Volksekonomie > Departement van Finansies

Solidariteit stel groot bedrag geld beskikbaar

(1/6) > >>

Mike:
Solidariteit het aangekondig dat hulle een honderd miljoen rand wil beskikbaar stel vir die ontwikkeling van die afrikaner. Dit klink baie goed ek is baie opgewonde hieroor.
Al wat my altyd pla van so iets is wie gaan almal hierby baat? Hoe lank voordat met solidariteit gebeur wat met die ou NP gebeur het? Wat dink julle?

Ben Geldenhuys:
Mike,

Ek het dit ook raak gelees. Dit is voorwaar goeie nuus. Ek wonder net waar hulle die geld vandaan gaan kry?

Ek weet nie rerig wat jy bedoel met wat met die NP gebeur het nie, miskien kan jy meer duidelikheid gee dan kan ons dalk kommentaar op jou vrese lewer.

Mike:
Ben
Ek bedoel die oorlede NP met sy "wigte en teenwigte" of "cheques en balances"  ;D
Ek hoop hulle finansier volkskole, universiteite, hospitale, ouetehuise, ens vir die afrikaner met daardie geld. So kan ons baie werk skep vir ons eie mense.   

Ben Geldenhuys:
Ek hoor wat jy se oor die NP  Mike. Laat ons egter die "dooies" in vrede laat rus.

Ek dink Solidariteit sal fokus op 'n plan teen regstellende aksie, hulle is immers 'n werkers unie. Ek vermoed hulle plan is om Afrikaners op te lei.

Werner Smook:
Dit was vir my ook aangenaam gewees om te verneem dat hulle so baie geld gaan aanwend vir wat ek ook sou meen 'n goeie doel is.

Ek sien hier word gepraat van Afrikaners, maar RPTA het Afrikaanse------- berig. Dit het my nogal opgeval.  Hopelik sien ek spoke, maar ek reken ons is dit almal eens dat daar 'n taamlike gaping tussen die twee eenders klinkende woorde is.  Ek wonder wat presies die oogmerk met die geld is.  Ek het so 'n idee dat as daar nie mooi gekyk gaan word na die geld nie, gaan dit dalk nog vir ander dinge gaan as wat die meeste van ons sou hoop.

Dit sal werklik jammer wees.  Ons hoop maar vir die beste.

SOL vs NP
Ja, soos feitlik alle ander organisasie kan Solidariteit ook ingesuipel word en van koers laat verander.  Dit is natuurlik nou makliker as ooit agv die ontuimige politieke stroom na links - wat vloei na die anSEE.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version