Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Solidariteit stel groot bedrag geld beskikbaar  (Read 4650 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Solidariteit stel groot bedrag geld beskikbaar
« op: September 14, 2008, 07:15:24 PM »
Solidariteit het aangekondig dat hulle een honderd miljoen rand wil beskikbaar stel vir die ontwikkeling van die afrikaner. Dit klink baie goed ek is baie opgewonde hieroor.
Al wat my altyd pla van so iets is wie gaan almal hierby baat? Hoe lank voordat met solidariteit gebeur wat met die ou NP gebeur het? Wat dink julle?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Solidariteit stel groot bedrag geld beskikbaar
« Antwoord #1 op: September 14, 2008, 08:55:06 PM »
Mike,

Ek het dit ook raak gelees. Dit is voorwaar goeie nuus. Ek wonder net waar hulle die geld vandaan gaan kry?

Ek weet nie rerig wat jy bedoel met wat met die NP gebeur het nie, miskien kan jy meer duidelikheid gee dan kan ons dalk kommentaar op jou vrese lewer.

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Insake: Solidariteit stel groot bedrag geld beskikbaar
« Antwoord #2 op: September 14, 2008, 09:22:32 PM »
Ben
Ek bedoel die oorlede NP met sy "wigte en teenwigte" of "cheques en balances"  ;D
Ek hoop hulle finansier volkskole, universiteite, hospitale, ouetehuise, ens vir die afrikaner met daardie geld. So kan ons baie werk skep vir ons eie mense.   

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Solidariteit stel groot bedrag geld beskikbaar
« Antwoord #3 op: September 14, 2008, 10:06:08 PM »
Ek hoor wat jy se oor die NP  Mike. Laat ons egter die "dooies" in vrede laat rus.

Ek dink Solidariteit sal fokus op 'n plan teen regstellende aksie, hulle is immers 'n werkers unie. Ek vermoed hulle plan is om Afrikaners op te lei.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Insake: Solidariteit stel groot bedrag geld beskikbaar
« Antwoord #4 op: September 14, 2008, 10:46:53 PM »
Dit was vir my ook aangenaam gewees om te verneem dat hulle so baie geld gaan aanwend vir wat ek ook sou meen 'n goeie doel is.

Ek sien hier word gepraat van Afrikaners, maar RPTA het Afrikaanse------- berig. Dit het my nogal opgeval.  Hopelik sien ek spoke, maar ek reken ons is dit almal eens dat daar 'n taamlike gaping tussen die twee eenders klinkende woorde is.  Ek wonder wat presies die oogmerk met die geld is.  Ek het so 'n idee dat as daar nie mooi gekyk gaan word na die geld nie, gaan dit dalk nog vir ander dinge gaan as wat die meeste van ons sou hoop.

Dit sal werklik jammer wees.  Ons hoop maar vir die beste.

SOL vs NP
Ja, soos feitlik alle ander organisasie kan Solidariteit ook ingesuipel word en van koers laat verander.  Dit is natuurlik nou makliker as ooit agv die ontuimige politieke stroom na links - wat vloei na die anSEE.
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Solidariteit stel groot bedrag geld beskikbaar
« Antwoord #5 op: September 14, 2008, 10:55:34 PM »
Ek het ook vandag in die berig in Rapport gesien in die opskrif praat hulle van Afrikaanses en in die berig self praat hulle van Afrikaners...

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Solidariteit stel groot bedrag geld beskikbaar
« Antwoord #6 op: September 14, 2008, 10:59:01 PM »
Werner en Karina,

Julle het 'n punt beet. Wil julle nie asb 'n skrywe rig aan hulle en hulle vra wie presies bedoel hulle nie?

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Solidariteit stel groot bedrag geld beskikbaar
« Antwoord #7 op: September 14, 2008, 11:15:26 PM »
Ek dink in hierdie stadium bedoel hulle Afrikaners, maar hulle hou ook 'n agterdeur oop met die semantiese bedrog wat hier gepleeg word, sodat indien hulle eendag in 'n hoek gedryf word deur die regering omdat dit slegs vir blankes is, kan hulle sê hulle het bedoel Afrikaanses oor die hele spektrum...

Ek weet nie, ek bespiegel nou maar.

