nie - hulle is óf daarvan onbewus, óf dit pas nie in hulle beleid nie!)
Om 'n NUL PERSENT groeikoers te handhaaf, moet elke gesin VIER kinders hê. Vir 'n stadige, gesonde groei, benodig 'n volk se gesinne elkeen SES KINDERS.
Dit is moontlik - maar dan moet ons afsien van ons baäls soos Blikskottel-TV, duur motors en twintigduisend Rand se matriekafskeidrokke, om maar 'n paar te noem.
En 'n stuk van die plaveisel moet plek maak vir groente - maar dit hoort by Landbou ;)
Kleinbekkie:
Oom Clem, hierdie lyk vir my na 'n draad wat Oom goed sal pas ;D
Afrikanermeisie:
Mooiwielie, is jy van die Broeistaatparty? :D
Jy sal ook van jou mooiwiele moet afsien as jy ses kinders het, ek persoonlik het nie 'n probleem met baie kinders nie, maar in hierdie land waar jy nie weet of jy môre nog 'n werk gaan hê nie, is dit dalk bietjie moeilik om altyd in almal se behoeftes te voorsien.
Sanderis:
--- Aanhaling van: mooiwiele op September 12, 2008, 08:57:08 AM ---Om 'n NUL PERSENT groeikoers te handhaaf, moet elke gesin VIER kinders hê. Vir 'n stadige, gesonde groei, benodig 'n volk se gesinne elkeen SES KINDERS.
--- End quote ---
Lyk my hier is darem iemand wat die situasie soos ek sien.
Navigation
[0] Message Index
Go to full version