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Solidariteit stel groot bedrag geld beskikbaar
« Antwoord #8 op: September 15, 2008, 11:06:06 AM »
Ek het ook vandag in die berig in Rapport gesien in die opskrif praat hulle van Afrikaanses en in die berig self praat hulle van Afrikaners...


Sonder om kant te kies:

Dit is Rapport se ou tegniek om mense te beinvloed - hul gemene werksmetodes kom al die jare met hulle saam.
Kennis is mag

Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
Insake: Solidariteit stel groot bedrag geld beskikbaar
« Antwoord #9 op: September 15, 2008, 12:34:39 PM »
Ek is nie bekommerd nie. Die mense wat aan stuur van sake is by Solidariteit is ons mense.

As mens kyk na die goeie werk wat die Helpende hand, soltek en Afriforum doen, glo ek dat die geld uitsluitlik vir die Afrikaner aangewend gaan word.

Ek wonder wel wat presies hulle beoog met die geld. Ek het nie die berig gelees nie.

OD
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Insake: Solidariteit stel groot bedrag geld beskikbaar
« Antwoord #10 op: September 15, 2008, 01:28:04 PM »
Met 'n honderd Miljoen kan hulle vir 'n bank geld leen!

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Insake: Solidariteit stel groot bedrag geld beskikbaar
« Antwoord #11 op: September 15, 2008, 01:35:02 PM »
R100 miljoen vir Afrikaanses

Carien Kruger     

Pretoria

Die bal is aan die rol gesit vir bemagtigingsprojekte soos die Afrikaner-gemeenskap nog nie gesien het nie.

Die vakbond Solidariteit – wat 100 jaar gelede as die Mynwerkersunie begin het – het die naweek sy eeufees gevier met die aankondiging dat hy met sy nuwe groeifonds R100 miljoen se projekte vir sy lede en die Afrikanergemeenskap gaan aanpak.

Daar moet ’n toekoms geskep word vir die 85% Afrikaners wat nie wil emigreer nie, sê mnr. Flip Buys, Solidariteit se uitvoerende hoof.

Die vakbond dink gróót, met die fokus veral op opleiding: ’n nuwe Afrikaanse tegniese kollege in Pretoria, die grootste Afrikaanse korrespondensiekollege en ’n beursfonds van miljoene rande vir opleiding in skaars en uiters belangrike vaardighede.

Daarby kom projekte vir mediese sorg, aftreevoorsiening, personeelplasing, misdaadvoorkoming en armoedebestryding – met die fokus op die Afrikaanse gemeenskap en wit armoede.

Gewone mense se rande gaan tel: Solidariteit-lede se maandelikse bydrae van minstens R10 per lid sal sowat R1,5 miljoen bedra.

Solidariteit hoop die breë Afrikaanse gemeenskap sal ook tot die fonds bydra. Só kan hulle deel word van waarskynlik een van die grootste bemagtigingsprojekte wat ’n gemeenskap self in die onlangse tyd aangepak het, sê Buys.

Dis nie sommer barmhartigheidwerk nie.

Buys sê die projekte gaan nie uitdeelprojekte wees nie. Hulle is gegrond op sakebeginsels. Hulle moet mense bemagtig.

“Ons projekte mag nooit afhanklikheid tot gevolg hê nie, maar eerder selfstandigheid. Ons het ’n span mense met MBA’s, doktorsgrade en nagraadse finansiële en regskwalifikasies wat in beheer van die projekte is.

“Ons mag nie bakhand teenoor enigiemand staan vir ’n toekoms hier in Suid-Afrika nie. Ons moet dit self skep.

“Met die groot vaardigheids-tekorte in Suid-Afrika stel ons jong mense wat reg opgelei is vry van regstellende aksie.

“Waar daar groot vaardigheidstekorte is, word nie gevra wat jou ras is nie, maar eerder wat jou vaardighede is,” sê Buys.

Solidariteit het gaan kyk na vroeëre Afrikaner-bemagtigingsprojekte, soos die Helpmekaar-beweging van 1916, die Reddingsdaadbond, ekonomiese volkskongresse en die stigting van Nasionale Pers, Santam, Sanlam, Volkskas en Federale Volksbeleggings.

“Die les wat ons uit hierdie geskiedenis geleer het, is dat ’n gemeenskap wat homself uit innerlike beweging ophef baie meer energie in sy opheffingsaksie het as met eksterne opheffing.”

Mense wat tot die Solidariteit-groeifonds wil bydra, kan die webwerf www.groeifonds.co.za besoek of die woord “groei” SMS na 35960.

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2392970,00.html
VOEL TUIS

Winter

  • Gas
Insake: Solidariteit stel groot bedrag geld beskikbaar
« Antwoord #12 op: September 15, 2008, 09:47:10 PM »
Afriforum het my so twee weke terug gekontak oor betaalde lidmaatskap met die groot doel dat die geld vir die Afrikaner aangewend word. Ek het nie geweet wat om te se en gese ek sal oor die saak dink. Mens weet nie meer wie jy kan vertrou en wie nie. Ek sit maar op die oomblik my geld waar ek weet waar dit heen gaan.

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Insake: Solidariteit stel groot bedrag geld beskikbaar
« Antwoord #13 op: September 16, 2008, 06:27:08 AM »
Winter
Dit is my probleem ook. Jy gee nou geld en oor 'n paar jaar vorentoe is ander mense in beheer en hulle gee weer alles weg. Ek sou wou sien dat daar in hulle grondwet, as hulle so iets het, die meerderheid moet stem as hulle enige besluite wil neem, bv volksvreemdes in beheer posisies te plaas.
Ek dink solidariteit moet eers vir die blanke se wat hulle beleid is tov hierdie vrae.   

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Solidariteit stel groot bedrag geld beskikbaar
« Antwoord #14 op: October 14, 2008, 04:52:25 PM »
Het iemand al iets verder gehoor van die saak?

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Insake: Solidariteit stel groot bedrag geld beskikbaar
« Antwoord #15 op: October 15, 2008, 11:10:43 PM »
Dis goeie nuus oor die geld maar wie word deur hulle as die Afrikaner beskou.  Ek hoop nie dat dat die Afrikaner wat hulle van praat al die rasse in Suid-Afrika is nie.
Ek het al iets in die Afrikaner van Flip Buys gelees maar ... :-X
« Laaste verandering : October 15, 2008, 11:14:46 PM deur Johan Joubert »
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
Insake: Solidariteit stel groot bedrag geld beskikbaar
« Antwoord #16 op: October 16, 2008, 09:21:19 AM »
Ja nee Dr Gregan... Solidariteit is almal volksverraaiers en verdien die brandstapel...

 >:(  >:(  >:(
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!

Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
Insake: Solidariteit stel groot bedrag geld beskikbaar
« Antwoord #17 op: October 16, 2008, 09:22:51 AM »
Of is dit nou Dr klets?
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Insake: Solidariteit stel groot bedrag geld beskikbaar
« Antwoord #18 op: October 16, 2008, 09:59:21 AM »
Ja nee Dr Gregan... Solidariteit is almal volksverraaiers en verdien die brandstapel...

 >:(  >:(  >:(

Oranje-Doring ek verstaan nie heeltemal wat jy hiermee bedoel nie
Ek het nie gesê wat ek gelees het is negatief nie maar sal graag 'n uitbreiding op bg. stelling van jou wil hoor.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
Insake: Solidariteit stel groot bedrag geld beskikbaar
« Antwoord #19 op: October 16, 2008, 10:33:12 AM »
Ag Johan... Ek moet eerder net swyg.

Ek probeer regtig om nie bakleierig te wees nie, en ek dink ek het nog net 2 keer op Bravoland my humeur verloor. (Te danke aan Sakkie & Kaapseboer).

Jy is egter besig om op my senuwees te werk met jou ongegronde opmerkings oor sake waarvan jy nie veel weet nie. Ek gee nie om as ons oor die saak debatteer nie, en ek verstaan mense se gevoelens oor Afriforum en Solidariteit. Ek probeer net hulle kant van die saak ook stel en verdedig.

Johan jy gooi egter wilde beskuldigings en rou beledigings rond en ek sal dit nie verdra nie. Hou nou op. Jy beïndruk niemand nie.

As jy stellings en opmerkings wil maak, maak seker jy het gronde om op te staan.

OD
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal